Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » "Lied vir Azania Suid Afrika" deur ROBERT J. PEARCE
"Lied vir Azania Suid Afrika" deur ROBERT J. PEARCE [boodskap #53292] Ma, 12 November 2001 20:39 na volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

LIED VIR AZANIA SUID AFRIKA
Robert J. Pearce

As Da Gama, Dias en Saldhana nie
na Suid Afrika gekom het....
As Harrie-Vannie-Kaap en die Khoi-Sangroepe
nie deur Seevaarders van hulle Vaderland beroof was...
As Van Riebeeck en sy Drie Skepies net verby die
Suidpunt gevaar het....en
as jagse Hollanders, Hugenote en Engelse net die Slawe-
meisies uitgelos het.
As die Van der Stels net wit was...
As die Slawe-opstand van 1690 net suksesvol was...
As Ryk Tulbagh net die Goewerneur aan die Kaap was en...
Lord Charles Somerset hom nie opgevolg het nie...
As daar nie Kafferoorloë tussen Xhosas en Boere was...
As daar nooit 'n Groot Trek was en
As Retief en Dingaan nooit ontmoet het...
en Bloedrivier en Anglo Boere oorloë nie plaasgevind

het nie...
As daar nie 'n Oom Paul was of 'n Barnato of Rhodes...
As daar nie 'n 1910 Unie of A.N.C. stigting in 1912...
of 'n verloorder Smuts in 1948 was...
As Verwoerd en Vorster net meer tegemoetkomend was
teenoor A & P.A.C.....
As Afrikaans nie so 'n Swartteenstand gehad het
en Biko se dood nie vir Kruger koud gelaat het...
As Soweto en die Land nooit gebrand het nie...
As P.W. net gedoen het wat F.W. gedoen het...
(en ek verwys nie na hulle eskapades met vrouens nie)...
As daar geen Apartheidswette was, en...
as 'n Gaaitjie Groenonderbroek Eugène nie met Janie
geneuk het
en van sy perd afgeval het nie...
As Mandela net vroeër vrygelaat is....
dan....
dan was my Azania minder opgefok!
Lank lewe Suid Afrika!
Re: "Lied vir Azania Suid Afrika" deur ROBERT J. PEARCE [boodskap #53310 is 'n antwoord op boodskap #53292] Di, 13 November 2001 07:23 Na vorige boodskap
Sakkie[3]  is tans af-lyn  Sakkie[3]
Boodskappe: 488
Geregistreer: Mei 2001
Karma: 0
Senior Lid
Ek moet saamstem met van die digter se "asse".
Veral die wat betrekking het op die 20ste eeu.
Ek wonder of hy besef dat as meeste van sy
"asse" nie gebeur het nie, sou hyself nie bestaan
het nie en dan kon hy nie praat van "my Azania"
nie.

skryf in boodskap news:3BF033F9.10C669D2@home.com...
LIED VIR AZANIA SUID AFRIKA
Robert J. Pearce

As Da Gama, Dias en Saldhana nie
na Suid Afrika gekom het....
As Harrie-Vannie-Kaap en die Khoi-Sangroepe
nie deur Seevaarders van hulle Vaderland beroof was...
As Van Riebeeck en sy Drie Skepies net verby die
Suidpunt gevaar het....en
as jagse Hollanders, Hugenote en Engelse net die Slawe-
meisies uitgelos het.
As die Van der Stels net wit was...
As die Slawe-opstand van 1690 net suksesvol was...
As Ryk Tulbagh net die Goewerneur aan die Kaap was en...
Lord Charles Somerset hom nie opgevolg het nie...
As daar nie Kafferoorloë tussen Xhosas en Boere was...
As daar nooit 'n Groot Trek was en
As Retief en Dingaan nooit ontmoet het...
en Bloedrivier en Anglo Boere oorloë nie plaasgevind

het nie...
As daar nie 'n Oom Paul was of 'n Barnato of Rhodes...
As daar nie 'n 1910 Unie of A.N.C. stigting in 1912...
of 'n verloorder Smuts in 1948 was...
As Verwoerd en Vorster net meer tegemoetkomend was
teenoor A & P.A.C.....
As Afrikaans nie so 'n Swartteenstand gehad het
en Biko se dood nie vir Kruger koud gelaat het...
As Soweto en die Land nooit gebrand het nie...
As P.W. net gedoen het wat F.W. gedoen het...
(en ek verwys nie na hulle eskapades met vrouens nie)...
As daar geen Apartheidswette was, en...
as 'n Gaaitjie Groenonderbroek Eugène nie met Janie
geneuk het
en van sy perd afgeval het nie...
As Mandela net vroeër vrygelaat is....
dan....
dan was my Azania minder opgefok!
Lank lewe Suid Afrika!
Vorige onderwerp: Laaste gedig aan jou, my lam (deur :Martina Klopper)
Volgende onderwerp: Re: Laaste gedig aan jou, my lam (deur :Martina Klopper)
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Apr 28 09:29:12 MGT 2024