Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Ernstig » Nuus » Kolonialisme
Re: Kolonialisme [boodskap #5045 is 'n antwoord op boodskap #5043] Do, 17 Augustus 2006 09:47 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Suidwester  is tans af-lyn  Suidwester
Boodskappe: 1579
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Torreke" wrote in message
news:ec1879$f4f$4@ctb-nnrp2.saix.net...
>
> "Suidwester" < wrote
>
> Die punt is: Die EEN ding wat jy van die PUK af behoort saam te geneem
> het, is die beginsel dat God se Woord op alle terreine van die lewe geld
> en van toepassing gemaak moet word. As jy DIT NIE met jou saam geneem het
> van die PUK af nie, het jy werklik arm daar weggegaan en die hele punt van
> die "CHO" gemis.
------Dis wat jou geloof vir jou sê. Ek was op die PUK om 'n kwalifikasie
te kry, nie om kerk toe te gaan nie.
>
> My ervaring met ouens wat die Bybel nie in die politiek of in die
> wetenskap of in die werkplek wil hê nie, is gewoonlik dat sulke mense nie
> in hulle gewetens gepla wil word nie. Hulle wil maak soos HULLE wil, nie
> soos GOD wil nie!
------Ook hier verskil ons. Jy praat van 'n gewete, maar net jy het daai
gewete. Die ander ou het nie en dit maak hom nie noodwendig sleg nie! In
die die 10 gebooie staan jy mag nie oordeel nie, tog oordeel jy mense wat
nie glo soos wat jy glo nie?
>
> Een van twee: Of God is God oor die hele lewe of Hy is nie God nie! Of
> jy luister elke dag na wat Hy sê en probeer dit doen of jy luister
> gladnie! Daar is nie 'n middepad nie! As jy God Maandag by die huis wil
> los, stel Hy gladnie belang of jy Sondag in die kerk was nie - dan sê Hy:
> Staak liewers jou godsdiens! Ek wil nie na die geraas van jou gebede
> luister nie!
------Miskien kan jy vir my verduidelik: Die Bybel praat van 'n genadige
God, maar dan word mense gedreig dat hulle in die 2de en 3de geslag gestraf
sal word vir 'n voorganger se oortreding. Klink dit vir jou genadig, of
het iemand die wet nie reg geskryf nie?
>> en die PUK was gekies vir die akedemie en die feit dat die voorstitter van
>> die rekenmeestersraad op die PUK was.
>
> Daardie "akademie" was ingebed in die beginsel van "CHO". Of het dit vir
> jou nie saak gemaak nie? Dop mens die CHO-gedeelte soos 'n eierdop af ?
-----Nee wat, ek het al gesoek en gelees, maar kon nog nie 'n inkelte ding
in die rekenkunde of sy verwante vakke kry wat enigsins eers betrekking het
op godsdiens nie. 2 + 2 bly vier of jy nou NG, Katoliek of ateïs is. Jy
moet onderskeid maak tussen presisie- en gedragswetenskappe waar gorrel 'n
groot effek het.

>
> Sal jy so vriendelik wees om uit te wys in watter woorde wat ek gebruik
> het, jy 'n huilklankie gewaar het?
----Jy moet my manier leer van praat. Huil beteken vir ons kla of aanhou
trens oor 'n storie.
>
>
Re: Kolonialisme [boodskap #5046 is 'n antwoord op boodskap #5042] Do, 17 Augustus 2006 09:51 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Suidwester  is tans af-lyn  Suidwester
Boodskappe: 1579
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Torreke" wrote in message
news:ec1878$f4f$3@ctb-nnrp2.saix.net...
>
> "Hessie"
> Dié wat dit
> redelik goed geken het, was trots op hulle kundigheid.
> Dié wat dit nie so goed geken het nie, het hard gewerk
> om dit aan te leer. Ek het ook dieselfde neiging gevind
> in die swart personeel - hulle was gretig om te wys hulle
> ken Afrikaans. En as hulle dit nie so goed geken het nie,
> was hulle gretig om dit aan te leer.
-----Dalk net omdat dit waar hulle hul lewe verdien, Afrikaans gepraat word.
Wie se brood man eet, sy taal praat jy....mits jy wys is!
>
> Baie van die goedgesindheid teenoor Afrikaans bestaan vandag nog. Ek dink
> ek het al vantevore op die ng vertel (so verskoon as ek soos 'n
> grammofoonplaat klink wat vasgehak het): As mens as Afrikaner tussen die
> Xhosas begin werk, is daar reuse wantrou aan die begin. Niemand verstaan
> of praat Afrikaans nie! Wanneer hulle agterkom hierdie Boer sien nie vel
> nie en gee om, dan staan jy verstom oor hoeveel wel Afrikaans ken, jou
> graag daarin aanspreek, en trots is op hulle kennis van die taal -
> gewilligheid om nog te leer.
-----Ek wil ook net hier byvoeg dat seker 90% van die gebruikstaal in
Namibië Afrikaans is, al is die amptelike landstaal Engels. Die rede is
seker eenvoudig die feit dat Afrikaans vir 'n swart talige persoon makliker
is om baas te raak.....meer 'Afrika'?
>
>
Re: Kolonialisme [boodskap #5047 is 'n antwoord op boodskap #5045] Do, 17 Augustus 2006 10:06 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Torreke  is tans af-lyn  Torreke
Boodskappe: 1165
Geregistreer: April 2006
Karma: 0
Senior Lid
"Suidwester" < wrote
> ------Dis wat jou geloof vir jou sê. Ek was op die PUK om 'n
> kwalifikasie te kry, nie om kerk toe te gaan nie.

