Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Lekker » TV, flieks & vermaak » DS: [AFRIKAANS:5495] Re: Afrikannse betaalkanale -Reply
DS: [AFRIKAANS:5495] Re: Afrikannse betaalkanale -Reply [boodskap #5204] So, 14 Januarie 1996 00:00 na volgende boodskap
Robert Wagenaar  is tans af-lyn  Robert Wagenaar
Boodskappe: 385
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
----------
Van: Reinier de Vos[SMTP:...@aqua.ccwr.ac.za]
Verzonden: vrijdag 12 januari 1996 10:12
Aan: Multiple recipients of list
Onderwerp: [AFRIKAANS:5495] Re: Afrikannse betaalkanale -Reply

Chris Claassen skryf:

> Hoe klink dit dan of julle die Boere-oorlog van voor af baklei? Myns
> insiens moet 'n mens waak daarteen dat die geveg vir Afrikaans nie 'n
> geveg teen Engels word nie, of moet dit noodwendig die geval wees?

Ja, jy't in 'n mate gelyk - dis saak vir Afrikaans kan befoeter raak
deur die indruk te gee dat die stryd anti-Engels is. Ek dink egter dis
eerder 'n geval van 'n aandrang dat al die tale redelike gelyke
behandeling kry. Tans kry Engels voorkeurbehandeling. Of dit nou
Engels, Zoeloe of Afrikaans is wat voorkeurbehandeling kry, dit bly
steeds verkeerd. Ek het onlangs twee resensies oor die nuwe SAUK
programskedule en taalbeleid in *Engelse* tydskrifte gelees, en selfs
hulle kla oor die behandeling wat Afrikaans kry.

Ek weet dat dit in die praktyk miskien moeilik sal wees om volkome
gelyke behandeling aan al die tale te gee, maar tans word daar nie eens
'n poging in die rigting aangewend nie. Engels is as "ankertaal" van
televisie verklaar, en dis myns insiens in stryd met die gees van die
grondwet. Die SAUK is miskien strenggesproke nie aan die grondwetlike
taalklousules onderworpe nie, maar as hy hom as "openbare uitsaaier"
wil uitgee, moet hy ten minste 'n gebaar in dié rigting maak.

Die polemiek sal grootliks verdwyn as ons wegdoen met die hele idee van
'n "openbare uitsaaier" en die uitsaaibedryf volkome privatiseer. Nou
is die hele gedoente verpolitiseer, en die versoeking is altyd daar vir
die regerende party om die "openbare uitsaaier" as sy eie
propagandamasjien aan te wend, ten spyte van pogings om dit te probeer
verhoed.

--

Reinier de Vos Internet: de...@aqua.ccwr.ac.za
Computing Centre for Water Research Tel: Int+27 331 260-5179
c/o University of Natal, P/Bag X01 Fax: Int+27 331 61896
Scottsville, South Africa, 3200 http://www.ccwr.ac.za/=20
------------------------------------------------------------ -----------
Ons spaar die duiwel baie moeite
- C J Langenhoven
DS: [AFRIKAANS:5506] Re: Afrikannse betaalkanale -Reply [boodskap #5205 is 'n antwoord op boodskap #5204] So, 14 Januarie 1996 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Robert Wagenaar  is tans af-lyn  Robert Wagenaar
Boodskappe: 385
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
----------
Van: Martin Maister[SMTP:y...@YorkU.CA]
Verzonden: zaterdag 13 januari 1996 18:26
Aan: Multiple recipients of list
Onderwerp: [AFRIKAANS:5506] Re: Afrikannse betaalkanale -Reply

