Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » "winter" deur JEANNE GOOSEN
"winter" deur JEANNE GOOSEN [boodskap #52023] Vr, 19 Oktober 2001 22:32 na volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

winter
Jeanne Goosen

elke dag bring die buurvrou groete
haar rok ruik in my gange
dit is nie familie nie, veel gevaarliker
sy is 'n voël wat verslons rondvlieg
krankheid begin: ek is 'n mistroostige orrelspeler
altyd, altyd romantiese liszt
priester in julie, arpeggio deur die donkerbos
'n nuwe toonaard is nie 'n padkaart nie
uiteensetting van hieraf: (molto molto allegro?)
die kadens is onvolmaak….en ek moet dit alles sluk
hoeveel senubondels om te ontknoop
waar het ek die motief verloor
dit is maklik om die bure te blameer

hierdie tong is die hart se pootjie
'n dik jas bied geen beskerming teen die skerpsinnige
ek groei onderstebo, ek raas soos 'n droë bos
o, kloekende moeder van die kospotte
hoe liefderyk u bredies
in alle eerlikheid-
wie is ek
Re: "winter" deur JEANNE GOOSEN [boodskap #52029 is 'n antwoord op boodskap #52023] Vr, 19 Oktober 2001 23:45 Na vorige boodskap
davie davis[1]  is tans af-lyn  davie davis[1]
Boodskappe: 696
Geregistreer: Maart 2001
Karma: 0
Senior Lid
On Fri, 19 Oct 2001 22:32:11 GMT, @home.com wrote:

> winter
> Jeanne Goosen
>
> elke dag bring die buurvrou groete
> haar rok ruik in my gange

my buurvrou het ook elke dag groete gebring
en haar rokgeur het ook deur die gange gesing
as ek die vertelling nou wil uitbrei
is sy en haar man nou reeds meer as 'n jaar geskei

(ware verhaal)
Vorige onderwerp: "by die aanskou van blou perde" deur JEANNE GOOSEN
Volgende onderwerp: "Ou Foto" deur FERDI GREYLING
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Apr 28 06:57:53 MGT 2024