Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » "Die Brommer" deur CHARL-PIERRE NAUDE
"Die Brommer" deur CHARL-PIERRE NAUDE [boodskap #40643] Wo, 28 Maart 2001 04:14 na volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

DIE BROMMER
Charl-Pierre Naude

Op die lip van die spreekwoord, op die trap
van 'n drol staan hy gevleuel, toeareg uit die domme
van stof, aan slegs sy serpe gebind, uit die landskap
van kak kom hy, elektriese prins, die brommer.

Is jou vlerke, afgryslike Heer, se trilling
net my ooglede wat bewe? Geglasuurde
bidkraal, die swerm wat om 'n wond kring
is 'n kosbare bedesnoer. Gesierde

en blink matroosknoop, kleinood in die vrouehand
van somersweet. Elementale vlees en band

met die Skepping se eerste oomblik: skoonheid
wat kompromisloos onthuts word soms afsigtelik
genoem, soos U. Mag Dood, die juwelier, as my huid
wegstort, jou - vleesgeworde tieroog! - in my oogkas skik.
Re: "Die Brommer" deur CHARL-PIERRE NAUDE [boodskap #40668 is 'n antwoord op boodskap #40643] Wo, 28 Maart 2001 13:39 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Voetleuce  is tans af-lyn  Voetleuce
Boodskappe: 127
Geregistreer: Februarie 2001
Karma: 0
Senior Lid
Et homo:
DIE BROMMER
Charl-Pierre Naude
Op die lip van die spreekwoord, op die trap
van 'n drol staan hy gevleuel, toeareg uit die domme
van stof, aan slegs sy serpe gebind, uit die landskap
van kak kom hy, elektriese prins, die brommer.

Leuce:
Die skrywer moes hier gestop het, dan't hy 'n skitterende gedig gehad.
Re: "Die Brommer" deur CHARL-PIERRE NAUDE [boodskap #40673 is 'n antwoord op boodskap #40643] Wo, 28 Maart 2001 15:54 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

Voetleuce wrote:

> Et homo:
> DIE BROMMER
> Charl-Pierre Naude
> Op die lip van die spreekwoord, op die trap
> van 'n drol staan hy gevleuel, toeareg uit die domme
> van stof, aan slegs sy serpe gebind, uit die landskap
> van kak kom hy, elektriese prins, die brommer.
>
> Leuce:
> Die skrywer moes hier gestop het, dan't hy 'n skitterende gedig gehad.

Nee! Dis 'n sonnet, een van die beste wat ek nog in enigetaal gelees het.
Met die ritmes van Donne. En die godsdienstige
inslag van Donne. So moet oor "die Skepper" gepraat word.

Gloudina
Re: "Die Brommer" deur CHARL-PIERRE NAUDE [boodskap #40676 is 'n antwoord op boodskap #40643] Wo, 28 Maart 2001 16:10 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Voetleuce  is tans af-lyn  Voetleuce
Boodskappe: 127
Geregistreer: Februarie 2001
Karma: 0
Senior Lid
Leuce:
> DIE BROMMER
> Charl-Pierre Naude
> Op die lip van die spreekwoord, op die trap
> van 'n drol staan hy gevleuel, toeareg uit die domme
> van stof, aan slegs sy serpe gebind, uit die landskap
> van kak kom hy, elektriese prins, die brommer.
Die skrywer moes hier gestop het, dan't hy 'n
skitterende gedig gehad.

Et homo:
Nee! Dis 'n sonnet, een van die beste wat ek nog
in enigetaal gelees het. Met die ritmes van Donne.
En die godsdienstige inslag van Donne. So moet
oor "die Skepper" gepraat word.

Leuce:
Jammer, ek kyk toe nie na die gedig as 'n digvorm nie, maar in terme van die
beeldspraak. Die beeldspraak van hierdie vier reëls vorm 'n mooi geheel,
amper half "neuromancer meets electric decay", maar met die res van die
gedig saam vorm dit geen metaforiese geheel nie. Die res van die gedig laat
my (no offence) dink aan digter was skielik baie emosioneel geraak het en
die gedig met hom laat weghol het. :)
Re: "Die Brommer" deur CHARL-PIERRE NAUDE [boodskap #40683 is 'n antwoord op boodskap #40643] Wo, 28 Maart 2001 20:30 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

Voetleuce wrote:

> maar met die res van die
> gedig saam vorm dit geen metaforiese geheel nie. Die res van die gedig laat
> my (no offence) dink aan digter was skielik baie emosioneel geraak het en
> die gedig met hom laat weghol het. :)

Wel, jy is natuurlik geregtig op jou opinie. Maar ek kan alleen sê dat as ek
die tien beste gedigte in Afrikaans moet bymekaarkry, ek baie maklik hierdie
een tussen daardie tien sou kon insluit. Hierdie een en 'n ander een van
Charl-Pierre Naude: "Die Nomadiese Oomblik." Doen vir jouself 'n
guns, en lees "Die Brommer" oor en oor totdat jy wéét wat hy wil sê.

