Tuis » Lekker » Kos & resepte » Resep:Tipsytert
Resep:Tipsytert [boodskap #51901] |
Thu, 18 October 2001 08:30  |
Annette
Boodskappe: 11112 Geregistreer: August 2003
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
1 Koppie gesnipperde dadels
3/4 koppie kookwater
1 teelepel koeksode
2 eetlepels botter ( Nie margarine nie)
1 koppie suiker ( los bruin of geel)
1 eier
1 1/4 koppie meelblom
4 teelepels bakpoeier
1/4 teelepel sout
1/2 koppie vars okkerneute ( opsioneel) grof gekap.
.
Gooi koeksoda en kookwater oor die dadels en laat afkoel.
Room botter, suiker en eier.
Sif meel, sout en bakpoeier saam.
Meng suikermengsel en meelmengsel om die beurt met dadelmengsel.
Meng deeglik maak liggies.
Voeg neute by.
Bak 20 minute by 180C
Stroop:
1 1/2 koppie wit suiker
3/4 koppie water
1 teelepel vanilla essens
1 eetlepel botter
1/4 koppie brandewyn
Kook water en suiker vir 5 minute en verwyder van stoof.
Voeg smaakmiddels ( vanilla en brandewyn) en botter by.
Sodra sous effens dik word.. giet oor die afgekoelde tert.
Bedien met styfgeklopte room.
Annette
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Re: Resep:Tipsytert [boodskap #52037 is 'n antwoord op boodskap #52019] |
Sat, 20 October 2001 05:10   |
Annette
Boodskappe: 11112 Geregistreer: August 2003
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Pop, cognac sal goed wees, maar los nou maar die gemmer uit;))
Annette
pop skryf in boodskap news:9qq808$c7i$1@slb6.atl.mindspring.net...
> Ek gaan dit ook maak Shannon, dis nou mits ek
> brandewyn kan kry hier, het dit nog nie gesien
> nie, sal dalk daai aaklige cognac moet gebruik en
> n bietjie gemmer en bruinsuiker moet bygooi :-)
>
>
> Kekkelbek wrote in message
> news:3bcffea7.0@news1.mweb.co.za...
>> Annette, die naweek is dit ek en die tert van jou. Ek het al lankal lus
>> daarvoor, maar nog nooit dit self gebak nie. Sal laat weet hoe dit
>> was...was want ons sal dit in een dag verslint ;)
>>
>> Shannon
>>
>> Annette wrote in message
>> news:9qm4vo$ohql2$1@ID-92016.news.dfncis.de...
>>> 1 Koppie gesnipperde dadels
>>> 3/4 koppie kookwater
>>> 1 teelepel koeksode
>>> 2 eetlepels botter ( Nie margarine nie)
>>> 1 koppie suiker ( los bruin of geel)
>>> 1 eier
>>> 1 1/4 koppie meelblom
>>> 4 teelepels bakpoeier
>>> 1/4 teelepel sout
>>> 1/2 koppie vars okkerneute ( opsioneel) grof gekap.
>>> .
>>> Gooi koeksoda en kookwater oor die dadels en laat afkoel.
>>> Room botter, suiker en eier.
>>> Sif meel, sout en bakpoeier saam.
>>> Meng suikermengsel en meelmengsel om die beurt met dadelmengsel.
>>> Meng deeglik maak liggies.
>>> Voeg neute by.
>>> Bak 20 minute by 180C
>>>
>>> Stroop:
>>> 1 1/2 koppie wit suiker
>>> 3/4 koppie water
>>> 1 teelepel vanilla essens
>>> 1 eetlepel botter
>>> 1/4 koppie brandewyn
>>>
>>> Kook water en suiker vir 5 minute en verwyder van stoof.
>>> Voeg smaakmiddels ( vanilla en brandewyn) en botter by.
>>> Sodra sous effens dik word.. giet oor die afgekoelde tert.
>>>
>>> Bedien met styfgeklopte room.
