Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » JEANNE GOOSEN
JEANNE GOOSEN [boodskap #51888] Wo, 17 Oktober 2001 23:33 na volgende boodskap
Danielle  is tans af-lyn  Danielle
Boodskappe: 157
Geregistreer: Desember 2000
Karma: 0
Senior Lid
On Wed, 17 Oct 2001 19:17:53 GMT, @home.com wrote:

> Volgens die Groot Verseboek is sy in 1938 gebore, en
> moet sy dus nou in haar vroeg-sestigerjare wees as sy nie alreeds
> oorlede is nie.

Interessant. Dankie!

> As ek die
> gedig "Sonneblom" reg verstaan, klink dit vir my asof dit
> 'n lesbiese verhouding is wat in die gedig beskryf word. Mens
> wonder ook of al die verwysings na "mal wees" in haar
> gedigte outobiografies is.

Ja, ek dink sy is 'n mal, gay feminis wat teveel rook en drink, met
vreeslik baie talent. Ek hoop sy leef nog! :-)

Hier is wat ek kon kry op die Internet:
http://www.let.uu.nl/nederlands/nlren/literatuurgeschiedenis ZuidAfrika/na76.html

Die Gender-diskoers

Gedurende die tagtigerjare het die "vreemde liefde" wat die digter
I.D. du Plessis in 1937 besing het, en ook in die werk van Hennie
Aucamp in die sestigerjare aan die bod gekom het, in prominensie
toegeneem. 'n Gay belewingswêreld is met meer openhartigheid beskryf
deur onder andere Koos Prinsloo, Johann de Lange, Jeanne Goossen en
Joan Hambidge. Kontestering van heteroseksualiteit as norm en
problematisering en vervloeiing van seksuele identiteit kom ook aan
die bod in tekste van skrywers soos Riana Scheepers, Antjie Krog
(veral in haar bundel Gedigte 1989-1995), Eben Venter, Mark Behr en
Marlene van Niekerk.

Soos die tekste van Lettie Viljoen is Jeanne Goosen (geb 1940) se
tekste tekenend van wat Hélène Cixous éctriture féminine noem - taal
wat logosentrisme beveg en assosiatief verbande lê en patriargale
waardes rakende identiteit ondermyn.'n Voorbeeld hiervan is Lou-oond
1987 met die motto: "Nóg 'n boek deur 'n vrou. Luister vriende, die
wêreld van die kombuis is van mens en God verlate. Dit is 'n toestand
- een van beheerde histerie."

Die konstruering van gender kom ook aan die bod in die novelle Om 'n
mens na te boots (1975) 'n boek wat André Brink 'n sleutelwerk in die
Afrikaanse prosa noem. Die verhaal handel oor Bres, Brim en Dan wat
afgesonderd op 'n kusdorp leef en deur die dorpenaars as afwykend
beskou word. Die geslag van die personasies word nie genoem nie. Die
verhaal eindig met 'n dronkparty waartydens die hoofpersonasies die
dorpenaars probeer naboots deur in clichés te praat.

Goosen se tekste kan tematies en stilisties vergelyk word met die
kortverhale van die Amerikaanse skrywer, Raymond Carver. Mense uit
laer sosio-ekonomiese groepe word verbeeld, die taalgebruik is
gestroop en eenvoudig, tog besonder poëties gelade. Goossen se romans
Ons is nie almal so nie (1990) en o.a. Daantjie Dromer (1993) handel
oor die Afrikanerwerkersklas waar personasies ook tekenend is van die
hele Afrikanergemeenskap. In hierdie opsig is dié tekste voorlopers
van Marlene van Niekerk se Triomf (1994).

Goosen is ook 'n digter en 'n dramaturg van formaat. Haar drama
Kopstukke word as een van die eerste post-feministiese Afrikaanse
tekste beskou.
----

By Hélène Cixous
On definition of écriture féminine:

It is impossible to define a feminine practice of writing, and this is
an impossibility that will remain, for this practice can never be
theorized, enclosed, encoded, coded -- which doesn't mean that it
doesn't exist. But it will always surpass the discourse that regulates
the phallocentric system: it does and will take place in areas other
than those subordinated to philosophical-theoretical domination. It
will be conceived of only by subjects who are breakers of automatisms,
by peripheral figures that no authority can ever subjugate.2
Re: JEANNE GOOSEN [boodskap #51958 is 'n antwoord op boodskap #51888] Vr, 19 Oktober 2001 04:19 Na vorige boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Jeanne Goosen is nog baie lewendig - tensy dit haar spook is wat gereeld in
die Burger se briewekolom skryf:))
Annette

