Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Vir Wouter : Oor seksisme en hangballas
Vir Wouter : Oor seksisme en hangballas [boodskap #50743] Wo, 26 September 2001 02:21
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

Ferdi Greyling wrote:

> "Kekkelbek"
> wrote:
>
> > 'n grap wat 'n man afmaak nie...
>
> Doodreg!
>
> Maar as ek nou sou argumenteer dat mans werklik nie chauvinisties is
> as hulle die vroue-grappe vertel nie en dat alles goeie en vriendelike
> humor is bla bla bla dan is ek mos besig om vir myself te lieg.
>
> En as ek nog as "bewys" hiervan sou se " ek het die grap nou die dag
> vir 'n vrou vertel en sy het ook gelag, en dit BEWYS dat dit geensins
> chauvinisties om die grappe te vertel nie bla bla bla"

Hier het jy die perfekte antwoord vir jou argument dat swart en
bruinmense lag as jy vir hulle die grap van die black pepper vertel. Dis
presies dieselfde situasie as waaraan Shannon dink wanneer sy moet
sit en hoor hoe mans degraderende grappe oor vroumense reg voor
haar vertel, en sy is te bang om objeksie te maak want dan word sy
van alle soorte preutsheid beskuldig, en o wee, beskuldig daarvan dat
sy 'n feminis is. Ek het in 'n hospitaal gewerk en ons vroue was vir 'n
lang ruk die prooi van 'n groep mans wat ons geterroriseer het met
hierdie soort grappe. Uiteindelik, toe ek kon sien dat een vrou wat 'n
pentecostal was, dit net nie meer kon vat nie, toe maak ek objeksie
by een van die ouens wat die ergste was. Hy draai toe om en vra vir
my: "Wat gaan vandag met jou aan? Het jy nie gisteraand gekry wat
jy gesoek het nie?" Toe gaan ek na die departementshoof en kla hom
aan van sexual harassment, en hy word gewaarsku dat as daar ooit
weer 'n klagte kom, hy sy werk sal verloor. Toe is al die neerhalende
stories in die hele departement iets van die verlede. Later het ons
presies dieselfde ding kon doen toe 'n nuwe outjie, wat dieselfde
groep mans 'n queer genoem het, by ons vrouens kom kla het dat
hy dit nie meer kan uithou nie. Toe is ons weer na die departements-
hoof. Dit is ook sexual harassment, al is dit nie deur mans teenoor
vrouens of vice versa nie.
So hangtieties of black pepper, ou Wouter, dis ses van die een
en 'n halfdosyn van die ander.

Die Ruiter in die Dag
Vorige onderwerp: Nog enetjie
Volgende onderwerp: Daai boude is nie boude want dit hang te laag
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Jun 16 10:39:45 MGT 2024