On Jan 13, 2:05am, Geoffrey Chew wrote:
> Subject: [AFRIKAANS:5505] Re: Afrikannse betaalkanale -Reply
> Op 12 Jan 1996 het Antonie geskryf:
>
>> Hierdie is weereens 'n geveg wat die Afrikaners nie begin het nie. Ons
>> probeer maar net beskerm wat ons eie is. Ek dink nie enige Afrikaner
>> het 'n probleem met die ander 9 inheemse tale nie. Die probleem is die
>> feit dat Engels in ons kele afgeduk word. Dit is dus basies 'n stryd
>> teen Engels.
>>
>> Met die aanloop om 'n taalbeleid vir die land op te stel het die meeste
>> Engelse organisasies hulself beywer om Engels as ENIGSTE amptelike taal
>> daar te stel. As mens die briewe in dagblaaie gelees het sou mens
>> agterkom dat die meerderheid Engelssprekendes so 'n beleid voorgestaan
>> het.
>>
>> Getrou aan die Afrikaner se "respekterende" houding het alle Afrikaanse
>> organisasies (almal waarvan ek weet --- FAK ens) hulself beywer vir of
>> Afrikaans EN Engels of alle inheemse tale wat gelyk behandel moet word.
>> Volgens die briewe in koerante kon mens sien die Afrikaner in die
>> algemeen voel dat Afrikaans EN Engels gelyk beregtig moet word. Ek weet
>> van niemand wat homself beywer het dat Afrikaans die enigste amptelike
>> taal moes wees nie.
>>
>> So, ek weet nie hoe die geveg nie 'n geveg teen Engels kan wees nie.
>> Engels is die sondebok.
>
> Soos julle almal seer sekerlik agtergekom het, is Afrikaans nie my
> moedertaal nie, maar Engels wel. Tog geniet ek die geleentheid wat die
> poslys aanbied, Afrikaans elke dag bietjie te lees en soms ook te skryf.
> En van my Engelssprekende vriende wat nog in Suid-Afrika is kry ek ook die
> indruk dat hulle geensins teen Afrikaans gekant is nie. (Terloops mag ek
> sê dat hulle deesdae baie kla oor die kwaliteit van die Engels wat deur
> die SAUK uitgesaai word.) Wat mense in dagblaaie skryf en lees is wel iets
> anders, 'n mens moenie alles in erns neem wat da'a'r verskyn nie, laat
> staan maar te glo dat dit 'n meerderheidsmening verteenwoordig ...
>
> Ek wil Antonie nie aanval nie, hy het die volle reg om sy eie mening te
> hou, en ek bewonder ook sy hoe" waardering van Afrikaans. Ek weet goed
> genoeg dat, as dit op 'n "geveg" afkom, daar mense is wat sal beweer dat
> Afrikaans deur die NP-beleide 40 jaar lank "in die kele" van die res van
> die bevolking, veral die swart bevolking, "afgeduk" is. Maar soiets lyk
> my baie steriel. Ons kan dalk liewer nadink aan die gevolge van die
> beleid om Afrikaans 'n essensi"ele deel van elke kind se opvoeding te
> maak. Vir my persoonlik byvoorbeeld (soos vir baie ander
> Engelssprekendes) het dit die gevolg gehad dat die Afrikaanse kultuur 'n
> deel van my eie geword het. Is dit dan onmoontlik Afrikaans te verdedig
> sonder om Engels aan te val? Dis tog 'n bietjie laat om ons weer in aparte
> vyandige laers te probeer hou ...
>
> Groetnis
> Geoff
>
> (NS Ons is geen Engelse - laat staan maar Ingelse - nie, vra gerus vir
> enige Engelsman)
>
> Geoffrey Chew
> Music Department, Royal Holloway College (University of London)
> Internet: ch...@sun.rhbnc.ac.uk
> World Wide Web: http://www.rhbnc.ac.uk/~uhwm006/
> http://coco.ihi.ku.dk/~chew/
>
> -- End of excerpt from Geoffrey Chew

Martin skryf:

Die selfde is met my. Engels was altyd my eerste taal. Nietemin, is die
taal van Afrikaans 'n deel van my opvoeding. As ek die taal hoor, kry ek
altyd 'n soet gevoelens. Ek hoop regtig (en dit is 'n openhartig hoop) dat
die taal nooit sal verdwyn nie.

