Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Die Naweek van die Vallende Pennie
Die Naweek van die Vallende Pennie [boodskap #53649] Ma, 19 November 2001 05:57 na volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Vanoggend op die 7-uur nuus word ons toe gebombardeer met TWEE goed wat ons
regering die naweek besef het, en groots genoeg was om dit te erken ( vir 'n
wonder - en hoe edel).
1) Die regering erken dat die gesondheidsbeleid wat hulle ingestel en
toegepas het sedert die tyd wat hulle aan bewind gekom het, was verkeerd.
Ek het nou nie die verdere detail van hierdie verstommende berig nie, en sal
dus later uitbrei as daar nie iemand anders is wat ons solank verder kan
inlig nie.
Janee, nie alles wat die wit apartheidsvarke gedoen het was hopeloos
verkeerd nie. Onder Liewe Antie Zuma is mos alle argumente wat teen van
haar omstrede voorstelle ge-opper is, van die tafel afgevee en deur die
parlement gestoomroller.

2) Iemand wat bewus is van 'n (kinder?)verkragter se dade, is net so skuldig
as die dader as die persoon nie die dader aanmeld nie, en sal vervolg word.
Haai Oe !! Soos Liewe Heksie sou sê.
Wonder net waar al die moeders en vrouens en vriende en vriendinne aangehou
gaan word totdat hulle voor die hof sal verskyn en gestraf gaan word.
Ek meen nou maar - daardie weters ( ek bedoel soos mense wat weet - nie
wetters nie - maar dit ook) is mos nie nou veilig nie.
Annette
Re: Die Naweek van die Vallende Pennie [boodskap #53654 is 'n antwoord op boodskap #53649] Ma, 19 November 2001 07:59 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Wouter Plaasvark  is tans af-lyn  Wouter Plaasvark
Boodskappe: 1004
Geregistreer: Mei 2006
Karma: 0
Senior Lid
Annette
Onder Liewe Antie Zuma is mos alle argumente wat teen van haar
omstrede voorstelle ge-opper is, van die tafel afgevee en deur die
parlement gestoomroller.

Wouter
Annette, ek is nie 'n voorstander van die Regering se mediese
beleid nie, dis naïef en nie finansieel haalbaar oor die lang termyn
nie. Maar dis 'n dêm site beter as hulle aanvanklike voorstelle van
1994. Daaroor het hulle 'n totale handomkeer gemaak, juis as
gevolg van die argumente daarteen. Nelson Mandela het destyds
in die Parlament verduidelik hoe 'n goeie minister mev Zuma is,
omdat sy die insette so mooi in ag geneem het. :-)

Jy is dus verkeerd dat die argumente bloot van die tafel gevee is,
dit was by uitstek die styl van die vorige Regering. Die huidige
mediese opset is met al sy gebreke 'n kompromis en nie 'n stoomrollery nie.

Dit is dus ook geen nuwe grond as die regering daaraan sou wou
verander nie, dit sou eerder in die ou bedeling onmoontlik
gewees het omdat politieke reputasies op die spel sou gekom het.

Dis een van die dinge wat baie beter is in die nuwe SA,
meer dinge is onderhandelbaar en veranderbaar.
Re: Die Naweek van die Vallende Pennie [boodskap #53661 is 'n antwoord op boodskap #53654] Ma, 19 November 2001 10:47 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Wouter, jy moet maar reghelp as jy kan - maar was daar nie
mediese/gesondheidswette wat aanvaar is ( deur die stoomrollermetode), en
nadat daar oor besin is na 'n vreeslike publieke gedruis , het Oom Nelson
toe mos iets gedoen en geteken dat die wet gekanselleer of verander word,
of iets in dier voege.?
Dit is waarvan ek praat.

Ek is heeltemal daarvoor vir bespreking en konsensus en al daardie
wonderlike goed. Prima . Wonderlik. Uitstekende teorie wat kan werk as almal
mooi en regverdig saamspeel, veral soms..

