Tuis » Taal » Prosa & poësie » "Weeklaf van die Fascistiese Fliekganger" deur FERDI GREYLING
"Weeklaf van die Fascistiese Fliekganger" deur FERDI GREYLING [boodskap #51485] |
Do., 11 Oktober 2001 19:51  |
|
Oorspronklik gepos deur: @home.com
WEEKLAG VAN DIE FASCISTIESE FLIEKGANGER
Ferdi Greyling
Toe jy nog die ster van my dae was,
was elke dag 'n full house.
Jy was 'n kommersiële sukses.
Jy het 'n kritikus aan jou voete gehad.
Saam was ons 'n musical,
'n komedie,
en 'n serious fliek,
alles in een.
Jy het die fees van my hart gewen.
Jy was kommentaar op my tyd.
Jy was die twist aan die einde.
Ek het nog geskaterlag van vreugde
net voor die moordtoneel.
Net voor die vryheidsvegters in die agterste ry
opgestaan het
en alles stukkend geskiet het
- skerm, projektor, draaiboek - die hele works.
Jy en die lewe het julle loop geneem.
Die fliek moes toemaak.
Die gebou is gesloop.
En nou sit ek hier
tussen my onderdanige woorde.
'n Sukkelende fascis,
uitgelewer aan die glinsterende wind
en die fluisterende weer.
|
|
|
|
|
|
|
Re: "Weeklaf van die Fascistiese Fliekganger" deur FERDI GREYLING [boodskap #51538 is 'n antwoord op boodskap #51536] |
Vr., 12 Oktober 2001 10:33  |
davie davis[1]
Boodskappe: 696 Geregistreer: Maart 2001
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
On Fri, 12 Oct 2001 12:09:54 +0200, "Max" wrote:
> Wat 'n pot snot! Waarop dui dit?
> _________________________________________________________
>
> WEEKLAG VAN DIE FASCISTIESE FLIEKGANGER
> Ferdi Greyling
Gloudina, dit is die verkeerde manier van veg
deur gemorspos hier te plaas. Tot nou toe was jou
vegmetodes beskaafd en nie vulger
|
|
|
|
 |
Gaan na forum:
[ XML-voer ] [  ]
Tyd nou: Sa. Apr. 19 05:55:10 UTC 2025
|