Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Ou Bedeling Korrupsie
| Ou Bedeling Korrupsie [boodskap #51149] |
So., 07 Oktober 2001 18:33  |
Grahame
Boodskappe: 131 Geregistreer: Augustus 2000
|
Senior Lid |
|
|
Nou kan Yengeni glimlag want, so hoor ons, die ou bedeling was net so
korrup: Die Inligtingskandaal en Pietie du Plessis. Om nou 'n ordentlike
vergelyking te kan tref, kan die Afrikanerdom se Nuwe Heiliges my van die
volgende inligting vergewis?
Hoeveel politici in die ou bedeling van 48 jaar, beide in plaaslike rade en
die
Volksraad was verdink of aangekeer vir korrupsie?
Hoeveel Staatdienste het tot stilstand gekom weens gebrek aan fondse?
Hoeveel plaasslike dorp- en stadsrade was gedurende die 48 jaar van
Nasionale Party regering bankrot verklaar?
Hoeveel hospitale het gesluit weens gebrek aan fondse?
Hoeveel fondse wat vir kankernavorsing en later vir Vigs het net in die niet
verdwyn?
Hoeveel wapentransaksies was onder die toonbank deur afgehandel?
Hoeveel van die land se paaie en spoornetwerk het weens bankrotskap in duie
gestort?
Hoeveel plaasboere (Wit of Swart) was gedurende die 45 jaar vermoor? En
indien wel, hoeveel van die moordenaars het gerieflikheids onthalwe
"ontsnap"?
Hoeveel mense is koelbloedig vermoor in motor skakings, bankrowe en ander
geweldsmisdaad?
(Om te dink Hans Strijdom het geweier om 'n private telefoonoproep vanuit
die Uniegeboue
te maak sonder om daarvoor te betaal.)
|
|
|
|
| Re: Ou Bedeling Korrupsie [boodskap #51155 is 'n antwoord op boodskap #51149] |
So., 07 Oktober 2001 19:49   |
Annette
Boodskappe: 11111 Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Nee Grahame man!!!
Een Yengeni, een fout uit die ou bedeling:))))
Ons moet die ander foute hou vir die ander lot wat een van die dae gaan
bedank:))
Annette
Grahame skryf in boodskap news:9pq7s1$dnk$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> Nou kan Yengeni glimlag want, so hoor ons, die ou bedeling was net so
> korrup: Die Inligtingskandaal en Pietie du Plessis. Om nou 'n ordentlike
> vergelyking te kan tref, kan die Afrikanerdom se Nuwe Heiliges my van die
> volgende inligting vergewis?
>
> Hoeveel politici in die ou bedeling van 48 jaar, beide in plaaslike rade en
> die
> Volksraad was verdink of aangekeer vir korrupsie?
>
> Hoeveel Staatdienste het tot stilstand gekom weens gebrek aan fondse?
>
> Hoeveel plaasslike dorp- en stadsrade was gedurende die 48 jaar van
> Nasionale Party regering bankrot verklaar?
>
> Hoeveel hospitale het gesluit weens gebrek aan fondse?
>
> Hoeveel fondse wat vir kankernavorsing en later vir Vigs het net in die niet
> verdwyn?
>
> Hoeveel wapentransaksies was onder die toonbank deur afgehandel?
>
> Hoeveel van die land se paaie en spoornetwerk het weens bankrotskap in duie
> gestort?
>
> Hoeveel plaasboere (Wit of Swart) was gedurende die 45 jaar vermoor? En
> indien wel, hoeveel van die moordenaars het gerieflikheids onthalwe
> "ontsnap"?
>
> Hoeveel mense is koelbloedig vermoor in motor skakings, bankrowe en ander
> geweldsmisdaad?
>
> (Om te dink Hans Strijdom het geweier om 'n private telefoonoproep vanuit
> die Uniegeboue
> te maak sonder om daarvoor te betaal.)
>
|
|
|
|
| Grahame vra oor korrupsie [boodskap #51161 is 'n antwoord op boodskap #51149] |
So., 07 Oktober 2001 22:50   |
Wouter Plaasvark
Boodskappe: 1004 Geregistreer: Mei 2006
|
Senior Lid |
|
|
Grahame vra 'n paar vrae oor die ou bedeling en sê dat die nuwe heiliges
moet antwoord. Dit diskwalifiseer my, want ek is nie 'n ou of nuwe heilige
nie. Ek sal daarom net enkele opmerkings maak.