Ek weet dat in Suid-Afrika daar stryd tussen die tale is. Ek wonder of daar
enige land in die hele wêreld waar dit nie gebeur nie?

mooi bly almal
DS: [AFRIKAANS:5505] Re: Afrikannse betaalkanale -Reply [boodskap #5207 is 'n antwoord op boodskap #5204] So, 14 Januarie 1996 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Robert Wagenaar  is tans af-lyn  Robert Wagenaar
Boodskappe: 385
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
----------
Van: Geoffrey Chew[SMTP:u...@sun.rhbnc.ac.uk]
Verzonden: zaterdag 13 januari 1996 3:05
Aan: Multiple recipients of list
Onderwerp: [AFRIKAANS:5505] Re: Afrikannse betaalkanale -Reply

Op 12 Jan 1996 het Antonie geskryf:

> Hierdie is weereens 'n geveg wat die Afrikaners nie begin het nie. Ons
> probeer maar net beskerm wat ons eie is. Ek dink nie enige Afrikaner
> het 'n probleem met die ander 9 inheemse tale nie. Die probleem is die
> feit dat Engels in ons kele afgeduk word. Dit is dus basies 'n stryd
> teen Engels.
>
> Met die aanloop om 'n taalbeleid vir die land op te stel het die meeste
> Engelse organisasies hulself beywer om Engels as ENIGSTE amptelike taal
> daar te stel. As mens die briewe in dagblaaie gelees het sou mens
> agterkom dat die meerderheid Engelssprekendes so 'n beleid voorgestaan
> het.
>
> Getrou aan die Afrikaner se "respekterende" houding het alle Afrikaanse
> organisasies (almal waarvan ek weet --- FAK ens) hulself beywer vir of
> Afrikaans EN Engels of alle inheemse tale wat gelyk behandel moet word.
> Volgens die briewe in koerante kon mens sien die Afrikaner in die
> algemeen voel dat Afrikaans EN Engels gelyk beregtig moet word. Ek weet
> van niemand wat homself beywer het dat Afrikaans die enigste amptelike
> taal moes wees nie.
>
> So, ek weet nie hoe die geveg nie 'n geveg teen Engels kan wees nie.
> Engels is die sondebok.

Soos julle almal seer sekerlik agtergekom het, is Afrikaans nie my
moedertaal nie, maar Engels wel. Tog geniet ek die geleentheid wat die
poslys aanbied, Afrikaans elke dag bietjie te lees en soms ook te skryf.
En van my Engelssprekende vriende wat nog in Suid-Afrika is kry ek ook die
indruk dat hulle geensins teen Afrikaans gekant is nie. (Terloops mag ek
sê dat hulle deesdae baie kla oor die kwaliteit van die Engels wat deur
die SAUK uitgesaai word.) Wat mense in dagblaaie skryf en lees is wel iets
anders, 'n mens moenie alles in erns neem wat da'a'r verskyn nie, laat
staan maar te glo dat dit 'n meerderheidsmening verteenwoordig ...

Ek wil Antonie nie aanval nie, hy het die volle reg om sy eie mening te
hou, en ek bewonder ook sy hoe" waardering van Afrikaans. Ek weet goed
genoeg dat, as dit op 'n "geveg" afkom, daar mense is wat sal beweer dat
Afrikaans deur die NP-beleide 40 jaar lank "in die kele" van die res van
die bevolking, veral die swart bevolking, "afgeduk" is. Maar soiets lyk
my baie steriel. Ons kan dalk liewer nadink aan die gevolge van die
beleid om Afrikaans 'n essensi"ele deel van elke kind se opvoeding te
maak. Vir my persoonlik byvoorbeeld (soos vir baie ander
Engelssprekendes) het dit die gevolg gehad dat die Afrikaanse kultuur 'n
deel van my eie geword het. Is dit dan onmoontlik Afrikaans te verdedig
sonder om Engels aan te val? Dis tog 'n bietjie laat om ons weer in aparte
vyandige laers te probeer hou ...