Gloudina
Re: "Die Brommer" deur CHARL-PIERRE NAUDE [boodskap #53378 is 'n antwoord op boodskap #40643] Wo, 14 November 2001 06:58 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Tinkerbell  is tans af-lyn  Tinkerbell
Boodskappe: 80
Geregistreer: November 2001
Karma: 0
Volle Lid
@home.com skryf in boodskap news:...
> DIE BROMMER
> Charl-Pierre Naude
>
> Op die lip van die spreekwoord, op die trap
> van ?n drol staan hy gevleuel, toeareg uit die domme
> van stof, aan slegs sy serpe gebind, uit die landskap
> van kak kom hy, elektriese prins, die brommer.
>
> Is jou vlerke, afgryslike Heer, se trilling
> net my ooglede wat bewe? Geglasuurde
> bidkraal, die swerm wat om ?n wond kring
> is ?n kosbare bedesnoer. Gesierde
>
> en blink matroosknoop, kleinood in die vrouehand
> van somersweet. Elementale vlees en band
>
> met die Skepping se eerste oomblik : skoonheid
> wat kompromisloos onthuts word soms afsigtelik
> genoem, soos U. Mag Dood, die Juwelier, as my huid
> wegstort, jou - vleesgeworde tieroog! - in my oogkas skik.

Wel,ja.
Die eerste beelde het nie 'n vreeslike aangename reuk nie...maar ek
dink mense wat teveel van 'n hoe-ha daaroor gemaak het het dalk nie
tot op die einde gelees nie.
Gedigte is nie veronderstel om altyd net mooi te wees nie...as mens 'n
mooi gedig wil lees koop jy 'n bundel van Maretha Maartens...as jy
opsoek is na iets meer...wel dan dink ek lees jy 'n gedig soos hierdie
meer as een keer.
Maar dan weer, ek is nie 'n kenner soos meeste van die persoonlikhede
wat hier rondhang nie...
Re: "Die Brommer" deur CHARL-PIERRE NAUDE [boodskap #53413 is 'n antwoord op boodskap #40643] Wo, 14 November 2001 18:59 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

Tinkerbell wrote:

>> DIE BROMMER
>> Charl-Pierre Naude
>>
>> Op die lip van die spreekwoord, op die trap
>> van ?n drol staan hy gevleuel, toeareg uit die domme
>> van stof, aan slegs sy serpe gebind, uit die landskap
>> van kak kom hy, elektriese prins, die brommer.
>>
>> Is jou vlerke, afgryslike Heer, se trilling
>> net my ooglede wat bewe? Geglasuurde
>> bidkraal, die swerm wat om ?n wond kring
>> is ?n kosbare bedesnoer. Gesierde
>>
>> en blink matroosknoop, kleinood in die vrouehand
>> van somersweet. Elementale vlees en band
>>
>> met die Skepping se eerste oomblik : skoonheid
>> wat kompromisloos onthuts word soms afsigtelik
>> genoem, soos U. Mag Dood, die Juwelier, as my huid
>> wegstort, jou - vleesgeworde tieroog! - in my oogkas skik.
>
> Wel,ja.
> Die eerste beelde het nie 'n vreeslike aangename reuk nie...maar ek
> dink mense wat teveel van 'n hoe-ha daaroor gemaak het het dalk nie
> tot op die einde gelees nie.

Ek dink hierdie gedig is absoluut genius. Selfs die eerste
strofe. Hy vergelyk die brommer daar met daardie
Duitse vlieënier wat Snoopy in Peanuts ook na-aap,
die een met die serp (Baron van Munchhausen?) En
hy neem hom 'n "toeareg" - dis 'n noord-afrikaanse
woestynbewoner wat gewoonlik in blou gekleed is.
Ek sien maklik hierdie gedig as een van die bestes
wat nog in Afrikaans geskryf is, in dieselfde klas
as die bestes van Opperman en van Wyk Louw. En
hy kán sonnette skryf - iets wat alleen baie goeie
digters suksesvol kan doen.

Gloudina
Re: "Die Brommer" deur CHARL-PIERRE NAUDE [boodskap #53447 is 'n antwoord op boodskap #40643] Do, 15 November 2001 10:27 Na vorige boodskap
Tinkerbell  is tans af-lyn  Tinkerbell
Boodskappe: 80
Geregistreer: November 2001
Karma: 0
Volle Lid
Skryf jy self ook?
Vorige onderwerp: 'n Floekkerige rympie
Volgende onderwerp: "Kontinentale Drywing" deur CHARL DURAND
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Mei 03 23:42:07 MGT 2024