'n Klomp van die vrae gaan oor infrastruktuur soos paaie, hospitale, ens.
Dié was in die ou bedeling aansienlik beter as tans, omdat die staat destyds
baie meer geld bestee het as tans. Staatsbesteding is intussens skerp
ingekort, dit was myns insiens nodig, maar dit het baie ongemaklike
newe-effekte, waarop Grahame se vra ook sinspeel. Dis egter ondenkbaar om
terug te gaan na die ou weë, dan is ons wat die ekonomie betref binne 'n
paar jaar 'n piesangrepubliek. Ek reageer op die ander vrae
1. Hoeveel politici in die ou bedeling van 48 jaar, beide in plaaslike rade
en die Volksraad was verdink of aangekeer vir korrupsie?
Om te kan vergelyk, moet jy ook die politici in die ou tuislande en
onafhanklike state insluit. Van hulle was meer as die helfte volgens ons
norme van destyds (en ook vandag se norme) erg korrup. Die antwoord is
ongetwyfeld dat die ou bedeling dramaties meer korrupte politici gehad het
en dat die korrupsie oor dramaties groter bedrae gegaan het as vandag. Ek
het destyds insae gehad in 'n klein deel van drie van die onafhanklike
state se staatsfinansies en wat daar gebeur het was horribaal, daar was
bedrog van duisende miljoene. Die groot verskil was dat dit selde die
koerante gehaal het.
2. Hoeveel wapentransaksies was onder die toonbank deur afgehandel?
Ongeveer almal, ons was in 'n bos-oorlog betrokke. Die sogenaamde geheime
deel van die verdedigingsbegroting (daar was drie of vier komponente onder
verskillende poste?) was nooit in die openbare oog nie.
3. Hoeveel plaasboere (Wit of Swart) was gedurende die 45 jaar vermoor? En
indien wel, hoeveel van die moordenaars het gerieflikheids onthalwe
"ontsnap"?
Ek weet nie, maar op die gebied van veiligheid, en wet en orde in die
algemeen, is ons baie swakker af as vroeër.
4. Hoeveel mense is koelbloedig vermoor in motor skakings, bankrowe en ander
geweldsmisdaad?
Ditto
|
|
|
|
|
|
| Re: Grahame vra oor korrupsie [boodskap #51176 is 'n antwoord op boodskap #51161] |
Ma., 08 Oktober 2001 07:52   |
Spook
Boodskappe: 76 Geregistreer: Augustus 2001
|
Volle Lid |
|
|
Ja die vrae oor paai laat my dink aan die grap. Wat het ons gehad voor ons
grondpaaie gehad het?
Teerpaaie
Groete
Spook
Sevareid`s Law: The chief cause of problems is solutions.
"Wouter Plaasvark" skryf in boodskap news:3bc0dc45.0@news1.mweb.co.za...
>
> Grahame vra 'n paar vrae oor die ou bedeling en sê dat die nuwe heiliges
> moet antwoord. Dit diskwalifiseer my, want ek is nie 'n ou of nuwe heilige
> nie. Ek sal daarom net enkele opmerkings maak.
>
> 'n Klomp van die vrae gaan oor infrastruktuur soos paaie, hospitale, ens.
> Dié was in die ou bedeling aansienlik beter as tans, omdat die staat destyds
> baie meer geld bestee het as tans. Staatsbesteding is intussens skerp
> ingekort, dit was myns insiens nodig, maar dit het baie ongemaklike
> newe-effekte, waarop Grahame se vra ook sinspeel. Dis egter ondenkbaar om
> terug te gaan na die ou weë, dan is ons wat die ekonomie betref binne 'n
> paar jaar 'n piesangrepubliek. Ek reageer op die ander vrae
>
> 1. Hoeveel politici in die ou bedeling van 48 jaar, beide in plaaslike rade
> en die Volksraad was verdink of aangekeer vir korrupsie?
>
> Om te kan vergelyk, moet jy ook die politici in die ou tuislande en
> onafhanklike state insluit. Van hulle was meer as die helfte volgens ons
> norme van destyds (en ook vandag se norme) erg korrup. Die antwoord is
> ongetwyfeld dat die ou bedeling dramaties meer korrupte politici gehad het
> en dat die korrupsie oor dramaties groter bedrae gegaan het as vandag. Ek
> het destyds insae gehad in 'n klein deel van drie van die onafhanklike
> state se staatsfinansies en wat daar gebeur het was horribaal, daar was
> bedrog van duisende miljoene. Die groot verskil was dat dit selde die
> koerante gehaal het.
