Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Die nuwe SA
|
|
|
|
| Re: Die nuwe SA [boodskap #50534 is 'n antwoord op boodskap #50517] |
Vr., 21 September 2001 14:11   |
Annette
Boodskappe: 11111 Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Lou, ek is nie hier in kompetisie met Gloudina nie.
Tussen ons twee ( en 'n klomp ander) kry die mense wat hier lees 'n baie
gebalanseerde idee van hoe die nuwe Suid-Afrikaners dink en doen en lekker
leef , en die Ou Brigade:))
Annette
--
>
> @home.com wrote:
>>
>> Lou wrote:
>>
>>> Ja hy leef net soos Eugene, Carel Boshoff en Gloudina nog in die ou SA.
>>
>> Jy weet, ou Lou, van wat ek van jou op hierdie
>> nuusgroep "gesien" het, het ek baie meer respek
>> vir Carel Boshoff as vir jou. (En ek kan amper
>> wed dat Carel Boshoff nie soos Annette haar,
>> en ander, se tyd mors deur neerhalende dinge
>> te sê van die swart burgers van sy land nie.)
>
> He he - jy is omtrent op 'n mission teen Annette - kry sy meer antwoorde
> op die nuusgroep as jy?
>
>> En, my liewe Lou, miskien lewe ek baie meer
>> midde-in die Nuwe Suid-Afrika as wat jy doen.
>
> Miskien? Ek en meeste ander op die nuusgroep dink nie so nie. Die
> virtuele SA wat in jou kop bestaan is ongelukkig dertig jaar na die tyd.
> Miskien moet ons jou die virtuele nuusgroep Rip van Winkel noem?
>
>
>> Mag ek jou weer daaraan herinner dat Pius
>> Langa, een van die leidende regters in die SA
>> Konstitusionele Hof ( en nou al die hoofregter?)
>> 'n student van my is.
>
> KADOEF!! Wat het gebeur - o - dis net weer iemand wat 'n naam gedrop
> het.
>
> Het jy al ooit vir 'n oomblik gestop en gewonder- en ek het jou dit al
> gevra - watter goed jy sou kon gedoen het as jy nie Kanada toegegaan het
> nie?
>
>
>> Ek, my liewe Lou, was een
>> van sy Afrikaanse onderwysers en, volgens een
>> van sy vriende, 'n belangrike invloed op sy lewe.
>
> Sien my vorige sin ... maar ek is bly vir jou part, dit is lekker om
> sulke terugvoer te kry.
>
>> Wat het jy al vir die "Nuwe Suid-Afrika" gedoen,
>> behalwe om smalende whitey opmerkings te maak,
>> nie net oor jou medeburgers wat nie volgens jou
>> smaak is nie, maar ook oor mense soos ek en
>> Ferdi, wat doodgeskreeu word deur joggies soos
>> jy.
>
> Hierdie is 'n oop nuusgroep - waar oop debatering nog moontlik is - dit
> is onmoontlik om iemand DOOD TE SKROU HIER! Gloudina - is jy nog daar -
> sorrie my caps lock het per ongeluk aangegaan. :)
>
> Maar ek is hier - ek is 'n Suid Afrikaner en trots daarop - ek betaal
> belasting ek werk en onstapn saam en ander Suid Afrikaners - ek sien die
> goeie dinge raak - maar ek sien ook die dinge raak wat nie reg is nie -
> en net soos jy jou kanadese regering mag kritiseer - net so mag ek ook
> my SA regering kritiseer. Jou probleem is dat jy alles steeds as Wit vs
> Swart sien ou Rip.
>
>> Deel van my is ingeploeg in die Nuwe SA. Ek
>> het deel daarin. En van wat ek kan onthou wat
>> Ferdi oor die jare op hierdie nuusgroep gesê het:
>> hy was verslaggewer gedurende die laaste dekades
>> van die apartheidsregime - hy het vergaderings van
>> swart vakbonde bygewoon, hy het begrafnisse
>> bygewoon, hy was by Bisho. Hy was verslaggewer
>> by die Trade Center toe hulle Kodesa- samesprekings
>> gevoer het. En hy is 'n trotse Afrikaner, wat in sy land
>> bly.
