Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » "Kersfees 1999" deur TOAST COETZER
"Kersfees 1999" deur TOAST COETZER [boodskap #52439] Sa, 27 Oktober 2001 21:42 na volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

Kersfees 1999
Toast Coetzer

die son skyn in die bergkwaggapark
ek kry you're the fire op discount van edgars
my broer ook
ons ry en sien elande en blesbokke en volstruise en so aan
en my pa vertel die storie van
die renoster en hluhluwe en tiervisse en:
oom willem gooi destyds
die leeus in die wildtuin
met lemoene
en roep:
moerskonte!

ek en my broer ry terug plaas toe
drink bier uit oom bruhn se yskas
die wolke reën anderkant die kommandodriftdam
24 mm op altydsomer
ek ry die motorbike van elandsdrift af
in agter die reënbui se blaaie
die pad is glad
maar by die huis is net my tekkies vuil
oom johann vra hoekom ry ons dan so stadig
nes oom jim destyds

niemand bad vanaand nie
kayeni het nie vuur aangesteek nie
(dronk êrens, no doubt)
en ons is anyway nie lus nie
ma maak sop warm
en ek bel 'n paar vriende
geseënde kersfees, vertel ek hulle
diana sê: I prayed for your sins today
ek vra, like what
sy sê: your drunken debauchery
ek sê: thanks, appreciate your concern

daar's niks op tv nie
net independence day
en die mtv awards
maar ek't al twee al gesien

liewe jesus sit op 'n wolk en
gooi ons met die beste somerreëns
in tien jaar en hy roep:
moerskonte!
Re: "Kersfees 1999" deur TOAST COETZER [boodskap #52505 is 'n antwoord op boodskap #52439] Ma, 29 Oktober 2001 06:21 Na vorige boodskapna volgende boodskap
lou[2]  is tans af-lyn  lou[2]
Boodskappe: 279
Geregistreer: Oktober 2001
Karma: 0
Senior Lid
Nou dit is digkuns - lékker man Toast! :)

Kan die geleerdes en anner 'moeskonte' vir ons die gedig uitlê?

@home.com wrote:
>
> Kersfees 1999
> Toast Coetzer
>
> die son skyn in die bergkwaggapark
> ek kry you're the fire op discount van edgars
> my broer ook
> ons ry en sien elande en blesbokke en volstruise en so aan
> en my pa vertel die storie van
> die renoster en hluhluwe en tiervisse en:
> oom willem gooi destyds
> die leeus in die wildtuin
> met lemoene
> en roep:
> moerskonte!
>
> ek en my broer ry terug plaas toe
> drink bier uit oom bruhn se yskas
> die wolke reën anderkant die kommandodriftdam
> 24 mm op altydsomer
> ek ry die motorbike van elandsdrift af
> in agter die reënbui se blaaie
> die pad is glad
> maar by die huis is net my tekkies vuil
> oom johann vra hoekom ry ons dan so stadig
> nes oom jim destyds
>
> niemand bad vanaand nie
> kayeni het nie vuur aangesteek nie
> (dronk êrens, no doubt)
> en ons is anyway nie lus nie
> ma maak sop warm
> en ek bel 'n paar vriende
> geseënde kersfees, vertel ek hulle
> diana sê: I prayed for your sins today
> ek vra, like what
> sy sê: your drunken debauchery
> ek sê: thanks, appreciate your concern
>
> daar's niks op tv nie
> net independence day
> en die mtv awards
> maar ek't al twee al gesien
>
> liewe jesus sit op 'n wolk en
> gooi ons met die beste somerreëns
> in tien jaar en hy roep:
> moerskonte!
Re: "Kersfees 1999" deur TOAST COETZER [boodskap #52557 is 'n antwoord op boodskap #52439] Ma, 29 Oktober 2001 22:48 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

Lou wrote:

> Nou dit is digkuns - lékker man Toast! :)
>
> Kan die geleerdes en anner 'moeskonte' vir ons die gedig uitlê?

Wel, ou Lou, die gedig lê homself rofweg uit. Wat jy sien
is wat jy kry. Die lemoene wat die oom in die wildtuin
gegooi het om die leeus te treiter, en die reën en hael
wat geval het so teen Kersfees 1999, word vergelyk.
Die digter maak staat op sy geselstranterige metode
om atmosfeer op te bou. Ek dink hy probeer vir Gert
Vlok Nel na-aap, maar in hierdie gedig se gebruik
van die "alledaagse-trant metode" word ons nie
na die volgende liriese vlak gevoer, soos Gert
Vlok Nel so meesterlik regkry nie. Ek merk op
dat baie van die jong beginner-digters in Afrikaans
deesdae hierdie metode probeer gebruik, maar
hulle moet oppas dat hulle nie 'n leë en goedkoop
gedig skep nie. En aanhoudende gebruik van
hierdie metode word uiteindelik baie vervelig.

Gloudina

>

>> Kersfees 1999
>> Toast Coetzer
>>
>> die son skyn in die bergkwaggapark
>> ek kry you're the fire op discount van edgars
>> my broer ook
>> ons ry en sien elande en blesbokke en volstruise en so aan
>> en my pa vertel die storie van
>> die renoster en hluhluwe en tiervisse en:
>> oom willem gooi destyds
>> die leeus in die wildtuin
>> met lemoene
>> en roep:
>> moerskonte!
>>
>> ek en my broer ry terug plaas toe
>> drink bier uit oom bruhn se yskas
>> die wolke reën anderkant die kommandodriftdam
>> 24 mm op altydsomer
>> ek ry die motorbike van elandsdrift af
>> in agter die reënbui se blaaie
>> die pad is glad
>> maar by die huis is net my tekkies vuil
>> oom johann vra hoekom ry ons dan so stadig
>> nes oom jim destyds
>>
>> niemand bad vanaand nie
>> kayeni het nie vuur aangesteek nie
>> (dronk êrens, no doubt)
>> en ons is anyway nie lus nie
>> ma maak sop warm
>> en ek bel 'n paar vriende
>> geseënde kersfees, vertel ek hulle
>> diana sê: I prayed for your sins today
>> ek vra, like what
>> sy sê: your drunken debauchery
>> ek sê: thanks, appreciate your concern
>>
>> daar's niks op tv nie
>> net independence day
>> en die mtv awards
>> maar ek't al twee al gesien
>>
>> liewe jesus sit op 'n wolk en
>> gooi ons met die beste somerreëns
>> in tien jaar en hy roep:
>> moerskonte!
Re: "Kersfees 1999" deur TOAST COETZER [boodskap #52630 is 'n antwoord op boodskap #52439] Wo, 31 Oktober 2001 12:39 Na vorige boodskap
lou[2]  is tans af-lyn  lou[2]
Boodskappe: 279
Geregistreer: Oktober 2001
Karma: 0
Senior Lid
Thx

@home.com wrote:
>
> Lou wrote:
>
>> Nou dit is digkuns - lékker man Toast! :)
>>
>> Kan die geleerdes en anner 'moeskonte' vir ons die gedig uitlê?
>
> Wel, ou Lou, die gedig lê homself rofweg uit.
Vorige onderwerp: "Gevandaliseerde grafte in Bezuidenhout-park" deur FERDI GREYLING
Volgende onderwerp: Uit "Joernaal van Jorik" deur D.J. OPPERMAN
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Apr 28 09:05:49 MGT 2024