Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » VSA Gedenkkonsert
VSA Gedenkkonsert [boodskap #50937] Ma, 01 Oktober 2001 07:30 na volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
In gister se Sunday Times 'n vreeslike snaakse stuk met die opskrif:
Celebrities are the Real Enemy.
Die skrywer hou nie eintlik van Celine Dion nie - net etlike stukkies wat my
laat giggel het - ek vertaal maar na die beste van my vermoë - vir diegene
wat 'n probleem met Engels het:))
Hy begin deur te sê dat die konsert vir Celine uit haar aftrede-dop laat
kruip het, en dit gaan moeiliker wees om haar weer van die verhoog af te kry
as om die terroriste uit hulle gate te kry. Die skrywer hoop dat alle
Amerikaanse liedjieskrywers opgeroep word om te gaan diens doen - sodat daar
geen nuwe liedjies die lig kan sien wat sy kan sing nie.
Sy het God Bless America gesing vir redes wat glo nie verduidelik of voor
die hand liggend was nie. Die skrywer voel dat die rede was om Bin Laden
bang te maak, maar dan vra die skrywer as dit die taktiek was, waar was
Barbara Streisand:)))
Hy voel dat Celine eintlik God Help America moes gesing het;))
Die volgende sanger onder bespreking is Mariah Carey. Volgens hom was die
doellose gebrabbel op haar webtuiste voordat sy in 'n hospitaal opgeneem is
die woorde van haar nuwe komposisie:))
Die skrywer dink ook dat die regisseur van die program aan die slaap geraak
het toe Willie Nelson begin sing het, en toegelaat het dat almal en nog
wat - tot mense wat nie kan sing nie - agter op die verhoog begin ronddwaal
het, en Willie geen idee gehad het wanneer om op te hou sing nie:))

Annette
Re: VSA Gedenkkonsert [boodskap #50977 is 'n antwoord op boodskap #50937] Ma, 01 Oktober 2001 21:28 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Grahame  is tans af-lyn  Grahame
Boodskappe: 131
Geregistreer: Augustus 2000
Karma: 0
Senior Lid
Annette skryf in boodskap news:9p962b$hajnc$1@ID-92016.news.dfncis.de...
> In gister se Sunday Times 'n vreeslike snaakse stuk met die opskrif:
> Celebrities are the Real Enemy.
> Die skrywer hou nie eintlik van Celine Dion nie - net etlike stukkies wat my
> laat giggel het - ek vertaal maar na die beste van my vermoë - vir diegene
> wat 'n probleem met Engels het:))
> Hy begin deur te sê dat die konsert vir Celine uit haar aftrede-dop laat
> kruip het, en dit gaan moeiliker wees om haar weer van die verhoog af te kry
> as om die terroriste uit hulle gate te kry. Die skrywer hoop dat alle
> Amerikaanse liedjieskrywers opgeroep word om te gaan diens doen - sodat daar
> geen nuwe liedjies die lig kan sien wat sy kan sing nie.
> Sy het God Bless America gesing vir redes wat glo nie verduidelik of voor
> die hand liggend was nie. Die skrywer voel dat die rede was om Bin Laden
> bang te maak, maar dan vra die skrywer as dit die taktiek was, waar was
> Barbara Streisand:)))
> Hy voel dat Celine eintlik God Help America moes gesing het;))
> Die volgende sanger onder bespreking is Mariah Carey. Volgens hom was die
> doellose gebrabbel op haar webtuiste voordat sy in 'n hospitaal opgeneem is
> die woorde van haar nuwe komposisie:))
> Die skrywer dink ook dat die regisseur van die program aan die slaap geraak
> het toe Willie Nelson begin sing het, en toegelaat het dat almal en nog
> wat - tot mense wat nie kan sing nie - agter op die verhoog begin ronddwaal
> het, en Willie geen idee gehad het wanneer om op te hou sing nie:))
>
> Annette
>
>
>
Annette, Ek het eendag gevra wat is LOL in Afrikaans toe sê 'n ou dis LMGA.
(Lag my gat af). Ek het hier ge-LMGA.

Jy weet die Amerikaners is vreeslik geset op hully celebrities, soveel so
dat jy durf nie iets van hulle sê op hul NG's nie.

Ek voel darem ek moet hier byvoeg: Waarom kan hulle nie hulself geweldig
baie verdriet en onkoste spaar en Tom Cruise met 'n motor-fiets stuur om
BinLaden daar te gaan uithaal nie.

Grahame
Re: VSA Gedenkkonsert [boodskap #50980 is 'n antwoord op boodskap #50977] Di, 02 Oktober 2001 03:27 Na vorige boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Grahame - ek dink jy het 'n meesterplan daar beet - miskien moet ons dit aan
die Amerikaners deurgee - dit gaan hulle 'n klomp geld spaar:))
Annette

>>
>>
>>
> Annette, Ek het eendag gevra wat is LOL in Afrikaans toe sê 'n ou dis LMGA.
> (Lag my gat af). Ek het hier ge-LMGA.
>
> Jy weet die Amerikaners is vreeslik geset op hully celebrities, soveel so
> dat jy durf nie iets van hulle sê op hul NG's nie.
>
> Ek voel darem ek moet hier byvoeg: Waarom kan hulle nie hulself geweldig
> baie verdriet en onkoste spaar en Tom Cruise met 'n motor-fiets stuur om
> BinLaden daar te gaan uithaal nie.
>
> Grahame
>
Vorige onderwerp: : Afghan-American speaks
Volgende onderwerp: Toekoms Advies vir: Persoonlike Belasting Rekonsiliasie Inisiatief
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Jun 17 11:28:01 MGT 2024