Groetnis
Geoff

(NS Ons is geen Engelse - laat staan maar Ingelse - nie, vra gerus vir
enige Engelsman)

Geoffrey Chew
Music Department, Royal Holloway College (University of London)
Internet: ch...@sun.rhbnc.ac.uk
World Wide Web: http://www.rhbnc.ac.uk/~uhwm006/
http://coco.ihi.ku.dk/~chew/
DS: [AFRIKAANS:5518] Re: Afrikannse betaalkanale -Reply [boodskap #5208 is 'n antwoord op boodskap #5204] Ma, 15 Januarie 1996 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Robert Wagenaar  is tans af-lyn  Robert Wagenaar
Boodskappe: 385
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
----------
Van: a...@rmbmain.rmb.co.za[SMTP...@rmbmain.rmb.co.za]
Verzonden: maandag 15 januari 1996 10:41
Aan: Multiple recipients of list
Onderwerp: [AFRIKAANS:5518] Re: Afrikannse betaalkanale -Reply



> Is dit dan onmoontlik Afrikaans te verdedig
> sonder om Engels aan te val? Dis tog 'n bietjie laat om ons weer in aparte
> vyandige laers te probeer hou ...

Nee glad nie. Dit is net moeilik om Engels uit die "geveg" te hou as Afrikaans
ten koste van Engels afgeskaal word en as die SAUK verklaar dat Engels die
ankertaal gaan wees.


> (NS Ons is geen Engelse - laat staan maar Ingelse - nie, vra gerus vir
> enige Engelsman)

Beskou julle die woord Engelse in 'n negatiewe lig of is dit maar net nie
korrekte Engels nie. Ek praat maar so maar bedoel niks negatiefs hiermee nie.

Antonie
DS: [AFRIKAANS:5517] Re: Afrikannse betaalkanale -Reply [boodskap #5214 is 'n antwoord op boodskap #5204] Ma, 15 Januarie 1996 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Robert Wagenaar  is tans af-lyn  Robert Wagenaar
Boodskappe: 385
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
----------
Van: a...@rmbmain.rmb.co.za[SMTP...@rmbmain.rmb.co.za]
Verzonden: maandag 15 januari 1996 10:35
Aan: Multiple recipients of list
Onderwerp: [AFRIKAANS:5517] Re: Afrikannse betaalkanale -Reply

Geoff skryf

> Soos julle almal seer sekerlik agtergekom het, is Afrikaans nie my
> moedertaal nie, maar Engels wel. Tog geniet ek die geleentheid wat die
> poslys aanbied, Afrikaans elke dag bietjie te lees en soms ook te skryf.
> En van my Engelssprekende vriende wat nog in Suid-Afrika is kry ek ook die
> indruk dat hulle geensins teen Afrikaans gekant is nie. (Terloops mag ek
> sê dat hulle deesdae baie kla oor die kwaliteit van die Engels wat deur
> die SAUK uitgesaai word.) Wat mense in dagblaaie skryf en lees is wel iets
> anders, 'n mens moenie alles in erns neem wat da'a'r verskyn nie, laat
> staan maar te glo dat dit 'n meerderheidsmening verteenwoordig ...

Dit is seker so dat mens nie na aanleiding van 'n paar briewe in koerante kan
sê dat dit die meerderheidsmening verteenwoordig nie. Ek het vir enige
anderstalige persoon wat Afrikaans wil praat en skryf 'n bewondering en sal
hulle ten volle ondersteun. Ek kan maar net die plaaslike koerant in my omgewing
as nog 'n voorbeeld noem. So teen die middel van verlede jaar het die polimiek
oor Afrikaans daar ook opgevlam. 30 tot 40% van die lesers waar die koerant
afgelewer word is Afrikaanssprekend. Tog is, gemiddeld, net sowat 5% van die
berigte in Afrikaans. 'n Hele klompie Afrikaners het hieroor gekla. Die Engelse
het of stilgebly of het teen die klaers uitgevaar en gesê hulle moet "bykom"
want Afrikaans is 'n minderheidstaal. Nodeloos om te sê, die situasie het nog
steeds nie verbeter nie.