>>>
>>> Annette
>>>
>>
>
|
|
|
Re: Resep:Tipsytert [boodskap #52040 is 'n antwoord op boodskap #52019] |
Sat, 20 October 2001 05:40   |
Waaierstertmuis
Boodskappe: 1592 Geregistreer: October 2001
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
On Fri, 19 Oct 2001 17:06:56 -0500, "pop" wrote:
> Ek gaan dit ook maak Shannon, dis nou mits ek
> brandewyn kan kry hier, het dit nog nie gesien
> nie, sal dalk daai aaklige cognac moet gebruik en
> n bietjie gemmer en bruinsuiker moet bygooi :-)
Hoekom kan jy nie brandewyn hier kry nie, Pop? Is "Brandy" dan nie
brandewyn nie?
Ek dog al die tyd dat cognac is altyd brandewyn, maar dat nie alle
brandewyne is cognac's nie. (M.a.w dat cognac baie beter gehalte
brandewyn is)
Anyway, hier in Georgia is ons so lekker kommen, dat jy eerder Brêndie
sal kry as cognac. Miskien moet jy maar hotlanta toe ry vir jou
Brêndie? :-))
|
|
|
Re: Resep:Tipsytert [boodskap #52041 is 'n antwoord op boodskap #52019] |
Sat, 20 October 2001 07:04   |
Kekkelbek
Boodskappe: 303 Geregistreer: September 2001
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Brandewyn het ek altyd, ek gooi 'n eetlepel vir elke koppie meel in my
pannekoek. As ek waaghalsig is en dis baie koud, sommer twee lepels!
pop skryf in boodskap news:9qq808$c7i$1@slb6.atl.mindspring.net...
> Ek gaan dit ook maak Shannon, dis nou mits ek
> brandewyn kan kry hier, het dit nog nie gesien
> nie, sal dalk daai aaklige cognac moet gebruik en
> n bietjie gemmer en bruinsuiker moet bygooi :-)
>
>
> Kekkelbek wrote in message
> news:3bcffea7.0@news1.mweb.co.za...
>> Annette, die naweek is dit ek en die tert van jou. Ek het al lankal lus
>> daarvoor, maar nog nooit dit self gebak nie. Sal laat weet hoe dit
>> was...was want ons sal dit in een dag verslint ;)
>>
>> Shannon
>>
>> Annette wrote in message
>> news:9qm4vo$ohql2$1@ID-92016.news.dfncis.de...
>>> 1 Koppie gesnipperde dadels
>>> 3/4 koppie kookwater
>>> 1 teelepel koeksode
>>> 2 eetlepels botter ( Nie margarine nie)
>>> 1 koppie suiker ( los bruin of geel)
>>> 1 eier
>>> 1 1/4 koppie meelblom
>>> 4 teelepels bakpoeier
>>> 1/4 teelepel sout
>>> 1/2 koppie vars okkerneute ( opsioneel) grof gekap.
>>> .
>>> Gooi koeksoda en kookwater oor die dadels en laat afkoel.
>>> Room botter, suiker en eier.
>>> Sif meel, sout en bakpoeier saam.
>>> Meng suikermengsel en meelmengsel om die beurt met dadelmengsel.
>>> Meng deeglik maak liggies.
>>> Voeg neute by.
>>> Bak 20 minute by 180C
>>>
>>> Stroop:
>>> 1 1/2 koppie wit suiker
>>> 3/4 koppie water
>>> 1 teelepel vanilla essens
>>> 1 eetlepel botter
>>> 1/4 koppie brandewyn
>>>
>>> Kook water en suiker vir 5 minute en verwyder van stoof.
>>> Voeg smaakmiddels ( vanilla en brandewyn) en botter by.
>>> Sodra sous effens dik word.. giet oor die afgekoelde tert.
>>>
>>> Bedien met styfgeklopte room.
>>>
>>> Annette
>>>
>>>
>>>
>>>
>>
>
|
|
|
Re: Resep:Tipsytert [boodskap #52055 is 'n antwoord op boodskap #52041] |
Sat, 20 October 2001 12:20   |
|
Oorspronklik gepos deur: @home.com
Kekkelbek wrote:
> Brandewyn het ek altyd, ek gooi 'n eetlepel vir elke koppie meel in my
> pannekoek. As ek waaghalsig is en dis baie koud, sommer twee lepels!
>
Dit verklaar baie dinge, onder andere hoekom jou
pionne sulke kaapse draaie maak en dan van die
skaakbord afval.
