Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » "Veld van Beendere" deur FERDI GREYLING
"Veld van Beendere" deur FERDI GREYLING [boodskap #51012] Di, 02 Oktober 2001 14:06
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

Veld van Beendere
Ferdi Greyling


Alles neem my terug
na die veld waar my beendere lê
elke straat met sy logika
elke boom met sy laterale denke
elke huis met die geheime agter vensters.
Alles neem my terug
na die veld waar my beendere lê.
Die veld is lank reeds opgetooi vir my dood.
Die veld is geklee met die lewe
gevul met rotse en alwyne
volstruise
en mense wat glase klink en lag.
Die heuwels speel 'n wals.
Daar is ek
hier is jy
waar is ons?
En die wye draai
wat sing verby die Le Roux's se plaas.
Ver in die wêreld Kitty
tant Kitty by die see
het 'n winkel gehad.
(Nou reeds verkrummel deur tyd.)
Die berge speel 'n wals
en hoog op die plato 'n stad soos 'n rivier
met my huis
en 'n tafel - met grein waar die tyd in sing.
Alles vat my terug
na waar my beendere lê.
Na waar die musiek eindig
en die blindheid begin.
Vorige onderwerp: "Belydenis" deur G.A. WATERMEYER
Volgende onderwerp: "Muezzen" deur FERDI GREYLING
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Apr 27 13:25:39 MGT 2024