>
> Wat meer is as wat van jou kan gesê kan word ne?
>
>> Wat gee 'n joggie soos jy en sommige van die
>> ander op hierdie nuusgroep die reg om vir hom uit te
>> jou as iemand wat "van niks" weet nie? Vertel dit
>> asseblief vir my. As Ferdi goed genoeg is om vir 'n
>> Afrikaanse maatskappy te werk, wie gee vir jou die
>> reg om hom uit te snou vir alles wat sleg is. Dis mense
>> soos jy wat vir mense soos ek (en Gids blykbaar ook)
>> SIEK maak.
>>
>
> Waar het EK (hoofletters opsetlik) Ferdi uitgesnou vir alles wat sleg
> is? Kry tog net jou feite reg voor jy jou tikvingers in rat kry! Ek ken
> nogal 'n paar goeie beledingings maar het nog nooit enige aan Ferdi
> 'toegesnou' nie - en nou dat ek daaraan dink, ook nie aan jou nie -
> jammer sal probeer beter doen in die toekoms.
>
> Nota aan ander lesers:
> - hierdie is weereens een van Gloudina se verdagmakings tegnieke waar
> sy dinge aan 'n poster toedig waat hy nooit gesê het nie. Duidelik het
> sy moeite om te onderskei tussen waarheid en leuens.
>
> Net ter duidelik making om Gloudina se vergadmaking te beantwoord - ek
> het respek vir Ferdi se standpunt maar dit beteken nie dat ek noo
> dwendig met hom saamstem nie. Ek is ook seker dat hy is meer as mans
> genoeg om sy eie battles te fight.
|
|
|
|
| Re: Vir ons vêr linkses. [boodskap #50535 is 'n antwoord op boodskap #50507] |
Vr., 21 September 2001 14:12   |
|
|
Oorspronklik gepos deur: @home.com
Sakkie wrote:
> 'n Wyse ou Engelsman by die WNNR het eendag vir my gesê:
> "Austalians are very well balanced. They have a chip on each shoulder!!"
Dierbaarheid, Sakkie, so ek neem aan jy het by die
WNNR gewerk. Ek het kennis van die dinamiek van
die WNNR (toegegee van lank gelede) omdat my man
daar gewerk het. Ek wonder of jy vir my kan vertel
wat die "wyse ou Engelsman" by die WNNR gedoen
het? En hierdie ou Engelsman met sy snobistiese
hoity-toity opmerking oor Australiërs - die feit dat
jy dink dat hy 'n "wyse" ou Engelsman is, vertel meer
van jou en die hoity-toity ou Engelsman as oor die
Australiërs, wat sover dit my aangaan nogal 'n gebalanseerde
klomp is.
Gloudina
|
|
|
|
| Re: Die nuwe SA [boodskap #50536 is 'n antwoord op boodskap #50433] |
Vr., 21 September 2001 14:17   |
Annette
Boodskappe: 11111 Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Of die een van Maaik en Jimmy op die polisiefiets.
Die voorste een trap en die agterste een draai sy vinger so bo sy kop en sê:
Blou,,,,, Blou,,,,,,,
Annette
wrote in message
> news:3baaecc8.764115@news.is.co.za...
>>
>>
>> Kom ons vat dit verder - ek daag julle uit om 'n grap ten koste van
>> wit Afrikaners te pos.
>>
> Ag, komaan, Ferdi! Het jy nog nooit enige van die Van der Merwe grappe
> gehoor nie? En moenie vir ou Jimmy en Mike Schutte vergeet nie - die twee
> het 'n werklik patetiese beelde geskep van 'n dom-onnosele wit Afrikaner.
