Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Dimbaza (was Matriekgedig)
Dimbaza (was Matriekgedig) [boodskap #53178] |
Vr., 09 November 2001 13:54  |
Wouter Plaasvark
Boodskappe: 1004 Geregistreer: Mei 2006
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Gloudina
Kan iemand weer my geheue verfris oor waar
Dimbaza is? My intuisie vertel
my dis in die Ooskaap. Is ek reg?
Wouter
Ja, dis reg. In elk geval so in die nuwe SA .
Dimbaza is by Bisho (King Williams Town)
en was vroeër deel van die Ciskei.
|
|
|
|
Re: Dimbaza (was Matriekgedig) [boodskap #53274 is 'n antwoord op boodskap #53178] |
Ma., 12 November 2001 13:19   |
|
Oorspronklik gepos deur: @home.com
Drom wrote:
>> Dimbaza is by Bisho (King Williams Town)
>> en was vroeër deel van die Ciskei.
>
> Dimbaza is so 15 - 20 km Wes van King William's Town langs die pad na
> Alice. Bisho le omtrent teenaan King - aan die oostekant.
>
Ek voel dat "Dimbaza" in die gedig gekies is omdat dit
een of ander ikoniese waarde het - wat het by Dimbaza
gebeur, of waarvoor staan Dimbaza? Was dit een van die
plekke waarheen swartes uit die wit Kingwilliamstown
verwyder is of iets in dié lyn?
Dit is by Kingwilliamstown rond dat ek in die apartheids-
tyd ( op een van ons besoeke uit Kanada) die enigste
WITMENSE ontmoet het wat "verwyder" is om plek te
maak vir groter grondgebied vir die bantustan Ciskei. (Dit
was die skoonmense van een van my man se broers.)
Hulle was baie bitter dat hulle hulle plaas moes opgee.
Gloudina
|
|
|
|
|
|
Re: Dimbaza (was Matriekgedig) [boodskap #53297 is 'n antwoord op boodskap #53178] |
Di., 13 November 2001 01:15   |
|
Oorspronklik gepos deur: @home.com
pop wrote:
> Is Alice die dorp wat so HOOG lê? Ek was al in daardie
> omgewing, en onthou ons was iewers op pad wat geweldige
> hoogtes ingesluit het, dalk was die Hogs Back.
>
Die "geweldige hoogtes" was seker teen die Hogs Back
op. (Die werklike Hogs Back kruin is taamlik hoog. Ek
het eenkeer halfpad daarteen uit geklim.) Alice self is
egter nie baie hoog nie. Alice lê aan die voet van 'n
hoërige plato tussen Fort Beaufort en Alice. Op die
plato is Healdtown, 'n Metodiste skool wat in daardie
dae eksklusief swart was. Mandela se hoërskool. Ek
het vir twee jaar daar skoolgehou. En ek kan onthou
dat ons afgedaal het na Alice toe.
Gloudina
|
|
|
|
|
|
|
|
Re: Dimbaza (was Matriekgedig) [boodskap #53336 is 'n antwoord op boodskap #53178] |
Di., 13 November 2001 13:31   |
|
Oorspronklik gepos deur: @home.com
Drom wrote:
> dit was net aan die begin
> seker een van die beste voorbeelde van swak beplanning wat mens kon
> hoop om te sien. Werklose mense is soontoe gelok (nie van King
> William's Town af nie) met beloftes van huise en werk.
> Daai tyd was daar eenkeer 'n berig in die "Dispatch" (Donald
> Woods) dat daar meer as 600 aansoeke was vir net een geadverteerde
> pos.
>
> Deesdae lyk dit OK. Die plek het aansienlik gegroei en daar is baie
> kleinerige fabrieke.
>
Dankie vir die verduideliking, Drom.Donald Woods is natuurlik daardie ou
wat Steve Biko
se vriend was. Wie speel hom nou weer in die film?
Gloudina
|
|
|
Re: Dimbaza (was Matriekgedig) [boodskap #53338 is 'n antwoord op boodskap #53178] |
Di., 13 November 2001 13:55   |
|
Oorspronklik gepos deur: @home.com
Drom wrote:
> Wat ek eintlik oor wil praat is Healdtown. Ek weet nie hoe lank jy al
> hier weg is nie, maar weet jy dat Healdtown vir 'n hele klompie jare
> toe was. Beide funksioneer nou weer. Lovedale is nou 'n
> "community college" maar ek is amper seker Healdtown is weer 'n gewone
> skool. Die Hoof is Francois Kalp, 'n baie bekwame organiseerder.