>
> Ek wil Antonie nie aanval nie, hy het die volle reg om sy eie mening te
> hou, en ek bewonder ook sy hoe" waardering van Afrikaans.

Ek wil ook geen geveg begin nie, nog minder met Engelsprekendes wat juis ook 'n
waardering vir my taal het nie.

> Ek weet goed
> genoeg dat, as dit op 'n "geveg" afkom, daar mense is wat sal beweer dat
> Afrikaans deur die NP-beleide 40 jaar lank "in die kele" van die res van
> die bevolking, veral die swart bevolking, "afgeduk" is.

Dit is gewoonlik die argumente van die mense.

> Maar soiets lyk
> my baie steriel. Ons kan dalk liewer nadink aan die gevolge van die
> beleid om Afrikaans 'n essensi"ele deel van elke kind se opvoeding te
> maak. Vir my persoonlik byvoorbeeld (soos vir baie ander
> Engelssprekendes) het dit die gevolg gehad dat die Afrikaanse kultuur 'n
> deel van my eie geword het. Is dit dan onmoontlik Afrikaans te verdedig
> sonder om Engels aan te val? Dis tog 'n bietjie laat om ons weer in aparte
> vyandige laers te probeer hou ...
DS: [AFRIKAANS:5519] Re: Afrikannse betaalkanale [boodskap #5216 is 'n antwoord op boodskap #5204] Ma, 15 Januarie 1996 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Robert Wagenaar  is tans af-lyn  Robert Wagenaar
Boodskappe: 385
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
----------
Van: Reinier de Vos[SMTP:...@aqua.ccwr.ac.za]
Verzonden: maandag 15 januari 1996 11:04
Aan: Multiple recipients of list
Onderwerp: [AFRIKAANS:5519] Re: Afrikannse betaalkanale

Antonie skryf:

> Ek weet nie waar jy groot geword het nie maar ek het ook in 'n
> oorwegend Engelssprekende gemeenskap groot geword. Ek het nog niemand
> teegekom wat Afrikaners per se haat of so iets nie. Die Afrikaners en
> Engelse hier waar ek bly kom goed oor die weg --- solank jy Engels
> praat. Ek het dit nog altyd ondervind dat Engelse weier om Afrikaans = te
> praat. Ek het nog geen Engelsman teegekom wat sal opstaan vir die
> regte van Afrikaans nie. Hulle is vies as Engels benadeel word (soos
> die polemiek rondom SAFM) maar soverre dit Afrikaans gaan is dit 'n
> saak wat hul nie aangaan nie.

Rakende die SAFM polemiek, kan ek nie onthou dat daar eintlik enige
stemme van protes uit Afrikanergeledere opgeklink het nie. Dus kan
Afrikaners maar net so min besorg wees oor Engels as die Engelse
oor Afrikaans.

> Ek sê net weer van die ondertone wat mens kry as mans die briewe in
> koerante lees: Engelse veg vir die behoud van Engels aleen terwyl
> Afrikaners vir Afrikaans en Engels en die ander landstale veg.

Ek het in Natal, "The Last Outpost of the British Empire" grootgeword.
As jy Geoff Chew se artikel gelees het wat elders op die poslys
verskyn, kan jy nie meer volhou dat jy "nog geen Engelsman teegekom het
wat sal opstaan vir die regte van Afrikaans nie".

Persoonlik ken ek baie Engelse wat die taalregte van Afrikaners sal
verdedig. My eie vrou is Engels, en so ook baie van my vriende en
kollegas. Of hulle vlot Afrikaans praat is nie werklik ter sake nie.
As iemand nie 'n gegewe taal kan praat nie, beteken dit nie dat hulle
gekant is teen daardie taal nie. Ek kan nie vlot Zoeloe praat nie -
tot my ewige skande - maar dit beteken nie dat ek gekant is teen
Zoeloes se taal en kultuur nie. Daar is talle Afrikaners wie se Engels
nie so watwonders is nie - maak dit hulle anti-Engels?