> Soos toe hulle besluit het om 'n bus te steel om Strand toe te gaan. En
> Mike hou wag terwyl Jimmy die bus gaan steel. Twee ure later kom Jimmy al
> swetend en swetsend by Mike uit met die bus. Vra Mike hom wat de hel so
> lank gevat het. En ewe verontwaardig vertel Jimmy: "Ek moes mos al die
> ander blerrie busse uit die pad stoot om by die bus wat Strand toe gaan, uit
> te kom!"
>
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
| Re: Vir ons vêr linkses. [boodskap #50541 is 'n antwoord op boodskap #50507] |
Vr., 21 September 2001 15:32   |
Sakkie[3]
Boodskappe: 488 Geregistreer: Mei 2001
|
Senior Lid |
|
|
skryf in boodskap news:3BAB4BF3.C9FF4E16@home.com...
Sakkie wrote:
> 'n Wyse ou Engelsman by die WNNR het eendag vir my gesê:
> "Austalians are very well balanced. They have a chip on each shoulder!!"
Dierbaarheid, Sakkie, so ek neem aan jy het by die
WNNR gewerk. Ek het kennis van die dinamiek van
die WNNR (toegegee van lank gelede) omdat my man
daar gewerk het. Ek wonder of jy vir my kan vertel
wat die "wyse ou Engelsman" by die WNNR gedoen
het? En hierdie ou Engelsman met sy snobistiese
hoity-toity opmerking oor Australiërs - die feit dat
jy dink dat hy 'n "wyse" ou Engelsman is, vertel meer
van jou en die hoity-toity ou Engelsman as oor die
Australiërs, wat sover dit my aangaan nogal 'n gebalanseerde
klomp is.
Gloudina
'Skuus tannie G, ek moes aanneem dat jy so sou reageer. Ek moes
verduidelik het dat tydens die gesprek drie Australiërs deel van die
gesprekgroep was, dat dit 'n tong in die kies opmerking was en dat die
Ausies net so hard saam gelag het as die res van ons. Al het hulle nie
Afrikaanse onderrig aan swart Suid-Afrika gegee nie, was hulle darem
intelligent genoeg om 'n grap te vat. Op daardie stadium was die betrokke
drie heelwat beter gekwalifiseer as enigeen van die res van ons so dit was
ook nie 'n geval van dat ons op hulle neergesien het en probeer verkleineer
het nie. Ek hoop die hele relaas sit bietjie lig op die onderwerp. Vir die
res van julle, 'skuus dat ek die bandwydte so opgebruik, probeer maar
geduldig wees.
Ek wag nog op Ferdi se antwoord, of gaan die tannie weer sy neusie kom
afvee. Ek wag nog dat een van ons vér linkses moet sê dat die ANC en/of sy
bondgenote nie ook moord gepleeg het en nie ook blatant menseregte geskend
het nie.
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
| Re: Vir ons vêr linkses. [boodskap #50546 is 'n antwoord op boodskap #50507] |
Vr., 21 September 2001 17:39   |
|
|
Oorspronklik gepos deur: @home.com
Sakkie wrote:
> Ek moes
> verduidelik het dat tydens die gesprek drie Australiërs deel van die
> gesprekgroep was, dat dit 'n tong in die kies opmerking was en dat die
> Ausies net so hard saam gelag het as die res van ons.
O so, weer een van die stories waar die prooi van die witAfrikaner omie se
grappies ook "net so hard saam gelag
het as die res van ons." En dan wonder jy hoekom so baie
buitelanders sulke smalende opmerkings gemaak het oor
die wittes in SA, veral gedurende die ou bedeling
> Op daardie stadium was die betrokke
> drie heelwat beter gekwalifiseer as enigeen van die res van ons so dit was
> ook nie 'n geval van dat ons op hulle neergesien het en probeer verkleineer
> het nie.