Ongelukkig is daar nog steeds goed wat deur die parlement gestoomroller
word, of wil word .
Ongelukkig is daar nog steeds mense met integriteit (polities gesproke)
soos Feinstein) wat uit die ANC by name, moes bedank omdat hy nie met die
stoomroller in 'n sekere geval wou saamhardloop, of selfs sy hand
uitgesteek het om net hokaai, wag 'n bietjie, dink 'n bietjie meer, bespreek
'n bietjie meer, besin 'n bietjie meer, te sê nie.

Ek het geensins die vorige regering en hulle totalitêre en dikdatoriale
metodes ondersteun nie.
Ek het mos al voorheen gesê ek vertrou geen man wat met 'n swart hoedjie in
hierdie hitte rondloop nie.:))

Die waarheidskommissie en hulle bevindings was nie vir my 'n eye opener nie.

Maar ons huidige regering is ook nou nie juis iets wat ek 'n bloudruk sou op
wil baseer nie.

In teorie en volgens die nuwe grondwet is dit 'n wonderlike, nastreefbare,
voorbeeld.
In die praktyk sit ons met mense wat die grondwet ( nogal) links en regs wil
verander om hulle politieke speletjies te regverdig.
In die praktyk sit ons met 'n kabinet wat vir alle praktiese doeleindes -
so lyk dit in elk geval vir my - Presidensiële ja-broers is. - anders is
hulle hul salaris en titel kwyt.
In die praktyk sit ons nog steeds met 'n President ( soos in dae van ouds)
wat nog steeds sy politieke party, tans die ANC, stel bo die land en sy
totale bevolking
Laat die land se mense sweet en swoeg en betaal. solank ons as party, en as
die party se leiers, net nie gediskrediteer word nie.

Dit is hoe ek voel.
Ek is altyd oop vir oortuiging dat ek totaal dwaal:))

Ek weet daar is baie goed waarmee ons beter af is as voorheen.
My oë is oop, veral soms.

Maar hoekom word daar so selektief reg te kere gegaan?
Hoekom kan daar nie in alles reg en regverdig, en logies, en oop , opgetree
word nie.

En ja Wouter, ek lees goed wat jy te sê het hieronder, smaailies en al:)))
Ek dink ook Zuma is 'n goeie vrou - sy het mos vir Jacob Zuma, die
veelwywer, geskei, of hoe?:)))

Annette

Wouter Plaasvark skryf in boodskap news:3bf8bc35.0@news1.mweb.co.za...
> Annette
> Onder Liewe Antie Zuma is mos alle argumente wat teen van haar
> omstrede voorstelle ge-opper is, van die tafel afgevee en deur die
> parlement gestoomroller.
>
> Wouter
> Annette, ek is nie 'n voorstander van die Regering se mediese
> beleid nie, dis naïef en nie finansieel haalbaar oor die lang termyn
> nie. Maar dis 'n dêm site beter as hulle aanvanklike voorstelle van
> 1994. Daaroor het hulle 'n totale handomkeer gemaak, juis as
> gevolg van die argumente daarteen. Nelson Mandela het destyds
> in die Parlament verduidelik hoe 'n goeie minister mev Zuma is,
> omdat sy die insette so mooi in ag geneem het. :-)
>
> Jy is dus verkeerd dat die argumente bloot van die tafel gevee is,
> dit was by uitstek die styl van die vorige Regering. Die huidige
> mediese opset is met al sy gebreke 'n kompromis en nie 'n stoomrollery nie.
>
> Dit is dus ook geen nuwe grond as die regering daaraan sou wou
> verander nie, dit sou eerder in die ou bedeling onmoontlik
> gewees het omdat politieke reputasies op die spel sou gekom het.
>
> Dis een van die dinge wat baie beter is in die nuwe SA,
> meer dinge is onderhandelbaar en veranderbaar.
>
Re: Die Naweek van die Vallende Pennie [boodskap #53671 is 'n antwoord op boodskap #53661] Ma, 19 November 2001 12:37 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Wouter Plaasvark  is tans af-lyn  Wouter Plaasvark
Boodskappe: 1004
Geregistreer: Mei 2006
Karma: 0
Senior Lid
"Annette" skryf in boodskap news:9tao1u$1b8ub$1@ID-92016.news.dfncis.de...
Wouter, jy moet maar reghelp as jy kan - maar was daar nie
mediese/gesondheidswette wat aanvaar is (deur die stoomrollermetode), en
nadat daar oor besin is na 'n vreeslike publieke gedruis , het Oom Nelson
toe mos iets gedoen en geteken dat die wet gekanselleer of verander word,
of iets in dier voege.? Dit is waarvan ek praat.

