Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Die platgetrapte kroontjie.
Die platgetrapte kroontjie. [boodskap #51657] So, 14 Oktober 2001 06:52 na volgende boodskap
Wouter Plaasvark  is tans af-lyn  Wouter Plaasvark
Boodskappe: 1004
Geregistreer: Mei 2006
Karma: 0
Senior Lid
De Boerenoorlog in gedichten - 'n Uiitreksel uit 'n resensie deur Joop
Leibbrand

Een onbekende Zuid-Afrikaanse dichter beeldt die gehate vijand zo uit:

Engelsman, jou regt verdraaijer,
Vrijheidsmoorder, land verraijer.
Wij denken nog aan Slachters Nek,
Met ons broeder bloed bevlekt.

Engelsman, Tractaat verbreker,
Denk jij niet daar is 'n wreker.
Voor jullie onrecht aan Transvaal
Zal die Heer jul laat betaal.

Engelsman, jou dag zal naken,
Want er leef een God der Wraken.
In den dag van groot gericht,
Kom jou werken aan het licht.

Als de Boeren zich uiteindelijk moeten schikken in een opgelegde
vrede, is dat voor Jan F.E.Celliers reden voor grote bitterheid:

Die weg van eer

Wat is die weg van eer?
Om trou te bly
aan dwing'landy?
Aan afgedwonge woord en daad -
aan wanhoops nood-traktaat?
Is dit die weg van eer -
niks meer?
Om woord te hou
aan wie ontrou
en woord-verkragting en verraad
nie meer beskou as sondedaad?

Dit is die weg van eer:
Om, net soos eertyds, trou te wees
aan vaarlandsbloed, aan vaarlandsgees,
aan vryheids-ideaal!
Geen woord verpand is bindend woord
as oormagsdwang en onskuldsmoord
die woord vir ons bepaal.

Negen jaar na de oorlog bezoekt Celliers een concentratiekampkerkhof.
Hij schreef er het volgende, tijdloze gedicht over:

Blomme

Ek kom om 'n kransie van rou te breng,
Op kindergraffies 'n traan te pleng.

Maar kyk, dis 'n fees wat my oog gewaar
van blommetjies, blommetjies aanmekaar,

op ranke stingel oor graffie en steen -
soos graan op die lande, aaneen, aaneen;

soos kindertjies selwe in feesgewaad,
in hupp'lende dans op die windjie se maat;

spierwit hul kleertjies en roserooi -
die sonlig se glans op hul hemelse tooi.

O, moedertjies wat in die verte nog ween
om blompies ontnome, wat God had geleen,

kom kyk, uit elkeen en elk bittere traan
is 'n heldere blompie weer opgestaan.

Dis net of die Vader sê "Vertrou!
"My blomme sal groei oor die kranse van rou,

"Ek gee weer terug wat gegee is aan My:
"waar blomme gesaai is, sal blomme gedy."

Deze mooi uitgegeven en beslist toegankelijke bloemlezing, die niet
minder dan 95 gedichten bevat, geeft een afwisselend en vooral
indringend beeld van een bewogen periode uit een inmiddels wel
verre, maar toch altijd nog actuele geschiedenis. Niet alleen voor
in Zuid-Afrika geïnteresseerden een must!

Die platgetrapte kroontjie.
Afrikaanse en Nederlandse gedigte oor die Anglo-Boereoorlog.
Versamel en ingelei deur Wilfred Jonckheere
Protea Boekhuis, Pretoria 2001
ISBN 1-919825-19-3
pro...@intekom.co.za
Re: Die platgetrapte kroontjie. [boodskap #51664 is 'n antwoord op boodskap #51657] So, 14 Oktober 2001 14:13 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Hilda  is tans af-lyn  Hilda
Boodskappe: 383
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
> Een onbekende Zuid-Afrikaanse dichter beeldt die gehate vijand zo uit:

> Engelsman, Tractaat verbreker,
> Denk jij niet daar is 'n wreker.
> Voor jullie onrecht aan Transvaal
> Zal die Heer jul laat betaal.
>
> Engelsman, jou dag zal naken,
> Want er leef een God der Wraken.

Was hy 'n lid van die lokale Taliban ?

Hilda.
Re: Die platgetrapte kroontjie. [boodskap #51665 is 'n antwoord op boodskap #51664] So, 14 Oktober 2001 14:46 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

Hilda en Gervaas wrote:

>> Engelsman, jou dag zal naken,
>> Want er leef een God der Wraken.
>
> Was hy 'n lid van die lokale Taliban ?
>

Met lang baard en al.

Die Ruiter in die Dag
Re: Die platgetrapte kroontjie. [boodskap #51687 is 'n antwoord op boodskap #51664] Ma, 15 Oktober 2001 06:10 Na vorige boodskap
Spook  is tans af-lyn  Spook
Boodskappe: 76
Geregistreer: Augustus 2001
Karma: 0
Volle Lid
Die gedig lyk bekend ek dit is geskryf deur ene Ossewa Ben Lategan.

Groete
Spook

If you make people think they`re thinking, they`ll love you;
but if you really make them think they`ll hate you.

"Hilda en Gervaas" skryf in boodskap news:P3hy7.105062$6x5.22678455@afrodite.telenet-ops.be...
>
>
>> Een onbekende Zuid-Afrikaanse dichter beeldt die gehate vijand zo uit:
>
>> Engelsman, Tractaat verbreker,
>> Denk jij niet daar is 'n wreker.
>> Voor jullie onrecht aan Transvaal
>> Zal die Heer jul laat betaal.
>>
>> Engelsman, jou dag zal naken,
>> Want er leef een God der Wraken.
>
> Was hy 'n lid van die lokale Taliban ?
>
> Hilda.
>
Vorige onderwerp: Davie se strepe!
Volgende onderwerp: 'n Afrikaanse Taalman weg
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo Jun 26 07:28:07 MGT 2024