Tant Hessie Kasparov
|
|
|
|
Re: Resep:Tipsytert [boodskap #52062 is 'n antwoord op boodskap #51901] |
Sat, 20 October 2001 15:39   |
|
Oorspronklik gepos deur: @home.com
Kekkelbek wrote:
> Hessie, gister het ons groot hael gehad. Wanneer kom julle sneeu?
>
Kekkel, waar bly jy nou weer, sodat ek kan weet waarjulle die groot hael
gehad het? Hoe groot was die haelstene?
Ons het al tweekeer sneeu sien val, maar dit bly nie op
die grond nie. Ernstige sneeu sal seker nie kom voor die
begin van November nie, indien dan. Sommige jare sien
ons dit hier eintlik net in begin Desember. Jy moet onthou
dat ek in suidoostelike Ontario bly, net oorkant die grens
van die VSA. In Noordelike Ontario sneeu dit al gereeld.
Daar is verskillende maniere waarop mense dink hulle
weet wanneer koue weer sal kom. Een daarvan is om te
sien wanneer die Canada Geese hier by ons op die rivier
kom wei, op hulle pad van die noordelike weivelde
na hulle suidelike oorwinterings-weiplekke. Hierdie jaar
het ons die eerste Canada Geese al einde September op
die rivier gesien en hoor honk. So dit lyk asof ons vroeg
koue gaan kry. Gister het ons 'n groot klomp Canada
Geese in hulle tipiese V-formasie by ons gebou sien
verbyvlieg.
Gloudina
|
|
|
|
Re: Resep:Tipsytert [boodskap #52069 is 'n antwoord op boodskap #51901] |
Sat, 20 October 2001 16:36   |
pop
Boodskappe: 157 Geregistreer: July 2001
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Ek raak jaloers op julle weer Gloudina, hier is dit nog warm, en die
voorspelling vir Maandag is wraggies in die 80's (
ek dink dis in die vroeë dertigs celsius). Die nagte
is al koelerig, maar die dae nog warm. Ons bittere
koue kom eers in Februarie, en dan duur dit nie
lank nie.
Ons sien ook die ganse, maar hulle is
vet en bly heeljaar hier. :-) Hulle is n bietjie skelm,
want hulle hou by die nuwe kantoorkomplekse net
so buite die downtown area, waar daar gewoonlik
n dam is met spuitfonteine, en met wandelpaadjies
wat die kantoorwerkers gebruik vir hulle daaglikse
oefening. Brood en popcorn word dan saamgedra
as hulle stap, en vir die ganse gevoer, sodat hulle
geen druk voel om te verhuis vir die winter nie.
Maar dit is mooi om te sien as hulle in n V vlieg
(een gewoonlik korter as die ander een), en hulle
plaintive honk honk wat mens laat verlang na wie
weet wat? :-)
pop
skryf in boodskap news:3BD19C14.188E0B5E@home.com...
> Kekkelbek wrote:
>
>> Hessie, gister het ons groot hael gehad. Wanneer kom julle sneeu?
>>
>
> Kekkel, waar bly jy nou weer, sodat ek kan weet waarjulle die groot hael
> gehad het? Hoe groot was die haelstene?
> Ons het al tweekeer sneeu sien val, maar dit bly nie op
> die grond nie. Ernstige sneeu sal seker nie kom voor die
> begin van November nie, indien dan. Sommige jare sien
> ons dit hier eintlik net in begin Desember. Jy moet onthou
> dat ek in suidoostelike Ontario bly, net oorkant die grens
> van die VSA. In Noordelike Ontario sneeu dit al gereeld.
> Daar is verskillende maniere waarop mense dink hulle
> weet wanneer koue weer sal kom. Een daarvan is om te
> sien wanneer die Canada Geese hier by ons op die rivier
> kom wei, op hulle pad van die noordelike weivelde
> na hulle suidelike oorwinterings-weiplekke. Hierdie jaar
> het ons die eerste Canada Geese al einde September op
> die rivier gesien en hoor honk. So dit lyk asof ons vroeg
> koue gaan kry. Gister het ons 'n groot klomp Canada
> Geese in hulle tipiese V-formasie by ons gebou sien
> verbyvlieg.
