Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » "Muezzen" deur FERDI GREYLING
"Muezzen" deur FERDI GREYLING [boodskap #25555] Wo, 25 Augustus 1999 00:00 na volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @sympatico.ca

MUEZZEN
Kensington, Johannesburg
Ferdi Greyling

Pers jakarandas in die geel lente
onder 'n lug vol purper wolke.

Voor dit reën
hardloop die wind
soos kinders in die pad af.

Laatmiddag spoel die son
oranje oor die stad
en vroeg in die aand
dryf die moskee se klanke
soos lig na bo
om God hoog in die sterre te soek.
Re: "Muezzen" deur FERDI GREYLING [boodskap #51384 is 'n antwoord op boodskap #25555] Wo, 10 Oktober 2001 19:30 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Kobus Pietersen  is tans af-lyn  Kobus Pietersen
Boodskappe: 358
Geregistreer: April 1998
Karma: 0
Senior Lid
skryf in boodskap news:3BC49E29.9B1560DA@home.com...
MUEZZEN
Kensington, Johannesburg

Pers jakarandas in die geel lente
onder 'n lug vol purper wolke.

Oe dit was nou rerig baie mooi.
Dankie en gooi nog.
Re: "Muezzen" deur FERDI GREYLING [boodskap #51410 is 'n antwoord op boodskap #51384] Do, 11 Oktober 2001 02:13 Na vorige boodskap
Jonas  is tans af-lyn  Jonas
Boodskappe: 1070
Geregistreer: September 2001
Karma: 0
Senior Lid
Ja - CM van den Heever sou trots gewees het ...

"Kobus Pietersen" skryf in boodskap news:9q283t$qv3$1@ctb-nnrp1.saix.net...
>
> skryf in boodskap news:3BC49E29.9B1560DA@home.com...
> MUEZZEN
> Kensington, Johannesburg
>
> Pers jakarandas in die geel lente
> onder 'n lug vol purper wolke.
>
> Oe dit was nou rerig baie mooi.
> Dankie en gooi nog.
>
Vorige onderwerp: "Muezzen" deur FERDI GREYLING
Volgende onderwerp: "Ons klein en silwrige planeet" deur NP van WYK LOUW
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Apr 27 21:18:00 MGT 2024