Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Ierse Nuus
Ierse Nuus [boodskap #53072] |
Wed, 07 November 2001 19:10  |
Patricia
Boodskappe: 48 Geregistreer: October 2001
Karma: 0
|
Volle Lid |
|
|
Niks opwindends (is dit reg gespel?) in die land van die Vikings nie - net
'n lot bespiegeling met die dat Noord Ierland nou hul eerste Eerste Minister
David Trimble, gekies het met baie mense wat tevrede is en 'n hele spul wat
baie ongelukkig is. Dinge het volgens berigte en foto's in 'n groot sirkus
ontaard na die nuus bekend gemaak is, amper soos daardie keer in die Suid
Afrikaanse Parlement.
Daar is daagliks nuus van maatskappye wat gedwing word om hul deure te sluit
of om mense af te dank en vandag was geen uitsondering. Een van die
grootste koerante, die Irish Times, het aangekondig dat hulle 250 mense moet
laat gaan en gevra of daar dalk enige vrywilligers is, sal maar sien môre of
daar eniges is.
|
|
|
|
|
|
Re: Ierse Nuus [boodskap #53079 is 'n antwoord op boodskap #53072] |
Wed, 07 November 2001 21:02   |
|
Oorspronklik gepos deur: @home.com
Patricia wrote:
> Niks opwindends in die land van die Vikings nie
Nou vertel jy darem vir my iets nuuts! Ek het nie
geweet dat Ierland die land van die Vikings is nie.
Sê vir my, is Gaelic die taal van die Vikings?
Tant Hessie van Vinland
|
|
|
Nuus [boodskap #53080 is 'n antwoord op boodskap #53078] |
Wed, 07 November 2001 22:04   |
Waaierstertmuis
Boodskappe: 1592 Geregistreer: October 2001
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
On Wed, 07 Nov 2001 22:58:50 +0200, Davie Davis wrote:
>
> Jy't belowe jy sou al weg wees! Wat soek jy nog daar :-)
Hehehehe....dog jy kon gou 'n kans vat agter my rug , nè? :-))
Het nogal aan jou gedink terwyl ek daar in Borders was. Want
aangesien ek sommer *baie* geld gespaar het om NIE Ludlum se nuutste
boek (nog in hardeband) te koop nie, maar wel die ene in sagteband wat
ek wou koop in die eerste plek - elkgeval, met die tonne geld wat ek
toe bespaar het, koop ek toe Enya se nuutse CD. Dis vreeslik mooi,
hoor. En jy hou mos ook van "New Age" musiek?
En terwyl ek toe na my nuwe CD luister, en my nuwe boek begin lees,
vang my oog die TV, en toe dog ek amper ek is weer terug in Kalifornië
toe ek sien dat hulle besig is om 'n "truck chase" wat besig is om te
gebeur in Dallas, TX uit te saai.
Dit was vreeslik snaaks om te kyk. 'Skuus- dit moenie eintlik
"snaaks" wees nie, want dis mos vreeslik ernstig - maar daai ou was 'n
dekselse goeie bestuurder, en hy het nogal vir die mense gewaai en sy
toeter gedruk terwyl hy met ongelooflike finesse deur die besige
strate navigeer het met daardie ongelooflike groot trok wat hy gesteel
het (vol houtpale gepak, en aan die brand ook nog) Dit was nogal 'n
halwe anti-klimaks toe die ou uiteindelik stop en die SWAT teams hom
arresteer.
:-)
|
|
|
|
Re: Ierse Nuus [boodskap #53090 is 'n antwoord op boodskap #53072] |
Thu, 08 November 2001 02:40   |
|
Oorspronklik gepos deur: @home.com
Streepmuis wrote:
> Maar die simpel geskiedenis boeke wil vir ons probeer vertel dat
> Dublin deur die Vikings gevestig is (nogal twee keer!!).
Net omdat die Romeine lank gelede twee-derdes vanBrittanje beset het,
sit London nog nie in die land van die
Romeine nie. Al het die Vikings in Kanada nedersettings
gehad ( en heelwaarskynlik ook in New England - niemand
weet waar Vinland is nie, maar hulle het druiwe daar gesien)
maak dit nie vir Kanada die land van die Vikings nie.
Engeland se taal is heelwaarskynlik meer deur die Vikings
se Germaans beinvloed as die Kelties wat vandag in Ierland
gepraat word.
Tant Hessie van der Fjord.
|
|
|
Re: Nuus [boodskap #53098 is 'n antwoord op boodskap #53080] |
Thu, 08 November 2001 04:52   |
Annette
Boodskappe: 11112 Geregistreer: August 2003
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Die nuwe Madam en Eve boek is uit:
Crouching Madam, Hiding Maiden.
Vir wat is die plaaslike gedrukte boeke net so duur of selfs duurder as die
ingevoerde boeke?