Ek wonder tog of Afrikaners werklik "veg" vir die ander tale. Ons is
eerder besorg dat ons taal afgeskaal word, en daarom dring ons nou aan
op gelykheid vir al die tale. Ek verwag dus nie van die Engelse om
meer te doen as wat hulle tot dusvêr gedoen het nie. Mens veg vir
die behoud van jou "eie", en daarom pas die taalgelykheidsklousule in
die grondwet ons nou. Voorheen het Afrikaners gestry ten gunste van
die behoud van Afrikaans en Engels as nasionale amptelike tale, met die
ander Afrikatale as streekstale.

Laat ek jou ook herinner aan Engelse/Ingelse/Engelssprekendes ('skuus,
Geoff) soos Alan Paton, wat aan die 1938 ossewatrek deelgeneem het om
sy solidariteit met Afrikaners te betoon. Hy was egter diep geskok oor
die anti-Engelse uitlatings wat deur sommige Afrikanernasionaliste
gemaak is, en sy pragtige gebaar van versoening is so tot niet gemaak.

My betoog bly dus: As jy die goedgesindheid van jou Engelse landgenote
wil behou, of dit selfs te verkry van diegene wat nog onbetrokke staan,
sal uitlatings teen "die Engelse" jou saak slegs benadeel. Jy verloor
enige morele basis vir jou saak deur neer te daal na die vlak van
diegene in die Engelse gemeenskap wat wél vyandiggesind is teenoor
Afrikaans - sulkes is daar ongetwyfeld. Aan hulle is daar geen salf te
smeer nie, dus help dit nie veel om teen hulle uit te vaar nie.

Ja, die Engelstalige pers irriteer my ook geweldig. Ek skryf elke dan
en wan 'n brief aan ons plaaslike koerant, die "Natal Witness", waarin
ek die redaksie onlangs gekasty het oor hul dubbele standaarde, maar as
jy met die man op straat gesels, is dit 'n ander saak. Mens vind
dieselfde gevoel van irritasie selfs by Engelstalige lesers.

--
Reinier de Vos Internet: de...@aqua.ccwr.ac.za
Computing Centre for Water Research Tel: Int+27 331 260-5179
c/o University of Natal, P/Bag X01 Fax: Int+27 331 61896
Scottsville, South Africa, 3200 http://www.ccwr.ac.za/=20
------------------------------------------------------------ -----------
Ons spaar die duiwel baie moeite
- C J Langenhoven
DS: [AFRIKAANS:5514] Re: Afrikannse betaalkanale -Reply [boodskap #5219 is 'n antwoord op boodskap #5204] Ma, 15 Januarie 1996 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Robert Wagenaar  is tans af-lyn  Robert Wagenaar
Boodskappe: 385
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
----------
Van: a...@rmbmain.rmb.co.za[SMTP...@rmbmain.rmb.co.za]
Verzonden: maandag 15 januari 1996 10:06
Aan: Multiple recipients of list
Onderwerp: [AFRIKAANS:5514] Re: Afrikannse betaalkanale -Reply


>> Hierdie is weereens 'n geveg wat die Afrikaners nie begin het nie. Ons=
>> probeer
>> maar net beskerm wat ons eie is.=20


Paul skryf

> Is dit nie tyd dat die Afrikaner die inisiatief neem en die geveg begin in
> plaas van om altyd verskonend op te tree nie? Ek bedoel natuurlik nie die
> geveg van geweld nie maar die Afrikaans-sprekende moet op hou verdedig aan
> dit wat syne is en optree.

Stem heeltemal saam.

>
> Ek het met aandagtigheid gelees van hoe mense skryf van die SAUK se
> "Publieke Geld" . Geld uit die Staatskas is sekerlik almal sin maar bedrywe
> soos die SAUK en andere word nie net deur Staatsgeld aan die gang gehou nie
> so waar is die magtige Arikaanse Sake , Mynhuise ens. Hoekom weerhou hulle
> nie bv hulle advertensies en koopkrag van die wat teen Afrikaans is nie?