Wouter
Daardie wette was vir seker twee jaar in die kookpot, en in die periode is
dit herhaaldelik gewysig. 'n Bleddie stadige en oneffektiewe stoomroller?

Annette
Ek is heeltemal daarvoor vir bespreking en konsensus en al daardie
wonderlike goed. Prima . Wonderlik. Uitstekende teorie wat kan werk as almal
mooi en regverdig saamspeel, veral soms..

Wouter
Niemand het gepraat van konsensus nie. Die Regering regeer, nie die publiek
of die geraasmakers nie. Maar die Regering het wel kommentators se insette
in ag geneem en die konsepwet ingrypend verander as gevolg daarvan. Eintlik
herskryf. (Ek kan nie onthou of die NP-Regering dit ooit gedoen het nie.)
Die eindproduk het nie die sakewêreld tevrede gestel nie, maar dit was baie
minder katastrofaal as die aanvanklike idees.
.
Annette
Ongelukkig is daar nog steeds goed wat deur die parlement gestoomroller
word, of wil word .

Wouter
El hou ook nie van baie van die nuwe wette nie. Maar ek dink nie die woord
stoomroller is van pas nie. As 'n Regering klaar gekonsulteer het en alle
insette in ag geneem het, dan moet hy voortgaan en die wet deur die
parlement stem. Hoe anders? Jy kan mos nooit almal tevrede stel nie en 'n
regering wat nie regeer nie is baie erger as een wat 'n paar foute maak.
Veral as hy bereid is om foute te erken en reg te stel.

Ek sê weer, die NP-Regering was die stoomrollerspesialiste, die huidige
regering leer nou eers daardie taktieke aan. Fair is fair, kritiseer hulle
waar hulle dit verdien

Annette
Maar hoekom word daar so selektief reg te kere gegaan?
Hoekom kan daar nie in alles reg en regverdig, en logies, en
oop , opgetree word nie.

Wouter
Op hierdie en die voorafgaande wat ek afgeknip het, kan ek nie kommentaar
lewer nie. Jy moet hulle maar direk vra, ek glo hulle sal baie te sê hê :-)

Regverdig en logies beteken verskillende dinge vir verskillende mense en ek
vermoed dat hulle oortuig is dat hulle regverdig en logies optree.
Re: Die Naweek van die Vallende Pennie [boodskap #53674 is 'n antwoord op boodskap #53661] Ma, 19 November 2001 13:40 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

Annette wrote:

> Ek is altyd oop vir oortuiging dat ek totaal dwaal:))
>
> Ek weet daar is baie goed waarmee ons beter af is as voorheen.
> My oë is oop, veral soms.
>

Gie, gie, gie.

Die Mense van Swellendam
Re: Die Naweek van die Vallende Pennie [boodskap #53703 is 'n antwoord op boodskap #53661] Di, 20 November 2001 05:54 Na vorige boodskapna volgende boodskap
lou[2]  is tans af-lyn  lou[2]
Boodskappe: 279
Geregistreer: Oktober 2001
Karma: 0
Senior Lid
Annette wrote:
>


> In die praktyk sit ons nog steeds met 'n President ( soos in dae van ouds)
> wat nog steeds sy politieke party, tans die ANC, stel bo die land en sy
> totale bevolking
> Laat die land se mense sweet en swoeg en betaal. solank ons as party, en as
> die party se leiers, net nie gediskrediteer word nie.
>

