Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » carpool
carpool [boodskap #51777] Di, 16 Oktober 2001 15:25 na volgende boodskap
Rico  is tans af-lyn  Rico
Boodskappe: 823
Geregistreer: Julie 2001
Karma: 0
Senior Lid
Ek wil net vra, watter Afrikaanse woord julle gebruik vir "carpool"?

Gr.Rico
Re: carpool [boodskap #51778 is 'n antwoord op boodskap #51777] Di, 16 Oktober 2001 15:41 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Wouter Plaasvark  is tans af-lyn  Wouter Plaasvark
Boodskappe: 1004
Geregistreer: Mei 2006
Karma: 0
Senior Lid
Motorpoel of meer dikwels net poel, as dit uit die konteks duidelik is.

Wouter
The optimist proclaims that we are living in the best of
all possible words and the pessimist fears that it is true.
- James Cabell

Rico skryf in boodskap news:9qhj11$oat$1@news1.xs4all.nl...
Ek wil net vra, watter Afrikaanse woord julle gebruik vir "carpool"?

Gr.Rico
Re: carpool [boodskap #51785 is 'n antwoord op boodskap #51778] Di, 16 Oktober 2001 19:26 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Onthou julle nog die dae van die bel-en-ry-na's?:)))
Annette.

> Motorpoel of meer dikwels net poel, as dit uit die konteks duidelik is.
>
> Wouter
> The optimist proclaims that we are living in the best of
> all possible words and the pessimist fears that it is true.
> - James Cabell
>
> Rico wrote in message
> news:9qhj11$oat$1@news1.xs4all.nl...
> Ek wil net vra, watter Afrikaanse woord julle gebruik vir "carpool"?
>
> Gr.Rico
>
Re: carpool [boodskap #51812 is 'n antwoord op boodskap #51777] Wo, 17 Oktober 2001 09:26 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Max  is tans af-lyn  Max
Boodskappe: 1496
Geregistreer: Februarie 2004
Karma: 0
Senior Lid
In NL kan jy jou kar langs die snelweg los en met iemand anders na werk
gaan... Die karre staan (onbewaak) langs die snelweg tot hulle base weer in
die middag terugkom.

Ek dink nie die SA'ers het dieselfte idee van "carpool" nie. Daar moet jy
jou kar sluit, selfs al sit jy in hom...
__________________________________________________
"Rico"
> Ek wil net vra, watter Afrikaanse woord julle gebruik vir "carpool"?
Re: carpool [boodskap #51815 is 'n antwoord op boodskap #51812] Wo, 17 Oktober 2001 09:50 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Nee, ons motorpoele werk bietjie anders - die mense maak beurte wie ry, en
die ander word by die huis op- en afgelaai - die motors bly dus binne in die
motorhuis, toegesluit.

Ek dink nie die karre langs die pad sal hier so lekker werk nie:)))
Ou ry. Moet stilhou langs die pad om te gaan piepie agter 'n bossie. Toe hy
by sy motor kom is daar iemand besig om sy twee voorwiele af te haal.
Eienaar: Wat maak jy!!?
Steler - Man, jy kan die twee agterwiele kry - die voorwiele is myne.:))
Annette

Max skryf in boodskap news:9qjiuc$oae$1@azure.nl.gxn.net...
> In NL kan jy jou kar langs die snelweg los en met iemand anders na werk
> gaan... Die karre staan (onbewaak) langs die snelweg tot hulle base weer in
> die middag terugkom.
>
> Ek dink nie die SA'ers het dieselfte idee van "carpool" nie. Daar moet jy
> jou kar sluit, selfs al sit jy in hom...
> __________________________________________________
> "Rico"
>> Ek wil net vra, watter Afrikaanse woord julle gebruik vir "carpool"?
>
Re: carpool [boodskap #51833 is 'n antwoord op boodskap #51777] Wo, 17 Oktober 2001 13:17 Na vorige boodskapna volgende boodskap
TJ  is tans af-lyn  TJ
Boodskappe: 723
Geregistreer: Januarie 2004
Karma: 0
Senior Lid
Saamryklub ?
Re: carpool [boodskap #51847 is 'n antwoord op boodskap #51815] Wo, 17 Oktober 2001 16:08 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Wouter Plaasvark  is tans af-lyn  Wouter Plaasvark
Boodskappe: 1004
Geregistreer: Mei 2006
Karma: 0
Senior Lid
>>> "Rico" : watter Afrikaanse woord julle gebruik vir "carpool"?

>> Max : In NL kan jy jou kar langs die snelweg los en met
>> iemand anders na werk gaan...

> Annette.. Nee, ons motorpoele werk bietjie anders - die mense maak beurte
wie ry, en die ander word by die huis op- en afgelaai - die motors bly dus
binne in die motorhuis, toegesluit.

Wouter
Annette, wat jy en Max hier beskryf is 'n saamryklub, soos TJ ook sê. Dit
word in SA Engels gewoonlik 'n lift club genoem.