Wat jy sê is waar maar ek vertel kortliks oor wat die huidige "gees" onder
sakemanne is:
meeste probeer die guns van die regering wen oor die feit dat hul dalk van die
HOP kontrakte kan kry en omdat die swaard van nsasionalisering nog steeds oor
hul koppe hang (nasionalisering blyk nou nie meer 'n opsie vir die regering te
wees nie maar dit dien nog steeds as afskrikmiddel).
Sakemanne trap dus baie versigtig as dit by staatsinstansies of iets wat met
etnisiteit te doene het.
SANLAM het verlede jaar sy stem begin dik maak oor Afrikaans op TV maar is gou
as "dwars" uitgeskel.

Die Junior Rapportryers het die naweek 'n protesvergadering oor die posisie van
Afrikaans gehou. President Mandela was daar en het gesê hulle moet nie so klem
op etnisiteit lê nie "en in lyn met die huidige bedling kom". Dus, as jy
enigsins vir Afrikaans wil opkom word dit gesien asof jy teen die huidige bestel
is.

> Wat
> van "Jan Alleman" spandeer jou geld by mense of instansies wat nie
> diskrimineerend is nie!
> Die beleid van die ANC lyk my is juis " Apartheid - a new head wagging the
> same tail". Die diskriminasie wat julle nou in SA beleef is ongelooflik.

Dit is ook waar maar onthou net, regstellende aksie woird nie deur die regering
as diskriminerend beskou nie maar 'n reg.

> Daagliks kom hier begaafde Suid-Afrikaners aan wat soos ons almal hier maar
> die "Trekker skoene" weer moes aantrek om onder die juk van verdrukking uit
> te kom. Die ergste van alles is natuurlik dat die nog net die begin is=
......!

Hier gaan nog 'n vlaag dokters die land uit. As gevolg van die feit dat mediese
dienste in duie stort verlaat dokters staatshospitale en sommiges verlaat die
land. Verlede week was die Noord-Kaap in die nuus oor mediese dienste daar.


Antonie
DS: [AFRIKAANS:5515] Re: Afrikannse betaalkanale [boodskap #5220 is 'n antwoord op boodskap #5204] Ma, 15 Januarie 1996 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Robert Wagenaar  is tans af-lyn  Robert Wagenaar
Boodskappe: 385
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
----------
Van: a...@rmbmain.rmb.co.za[SMTP...@rmbmain.rmb.co.za]
Verzonden: maandag 15 januari 1996 10:06
Aan: Multiple recipients of list
Onderwerp: [AFRIKAANS:5515] Re: Afrikannse betaalkanale

Ek skryf

> Die dag as die Engelse begin kla oor die behandeling wat Afrikaans
> kry moet ons weet daar skort iets groot. Gewoonlik is hierdie mense
> net gelukkig as Engels bevoordeel word en as Afrikaans aan die
> agterste speen trek.

Reinier antwoord

> A nee a! Dis 'n growwe veralgemening. Ek het in 'n oorwegend
> Engelssprekende gemeenskap grootgeword, en my ervaring is dat baie van
> dié mense Afrikaans en Afrikaanssprekendes uiters goedgesind is. Hulle
> sal soms net so hard baklei vir Afrikaans, en nie noodwendig omdat dit
> Afrikaans is nie, maar vanwee die Angelsakser se tradisionele
> besorgdheid vir die "underdog". Daar is natuurlik diegene wat jou
> beskrywing ook pas, maar myns insiens is hulle 'n lawaaierige
> minderheid. Jou uitlatings is water op hul meul.

