Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Gloudina - So droog soos 'n rosyntjie...
Gloudina - So droog soos 'n rosyntjie... [boodskap #51710] |
Mon, 15 October 2001 15:15  |
Max
Boodskappe: 1496 Geregistreer: February 2004
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Ek kan sweer my Ouma het nét soutwater gebruik... Maar dit was perskes.
Ons het nooit genoeg druiwe gehad om rosyntjies van te maak nie...
Ek kon nie help om jou in my geestesoog te sien, korreltjie vir
korreltjie, met houtwasgoedpennetjies, ophang nie... Ek neem aan julle
het trossies opgehang. Het hulle nie dan langer gevat om te droog nie,
agv die vog in die ________? (Hoe noem mens so 'n tros se stronk?)
Hoe lank vat druiwe om te droog?
Ek het gereeld halfdroë perskes gesteel - dan's hulle so lekker
jêmmerig!
____________________________________________________________ __
skryf in boodskap news:3BCA3449.88F28C69@home.com...
Annette wrote:
> Oeps!! Wag - vrugte moet mos in die son lê om droog te word - die hangery
> sal bietjie baie lank vat:)))
Nee, eintlik is dit nie so in die geval van rosyntjies- maak
van druiwe nie. As jy dit in die son laat lê, op houtstellasies,
dan neem dit baie langer om droog te word as wanneer jy
dit op draadrakke hang om droog te word, gewoonlik nadat
jy dit gedoop het in 'n hittige mengsel van loog, olyfolie en
"caustic soda." (As gevolg van laasgenoemde onheilige mengsel
het my ma altyd vir my pa 'n paar sakke songedroogde rosyntjies,
wat op stellasies drooggeword het, vir huisgebruik laat maak. Sy
wou nie hê dat ons die goud-geel sultanas eet wat ons aan die
res van die wêreld verkoop het nie. Ek het een of tweekeer die
verskil vir mense in health food stores probeer verduidelik hier,
maar hulle kyk my net ongelowig aan.)
Gloudina
|
|
|
|
Re: Gloudina - So droog soos 'n rosyntjie... [boodskap #51724 is 'n antwoord op boodskap #51710] |
Mon, 15 October 2001 18:29   |
Annette
Boodskappe: 11112 Geregistreer: August 2003
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
:)))) Max, ek het ook uit pure stuitigheid dieselfde geestesoog gehad; -
fensie klein wasgoedpennetjies ook nogal))))
Ons het weer elke dag aan die perskes, appelkose, vye, appels en pere gaan
voel wanneer hulle droog genoeg is om te kan eet.
Hoekom kry mens nie gedroogde pruime nie?
Annette
Max skryf in boodskap news:9qeujk$fvs$3@azure.nl.gxn.net...
> Ek kan sweer my Ouma het nét soutwater gebruik... Maar dit was perskes.
> Ons het nooit genoeg druiwe gehad om rosyntjies van te maak nie...
>
> Ek kon nie help om jou in my geestesoog te sien, korreltjie vir
> korreltjie, met houtwasgoedpennetjies, ophang nie... Ek neem aan julle
> het trossies opgehang. Het hulle nie dan langer gevat om te droog nie,
> agv die vog in die ________? (Hoe noem mens so 'n tros se stronk?)
>
> Hoe lank vat druiwe om te droog?
>
> Ek het gereeld halfdroë perskes gesteel - dan's hulle so lekker
> jêmmerig!
> ____________________________________________________________ __
> skryf in boodskap news:3BCA3449.88F28C69@home.com...