So dit was nie 'n geval dat julle op hulle neergesien het nie?Julle vertel toe
sommer die grappies ten koste van die
Aussies, al het julle nie op hulle neergesien nie? Wereld,
ek wonder wat sou gebeur het as julle nou meer
gekwalifiseer as hulle was, en op hulle neergesien het as
gevolg daarvan en dan besluit het om oor te gaan tot die
vertel van grappies. Sien jy altyd neer op ander mense
as jy beter gekwalifiseer is as hulle?
Gloudina
|
|
|
|
| Re: Vir ons vêr linkses. [boodskap #50547 is 'n antwoord op boodskap #50507] |
Vr., 21 September 2001 17:47   |
|
|
Oorspronklik gepos deur: @home.com
Sakkie wrote:
> Ek wag nog dat een van ons vêr linkses moet sê dat die ANC en/of sy
> bondgenote nie ook moord gepleeg het en nie ook blatant menseregte geskend
> het nie.
Ek gee vereers aandag aan die woordjie "ook" wat jytweekeer in bostaande sinne
herhaal. Ek neem aan dat
jy verwys na die moorde wat gepleeg is en die mense-
regte wat geskend is deur jou regse geesgenote gedurende
die apartheidsjare, en dat jy dit as 'n gegewe in die
argument aanneem?
Ek wag op jou spesifieke antwoord op hierdie
spesifieke vraag. Dan kan ons verder praat.
Gloudina
|
|
|
|
|
|
| Re: Die nuwe SA [boodskap #50561 is 'n antwoord op boodskap #50433] |
Vr., 21 September 2001 22:41   |
pop
Boodskappe: 157 Geregistreer: Julie 2001
|
Senior Lid |
|
|
Natuurlik kan jy sê wat jy sê, dit is jou reg.
Maar jy kan nie vir my sê hoe ek moet reageer
oor n sekerer persoon se pos nie. Ek kritiseer
jou nooit nie Gloudina, ek sal jou nou en dan
aansê as ek dink jy kom iemand te na, maar
oor jou opininies en denke het ek nog
nooit, en sal ook nooit vir jou teegaan nie, want
jy is geregtig om te dink soos jy dink.
Onthou, val die persoon se idees aan, maar nooit
die persoon self nie.
Pop
skryf in boodskap news:3BAA7225.8B32AAE8@home.com...
pop wrote:
> Dit is n ope forum hierdie
Presies. En dis natuurlik daarom wat ek ook
kan sê wat ek sê. En wees tog verseker, ek
weet presies wat ek doen. Daar is oorsake
en gevolge vir elke ding. As enigiemand, of
jy nou hulle pêl is of nie, weer een van hierdie
hooghartige en onheilige poste pos, dan weet
ons mos nou almal dat hulle moedswillig is, né?
Gloudina
|
|
|
|
|
|
| Re: Die nuwe SA [boodskap #50568 is 'n antwoord op boodskap #50433] |
Vr., 21 September 2001 23:50   |
|
|
Oorspronklik gepos deur: @home.com
pop wrote:
> Ek kritiseer
> jou nooit nie Gloudina
Ek wil nie verder met jou korrespondeer oor
hierdie situasie nie. Jy het aan die begin van jou
toetrede tot hierdie nuusgroep nog morele
invloed gehad omdat jy beswaar gemaak het
teen dinge wat buite die grens van menslikheid
gaan. Maar stadigaan het jy ook maar die
ouens gejoin wat neerhalend van die swart
meerderheid in SA praat. Jy het jou morele
mag en krag verloor. Veral nadat ek nou net
jou "oordeel" oor Ferdi se opmerkings gelees
het. As iemand soos jy nie kan "hoor" wat
daar in Ferdi se woorde van woede teen die ou
wit omies in khaki opgesluit is nie, dan verstaan
jy eenvoudig nie die dinamiek van vandag se
jong intellektuele Afrikaners se protes nie.
Ferdi veg 'n oorlog teen die Afrikaner wat nie
besef dat hulle met hulle ou grappies en hulle
opgepoftheid en hulle onvolwassenheid een van
die grootste gevare vir die Afrikanerdom is nie.