Ek weet nie waar jy groot geword het nie maar ek het ook in 'n oorwegend
Engelssprekende gemeenskap groot geword. Ek het nog niemand teegekom wat
Afrikaners per se haat of so iets nie. Die Afrikaners en Engelse hier waar ek
bly kom goed oor die weg --- solank jy Engels praat. Ek het dit nog altyd
ondervind dat Engelse weier om Afrikaans te praat.
Ek het nog geen Engelsman teegekom wat sal opstaan vir die regte van Afrikaans
nie. Hulle is vies as Engels benadeel word (soos die polemiek rondom SAFM) maar
soverre dit Afrikaans gaan is dit 'n saak wat hul nie aangaan nie.

Ek sê net weer van die ondertone wat mens kry as mans die briewe in koerante
lees: Engelse veg vir die behoud van Engels aleen terwyl Afrikaners vir
Afrikaans en Engels en die ander landstale veg.

Antonie
DS: [AFRIKAANS:5531] Re: Afrikannse betaalkanale [boodskap #5230 is 'n antwoord op boodskap #5204] Di, 16 Januarie 1996 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Robert Wagenaar  is tans af-lyn  Robert Wagenaar
Boodskappe: 385
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
----------
Van: Geoffrey Chew[SMTP:u...@sun.rhbnc.ac.uk]
Verzonden: maandag 15 januari 1996 22:55
Aan: Multiple recipients of list
Onderwerp: [AFRIKAANS:5531] Re: Afrikannse betaalkanale

On Mon, 15 Jan 1996, Leendert van Oostrum wrote:

> Someone who speaks three languages is called? - trilingual
> Someone who speaks two languages is called? - bilingual
> And one who speaks one language only? - an Englishman of course!

Ek onthou baie goed hoe die SA immigrasiebeamptes 'n paar jaar gelede van
'n vrou wou weet of sy tweetalig was. "Ich spreche deutsch, je parle
francais ..." "Nee, mevrou, u is nie tweetalig nie" ...

Groete
Geoff

Geoffrey Chew
Music Department, Royal Holloway College (University of London)
Internet: ch...@sun.rhbnc.ac.uk
World Wide Web: http://www.rhbnc.ac.uk/~uhwm006/
http://coco.ihi.ku.dk/~chew/
DS: [AFRIKAANS:5570] Re: Afrikannse betaalkanale [boodskap #5273 is 'n antwoord op boodskap #5204] Wo, 17 Januarie 1996 00:00 Na vorige boodskap
Robert Wagenaar  is tans af-lyn  Robert Wagenaar
Boodskappe: 385
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
----------
Van: Reinier de Vos[SMTP:...@aqua.ccwr.ac.za]
Verzonden: woensdag 17 januari 1996 9:26
Aan: Multiple recipients of list
Onderwerp: [AFRIKAANS:5570] Re: Afrikannse betaalkanale

Antonie skryf in antwoord op Geoff:

>> Is dit dan onmoontlik Afrikaans te verdedig
>> sonder om Engels aan te val? Dis tog 'n bietjie laat om ons weer in aparte
>> vyandige laers te probeer hou ...
>
> Nee glad nie. Dit is net moeilik om Engels uit die "geveg" te hou as Afrikaans
> ten koste van Engels afgeskaal word en as die SAUK verklaar dat Engels die
> ankertaal gaan wees.

Ek dink dis belangrik om te besef dat dit nie soseer die "Engelse" is
wat agter hierdie verwikkelinge sit nie. Dis eerder die ANC-gesinde
swart elite, wat al die jare in ballingskap geleef het, en nou geen
woord in 'n Afrikataal kan besig nie.
--
Reinier de Vos Internet: de...@aqua.ccwr.ac.za
Computing Centre for Water Research Tel: Int+27 331 260-5179
c/o University of Natal, P/Bag X01 Fax: Int+27 331 61896
Scottsville, South Africa, 3200 http://www.ccwr.ac.za/
------------------------------------------------------------ -----------
Ons spaar die duiwel baie moeite
- C J Langenhoven
Vorige onderwerp: DS: [AFRIKAANS:5564] Afrikaans op SAUK TV...
Volgende onderwerp: Afrikaans op SAUK-TV
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Apr 27 18:11:48 MGT 2024