Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Burger Wynfees
Burger Wynfees [boodskap #52800] |
Sa., 03 November 2001 06:17  |
Annette
Boodskappe: 11112 Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Hierdie jaar van 6 - 9 November by Canal Walk.
Ek sal maar die nodige opoffering vir die groep doen en soveel as moontlik
gaan proe, en dan 'n watertand verslag skryf.:))
Gister en vandag wynproe by die Tuinesentrum.
Nuwe wyn wat ek nog moet proe is Audacia- glo tussen Stellenbosch en
Somerset Wes.
Wat my al klaar die harnas ingejaag het, is dat selfs hul pamflet net in
Engels is.
Klaar besluit - Audacia gaan nie vandag geproe word nie.
Dus mense - ek sê nou hier - as ek gaan wynproe en die mense kan nie met my
Afrikaans praat nie, of hulle het nie eers 'n pamflet in Afrikaans nie - ek
sal eintlik 'n Afrikaanse brosjure verkies- dan gaan ek nie hulle wyne proe
nie.
Annette
|
|
|
|
|
Re: Burger Wynfees [boodskap #53114 is 'n antwoord op boodskap #52826] |
Do., 08 November 2001 12:20  |
Drom[1]
Boodskappe: 333 Geregistreer: November 2001
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
> Verlede jaar kon ek net 53 van die 105 stalletjies proe, aangesien ek die
> designated driver was:))))
> Annette
>
So OK, ek is nie 'n wynboffin nie, maar was al eenkeer by 'n
proe-aand. As een van 'n paar studente wat aandraers en oopmakers was.
Dis mos nou skink, kyk, snuif, proe, uitpoeg, dan 'n koekie eet. As jy
53 wyne geproe het, hoeveel koekies het jy geeet? :)))
Drom
Terloops, ons het ook darem later die aand proekans gekry en het ons
nie geproe nie! Teen toemaaktyd toe sit twee van ons saam met
Bloemfontein se bugermeester in sy ampsmotor en kopstukke gesels
terwyl die eerste dame buite wag om in te klim.
|
|
|
|
 |
Gaan na forum:
[ XML-voer ] [  ]
Tyd nou: So. Apr. 20 06:19:49 UTC 2025
|