>
> Gloudina
>
|
|
|
Re: Resep:Tipsytert [boodskap #52073 is 'n antwoord op boodskap #51901] |
Sat, 20 October 2001 17:18   |
|
Oorspronklik gepos deur: @home.com
pop wrote:
> Ons sien ook die ganse, maar hulle is
> vet en bly heeljaar hier. Hulle is n bietjie skelm,
> want hulle hou by die nuwe kantoorkomplekse net
> so buite die downtown area, waar daar gewoonlik
> n dam is met spuitfonteine, en met wandelpaadjies
> wat die kantoorwerkers gebruik vir hulle daaglikse
> oefening.
Het julle ook moeilikheid met die ganse seekskrement op die paadjies en die
gras, wat
dit dan onmoontlik maak om daar rond te stap.
Daar was eenkeer 'n projek in Toronto om hulle
te verwilder deur skote af te vuur, en selfs dood
te skiet indien dit nodig word, maar die mense het
gekla dat dit onmenslik is. Nou probeer hulle
ander metodes. Mens behoort natuurlik nie die
ganse te voer nie. Hier is baie Canada Geese
wat hier bly in die winter en nie die nodigheid
sien om verder suid te gaan nie, want die mense
voer hulle by die rivier. Maar dis nie goed nie,
want die ganse sterf dan in groter getalle aan die
koue as dit vreeslik baie sneeu en koud word,
en hulle "vriende" skielik nie maar daar is om
hulle te voer nie.
Gloudina
|
|
|
|
|
Re: Elekriese storms wasRe: Resep:Tipsytert [boodskap #52087 is 'n antwoord op boodskap #52084] |
Sat, 20 October 2001 19:09   |
|
Oorspronklik gepos deur: @home.com
Davie Davis wrote:
> Ek dink dat dié tipe elektriese storm soos ons 'n paar minute gelede
> gehad het en wat so kort maar kragtig is, is eie aan die Hoëveld.
> Ken Arthur Rico dit ook? Vir Max sal dit natuurlik nie vreemd wees as
> dit ook in NL voorkom nie maar vir mense (selfs in SA natuurlik) wat
> dit nie ken nie, moet dit vreesaanjaend wees.
Ek dink die storms op die Hoëveld is plenty vreesaanjaend.Toe daar baie
Amerikaanse joernaliste gedurende die
1994 oorgang na die nuwe bedeling veral in Johannesburg
was, kon hulle hulself nie help nie en moes telkens heel
gefassineerd opmerkings maak oor die donderstorms.
Ek het egter een van my mees vreesaanjaende storms
juis in Nederland in 'n hotel naby die lughawe in Amsterdam
ondervind. 'n Buitedeur het oopgewaai en daar was 'n siedende
wind met die gange af. Toe ek afbel na resepsie en vir hulle
vertel hulle moet die deur kom toemaak, toe vat hulle my
eers nie ernstig op nie. Later het dit 'n paar ouens geneem om
die deur toe te stoot. Ek het natuurlik nie teveel van die
argitektuur van daardie hotel gedink nie.
Gloudina
|
|
|
|
Re: Elekriese storms wasRe: Resep:Tipsytert [boodskap #52090 is 'n antwoord op boodskap #52084] |
Sat, 20 October 2001 19:18   |
Waaierstertmuis
Boodskappe: 1592 Geregistreer: October 2001
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
On Sat, 20 Oct 2001 21:54:49 +0200, Davie Davis wrote:
> Ek dink dat dié tipe elektriese storm soos ons 'n paar minute gelede
> gehad het en wat so kort maar kragtig is, is eie aan die Hoëveld.
> Interessant dat jy sê dat dit ook deel van die Alabama reënpatroon is.
Nie net Alabama nie, hoor. Dit kom dwarsdeur Amerika voor, maar VERAL
in die middel Suidelike state.
Van die ander state dink ek amper dat Florida die staat met die meeste
elektriese/donderstorm dae, is. Wees net bly dat julle net die
elektriese storms het - hier in die Suide is dit die minste - hier is
ook o.a tornado's, hurricanes, vloede en rednecks. :-))
> Ken Arthur Rico dit ook? Vir Max sal dit natuurlik nie vreemd wees as
> dit ook in NL voorkom nie maar vir mense (selfs in SA natuurlik) wat
> dit nie ken nie, moet dit vreesaanjaend wees.