>
> 2. Hoeveel wapentransaksies was onder die toonbank deur afgehandel?
>
> Ongeveer almal, ons was in 'n bos-oorlog betrokke. Die sogenaamde geheime
> deel van die verdedigingsbegroting (daar was drie of vier komponente onder
> verskillende poste?) was nooit in die openbare oog nie.
>
> 3. Hoeveel plaasboere (Wit of Swart) was gedurende die 45 jaar vermoor? En
> indien wel, hoeveel van die moordenaars het gerieflikheids onthalwe
> "ontsnap"?
>
> Ek weet nie, maar op die gebied van veiligheid, en wet en orde in die
> algemeen, is ons baie swakker af as vroeër.
>
> 4. Hoeveel mense is koelbloedig vermoor in motor skakings, bankrowe en ander
> geweldsmisdaad?
>
> Ditto
>
|
|
|
|
| Re: Grahame vra oor korrupsie [boodskap #51199 is 'n antwoord op boodskap #51161] |
Ma., 08 Oktober 2001 18:05   |
Grahame
Boodskappe: 131 Geregistreer: Augustus 2000
|
Senior Lid |
|
|
Dankie Wouter, Ek gaan akkoord.
Ek het net 'n ewige kleintjie dood met mense, veral Afrikaners, wat so
maklik kan sê dat die ou bedeling "net so korrup" was as die huidige een.
Lees maar net die koerante: Korrupsie, diefstal van fondse, misbruik van
voorregte het reeds in ons land epidemiese afmetings aangeneem.
Miskien moes ek eerder die geleidelike bankrotskap van ons land ook aan
wanspandering en onbevoegdheid toegeskryf het.
Feit is dat vir die beste deel van 48 jaar het ons ongekende voorspoed
geniet, nie as gevolg van apartheid nie, maar ten spyte daarvan. Ons het
basies eerlike regering gehad en dit was Suid-Afrika se heil..
Ek stem saam as jy korrupsie in die destydse tuislande noem, maar dit sou
nog nie die integriteit van die nasionale (kleinletter) regering onder die
soeklig plaas nie. Afgesien van die meriete aldan nie van die
tuislandbeleid sou Verwoerd hierdie tuislande met 'n ysterhand gekontrolleer
het, maar Vorster het toegelaat dat dit in sirkusse ontaard. Let wel, die
geldmagte van hierdie land was dood teen die tuislandbeleid, nie uit
menslike oorwegings nie, maar eerder omdat hulle die haalbaarheid van die
Swart koopkrag in die stede nie wou prysgee nie. Na die moord op Verwoerd
het hulle gewen, maar kyk na die stede vandag. Dieselfde Johannesburg wat
vir hulle so 'n geldmaak-paradys was is binne 'n paar jaar in
misdaadgeinvesteerde ghetto vervorm.
Ek besef meer as enigeen dat die dae van Afrikanerbeheer in Suid-Afrika iets
van die verlede is, maar ek weet ook dat ons vanweë ons Christelike inbors
en geloof in onsself nooit van hierdie planeet sal verdwyn nie, ten spyte
van die haatveldtogte teen ons, en eendag, as die Here die Groot Leuen aan
die kaak stel, mag ons weer die wêreld daarbuite in die oë kyk en ons en ons
nageslagte ons plek in die samelewing volstaan.
Die minste wat ons kan doen is om ons roemryke geskiedenis te bewaak
en te bewaar.
Grahame
Wouter Plaasvark skryf in boodskap news:3bc0dc45.0@news1.mweb.co.za...
>
> Grahame vra 'n paar vrae oor die ou bedeling en sê dat die nuwe heiliges
> moet antwoord. Dit diskwalifiseer my, want ek is nie 'n ou of nuwe heilige
> nie. Ek sal daarom net enkele opmerkings maak.
>
> 'n Klomp van die vrae gaan oor infrastruktuur soos paaie, hospitale, ens.
