Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » "Die Koperkapel" deur LOUIS LEIPOLDT
"Die Koperkapel" deur LOUIS LEIPOLDT [boodskap #28103] Ma, 22 November 1999 00:00 na volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

DIE KOPERKAPEL
Louis Leipoldt

Die koperkapel kom uit sy gat
En sluip die rantjie rond:
“Dit het gereën; die veld is nat
En nat is die rooi-geel grond.”
Die meerkat kom, en sy ogies blink,
En hy staan orent en wag.
En die stokou ystervark sê: “Ek dink
Die reën kom weer vannag.”
Maar die geitjie piep: “Dis glad nie reën!
Dis klewerig, swart en rooi:
Kom jy sulke reën in jou lewe teen -
So glad, so styf, so mooi?”
En die wyse steenuil waag sy woord:
“Dis bloed, dis mensebloed!
Dis lewensbloed wat hierdie oord
Se bossie-wortels voed.”
Re: "Die Koperkapel" deur LOUIS LEIPOLDT [boodskap #51460 is 'n antwoord op boodskap #28103] Do, 11 Oktober 2001 13:32 Na vorige boodskap
Max  is tans af-lyn  Max
Boodskappe: 1496
Geregistreer: Februarie 2004
Karma: 0
Senior Lid
GREAT!!!
______________________________________________________

DIE KOPERKAPEL
Louis Leipoldt

Die koperkapel kom uit sy gat
En sluip die rantjie rond:
"Dit het gereën; die veld is nat
En nat is die rooi-geel grond."
Die meerkat kom, en sy ogies blink,
En hy staan orent en wag.
En die stokou ystervark sê: "Ek dink
Die reën kom weer vannag."
Maar die geitjie piep: "Dis glad nie reën!
Dis klewerig, swart en rooi:
Kom jy sulke reën in jou lewe teen -
So glad, so styf, so mooi?"
En die wyse steenuil waag sy woord:
"Dis bloed, dis mensebloed!
Dis lewensbloed wat hierdie oord
Se bossie-wortels voed."
Vorige onderwerp: "Ons klein en silwrige planeet" deur NP van WYK LOUW
Volgende onderwerp: "Weeklaf van die Fascistiese Fliekganger" deur FERDI GREYLING
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Apr 27 17:57:28 MGT 2024