Annette
Streepmuis skryf in boodskap news:48bjut0d8ssc5e0aavph86i17q1i4bcn71@4ax.com...
> On Wed, 07 Nov 2001 22:58:50 +0200, Davie Davis
> wrote:
>
>>
>> Jy't belowe jy sou al weg wees! Wat soek jy nog daar :-)
>
> Hehehehe....dog jy kon gou 'n kans vat agter my rug , nê? :-))
> Het nogal aan jou gedink terwyl ek daar in Borders was. Want
> aangesien ek sommer *baie* geld gespaar het om NIE Ludlum se nuutste
> boek (nog in hardeband) te koop nie, maar wel die ene in sagteband wat
> ek wou koop in die eerste plek - elkgeval, met die tonne geld wat ek
> toe bespaar het, koop ek toe Enya se nuutse CD. Dis vreeslik mooi,
> hoor. En jy hou mos ook van "New Age" musiek?
>
> En terwyl ek toe na my nuwe CD luister, en my nuwe boek begin lees,
> vang my oog die TV, en toe dog ek amper ek is weer terug in Kalifornië
> toe ek sien dat hulle besig is om 'n "truck chase" wat besig is om te
> gebeur in Dallas, TX uit te saai.
> Dit was vreeslik snaaks om te kyk. 'Skuus- dit moenie eintlik
> "snaaks" wees nie, want dis mos vreeslik ernstig - maar daai ou was 'n
> dekselse goeie bestuurder, en hy het nogal vir die mense gewaai en sy
> toeter gedruk terwyl hy met ongelooflike finesse deur die besige
> strate navigeer het met daardie ongelooflike groot trok wat hy gesteel
> het (vol houtpale gepak, en aan die brand ook nog) Dit was nogal 'n
> halwe anti-klimaks toe die ou uiteindelik stop en die SWAT teams hom
> arresteer.
> :-)
>
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Re: nuus [boodskap #104541 is 'n antwoord op boodskap #104444] |
Sun, 24 July 2005 08:48   |
Bobby[1]
Boodskappe: 76 Geregistreer: January 2005
Karma: 0
|
Volle Lid |
|
|
"DD" skryf in boodskap news:pr7ld19d8acju2p1b6he7u3bis481f545v@4ax.com...
> On Wed, 20 Jul 2005 21:47:52 -0400,
>
> komende van 'n vrou wat haar man ondersteun het
> toe hy Afrikaans verraai het. 'n Vrou wat Afrikaans
> uit haar huis verban het.
Jy is die een wat Gloudina daarvan beskuldig dat sy altyd op dieselfde ou
dinge haper. En tog, hier bring jy alweer dieselfde ou argumente op. Kry
tog verbeelding, dink iets anders uit. Praat van "op my ou ramkiekie met
nog net een snaar".
> 'n Vrou wat die taal van
> die moordenaars van Afrikaner vroue en kinders,
> haar gesogte huistaal gemaak het.
Moet tog net nie vergeet van die balk in jou eie oog nie - die Engelse is
self maar met plesier uitgewis. Wel nie vroue en kinders nie, maar moord
bly moord, mens kan nie sulke gerieflike onderskeidings tref nie. Engels is
baie mense se huistaal, baie Suid-Afrikaners ook. En as jy oorsee woon en
werk en leef, is jy net stupid as jy aan Afrikaans wil vaskleef as huistaal.
|
|
|
|
Re: nuus [boodskap #104566 is 'n antwoord op boodskap #104542] |
Tue, 26 July 2005 04:52  |
Bobby[1]
Boodskappe: 76 Geregistreer: January 2005
Karma: 0
|
Volle Lid |
|
|
"Jonas" skryf in boodskap news:dc081p$957$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> O ja - waar is die "arme" engelse vermoor? Die engelse bliksems het
> afrikaans en afrikaners vervolg net waar hulle kon, nie slegs tydens die
> Boereoorlog nie maar ook daarna - en jy neem standpunt vir hulle in?
>
In enige oorlog is daar mense wat onnodig doodgeskiet word - in my oë is dit
moord. Baie Boere het beslis onnodig Engelse gevangenes doodgeskiet, net
soos die Engelse gemaak het. Die Engelse imperialisme is wel bekend oral in
die wêreld, en ek neem beslis nie vir hulle standpunt in nie want hulle was
'n redelik wrede spulletjie. Maar om nou steeds vandag die taal Engels te
veroordeel en verwerp net omdat dit die taal van die Engelse oorheersers
was, is heeltemal onnosel. En om dan mense wat Engels praat almal oor
dieselfde kam te skeer en hulle as landsverraaiers te beskou, is nog meer
onnosel.
|
|
|
|
 |
Gaan na forum:
[ XML-voer ] [  ]
Tyd nou: Tue Apr 01 01:23:54 UTC 2025
|