> Dié was in die ou bedeling aansienlik beter as tans, omdat die staat destyds
> baie meer geld bestee het as tans. Staatsbesteding is intussens skerp
> ingekort, dit was myns insiens nodig, maar dit het baie ongemaklike
> newe-effekte, waarop Grahame se vra ook sinspeel. Dis egter ondenkbaar om
> terug te gaan na die ou weë, dan is ons wat die ekonomie betref binne 'n
> paar jaar 'n piesangrepubliek. Ek reageer op die ander vrae
>
> 1. Hoeveel politici in die ou bedeling van 48 jaar, beide in plaaslike rade
> en die Volksraad was verdink of aangekeer vir korrupsie?
>
> Om te kan vergelyk, moet jy ook die politici in die ou tuislande en
> onafhanklike state insluit. Van hulle was meer as die helfte volgens ons
> norme van destyds (en ook vandag se norme) erg korrup. Die antwoord is
> ongetwyfeld dat die ou bedeling dramaties meer korrupte politici gehad het
> en dat die korrupsie oor dramaties groter bedrae gegaan het as vandag. Ek
> het destyds insae gehad in 'n klein deel van drie van die onafhanklike
> state se staatsfinansies en wat daar gebeur het was horribaal, daar was
> bedrog van duisende miljoene. Die groot verskil was dat dit selde die
> koerante gehaal het.
>
> 2. Hoeveel wapentransaksies was onder die toonbank deur afgehandel?
>
> Ongeveer almal, ons was in 'n bos-oorlog betrokke. Die sogenaamde geheime
> deel van die verdedigingsbegroting (daar was drie of vier komponente onder
> verskillende poste?) was nooit in die openbare oog nie.
>
> 3. Hoeveel plaasboere (Wit of Swart) was gedurende die 45 jaar vermoor? En
> indien wel, hoeveel van die moordenaars het gerieflikheids onthalwe
> "ontsnap"?
>
> Ek weet nie, maar op die gebied van veiligheid, en wet en orde in die
> algemeen, is ons baie swakker af as vroeër.
>
> 4. Hoeveel mense is koelbloedig vermoor in motor skakings, bankrowe en ander
> geweldsmisdaad?
>
> Ditto
>
|
|
|
|
|
|
| Re: Grahame vra oor korrupsie [boodskap #51260 is 'n antwoord op boodskap #51233] |
Di., 09 Oktober 2001 17:44   |
Grahame
Boodskappe: 131 Geregistreer: Augustus 2000
|
Senior Lid |
|
|
Wouter het geskryf oor korrupsie in die tuislande waarmee ek nie 'n probleem
het nie. Dit was allermins Afrikastate in die kleine. Ek het dit duidelik
gestel dat die sentrale regering nie aan naby soveel korrupsie en diefstal
skuldig was as jou (Ferdie) se regering nie. As jy nie kan sien hoe vrot
van korrupsie hierdie regering van jou (Ferdie) is nie is jy waaragtig of
blind of onnosel. Die land se ekonomie is in sy donder weens diefstal,
korrupsie en wanbesteding en jy wil nog steeds vinger wys na die ou
bedeling.
As jy dan nou kwansuis jou sarkasties wil uitlaat oor die eerlikheid van ons
vorige leiers (en hierby sluit ek die verraaier F.W.de Klerk uit), dan moet
jy kyk na jou eie eerlikheid teenoor jouself.
Grahame
Ferdi Greyling skryf in boodskap news:3bc4ad3b.1374660@news.is.co.za...
> On Mon, 8 Oct 2001 20:05:15 +0200, "Grahame"
> wrote:
>
> > Ek het net 'n ewige kleintjie dood met mense, veral Afrikaners, wat so
>> maklik kan sê dat die ou bedeling "net so korrup" was as die huidige
een.
>
> Huh?
>
> Wouter het dan geskryf: "Die antwoord is ongetwyfeld dat die ou
> bedeling dramaties meer korrupte politici gehad het en dat die
> korrupsie oor dramaties groter bedrae gegaan het as vandag"
>
> > geniet, nie as gevolg van apartheid nie, maar ten spyte daarvan. Ons het
>> basies eerlike regering gehad en dit was Suid-Afrika se heil..>
>
> He,he.....
> Yeah sure.
>
|
|
|
|
|
|
| Re: Grahame vra oor korrupsie [boodskap #51273 is 'n antwoord op boodskap #51161] |
Di., 09 Oktober 2001 22:49   |
|
|
Oorspronklik gepos deur: @home.com
Wouter Plaasvark wrote:
> Ek weet nie, maar op die gebied van veiligheid, en wet en orde in die
> algemeen, is ons baie swakker af as vroeër.