Hulle is besig om Afrikaners van binne af te
saboteer, om Afrikaners as groep onbelangrik
te maak. As dit is wat jy wil hê, gaan maar voort
om deur jou stilswye oor dinge deel van die
korrupsie te word.
Gloudina
|
|
|
|
|
|
| Re: Die nuwe SA [boodskap #50583 is 'n antwoord op boodskap #50433] |
Sa., 22 September 2001 12:43   |
|
|
Oorspronklik gepos deur: @home.com
me & bobby magee wrote:
> Jinne, en hier het ek nog altyd gedink 'n grap is maar net om oor te lag, en
> moet nou nie juis ontleed word nie. Ag nou ja, leer ook elke dag iets
> nuuts..
Ja-nee, so stadigaan word mens meer volwasseen savvy, nè?
Die Ruiter in die Dag
> .
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
| Re: Die nuwe SA [boodskap #50610 is 'n antwoord op boodskap #50433] |
So., 23 September 2001 12:39   |
|
|
Kobus Pietersen wrote:
> <@home.com> wrote
> <Ferdi veg 'n oorlog teen die Afrikaner wat nie
> <besef dat hulle met hulle ou grappies en hulle
> <opgepoftheid en hulle onvolwassenheid een van
> <die grootste gevare vir die Afrikanerdom is nie.
>
> <Hulle is besig om Afrikaners van binne af te
> <saboteer, om Afrikaners as groep onbelangrik
> <te maak.
>
> Tot op 'n mooi dag wanneer jou afstammelinge hier met 'n skip aan wal gaan
> en die hele Afrikanerdom red, of hoe? Maar dan weer het jy ook gedink die
> hele land sal in duie stort as jy en jou eggenoot die land verlaat. Mense op
> hierdie ng. is intussen nog vas onder die indruk dat jy die land vir
> politieke redes verlaat het.
> Vertel bietjie die waarheid, jou huigelaar.
>
> Ook hoogdrawend die uwe.
Aai rêst maai kys,
Tante Koba se man, wat op die stoep sit.
|
|
|
|
|
|
| Re: Die nuwe SA [boodskap #50669 is 'n antwoord op boodskap #50543] |
Ma., 24 September 2001 18:20   |
Annette
Boodskappe: 11111 Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Sakkie - ons kan baie geld maak - al wat ons doen is om al die Maaik en
Jimmy grappies te verander na Brad en Riaad, of na Solly en Klaus dan het
ons genoeg materiaal vir 'n boek.
Die boek sal lei tot rassistiese aantygings, maar wat - enige advertensie is
goed;))
Annette
>> wrote:
>>
>> grappe
>>> gehoor nie? En moenie vir ou Jimmy en Mike Schutte vergeet nie - die twee
>>> het 'n werklik patetiese beelde geskep van 'n dom-onnosele wit Afrikaner.
>>> Soos toe hulle besluit het om 'n bus te steel om Strand toe te gaan. En
>>> Mike hou wag terwyl Jimmy die bus gaan steel. Twee ure later kom Jimmy al
>>> swetend en swetsend by Mike uit met die bus. Vra Mike hom wat de hel so
>>> lank gevat het. En ewe verontwaardig vertel Jimmy: "Ek moes mos al die
>>> ander blerrie busse uit die pad stoot om by die bus wat Strand toe gaan, uit
>>> te kom!"
>>
>> Dis neerhalend van MIke Schutte en Jimmy Abbott. Nie van 'n ras nie.
>>
>> Probeer die verskil raaksien.
>>
>
> As daar nou gestaan het Jonas en Solomon sou jy heeltemal 'n ander deuntjie
> gefluit het
>
|
|
|
|
| Re: Die nuwe SA [boodskap #50671 is 'n antwoord op boodskap #50601] |
Ma., 24 September 2001 18:22   |
Annette
Boodskappe: 11111 Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Ontspan me - ons lag lekker vir wat snaaks is - daar is net 'n paar mense
wat te sensitief vir woorde is;))
Annette
--
.za> wrote in message
> news:3bad5682.18481634@news.is.co.za...
