Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » Villanelle: "Ou foto" deur FERDI GREYLING
Villanelle: "Ou foto" deur FERDI GREYLING [boodskap #53152] Vr, 09 November 2001 02:42
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

OU FOTO - 'n Villanelle
Ferdi Greyling

Dis die bleek maan wat die getye draai;
die water spoel soos tyd daar oor die strand.
Blou bult die see by Mosselbaai.

Ek en jy speel op die grofgeel sand,
die Outenikwaberg bruin in die agtergrond.
Dis die bleek maan wat die getye draai.

Hierdie was eens die Strandlopers se land.
Hulle lê nou wit in grotte se diep grond.
Blou bult die see by Mosselbaai.

Hulle wat heuning uit die steil kant
van die Outenikwa kon rook en brand.
Dis die bleek maan wat die getye draai.

Ons lag in die branders - hand aan hand
waar die bruin rivier in die see in mond,
blou bult die see by Mosselbaai.

Jy soet soos heuning uit die berg gebrand,
en ek : saam op Kleinbrakrivier se strand.
Dis die bleek maan wat die getye draai
en die see blou bult by Mosselbaai.
Vorige onderwerp: Sonnet: "Vroegherfs" deur N.P. van WYK LOUW
Volgende onderwerp: Re: Matriek Gedig/Inheemse plante
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Apr 27 16:41:14 MGT 2024