Wanneer jy hier "ons" sê, dan bedoel jy natuurlikuitsluitlik die mense met wit
velle. Onder die ou
bedeling was die mense met die nie-wit velle
baie slegter daaraan toe. Nie net was hulle nie goed
beskerm deur die staat se raamwerk nie, maar
daar was allerhande dinge wat onverwags met jou
kon gebeur as jy op die trein klim in die môre op
pad werk toe. Ons weet nou dat baie van daardie
insidente op die treine beplan en uitgevoer is deur
groepe binne die apartheidsregering se mags-
strukture. Oor die algemeen is die deursnee nie-
blanke mens nou baie veiliger as voor 1990 en
is sy gesondheidsdienste ens. ook baie beter as
voor 1990. Nie-blankes vorm meer as tagtig
persent van die bevolking van SA. Dit is tough
luck dat minder as een vyde van die bevolking
nou dink dinge is erger as vantevore. Relatief
gesproke gaan dit vandag ver beter vir ag van
die tien mense in die straat in SA as voor 1990.
Gloudina van die Derde Republiek se
observasie-afdeling.
>
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
| Re: Grahame vra oor korrupsie [boodskap #51325 is 'n antwoord op boodskap #51294] |
Wo., 10 Oktober 2001 11:51   |
|
|
Oorspronklik gepos deur: @home.com
> Grahame
> As jy nie kan sien hoe vrot
> van korrupsie hierdie regering van jou (Ferdie) is nie is jy waaragtig of
> blind of onnosel. Die land se ekonomie is in sy donder weens diefstal,
> korrupsie en wanbesteding en jy wil nog steeds vinger wys na die ou
> bedeling.
>
> Wouter
> Ek verskil hiervan, Grahame. Maar die debat het nou sodanig vervlak as
> gevolg van Ferdi se sarkastiese opmerkings dat ek nie nou verder wil uitbrei
> nie. Ek stel voor ons hervat dit rustig op 'n ander dag.
Gloudina:So dis verkiesliker vir jou om vir Ferdi aan te val oor sy
"metodes" as om die waarheid vir Grahame te stel? Ek
hou jou dop, Wouter, ek hou jou dop.
Gloudina
|
|
|
|
|
|
|
|
| Re: Ferdi vra oor sarkasme [boodskap #51342 is 'n antwoord op boodskap #51304] |
Wo., 10 Oktober 2001 14:39   |
|
|
Oorspronklik gepos deur: @home.com
Wouter Plaasvark wrote:
> Behalwe dalk wanneer iemand aggressief volhou met snert
> en die gestelde feite en argumente ignoreer. Gelukkig is hier net twee mense
> wat hulle daaraan skuldig maak
Watter twee mense, Wouter? Is daar geen ander
mense wat jou "gestelde feite en argumente"
ignoreer en volhou met snert nie? Enige van die
joggies wat so die ou apartheids-speak uitspoeg,
is hulle hande skoon in jou boek?
En tel "Jou gat, my skat" wat jy al telkens teen
my geopper het, benewens al die toesnouery
wat ek gereeld opmerk, tel dit nie? Ek sou
dink dat jy ten minste net so aggressief as
Ferdi op hierdie nuusgroep is. En in my
woordeboek is "Jou gat, my skat" baie meer
sinkhuis-afrikaans as enigiets wat Ferdi ooit
gebruik.
Gloudina
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
| Re: Ferdi vra oor sarkasme [boodskap #51373 is 'n antwoord op boodskap #51304] |
Wo., 10 Oktober 2001 18:53   |
Wouter Plaasvark
Boodskappe: 1004 Geregistreer: Mei 2006
|
Senior Lid |
|
|
> Behalwe dalk wanneer iemand aggressief volhou met snert
> en gestelde feite en argumente ignoreer. Gelukkig is hier net twee mense
> wat hulle daaraan skuldig maak
Gloudina
Watter twee mense, Wouter?
Wouter
Uit die "ander mense" waaroor jy hierna skryf lei ek af dat jy weet
dat ek jou daarby insluit. Geen pryse vir wie die ander een is nie.