Soveel waarheid in so kort stukkie - jy moet dalk by 'n koerant gaan
werk? Aan die ander kant - miskien nie - hulle gaan mos maar moeilik met
die waarheid om - maar ter verdediging - hulle moet ook seker maak dat
die Party van die dag nog more met hulle sal praat.
Re: Die Naweek van die Vallende Pennie [boodskap #53768 is 'n antwoord op boodskap #53703] Wo, 21 November 2001 11:31 Na vorige boodskapna volgende boodskap
T de Wet  is tans af-lyn  T de Wet
Boodskappe: 446
Geregistreer: April 2000
Karma: 0
Senior Lid
En toe oorle Sir Div vir JohnVorster gesê het dat die Nattes die NP stel bo
die land, is hy uitgekryt as 'n landsverraaier.

O wie ben de helden er niet gevallen?

Thys oppie Bos

"Lou" skryf in boodskap news:3BF9F022.767C7ED7@lous.zzn.com...
>
>
> Annette wrote:
>>
>
>
>> In die praktyk sit ons nog steeds met 'n President ( soos in dae van ouds)
>> wat nog steeds sy politieke party, tans die ANC, stel bo die land en sy
>> totale bevolking
>> Laat die land se mense sweet en swoeg en betaal. solank ons as party, en as
>> die party se leiers, net nie gediskrediteer word nie.
>>
>
> Soveel waarheid in so kort stukkie - jy moet dalk by 'n koerant gaan
> werk? Aan die ander kant - miskien nie - hulle gaan mos maar moeilik met
> die waarheid om - maar ter verdediging - hulle moet ook seker maak dat
> die Party van die dag nog more met hulle sal praat.
Re: Die Naweek van die Vallende Pennie [boodskap #53770 is 'n antwoord op boodskap #53671] Wo, 21 November 2001 12:20 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Dankie Wouter.
Ek dog dan juis die huidige regeing wil nie optree soos die ou regering nie?
Vir wat sal hulle nou die verkeerde taktiek wil gaan staan en aanleer?
Annette

Wouter Plaasvark skryf in boodskap news:3bf95cb7.0@news1.mweb.co.za...
>
> "Annette" wrote in message
> news:9tao1u$1b8ub$1@ID-92016.news.dfncis.de...
> Wouter, jy moet maar reghelp as jy kan - maar was daar nie
> mediese/gesondheidswette wat aanvaar is (deur die stoomrollermetode), en
> nadat daar oor besin is na 'n vreeslike publieke gedruis , het Oom Nelson
> toe mos iets gedoen en geteken dat die wet gekanselleer of verander word,
> of iets in dier voege.? Dit is waarvan ek praat.
>
> Wouter
> Daardie wette was vir seker twee jaar in die kookpot, en in die periode is
> dit herhaaldelik gewysig. 'n Bleddie stadige en oneffektiewe stoomroller?
>
> Annette
> Ek is heeltemal daarvoor vir bespreking en konsensus en al daardie
> wonderlike goed. Prima . Wonderlik. Uitstekende teorie wat kan werk as almal
> mooi en regverdig saamspeel, veral soms..
>
> Wouter
> Niemand het gepraat van konsensus nie. Die Regering regeer, nie die publiek
> of die geraasmakers nie. Maar die Regering het wel kommentators se insette
> in ag geneem en die konsepwet ingrypend verander as gevolg daarvan. Eintlik
> herskryf. (Ek kan nie onthou of die NP-Regering dit ooit gedoen het nie.)
> Die eindproduk het nie die sakewêreld tevrede gestel nie, maar dit was baie
> minder katastrofaal as die aanvanklike idees.
> .
> Annette
> Ongelukkig is daar nog steeds goed wat deur die parlement gestoomroller
> word, of wil word .
>
> Wouter
> El hou ook nie van baie van die nuwe wette nie. Maar ek dink nie die woord
> stoomroller is van pas nie. As 'n Regering klaar gekonsulteer het en alle
> insette in ag geneem het, dan moet hy voortgaan en die wet deur die
> parlement stem. Hoe anders? Jy kan mos nooit almal tevrede stel nie en 'n
> regering wat nie regeer nie is baie erger as een wat 'n paar foute maak.
> Veral as hy bereid is om foute te erken en reg te stel.
>
> Ek sê weer, die NP-Regering was die stoomrollerspesialiste, die huidige
> regering leer nou eers daardie taktieke aan. Fair is fair, kritiseer hulle
> waar hulle dit verdien
>
> Annette
> Maar hoekom word daar so selektief reg te kere gegaan?
> Hoekom kan daar nie in alles reg en regverdig, en logies, en
> oop , opgetree word nie.
>
> Wouter
> Op hierdie en die voorafgaande wat ek afgeknip het, kan ek nie kommentaar
> lewer nie. Jy moet hulle maar direk vra, ek glo hulle sal baie te sê hê :-)
>
> Regverdig en logies beteken verskillende dinge vir verskillende mense en ek
> vermoed dat hulle oortuig is dat hulle regverdig en logies optree.
>
Re: Die Naweek van die Vallende Pennie [boodskap #53771 is 'n antwoord op boodskap #53703] Wo, 21 November 2001 12:22 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Dankie Lou, maar nee dankie.
Ek het lank genoeg by koerante gewerk - in die rekening afdeling, om te weet
die arme joernaliste kan teen wil en dank nie al die waarheid skryf nie,
weens die lang ure, en omdat hulle so moeg raak.:))
Annette

