Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Riversdal?
Riversdal? [boodskap #53568] |
So., 18 November 2001 00:58  |
Drom[1]
Boodskappe: 333 Geregistreer: November 2001
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
So rukkie gelede het iemand genoem dat hy/sy van Riversdal af kom. Wie
was dit? Ons kom nogal gereeld daar en ek hou van die plek. Ken nie
genoeg mense om te weet of ek van hulle ook hou nie :))
Ons seun woon daar. In Huis Wallace Anderson. En vir die wat nou dalk
wonder... nee, dis nie 'n huis vir opkomende of rehabiliterende
rampokkers nie :))
Drom
|
|
|
|
|
|
|
|
Re: Riversdal? [boodskap #53683 is 'n antwoord op boodskap #53577] |
Ma., 19 November 2001 17:35   |
Drom[1]
Boodskappe: 333 Geregistreer: November 2001
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
"Tobie" skryf in boodskap news:...
> "Drom"
> : So rukkie gelede het iemand genoem dat hy/sy van Riversdal af
> kom. Wie
> : was dit? Ons kom nogal gereeld daar en ek hou van die plek.
> ~~~~~~~~~~~~~~~~~~~
>
> is sy naam Danie? jou van sien ek is du Toit :-)
Hier het nou iets verkeerds gebeur, maak nie saak nie
Baie vrae en ek was lank weg. Gister het ons 'n inspirerende
donderstorm gehad wat 'n lang kragonderbreking veroorsaak het en
vandag was ons server (diensverskaffer?) by die werk afwesig.
Eers vir Tobie: Ja, sy naam is Danie. Ek neem aan jy ken hom en hulle
dus. Het jy iets met die huis te doen? Ons ontmoet so baie mense daar
dat mens nie almal kan onthou nie.
Dan vir Danielle: Ja, 'n motorongeluk so klompie jare gelede. So
ongeveer 1993. Mens is geneig om slegte goed te vergeet. Dit het naby
Rusfonteindam, Bloemfontein se hoofdam, gebeur. Hulle sou gaan
waterski het. Gelukkig het die maatjie wat saam met hom in die kar was
niks oorgekom nie. Hoe weet jy van die plek?
Vir ANYS: Ek voel nou al sleg dat ek hierdie draad begin het, dis so
asof iemand sal dink dat ek simpatie soek. Dis nie so nie. Ek wou maar
net weet wie in hierdie groep kom van Riversdal af en het toe my
belang by die plek genoem. Maar om jou vraag te beantwoord, dis wat
die mediese mense in hulle "slang" 'n "quad" huis noem, bedoelende dat
dit 'n huis vir kwadroplee is. Ons seun is nie rerig een nie, hy het
hande, so 80% regs en so 30% links. Dis 'n privaat huis wat absoluut
onafhanklik is en geen sent van die staat kry nie, hulle sorg vir
hulle self. Dit is in die vroee 1990s deur ene Johan Cronje (self een
van daai) gebou nadat hy binne 2 of 3 jaar R800 000 ingesamel het. Hy
was seker een van die sterkste persoonlikhede wat ek ooit onmoet het.
Nou's dit genoeg. As jy meer wil weet vra, dalk vir Tobie ook. Of mail
my by die adres hierbo. Dit is 'n plek wat ek onbeskaamd sal
adverteer, maar dalk nie op 'n plek soos hierdie nie.
Drom
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Re: Riversdal, dorp van die 'Sleeping Beauty' [boodskap #53917 is 'n antwoord op boodskap #53882] |
Vr., 23 November 2001 17:41  |
Davie Davis
Boodskappe: 1013 Geregistreer: November 2001
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
On 22 Nov 2001 22:28:00 -0800, ddu...@ufh.ac.za (Drom) wrote:
>> Daar is mense wat plesier daaruit put om te së ek is die ou met
>> die grootste voël in die dorp :-(
>
Die donkie met die pompie en die man met die papegaaitjie kyk mekaar
in die oë en maak of hul vriende is maar is eintlik slim genoeg om die
opposisie onder oë te hou.
|
|
|
|
 |
Gaan na forum:
[ XML-voer ] [  ]
Tyd nou: So. Apr. 20 11:36:37 UTC 2025
|