Gloudina:
Is daar geen ander mense wat jou "gestelde feite en argumente"
ignoreer en volhou met snert nie? Enige van die joggies wat so die
ou apartheids-speak uitspoeg, is hulle hande skoon in jou boek?
Wouter
Om te verskil en om sonder provokasie onbeskaafd te redeneer is
twee heel verskillende dinge. Jy en Ferdi val soms plat op die laaste
een, die ander nie wat ek kan onthou teenoor my nie. Dit gaan hier
nie oor wat gesê word nie, maar hoe. En ek verwys slegs na wat
mense na my rig of hoe hulle op my insette reageer. Die reaksies
wat jy en Ferdi hier van ander kry was nie ter sprake nie, ek is oor
my eie reaksies gevra en het daarvan gepraat. Julle twee lok in
elk geval gedurig aggressie uit en verdien myns insiens wat julle kry.
Gloudina
En tel "Jou gat, my skat" wat jy al telkens teen
my geopper het, benewens al die toesnouery
wat ek gereeld opmerk, tel dit nie? Ek sou
dink dat jy ten minste net so aggressief as
Ferdi op hierdie nuusgroep is. En in my
woordeboek is "Jou gat, my skat" baie meer
sinkhuis-afrikaans as enigiets wat Ferdi ooit gebruik.
Wouter
Jou aanvoeling vir Afrikaans het klaarblyklik vervlak.
En sover ek onthou was hierdie reaksies van my onder provokasie.
As jy aanvallend skryf moet jy nie agterna kom huil nie. Jy maak
gedurig sweeping statements wat van alle waarheid ontbloot is
en as ek jou daarop wys dat dit snert is, swyg jy dit dood of
verander die onderwerp. En dan hamer jy gedurig oor dinge
wat ander kwansuis lank terug sou gesê het en nie voor om
verskoning vra nie. D�m vervelig.
Nee Gloudinatjie, the lady doth protest too much.
Amper sê ek dit nog 'n keer, my skat.
|
|
|
|
|
|
| Re: Ferdi vra oor sarkasme [boodskap #51385 is 'n antwoord op boodskap #51304] |
Wo., 10 Oktober 2001 19:31   |
|
|
Oorspronklik gepos deur: @home.com
Kekkelbek wrote:
> Sinkhuis-Afrikaans was nou nie 'n sleg woord nie, maar jare gelede het alle
> huise sinkdakke gehad. (self die mense met geld) Sinkhuis kan ook verkeerd
> opgeneem word as mens dink wie wel meestal nou in sinkhuise woon. Verkeerde
> woord dus. As hy in jou woordeboek is, is die woord dus nou oudmodies
>
Ja, ek dink jy het 'n punt hier, Kekkelerasie. Ek sal dit in hersiening moet
neem.
Sinkdakke is natuurlik 'n ander ding. Veral as jy in die Noordkaap bly,
het almal "corrugated iron" dakke gehad, gewoonlik wit geverf vir die
hitte, en een of twee dromme wat die water moes opvang wat so nou
en dan uit die hemel geval het. (Nie baie nie. Gewoonlik 12 duim per
jaar, altyd op my pa se rosyntjies as dit net mooi droog was.)
Gloudina
|
|
|
|
|
|
|
|
| Re: Ferdi vra oor sarkasme [boodskap #51472 is 'n antwoord op boodskap #51304] |
Do., 11 Oktober 2001 17:55   |
|
|
Oorspronklik gepos deur: @home.com
Wouter Plaasvark wrote:
> Wouter aan Gloudina
> > As jy aanvallend skryf moet jy nie agterna kom huil nie.>
>
> Ferdi
> En Nou?????
> Dis OK as jy onder provokasie is, maar nie OK as ander onder
> provokasie is nie?? Jy het serious selfondersoek om te doen Wouter....
>
> Wouter
> Begin jy uiteindelik 'n humorsin kry, Ferdi?
> Dis al amper snaaks ... Net effe pateties
Sien, Wouter Plaasvark, jy is jou eie vyand. Jy gaan haalpresies die
skietgoed uit waarmee ander jou kan afskiet.
Ek het al vergeet wat jy hierbo aanhaal van wat jy gesê
het. Gie, gie, gie.