> Pres Mandela het baie met die heropening te doene gehad; nie net was
> dit sy skool nie, dit was vir baie baie jare 'n hoog aangeskrewe
> skool.
Dankie vir al die inligting. Ja, Mandela is baie geinteresseerd
in hierdie ou skole. Hy het verskeie groot mynmaatskappye
aangemoedig om geld te skenk vir die instandhouding van ou
geboue. Ek dink by Adams College is van daardie ou geboue
herstel en in museums omskep.
Was jy al by Healdtown? Dis op die plato net agter Fort
Beaufort. Laasgenoemde was dus ons naaste dorp. En ja,
Healdtown was 'n hoog aangeskrewe skool. Toe die
Amerikaanse sendelinge by Adams College hulself onttrek
het van die administrasie van die skool ( en Adams College
geheel en al in die hande van Bantoe-Onderwys geval het)
het die Metodiste Kerk 'n ander beleid gevolg. Hulle móés
die administrasie van die skóle oorgee aan Bantoe-Onderwys,
maar het besluit dat hulle die administrasie van die koshuise
sou waarneem (iets wat Bantoe-Onderwys verwelkom het)
en so het die Metodiste Kerk vir langer 'n rol gespeel by
Healdtown. Toe ek daar was, was Dr. Stanley Pitts die hoof
van Healdtown. Hy is kort daarna verkies as die hoof van die
Metodiste Kerk in SA. Hy is seker nou baie oud of dood al.
Gloudina
|
|
|
|
|
|
|
Re: Dimbaza (was Matriekgedig) [boodskap #53358 is 'n antwoord op boodskap #53178] |
Di., 13 November 2001 20:48   |
|
Oorspronklik gepos deur: @home.com
Drom wrote:
> Gloudina
> Nou gaan jy 'n
> Aardrykskunde les kry of jy dit wil he of nie. Daai piek wat jy
> halfpad geklim het is Gaika's kop, eintlik Nqike's,
Dankie vir die teregwysing. Ek wonder of die Hogsback se naam nie
gekies is deur die Engelse setlaars (van 1820 ?)
omdat dit hulle herinner het aan 'n plek in
Engeland nie?
Gloudina
>
|
|
|
|
Re: Oor varke [boodskap #53363 is 'n antwoord op boodskap #53348] |
Di., 13 November 2001 23:33   |
Waaierstertmuis
Boodskappe: 1592 Geregistreer: Oktober 2001
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
On Tue, 13 Nov 2001 20:43:44 GMT, @home.com wrote:
> Streepmuis wrote:
>
>> (terloops, wat sal die afrikaanse vertaling vir "pig in a poke",
>> wees?)
>
> Kat in die sak.
>
> Tant Hessie Cheshire
Baie dankie Ta' Hessie.
Maar ai, die Chesire gedeelte laat my wonder of iemand dalk die kat
uit die sak gaan laat, en vertel hoe die tannie per dalkies alweer
shrooms ge-eet het?
"But I don't want to go among mad people," Alice remarked.
"Oh, you can't help that," said the Cat: "we're all mad here. I'm mad.
You're mad."
"How do you know I'm mad?" said Alice.
"You must be," said the Cat, "or you wouldn't have come here."
|
|
|
Re: Bisho [boodskap #53374 is 'n antwoord op boodskap #53335] |
Wo., 14 November 2001 06:17  |
Drom[1]
Boodskappe: 333 Geregistreer: November 2001
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
> Wouter
> Darem nie heeltemaal nie. Jy vergeet van die Amatola(?) Sun.
Ja, hoe kon ek! Daai dae het die Amatola Sun eenkeer 'n maand 'n
gholfdag op die King baan (mooi en moeilik) aangebied. Omtrent die
hele Alice klub was altyd daar, dan speel ons die oggend, suip die
middag om in die klub daar en dan het ons gaan dobbel. Self was ek
maar versigtig, maar 'n medefuifer het een aand R9000 gewen met vyf 20
sente. Hoe ons snags die beeste op die pad misgery het weet nugter.
Drom
|
|
|
|
 |
Gaan na forum:
[ XML-voer ] [  ]
Tyd nou: Sa. Apr. 19 22:03:42 UTC 2025
|