Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » "Sondag van 'n kind" deur D.J. OPPERMAN
"Sondag van 'n kind" deur D.J. OPPERMAN [boodskap #53676] Ma, 19 November 2001 13:53
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com


SONDAG VAN ‘N KIND
D.J. Opperman

My vader, moeder, broer en ek
het rape uit die land getrek,

hulle in die spruitjie skoon gewas
en saam gaan eet op klawergras.

Later toe ons by 'n waenhuis kom
was al die bure saamgedrom,

en by die een vervalle hoek
lees iemand vir ons uit 'n boek.

Klip na klip word die muur gerol
tot by 'n lam met raapwit wol.
Vorige onderwerp: In herinnering Jan Rabie: "Om te lewe is onnatuurlik" deur GERT VLOK NEL
Volgende onderwerp: "Kontinentale Drywing" deur CHARL DURAND
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Mei 03 20:18:34 MGT 2024