Glo my, dit was vreesaanjaend die eerste keer wat ek so storm ervaar
het- veral omdat 'n tornado kort op die storm se hakke gevolg het. In
die amper 4 jaar wat ons nou hier in Athens, Georgia woon, het ek nog
nie sulke erge storms ervaar nie. Ook maar goed...:-)
Terlloops, word julle darem gewaarsku oor die storm, sodat jy tyd het
om jou modem en ander toebehore te verwyder? Hier weet mens nogal
redelik lank voor die tyd wanneer die storm gaan tref, want die
weer-radio beep aanhoudend, en natuurlik word die waarskuwings elke
paar minute oor die televisie uitgesaai.
|
|
|
Re: Elekriese storms wasRe: Resep:Tipsytert [boodskap #52092 is 'n antwoord op boodskap #52084] |
Sat, 20 October 2001 19:54   |
davie davis[1]
Boodskappe: 696 Geregistreer: March 2001
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
On Sat, 20 Oct 2001 18:31:49 GMT, Streepmuis wrote:
>
> Ek het nog nooit in my lewe elektriese storms belewe soos wat ons in
> Auburn, Alabama ervaar het, toe ons daar gewoon het so paar jaar
> gelede. Dit was ook gladnie snaaks nie. Dit het ook nooit net sommer
> daar gereën nie, dit was altyd "torrential" reën - of so het dit vir
> my gevoel. As mens nie sulke woeste weer gewoond is nie, dan is dit
> nogal skrikwekkend - veral as die lug so "groenerig" raak buite, en jy
> wonder waarom al die sirenes in die dorp skielik mal gaan. :-(
> :-)
Ek dink dat dié tipe elektriese storm soos ons 'n paar minute gelede
gehad het en wat so kort maar kragtig is, is eie aan die Hoëveld.
Interessant dat jy sê dat dit ook deel van die Alabama reënpatroon is.
Ken Arthur Rico dit ook? Vir Max sal dit natuurlik nie vreemd wees as
dit ook in NL voorkom nie maar vir mense (selfs in SA natuurlik) wat
dit nie ken nie, moet dit vreesaanjaend wees.
|
|
|
|
|
|
|
Re: Resep :Tipsytert en Brandewyn [boodskap #52112 is 'n antwoord op boodskap #52040] |
Sun, 21 October 2001 10:10   |
Wouter Plaasvark
Boodskappe: 1004 Geregistreer: May 2006
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
> Pop
> Ek gaan dit ook maak Shannon, dis nou mits ek
> brandewyn kan kry hier, het dit nog nie gesien
> nie, sal dalk daai aaklige cognac moet gebruik en
> n bietjie gemmer en bruinsuiker moet bygooi :-)
Dr Streepmuis
Hoekom kan jy nie brandewyn hier kry nie, Pop?
Is "Brandy" dan nie brandewyn nie?
Ek dog al die tyd dat cognac is altyd brandewyn, maar
dat nie alle brandewyne is cognac's nie.
(M.a.w dat cognac baie beter gehalte brandewyn is)
Miskien moet jy maar hotlanta toe ry vir jou Brêndie? :-))
Wouter
Brandy is brandewyn, maar daar is brandewyn en brandewyn.
En SA brandewyn is 'n unieke produk. Ek het in Junie al iets
daaroor hier geskryf, ek herhaal een paragraaf :
"Nou vir Amerikaanse brandewyn, hoofsaaklik uit Kalifornië. Soos jy
sê, dis iets anders. It defies classification. Dis gemors, horribale
kwaliteit
wyn-afstooksel. Dit is werklik aaklig en gee brandewyn 'n slegte naam.
Geen wonder dat jy sê die Amerikaners ons brandewyn met
cognac verwar nie, maar dis baie ver van die kol af, hoor :-)"
Ek sal nie Amerikaanse brandy aanbeveel vir 'n resep wat SA
brandewyn vra nie, jy kan wel Spaanse brandewyn probeer
as jy nie die ware jakob kan kry nie.
~~~~~~~~~~~
Vir die wat belangstel, hier is die hele "lesing" van destyds :
"Ek het al vir baie jare 'n groot belangstelling in brandewyn en daardie
opmerkings van jou verdien 'n lesing oor brandewyn internasionaal:
Brandewyn is 'n edel produk, anders as die meeste ander sterk drank, word
dit van wyn gestook en nie van 'n meer basiese landbouproduk nie.
Eers 'n paar statistieke. My bron is die Brandewynstigting se nuusbriewe.
