Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Die Encore
Die Encore [boodskap #50718] Di, 25 September 2001 12:58
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
'n Myningenieur is met die trein op pad huis toe na 'n groot ekspedisie.
Sy aktetas is vol fotos en grafieke, en oorkant hom in die kompartement sit
'n beeldskone meisie.
Hy probeer 'n geselsie aanknoop en vra ewe vriendelik:" Ekskuus juffrou, wil
jy myne sien?"
Tot sy verbasing storm sy by die kompartement uit, keer die kondukteur voor
en vertel hom dat haar medereisiger haar 'n onwelvoeglike vraag gevra het.
Die verontwaardigde kondukteur konfronteer toe die ingenieur. Maar die man
verduidelik toe mooi hy wou maar net vir die dame die fotos van sy
ekspedisie wys
Die kondukteur kon toe met 'n sug van verligting aan die dame
rapporteer:"Dame, dit was alles 'n misverstand - hy wil nie vir jou syne wys
nie - hy wil vir jou myne wys."
Vorige onderwerp: Oeps!
Volgende onderwerp: Titanic en WTC ...
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo Jun 26 05:28:30 MGT 2024