Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » "Ons klein en silwrige planeet" deur NP van WYK LOUW
"Ons klein en silwrige planeet" deur NP van WYK LOUW [boodskap #51258] Di, 09 Oktober 2001 15:27 na volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

ONS KLEIN EN SILWRIGE PLANEET
N. P. Van Wyk Louw

Ons klein en silwrige planeet
is ryker as die gode weet

die koring is 'n heuningsel
waaruit die goue aarde wel

die wingerd is 'n sooi-geel bron
wat uit die erts prut na die son

ek sny die brood en drink die wyn
en hou my hart van gode rein.
Re: "Ons klein en silwrige planeet" deur NP van WYK LOUW [boodskap #51341 is 'n antwoord op boodskap #51258] Wo, 10 Oktober 2001 14:37 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Max  is tans af-lyn  Max
Boodskappe: 1496
Geregistreer: Februarie 2004
Karma: 0
Senior Lid
Wat is silwrig? Bedoel hy silwerig? Of skryf mens dit silwrig? Jy sou tog
nie drie keer dieselfte tikfout maak nie?

Ek het nog nooit die aarde as silwrig gesien nie...

Goud is goed vir koring, maar watse kleur is sooi geel?

Wie sê altyd: "Kak gedig, gepos deur 'n kak mens"?

Ek sê: "Kakkerige gedig..." Maar ook dankie dat jy die moeite doen om dit te
plaas... (Ek lees dit nogal getrou)
________________________________________________________

ONS KLEIN EN SILWRIGE PLANEET
N. P. Van Wyk Louw

Ons klein en silwrige planeet
is ryker as die gode weet

die koring is 'n heuningsel
waaruit die goue aarde wel

die wingerd is 'n sooi-geel bron
wat uit die erts prut na die son

ek sny die brood en drink die wyn
en hou my hart van gode rein.
Re: "Ons klein en silwrige planeet" deur NP van WYK LOUW [boodskap #51379 is 'n antwoord op boodskap #51258] Wo, 10 Oktober 2001 19:19 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

Max wrote:

> Wat is silwrig? Bedoel hy silwerig? Of skryf mens dit silwrig? Jy sou tog
> nie drie keer dieselfte tikfout maak nie?
>
> Ek het nog nooit die aarde as silwrig gesien nie...
>
> Goud is goed vir koring, maar watse kleur is sooi geel?
>
> Wie sê altyd: "Kak gedig, gepos deur 'n kak mens"?
>
> Ek sê: "Kakkerige gedig..." Maar ook dankie dat jy die moeite doen om dit te
> plaas... (Ek lees dit nogal getrou)

Dit word só in die Groot Verseboek gespel. Ek neem
dus aan dat NP dit so gespel het. Staan vir "silwerig,"
neem ek aan.
Wanneer jy lees "die wingerd is 'n sooi-geel bron/
wat uit die erts prut na die son" dan moet jy nie "sooi-geel"
lees as 'n basiese kleur nie. Hy wil sê dat die wingerd in die
erts/grond/sooie soos 'n pot prut en dat die wingerd soos
'n geel vuur daar staan en brand."

Gloudina
Re: "Ons klein en silwrige planeet" deur NP van WYK LOUW [boodskap #51429 is 'n antwoord op boodskap #51258] Do, 11 Oktober 2001 10:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Max  is tans af-lyn  Max
Boodskappe: 1496
Geregistreer: Februarie 2004
Karma: 0
Senior Lid
Dankie vir die uitleg, maar ek weet steeds nie wat sooi is nie... Sooibrand
ken ek wel...
_______________________________________________________

Max wrote:

> Wat is silwrig? Bedoel hy silwerig? Of skryf mens dit silwrig? Jy sou tog
> nie drie keer dieselfte tikfout maak nie?
>
> Ek het nog nooit die aarde as silwrig gesien nie...
>
> Goud is goed vir koring, maar watse kleur is sooi geel?
>
> Wie sê altyd: "Kak gedig, gepos deur 'n kak mens"?
>
> Ek sê: "Kakkerige gedig..." Maar ook dankie dat jy die moeite doen om dit te
> plaas... (Ek lees dit nogal getrou)

Dit word sê in die Groot Verseboek gespel. Ek neem
dus aan dat NP dit so gespel het. Staan vir "silwerig,"
neem ek aan.
Wanneer jy lees "die wingerd is 'n sooi-geel bron/
wat uit die erts prut na die son" dan moet jy nie "sooi-geel"
lees as 'n basiese kleur nie. Hy wil sê dat die wingerd in die
erts/grond/sooie soos 'n pot prut en dat die wingerd soos
'n geel vuur daar staan en brand."

Gloudina
Re: "Ons klein en silwrige planeet" deur NP van WYK LOUW [boodskap #51443 is 'n antwoord op boodskap #51258] Do, 11 Oktober 2001 11:58 Na vorige boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

Max wrote:

> ek weet steeds nie wat sooi is nie... Sooibrand
> ken ek wel...

Max, 'n "sooi" (Engels "sod" ) is die stuk grond wat
jy op jou graaf het nadat jy dit in die grond gesteek
het en dan die stuk aarde uitgelig het.
Dit kan ook gebruik word vir gevormde stukke
aarde wat jy uit die grond lig, nadat jy met die graaf
'n vierkant-snit in die grond gemaak het met die doel
om so 'n stuk aarde uit te lig. Gewoonlik doen jy
laasgenoemde as jy iets met die stuk aarde wil doen,
soos byvoorbeeld 'n sooihuis bou.
Ek wonder waar kom die "sooi" in sooibrand
vandaan?

Gloudina
Vorige onderwerp: "Muezzen" deur FERDI GREYLING
Volgende onderwerp: "Die Koperkapel" deur LOUIS LEIPOLDT
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Apr 27 16:30:58 MGT 2024