Danielle skryf in boodskap news:732sstg8ar8vgo1tkseh8007cl5tn4tg4o@4ax.com...
> On Wed, 17 Oct 2001 19:17:53 GMT, @home.com wrote:
>
>> Volgens die Groot Verseboek is sy in 1938 gebore, en
>> moet sy dus nou in haar vroeg-sestigerjare wees as sy nie alreeds
>> oorlede is nie.
>
> Interessant. Dankie!
>
>> As ek die
>> gedig "Sonneblom" reg verstaan, klink dit vir my asof dit
>> 'n lesbiese verhouding is wat in die gedig beskryf word. Mens
>> wonder ook of al die verwysings na "mal wees" in haar
>> gedigte outobiografies is.
>
> Ja, ek dink sy is 'n mal, gay feminis wat teveel rook en drink, met
> vreeslik baie talent. Ek hoop sy leef nog! :-)
>
>
> Hier is wat ek kon kry op die Internet:
>
http://www.let.uu.nl/nederlands/nlren/literatuurgeschiedenis ZuidAfrika/na76.
html
>
> Die Gender-diskoers
>
> Gedurende die tagtigerjare het die "vreemde liefde" wat die digter
> I.D. du Plessis in 1937 besing het, en ook in die werk van Hennie
> Aucamp in die sestigerjare aan die bod gekom het, in prominensie
> toegeneem. 'n Gay belewingswêreld is met meer openhartigheid beskryf
> deur onder andere Koos Prinsloo, Johann de Lange, Jeanne Goossen en
> Joan Hambidge. Kontestering van heteroseksualiteit as norm en
> problematisering en vervloeiing van seksuele identiteit kom ook aan
> die bod in tekste van skrywers soos Riana Scheepers, Antjie Krog
> (veral in haar bundel Gedigte 1989-1995), Eben Venter, Mark Behr en
> Marlene van Niekerk.
>
> Soos die tekste van Lettie Viljoen is Jeanne Goosen (geb 1940) se
> tekste tekenend van wat H�l�ne Cixous �ctriture f�minine noem - taal
> wat logosentrisme beveg en assosiatief verbande lê en patriargale
> waardes rakende identiteit ondermyn.'n Voorbeeld hiervan is Lou-oond
> 1987 met die motto: "Nóg 'n boek deur 'n vrou. Luister vriende, die
> wêreld van die kombuis is van mens en God verlate. Dit is 'n toestand
> - een van beheerde histerie."
>
> Die konstruering van gender kom ook aan die bod in die novelle Om 'n
> mens na te boots (1975) 'n boek wat André Brink 'n sleutelwerk in die
> Afrikaanse prosa noem. Die verhaal handel oor Bres, Brim en Dan wat
> afgesonderd op 'n kusdorp leef en deur die dorpenaars as afwykend
> beskou word. Die geslag van die personasies word nie genoem nie. Die
> verhaal eindig met 'n dronkparty waartydens die hoofpersonasies die
> dorpenaars probeer naboots deur in clichés te praat.
>
> Goosen se tekste kan tematies en stilisties vergelyk word met die
> kortverhale van die Amerikaanse skrywer, Raymond Carver. Mense uit
> laer sosio-ekonomiese groepe word verbeeld, die taalgebruik is
> gestroop en eenvoudig, tog besonder po�ties gelade. Goossen se romans
> Ons is nie almal so nie (1990) en o.a. Daantjie Dromer (1993) handel
> oor die Afrikanerwerkersklas waar personasies ook tekenend is van die
> hele Afrikanergemeenskap. In hierdie opsig is dié tekste voorlopers
> van Marlene van Niekerk se Triomf (1994).
>
> Goosen is ook 'n digter en 'n dramaturg van formaat. Haar drama
> Kopstukke word as een van die eerste post-feministiese Afrikaanse
> tekste beskou.
> ----
>
>
> By H�l�ne Cixous
> On definition of �criture f�minine:
>
> It is impossible to define a feminine practice of writing, and this is
> an impossibility that will remain, for this practice can never be
> theorized, enclosed, encoded, coded -- which doesn't mean that it
> doesn't exist. But it will always surpass the discourse that regulates
> the phallocentric system: it does and will take place in areas other
> than those subordinated to philosophical-theoretical domination. It
> will be conceived of only by subjects who are breakers of automatisms,
> by peripheral figures that no authority can ever subjugate.2
>
Vorige onderwerp: Net vir Gloudina
Volgende onderwerp: Vraag aan "Grahame" (is hy te bang om te antwoord?)
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo Mei 15 09:09:54 MGT 2024