'n Tradisionele motorpoel kry jy by 'n maatskappy of instansie, waar daar 'n
paar motors in 'n poel is. Dié motors kan deur werknemers uit die poel
getrek kan word om vir besigheid te gebruik, waarna dit direk terug gaan na
die poel. 'n Poelmotor het dus nie 'n spesifieke bestuurder nie.
Re: carpool [boodskap #51861 is 'n antwoord op boodskap #51847] Wo, 17 Oktober 2001 18:30 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Ooooooo!!!! OK - Rico - is dit wat jy bedoel het?
Hoekom los die mense hulle karre dan langs die pad?
Annette

...
>>>> "Rico" : watter Afrikaanse woord julle gebruik vir "carpool"?
>
>>> Max : In NL kan jy jou kar langs die snelweg los en met
>>> iemand anders na werk gaan...
>
>> Annette.. Nee, ons motorpoele werk bietjie anders - die mense maak beurte
> wie ry, en die ander word by die huis op- en afgelaai - die motors bly dus
> binne in die motorhuis, toegesluit.
>
> Wouter
> Annette, wat jy en Max hier beskryf is 'n saamryklub, soos TJ ook sê. Dit
> word in SA Engels gewoonlik 'n lift club genoem.
>
> 'n Tradisionele motorpoel kry jy by 'n maatskappy of instansie, waar daar 'n
> paar motors in 'n poel is. Dié motors kan deur werknemers uit die poel
> getrek kan word om vir besigheid te gebruik, waarna dit direk terug gaan na
> die poel. 'n Poelmotor het dus nie 'n spesifieke bestuurder nie.
>
Re: carpool [boodskap #51878 is 'n antwoord op boodskap #51861] Wo, 17 Oktober 2001 21:56 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Rico  is tans af-lyn  Rico
Boodskappe: 823
Geregistreer: Julie 2001
Karma: 0
Senior Lid
yep Annette, ek het die saamryclub bedoel.
Wel ons los die kar langs die pad, op 'n plaas, 'n carpoolplek, dit is waar
ons afspreek met die ander mense waar ons mee saam werk toe gaan.
voorbeeld, jy woon in wes kaapstad en ek in oos. ons moet Stellenbosch toe.
ons spreek af op 'n plek waar ons saam langs kom en gaan vandaar af saam
verder :-))))))
Jy hoef dan nie heel Kaapstad door te ry om by die ander se huis te kom nie.

Het ek dit goed gese, wel anders moet Max dit maar vir jou ekspleen :-)))

Gr.Rico
"Annette" skryf in boodskap news:9qkmi4$nf4ih$2@ID-92016.news.dfncis.de...
> Ooooooo!!!! OK - Rico - is dit wat jy bedoel het?
> Hoekom los die mense hulle karre dan langs die pad?
> Annette
>
>
> ...
>>>> > "Rico" : watter Afrikaanse woord julle gebruik vir "carpool"?
>>
>>>> Max : In NL kan jy jou kar langs die snelweg los en met
>>>> iemand anders na werk gaan...
>>
>>> Annette.. Nee, ons motorpoele werk bietjie anders - die mense maak
beurte
>> wie ry, en die ander word by die huis op- en afgelaai - die motors bly dus
>> binne in die motorhuis, toegesluit.
>>
>> Wouter
>> Annette, wat jy en Max hier beskryf is 'n saamryklub, soos TJ ook sê. Dit
>> word in SA Engels gewoonlik 'n lift club genoem.
>>
>> 'n Tradisionele motorpoel kry jy by 'n maatskappy of instansie, waar
daar
> 'n
>> paar motors in 'n poel is. Dié motors kan deur werknemers uit die poel
>> getrek kan word om vir besigheid te gebruik, waarna dit direk terug gaan
> na
>> die poel. 'n Poelmotor het dus nie 'n spesifieke bestuurder nie.
>>
>
Re: carpool [boodskap #51904 is 'n antwoord op boodskap #51847] Do, 18 Oktober 2001 08:45 Na vorige boodskap
Max  is tans af-lyn  Max
Boodskappe: 1496
Geregistreer: Februarie 2004
Karma: 0
Senior Lid
Ons het dit oor die nederlandse carpool, dus saamryklubs.
______________________________________________________
"Wouter Plaasvark"
>>>> "Rico" : watter Afrikaanse woord julle gebruik vir "carpool"?
>
>>> Max : In NL kan jy jou kar langs die snelweg los en met
>>> iemand anders na werk gaan...
>
>> Annette.. Nee, ons motorpoele werk bietjie anders - die mense maak beurte
> wie ry, en die ander word by die huis op- en afgelaai - die motors bly dus
> binne in die motorhuis, toegesluit.
>
> Wouter
> Annette, wat jy en Max hier beskryf is 'n saamryklub, soos TJ ook sê. Dit
> word in SA Engels gewoonlik 'n lift club genoem.
>
> 'n Tradisionele motorpoel kry jy by 'n maatskappy of instansie, waar daar 'n
> paar motors in 'n poel is. Dié motors kan deur werknemers uit die poel
> getrek kan word om vir besigheid te gebruik, waarna dit direk terug gaan na
> die poel. 'n Poelmotor het dus nie 'n spesifieke bestuurder nie.
>
Vorige onderwerp: tipsytert
Volgende onderwerp: Swellendam: Die Ware Feite.
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Jun 17 01:34:18 MGT 2024