Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Ouma en die kreefduikers
Ouma en die kreefduikers [boodskap #51519] Vr, 12 Oktober 2001 07:26 na volgende boodskap
T de Wet  is tans af-lyn  T de Wet
Boodskappe: 446
Geregistreer: April 2000
Karma: 0
Senior Lid
Twee broers van die Boland besluit om te gaan kreefduik. Ouma sê vir hulle
sy gaan saam, want anders gaan hulle net suip.
Ouma is al 90 en erg broos van die jare.
Wat die twee ookal probeer, Ouma is hulle altyd een voor: "Julle gaan suip,
en ek moet julle op die regte pad hou. Ek ken julle al te goed."

So word daar dan uiteindelik by die kreefwaters aangekom met Ouma by. Maar
daar waai 'n wind! Mens moet sommer so vooroor teen hom in loop ander waai
hy jou om.
Maak die twee vir Ouma sit op die rotse by die kreefgat. Sak hulle daar in
die kreefwater in. Maar hulle moet diep duik. Een kom later op. Hy kyk
eers of Ouma nog sit. Ja-nee sy sit nog. Maar hy't net so een ou verpiepte
ondermaatse krefie wat nog aan sy mama moes drink. Gaan maar weer af.
Ander boet dop ook uit. Ouma sit nog. Krefie net so klein soos ander boet
s'n. Weer af.
Kom die eerste een op om asem te skep. Ouma is weg.
Ander een kom ook asem skep, en so besluit die twee om nou maar na Ouma te
gaan soek. Hulle roep en soek, maar Ouma is net weg. Kyk later agter die
bossies of Ouma dalk 'n draai moes loop. Niks.
Besluit hulle toe op laas om in die kreefgat te gaan kyk. Duik altwee in,
en ja, sowaar daar lê Ouma op die bodem. Nou werk hulle mooi met Ouma en
bring haar na bo, maar Ouma is sommer skielik swaar. Maar Ouma is dood. Te
veel water en te veel jare.
Ouma word nou met sorg na die kant gebring, en daar kom hulle toe agter
hoekom hulle so gesukkel het om Ouma uit te bring. Daar sit so 'n stuk of
12 krewe aan Ouma. Maar sommer sulke menere.
"Ja boeta" sê die een broer toe. "Ouma was altyd die een wat vir ons gesêre
het. Kyk nou net hier tot by haar se heengaan het sy vir ons gesêre. Wat
sal van ons word sonder haar?"
Vra die ander een toe: "Jong, dink jy sy sal omgee as ons haar nog so
eenkeer in die kreefgat laat sak?"

Thys oppie Bos
Re: Ouma en die kreefduikers [boodskap #51520 is 'n antwoord op boodskap #51519] Vr, 12 Oktober 2001 07:54 Na vorige boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Baie Snaaks Thysie:))))) Hulle is sulke goeie kinders om haar net nog
eenmaal as aas te wil gebruik:))))
Annette

.ac.za...
> Twee broers van die Boland besluit om te gaan kreefduik. Ouma sê vir hulle
> sy gaan saam, want anders gaan hulle net suip.
> Ouma is al 90 en erg broos van die jare.
> Wat die twee ookal probeer, Ouma is hulle altyd een voor: "Julle gaan suip,
> en ek moet julle op die regte pad hou. Ek ken julle al te goed."
>
> So word daar dan uiteindelik by die kreefwaters aangekom met Ouma by. Maar
> daar waai 'n wind! Mens moet sommer so vooroor teen hom in loop ander waai
> hy jou om.
> Maak die twee vir Ouma sit op die rotse by die kreefgat. Sak hulle daar in
> die kreefwater in. Maar hulle moet diep duik. Een kom later op. Hy kyk
> eers of Ouma nog sit. Ja-nee sy sit nog. Maar hy't net so een ou verpiepte
> ondermaatse krefie wat nog aan sy mama moes drink. Gaan maar weer af.
> Ander boet dop ook uit. Ouma sit nog. Krefie net so klein soos ander boet
> s'n. Weer af.
> Kom die eerste een op om asem te skep. Ouma is weg.
> Ander een kom ook asem skep, en so besluit die twee om nou maar na Ouma te
> gaan soek. Hulle roep en soek, maar Ouma is net weg. Kyk later agter die
> bossies of Ouma dalk 'n draai moes loop. Niks.
> Besluit hulle toe op laas om in die kreefgat te gaan kyk. Duik altwee in,
> en ja, sowaar daar lê Ouma op die bodem. Nou werk hulle mooi met Ouma en
> bring haar na bo, maar Ouma is sommer skielik swaar. Maar Ouma is dood. Te
> veel water en te veel jare.
> Ouma word nou met sorg na die kant gebring, en daar kom hulle toe agter
> hoekom hulle so gesukkel het om Ouma uit te bring. Daar sit so 'n stuk of
> 12 krewe aan Ouma. Maar sommer sulke menere.
> "Ja boeta" sê die een broer toe. "Ouma was altyd die een wat vir ons gesêre
> het. Kyk nou net hier tot by haar se heengaan het sy vir ons gesêre. Wat
> sal van ons word sonder haar?"
> Vra die ander een toe: "Jong, dink jy sy sal omgee as ons haar nog so
> eenkeer in die kreefgat laat sak?"
>
> Thys oppie Bos
>
Vorige onderwerp: Thanksgiving
Volgende onderwerp: lees hier
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Jun 17 01:51:14 MGT 2024