> Annette wrote:
>
>> Oeps!! Wag - vrugte moet mos in die son lê om droog te word - die hangery
>> sal bietjie baie lank vat:)))
>
> Nee, eintlik is dit nie so in die geval van rosyntjies- maak
> van druiwe nie. As jy dit in die son laat lê, op houtstellasies,
> dan neem dit baie langer om droog te word as wanneer jy
> dit op draadrakke hang om droog te word, gewoonlik nadat
> jy dit gedoop het in 'n hittige mengsel van loog, olyfolie en
> "caustic soda." (As gevolg van laasgenoemde onheilige mengsel
> het my ma altyd vir my pa 'n paar sakke songedroogde rosyntjies,
> wat op stellasies drooggeword het, vir huisgebruik laat maak. Sy
> wou nie hê dat ons die goud-geel sultanas eet wat ons aan die
> res van die wêreld verkoop het nie. Ek het een of tweekeer die
> verskil vir mense in health food stores probeer verduidelik hier,
> maar hulle kyk my net ongelowig aan.)
>
> Gloudina
>
|
|
|
Re: Gloudina - So droog soos 'n rosyntjie... [boodskap #51726 is 'n antwoord op boodskap #51710] |
Mon, 15 October 2001 18:31   |
|
Oorspronklik gepos deur: @home.com
Max wrote:
> Ek kon nie help om jou in my geestesoog te sien, korreltjie vir
> korreltjie, met houtwasgoedpennetjies, ophang nie... Ek neem aan julle
> het trossies opgehang. Het hulle nie dan langer gevat om te droog nie,
> agv die vog in die ________? (Hoe noem mens so 'n tros se stronk?)
>
> Hoe lank vat druiwe om te droog?
Max, mense wat kommersieel rosyntjies maak, het wat ons"rosyntjiedrade"
genoem het. Dis omtrent vyf lae ogiesdraad
wat tussen ysterpale gespan is, sodat daar vyf vlakke is waarop
mens die geloogde druiwe kan ophang. Die "caustic soda" (wat
is die Afrikaanse woord daarvoor?) in die amper kokende
water waarin dit gedoop word, laat klein barsies in die
druiwekorrels verskyn, en hulle droog dus baie gouer as die
heel druiwekorrels aan die trosse wat op hout-stellasies lê
en droogword. Ek dink die sultanas op die drade was gewoonlik
droog na vier of vyf dae, die songedroogdes op die stellasies
het langer geneem. (As dit natuurlik kom reën het, kon mens niks
doen om die rosyntjies op die drade te beskerm nie. Die
songedroogde (dus donkerswart - Thompson raisins) was op
houtstellasies, wat mens op mekaar kon stapel as die reën kom.
Hierdie rosyntjiedrade was gewoonlik taamlik lank en daar
was gewoonlik twee van hulle, naby genoeg aan die plek waar
die druiwe in die mengsel ingedoop is voordat dit opgehang is.
Sulke rosyntjies-maak is baie arbeid-intens. Die trosse moet
met die hand afgesny en in die mandjies geplaas word, en moet
dan weer met die hand in die kleinere ystermandjies gesit word,
wat dan in die warm water-mengsel gedoop word en na die
rosyntjiedrade geneem word, waar daar werkers is wat die
individuele trosse versigtig op die ogiesdraad sit sodat dit kan
droogword.
Mens sit die rosyntjies dan in groot mudsakke en stuur dit
weg om verkoop te word. My pa het aan 'n ko-operatiewe
maatskappy behoort (en het in die moeilikheid kon kom as
hy sy produk privaat verkoop het.) Die koöperasie het die
rosyntjies gesorteer volgens "diamante." Dan kry my pa 'n
staat om te sê hy het soveel gewig "een diamant" rosyntjies
(nie baie goed nie) tot by "vyf diamante" (baie mooi goue
kleur en plomp.) Ek wonder of dit vandag nog so gedoen
word.
Gloudina
>
|
|
|
|
|
|
Re: Gloudina - So droog soos 'n rosyntjie... [boodskap #51740 is 'n antwoord op boodskap #51710] |
Mon, 15 October 2001 22:08   |
|
Oorspronklik gepos deur: @home.com
Wouter Plaasvark wrote:
> Max : Hoe noem mens so 'n tros se stronk?