>> On Sat, 22 Sep 2001 07:27:06 +1000, "me & bobby magee"
>
>> Dis neerhalend van MIke Schutte en Jimmy Abbott. Nie van 'n ras nie.
>>
>> Probeer die verskil raaksien.
>
> Ahhh - en hulle is nie wit nie? En wanneer met hulle gebrek aan
> intelligensie gespot word, dan is dit nie 'n gespot met die intellek van wit
> Afrikaners nie? So wanneer mens 'n grap maak oor 'n swart lugwaardin, is
> dit nie miskien neerhalend oor lugwaardinne nie, maar wel definitief teenoor
> die swartmense? Sien jy die verskil?
>
> Jinne, en hier het ek nog altyd gedink 'n grap is maar net om oor te lag, en
> moet nou nie juis ontleed word nie. Ag nou ja, leer ook elke dag iets
> nuuts...
>
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
| Re: Die nuwe SA [boodskap #50719 is 'n antwoord op boodskap #50697] |
Di., 25 September 2001 13:47   |
Annette
Boodskappe: 11111 Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Ooooooo!!!!!! Jy meen sy wil baklei an staan met vuiste gebal, terwyl ek ewe
rustig sit en wyn drink en lag en gesels?:)))
Wat sal ek nou sê? As sy wil baklei moet sy maar so sê - nie slinkse skimpe
gooi nie.
Annette
> Annette wrote:
>>
>> Lou, ek is nie hier in kompetisie met Gloudina nie.
>
> Jy dink miskien nie so nie ... weetie vannie anner partie nie.
|
|
|
|
| Re: Die nuwe SA [boodskap #50720 is 'n antwoord op boodskap #50692] |
Di., 25 September 2001 13:51   |
Annette
Boodskappe: 11111 Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Dis miskien 'n dol idee wat iemand gaan opraap:))
Ons sal moet gou spring!:))
Annette
...
> Dit het merriete Annette, ek hou daarvan. :-)))))
>
> "Annette" wrote in message
> news:9onthg$efk2c$3@ID-92016.news.dfncis.de...
>> Sakkie - ons kan baie geld maak - al wat ons doen is om al die Maaik en
>> Jimmy grappies te verander na Brad en Riaad, of na Solly en Klaus dan het
>> ons genoeg materiaal vir 'n boek.
>> Die boek sal lei tot rassistiese aantygings, maar wat - enige advertensie is
>> goed;))
>> Annette
>>
>>
>>>> wrote:
>>>>
>>>> >> grappe
>>>> >gehoor nie? En moenie vir ou Jimmy en Mike Schutte vergeet nie - die twee
>>>> >het 'n werklik patetiese beelde geskep van 'n dom-onnosele wit Afrikaner.
>>>> >Soos toe hulle besluit het om 'n bus te steel om Strand toe te gaan. En
>>>> >Mike hou wag terwyl Jimmy die bus gaan steel. Twee ure later kom Jimmy al
>>>> >swetend en swetsend by Mike uit met die bus. Vra Mike hom wat de hel so
>>>> >lank gevat het. En ewe verontwaardig vertel Jimmy: "Ek moes mos al die
>>>> >ander blerrie busse uit die pad stoot om by die bus wat Strand toe gaan, uit
>>>> >te kom!"
>>>>
>>>> Dis neerhalend van MIke Schutte en Jimmy Abbott. Nie van 'n ras nie.
>>>>
>>>> Probeer die verskil raaksien.
>>>>
>>>
>>> As daar nou gestaan het Jonas en Solomon sou jy heeltemal 'n ander deuntjie
>>> gefluit het
>>>
>>
>
|
|
|
|
|
|
|
|
| Bladsye (3): [ 2 ] |
 |
Gaan na forum:
[ XML-voer ] [  ]
Tyd nou: Di. Jul. 28 22:05:02 UTC 2026
|