Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » "Aangeklaagde" deur CHARL DURAND
"Aangeklaagde" deur CHARL DURAND [boodskap #30775] Sa, 20 Mei 2000 00:00 na volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

AANGEKLAAGDE
Charl Durand

Maria, vrou,
ek is 'n dief, ek steel moters.

Maria, asseblief,
sien in die weerkaatsing van jou trane
die kraal se spitsdak rondawels
groen valleie en skewe mielielande,
hoor in die huil in jou keel
die eggo van ouma se spookstories
wat sy met die kinders deel
lank na die vuur in die agterplaas as lê.

Maria, ek is 'n dief,
ek sal vir jou steel, ek het jou lief.
Re: "Aangeklaagde" deur CHARL DURAND [boodskap #53382 is 'n antwoord op boodskap #30775] Wo, 14 November 2001 07:11 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Tinkerbell  is tans af-lyn  Tinkerbell
Boodskappe: 80
Geregistreer: November 2001
Karma: 0
Volle Lid
@home.com skryf in boodskap news:...
> AANGEKLAAGDE
> Charl Durand
>
> Maria, vrou,
> ek is 'n dief, ek steel moters.
>
> Maria, asseblief,
> sien in die weerkaatsing van jou trane
> die kraal se spitsdak rondawels
> groen valleie en skewe mielielande,
> hoor in die huil in jou keel
> die eggo van ouma se spookstories
> wat sy met die kinders deel
> lank na die vuur in die agterplaas as lê
>
> Maria, ek is 'n dief,
> ek sal vir jou steel, ek het jou lief.

Ongelooflik,
Al die gedigte wat ek van hierdie man gelees het doen dit vir my...
Het hy al 'n boek gepubliseer?
Jy sê dat jy hom ken. Vertel my die storie van hierdie Charl.
Re: "Aangeklaagde" deur CHARL DURAND [boodskap #53415 is 'n antwoord op boodskap #30775] Wo, 14 November 2001 19:07 Na vorige boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

Tinkerbell wrote:

>> AANGEKLAAGDE
>> Charl Durand
>>
>> Maria, vrou,
>> ek is 'n dief, ek steel moters.

> Ongelooflik,
> Al die gedigte wat ek van hierdie man gelees het doen dit vir my...
> Het hy al 'n boek gepubliseer?
> Jy sê dat jy hom ken. Vertel my die storie van hierdie Charl.

Ek het hom op die internet ontmoet, ken hom dus nie
persoonlik nie. Ons het uitgevind dat ons herinneringe
aan die Noord-Kaap deel - ek dink 'n oupa het daar
langs die Oranjerivier gewoon. Op die oomblik dink ek
het hy sy eie besigheid in Johannesburg - hy reël byeenkomste
vir mense wat lesings en werkswinkels wil gee. Ek sal hom
vertel hy het 'n fan, en kyk of ek nie weer nuwe gedigte
uit hom kan kry nie. Ek dink nie hy het al 'n bundel gedigte
gepubliseer nie - individuele gedigte wel.

Gloudina
Vorige onderwerp: "Bisho" deur FERDI GREYLING
Volgende onderwerp: All Bearable : Deur CHARL-PIERRE NAUDÉ translated from Afrikaans by RICHARD JÜRGENS
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Mei 03 18:18:19 MGT 2024