Lou skryf in boodskap news:3BF9F022.767C7ED7@lous.zzn.com...
>
>
> Annette wrote:
>>
>
>
>> In die praktyk sit ons nog steeds met 'n President ( soos in dae van ouds)
>> wat nog steeds sy politieke party, tans die ANC, stel bo die land en sy
>> totale bevolking
>> Laat die land se mense sweet en swoeg en betaal. solank ons as party, en as
>> die party se leiers, net nie gediskrediteer word nie.
>>
>
> Soveel waarheid in so kort stukkie - jy moet dalk by 'n koerant gaan
> werk? Aan die ander kant - miskien nie - hulle gaan mos maar moeilik met
> die waarheid om - maar ter verdediging - hulle moet ook seker maak dat
> die Party van die dag nog more met hulle sal praat.
Re: Die Naweek van die Vallende Pennie [boodskap #53772 is 'n antwoord op boodskap #53768] Wo, 21 November 2001 12:23 Na vorige boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Sir Div - so 'n mooie, kalme, gawe man.
Tog so jammer hy het politiek gekies:)))
Annette

Thys de Wet skryf in boodskap news:9tg3at$2q2l$1@news.adamastor.ac.za...
> En toe oorle Sir Div vir JohnVorster gesê het dat die Nattes die NP stel bo
> die land, is hy uitgekryt as 'n landsverraaier.
>
> O wie ben de helden er niet gevallen?
>
> Thys oppie Bos
> "Lou" wrote in message
> news:3BF9F022.767C7ED7@lous.zzn.com...
>>
>>
>> Annette wrote:
>>>
>>
>>
>>> In die praktyk sit ons nog steeds met 'n President ( soos in dae van
> ouds)
>>> wat nog steeds sy politieke party, tans die ANC, stel bo die land en
> sy
>>> totale bevolking
>>> Laat die land se mense sweet en swoeg en betaal. solank ons as party,
en
> as
>>> die party se leiers, net nie gediskrediteer word nie.
>>>
>>
>> Soveel waarheid in so kort stukkie - jy moet dalk by 'n koerant gaan
>> werk? Aan die ander kant - miskien nie - hulle gaan mos maar moeilik met
>> die waarheid om - maar ter verdediging - hulle moet ook seker maak dat
>> die Party van die dag nog more met hulle sal praat.
>
Vorige onderwerp: In antwoord op Frikkie:
Volgende onderwerp: Konduz kabul vir jallalabad
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Jun 01 20:46:55 MGT 2024