- Die grootste brandewynprodusent in die wêreld is Spanje. Hulle voer die
meeste daarvan uit. Hulle produseer iets soos vier of vyf maal soveel as
SA, wat die tweedegrootste produsent is. Frankryk is nommer drie.
- Die grootste brandewyndrinkers in die wêreld is die Meksikane. Hulle drink
hoofsaaklik Spaanse brandewyn. Nommer twee is SA, dan Spanje. (Spaanse
brandewyn land grootliks in Mexico en ander Suid-Amerikaanse lande)
- Meer as 80% van brandewyn word wêreldwyd met 'n menger gedrank en
loshande die gewildste menger is kola (Coke, Tab, ens).
So, my brandewyn en dieet-kola is die norm, al trek jy en Danielle julle
neuse daarvoor op.
Maar ek wil ook my eie (subjektiewe) proe-ondervinding met julle deel.
'n Mens kan brandewyn grootliks in drie groepe verdeel.
1. Die norm, naamlik "drinkbrandewyne", wat goed met 'n menger soos Tab
smaak.
2. Cognac-tipe wat a.g.v. van baie lang houtveroudering 'n smaak het wat nie
goed met 'n menger saamgaan nie
3 Snaps-agtige brandewyn, gewoonlik met 'n laer alkoholinhoud, wat met niks
meng nie.
In SA en Spanje word hoofsaaklik van die eerste groep geproduseer. Dit is
die lekker drinkbrandewyne, wat deur die deursnee ernstige drinker gedrink
word. SA produseer ook van die tweede groep, dis duur en op 'n baie klein
mark gerig, insluitende die snobs wat dit drink omdat hulle dit as 'n
statusding beskou. Maar daar is niks met ons prestige-brandewyne verkeerd
nie. Dis egter duidelik onderskeibaar van die Franse produk.
Cognac-tipes kom grootliks uit Frankryk, hulle gebruik egter deesdae
dennehout uit Hongarye vir die veroudering, dit werk beter as die
tradisionele Cognac-dennehout. Ander lande, soos Griekeland en 'n paar
Oos-Europese lande, stook 'n produk wat êrens tussen cognac en
drinkbrandewyn val. Die produk uit die Cognac-streek het 'n eie smaak, amper
geparfumeer. Lekker om na ete te drink, sonder ys. Dis soos 'n likeur,
sonder die suiker. Maar 'n goeie Franse cognac is bleddie duur.
Die snaps-agtige "branttwein" kry jy hoofsaaklik in Duitsland en Oostenryk.
Ook in Italië, maar daar word dit as 'n grappa-variant verkoop. Nie aan te
beveel nie, drink liewers die tradisionele snapse en grappas.
Nou vir Amerikaanse brandewyn, hoofsaaklik uit Kalifornië. Soos jy sê, dis
iets anders. It defies classification. Dis gemors, horribale kwaliteit
wyn-afstooksel. Dit is werklik aaklig en gee brandewyn 'n slegte naam. Geen
wonder dat jy sê die Amerikaners ons brandewyn met cognac verwar nie,
maar dis baie ver van die kol af, hoor :-)
Maar gee vir my 'n lekker gewone Suid Afrikaanse of Spaanse brandewyn enige
dag. Met Tab. Nie Coke Light nie, dit het 'n bysmaak. Dit moet Tab wees. Of
Coke as jy die kalorieë kan hanteer.
|
|
|
Re: Resep :Tipsytert en Brandewyn [boodskap #52119 is 'n antwoord op boodskap #52112] |
Sun, 21 October 2001 12:41   |
|
Oorspronklik gepos deur: @home.com
Wouter Plaasvark wrote:
> SA produseer ook van die tweede groep, dis duur en op 'n baie klein
> mark gerig, insluitende die snobs wat dit drink omdat hulle dit as 'n
> statusding beskou
Ek sal nie weer my storie vertel van hoe my eersteondervinding van SA
brandewyn blykbaar uit hierdie
groep gekom het wat "baie duur is en op 'n baie klein
mark gerig is" nie (op 'n wynplaas waar die eienaars
toegelaat was om net twee bottels van hierdie uitvoerbrandewyne
vir hulle self te hou en die boyfriend my wou beindruk.)