En ek sien jy klou nog vas aan die "humorsin"-kernwapen
waaraan jy en Annette en sommige ander so glo. Vergeet
"humorsin", "humor". Ek kom nie uit 'n familie waar mense
sulke nare klein stekies gee onder die deksel van humor
nie. Maar ek ken ander mense wat dit doen. Dit is veral
prevalent onder 'n sekere soort Afrikaner. Hierdie soort
mense irriteer gewoonlik meer as hulle amuseer. Regte
humor is snaaks, maak nie seer nie. Maak nie vyande nie.
Gloudina
|
|
|
|
| Re: Ferdi vra oor sarkasme [boodskap #51544 is 'n antwoord op boodskap #51304] |
Vr., 12 Oktober 2001 11:49   |
Kekkelbek
Boodskappe: 303 Geregistreer: September 2001
|
Senior Lid |
|
|
Mense het destyds altyd vrugte op die motorhuise se (sink)dakke gedroog.
Ons het as kinders in die straat gestap en sooooo lus gekry.
(geelperskes....)
Deesdae is ons lug so vuil, selfs die moerbeie is vol stof en moet jy dit
eers afwas om te eet. Selfs dan wonder jy of dit veilig is om dit te eet.
skryf in boodskap news:3BC4A34E.F2656F7A@home.com...
> Kekkelbek wrote:
>
>> Sinkhuis-Afrikaans was nou nie 'n sleg woord nie, maar jare gelede het alle
>> huise sinkdakke gehad. (self die mense met geld) Sinkhuis kan ook verkeerd
>> opgeneem word as mens dink wie wel meestal nou in sinkhuise woon. Verkeerde
>> woord dus. As hy in jou woordeboek is, is die woord dus nou oudmodies
>>
>
> Ja, ek dink jy het 'n punt hier, Kekkelerasie. Ek sal dit in hersiening moet
> neem.
> Sinkdakke is natuurlik 'n ander ding. Veral as jy in die Noordkaap bly,
> het almal "corrugated iron" dakke gehad, gewoonlik wit geverf vir die
> hitte, en een of twee dromme wat die water moes opvang wat so nou
> en dan uit die hemel geval het. (Nie baie nie. Gewoonlik 12 duim per
> jaar, altyd op my pa se rosyntjies as dit net mooi droog was.)
>
> Gloudina
>
|
|
|
|
| Re: Ferdi vra oor sarkasme [boodskap #51596 is 'n antwoord op boodskap #51544] |
Sa., 13 Oktober 2001 05:19  |
Annette
Boodskappe: 11111 Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Moenie veralgemeen nie kekkelbek - hier in die Kaap waai die sedoos nog nie
lug gereeld skoon:))
Annette
Kekkelbek skryf in boodskap news:3bc6d9af.0@news1.mweb.co.za...
> Mense het destyds altyd vrugte op die motorhuise se (sink)dakke gedroog.
> Ons het as kinders in die straat gestap en sooooo lus gekry.
> (geelperskes....)
>
> Deesdae is ons lug so vuil, selfs die moerbeie is vol stof en moet jy dit
> eers afwas om te eet. Selfs dan wonder jy of dit veilig is om dit te eet.
>
> skryf in boodskap news:3BC4A34E.F2656F7A@home.com...
>> Kekkelbek wrote:
>>
>>> Sinkhuis-Afrikaans was nou nie 'n sleg woord nie, maar jare gelede het
> alle
>>> huise sinkdakke gehad. (self die mense met geld) Sinkhuis kan ook
> verkeerd
>>> opgeneem word as mens dink wie wel meestal nou in sinkhuise woon.
> Verkeerde
>>> woord dus. As hy in jou woordeboek is, is die woord dus nou oudmodies
>>>
>>
>> Ja, ek dink jy het 'n punt hier, Kekkelerasie. Ek sal dit in hersiening
> moet
>> neem.
>> Sinkdakke is natuurlik 'n ander ding. Veral as jy in die Noordkaap bly,
>> het almal "corrugated iron" dakke gehad, gewoonlik wit geverf vir die
>> hitte, en een of twee dromme wat die water moes opvang wat so nou
>> en dan uit die hemel geval het. (Nie baie nie. Gewoonlik 12 duim per
>> jaar, altyd op my pa se rosyntjies as dit net mooi droog was.)
>>
>> Gloudina
>>
>
|
|
|
|
| |
 |
Gaan na forum:
[ XML-voer ] [  ]
Tyd nou: Wo. Jul. 29 13:17:06 UTC 2026
|