>
Ek dink nie daar is 'n woord in Afrikaans (of Engels)
vir die afge-ete stingel nie. My man sê 'n stengel druiwe
dink hy het nog die druiwe aan, maar 'n druiwestengel
is miskien die woord vir 'n kaalge-ete tros druiwe. Maar
ek wonder darem. Wat dink julle?
Gloudina
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Chemiese gifstowwe [boodskap #51797 is 'n antwoord op boodskap #51759] |
Wed, 17 October 2001 02:52   |
Waaierstertmuis
Boodskappe: 1592 Geregistreer: October 2001
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
On Tue, 16 Oct 2001 13:46:58 +0200, "Kekkelbek" wrote:
>> Dit het my laat dink aan al die gifstowwe waaraan ons daagliks
>> blootgestel word - het jy al gekyk wat alles in jou tandepasta en
>> sjampoo's is? Bv. SDS (sodium dodecylsulfate), of variante (SLS,
>> SLES)
>
> Seker daarom dat mens dit nie mag eet en drink nie! ;) Watter effek kan die
> middels op die lange duur op mens hê?
Ai toggie - :-)
Maar op 'n relatiewe ernstige noot - dis darem nie altyd wat jy siek
word weens goed wat jy EET nie, maar ook weens insaseming of direkte
kontak.
In die geval/voorbeeld van sjampoe en tandepasta, word die toksiese
chemiese middels geabsorbeer deur jou vel. Baie van die goed
akkumuleer dan met tyd in weefsel en organe soos jou bv. lewer waar
dit dan kan lei tot o.a lewer, brein en senu-skade. SLS is bv. o.a
'n bekende "mutagen" ('n middel wat kanker veroorsaak in selle).
Iets anders van moontlike belang daar by julle is dat so klompie
maande gelede het navorsers agtergekom dat een van die chemiese
produkte wat bv. in "Colgate Total" tandepasta voorkom, nl. Triclosan,
is toe ook 'n uitstekende profilaks vir MALARIA!! So, as almal in
die malaria gebiede hulle tande elke dag mooi borsel met Colgate Total
spesifiek, sal hulle nie malaria kry nie. :-)
Is waar hoor! En nee, ek werk nie vir Colgate nie!! :-)
> Ek het ook al gewonder oor die gemors wat in mens se skottelgoedseep is en
> wat kan dit doen as jy nie dit ordentlik afspoel nie. Miskien is dit
> gesonder en los die borde maar so vuil! Die skottelgoedwasser se blinkborde
> laat my ook maat wonder...
Ja hoor. En dis maar eintlik nog net die afgelope 20 jaar of so wat
dinge begin hand uit ruk het. Ons sal heel waarskynlik eers die effek
van al hierdie goed sien in die volgende generasie. Tensy mense nou
al begin om meer te leer van al die goed, en versigtiger en wyser gaan
koop. Mens kry produkte wat relatief vry is van meeste van die
gevaarlike gifstowwe. Maar hoeveel van ons lees eers die etiket om te
sien wat die produk alles bevat? Ek dink meeste van ons word eerder
deur die media gebreinspoel om die produk met die beste advertensie te
gaan koop....okay, ek sal nou stilbly! :-))
|
|
|
|
Re: Chemiese gifstowwe [boodskap #51817 is 'n antwoord op boodskap #51810] |
Wed, 17 October 2001 09:53  |
Annette
Boodskappe: 11112 Geregistreer: August 2003
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Nie baie nie - net vanoggend in die nuus by die polisiekantoor in
Claremont - 'n gereelde teiken van Pagad.
Annette
> Hoeveel briewe met poeier in het julle al in SA gekry? Hier gaan die
> grapgatte mal... En die arme nooddienste het geen ander keuse om elke geval
> te gaan toets nie...
> __________________________________________________
>
|
|
|
|
 |
Gaan na forum:
[ XML-voer ] [  ]
Tyd nou: Tue Apr 01 01:13:06 UTC 2025
|