Ek het selfs nie eens aanvanklik geweet wat ek gaan
drink nie. Maar ek kan nou nog die smaak onthou. En
vir die res van my lewe haat ek enige alkoholiese
mengsels. As ek alkohol moet drink, drink ek dit skoon.
Selfs jenewer.
Gloudina
|
|
|
|
Re: Resep :Tipsytert en Brandewyn [boodskap #52151 is 'n antwoord op boodskap #52112] |
Sun, 21 October 2001 20:21   |
Danielle
Boodskappe: 157 Geregistreer: December 2000
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
On Sun, 21 Oct 2001 12:10:37 +0200, "Wouter Plaasvark"
wrote:
>> Pop
>> Ek gaan dit ook maak Shannon, dis nou mits ek
>> brandewyn kan kry hier, het dit nog nie gesien
>> nie, sal dalk daai aaklige cognac moet gebruik en
>> n bietjie gemmer en bruinsuiker moet bygooi :-)
>
> Dr Streepmuis
> Hoekom kan jy nie brandewyn hier kry nie, Pop?
> Is "Brandy" dan nie brandewyn nie?
> Wouter
> Brandy is brandewyn, maar daar is brandewyn en brandewyn.
> En SA brandewyn is 'n unieke produk. Ek het in Junie al iets
> daaroor hier geskryf, ek herhaal een paragraaf :
Streepuis:
Dankie vir die verduideliking, Wouter. Ek het seker maar alweer
verkeerd verstaan.
Pop het seker na die 2de brandewyn in jou stelling van daar is
brandewyn en brandewyn, verwys.
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Re: Resep:Tipsytert [boodskap #52235 is 'n antwoord op boodskap #52185] |
Tue, 23 October 2001 10:42  |
Kekkelbek
Boodskappe: 303 Geregistreer: September 2001
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Rico, soos Annette sê...
Die bakpoeier en koeksoda is te min van elk en jy proe nie een van die twee
nie. Dink net ons moet iets aan die brandewyn doen, dit was glad te min! ;)
Annette skryf in boodskap news:9r0uue$qjmvv$1@ID-92016.news.dfncis.de...
> Plesier Kaaitjie - vertel nou vir Rico dat mens nie eers die koeksoda proe
> nie;)
> Annette
>
>
> Kekkelbek wrote in message
> news:3bd3f1df.0@news1.mweb.co.za...
>> Het dit toe Sondag gemaak en dit het sommer as nagereg gedien. Ons was soet
>> tot agter ons ore! ;) Gelukkig het ons geen besoekers gehad nie en gaan
>> ons nog die heel week daaraan eet!
>>
>> Dankie Annette!
>>
>> Annette wrote in message
>> news:9qm4vo$ohql2$1@ID-92016.news.dfncis.de...
>>> 1 Koppie gesnipperde dadels
>>> 3/4 koppie kookwater
>>> 1 teelepel koeksode
>>> 2 eetlepels botter ( Nie margarine nie)
>>> 1 koppie suiker ( los bruin of geel)
>>> 1 eier
>>> 1 1/4 koppie meelblom
>>> 4 teelepels bakpoeier
>>> 1/4 teelepel sout
>>> 1/2 koppie vars okkerneute ( opsioneel) grof gekap.
>>> .
>>> Gooi koeksoda en kookwater oor die dadels en laat afkoel.
>>> Room botter, suiker en eier.
>>> Sif meel, sout en bakpoeier saam.
>>> Meng suikermengsel en meelmengsel om die beurt met dadelmengsel.
>>> Meng deeglik maak liggies.
>>> Voeg neute by.
>>> Bak 20 minute by 180C
>>>
>>> Stroop:
>>> 1 1/2 koppie wit suiker
>>> 3/4 koppie water
>>> 1 teelepel vanilla essens
>>> 1 eetlepel botter
>>> 1/4 koppie brandewyn
>>>
>>> Kook water en suiker vir 5 minute en verwyder van stoof.
>>> Voeg smaakmiddels ( vanilla en brandewyn) en botter by.
>>> Sodra sous effens dik word.. giet oor die afgekoelde tert.
>>>
>>> Bedien met styfgeklopte room.
>>>
>>> Annette
>>>
>>
>
|
|
|
|
 |
Gaan na forum:
[ XML-voer ] [  ]
Tyd nou: Wed Feb 19 03:53:40 UTC 2025
|