Dis baie duidelik!


>> My ervaring met ouens wat die Bybel nie in die politiek of in die
>> wetenskap of in die werkplek wil hê nie, is gewoonlik dat sulke mense nie
>> in hulle gewetens gepla wil word nie. Hulle wil maak soos HULLE wil, nie
>> soos GOD wil nie!
> ------Ook hier verskil ons. Jy praat van 'n gewete, maar net jy het daai
> gewete. Die ander ou het nie en dit maak hom nie noodwendig sleg nie!

Alle mense (behalwe psigopate) het 'n gewete, daardie stem wat sê jy doen
reg of verkeerd! 'n Mens se gewete word grootliks beinvloed deur jou
opvoeding, toegegee! 'n Mens kan die stem ook stilmaak en aanhou daarteen
optree totdat dit jou nie meer aanspreek nie!

> In die die 10 gebooie staan jy mag nie oordeel nie,

Staan nie in die 10 gebooie nie - staan in die bergpredikasie! Dis duidelik
dat jy nie eintlik 'n leser van die Bybel is nie.

> tog oordeel jy mense wat nie glo soos wat jy glo nie?

Ek het niemand geoordeel nie. Ek het nie vir jou of enigiemand anders op
hierdie ng gesê: "Jy's 'n kind v d duiwel!" of "Jy gaan hel toe" of
enigiets dergelyks nie. Ek het my wel by herhaling teen sekere standpunte
of gedrag uitgelaat. En toe Otterkop by geleentheid uitgewys het dat ek
iemand op bedekte wyse sleggesê het, het ek dit sonder doekies omdraai
erken.

>> Een van twee: Of God is God oor die hele lewe of Hy is nie God nie! Of
>> jy luister elke dag na wat Hy sê en probeer dit doen of jy luister
>> gladnie! Daar is nie 'n middepad nie! As jy God Maandag by die huis wil
>> los, stel Hy gladnie belang of jy Sondag in die kerk was nie - dan sê Hy:
>> Staak liewers jou godsdiens! Ek wil nie na die geraas van jou gebede
>> luister nie!
> ------Miskien kan jy vir my verduidelik: Die Bybel praat van 'n genadige
> God, maar dan word mense gedreig dat hulle in die 2de en 3de geslag
> gestraf sal word vir 'n voorganger se oortreding. Klink dit vir jou
> genadig, of het iemand die wet nie reg geskryf nie?

1) Jy moet die volle teks lees. Hy besoek die sondes van die vaders tot in
die 3e en 4e geslag, maar bewys sy liefde tot aan die 1000e geslag. Sy
liefde strek dus BAIE verder as sy straf, nie waar nie?
2) Verder het ALLES wat ons doen, reg of verkeerd, nie net vir onsself nie,
maar ook vir ander mense, veral ons kinders, gevolge! Om 'n maklike
voorbeeld te gebruik: As 'n vrou oormatig alkohol gedurende haar swangerskap
gebruik, word die kind met foetale alkohol sindroom gebore. Wit mense het
wit kinders en swartes het swart kinders. Sondige ouers bring sondige
kinders in die wêreld. Adam en Eva het die verbode vrug geëet, hulle seun
gaan verder en slaan sy eie broer dood!

>>> en die PUK was gekies vir die akedemie en die feit dat die voorstitter
>>> van die rekenmeestersraad op die PUK was.
>>
>> Daardie "akademie" was ingebed in die beginsel van "CHO". Of het dit vir
>> jou nie saak gemaak nie? Dop mens die CHO-gedeelte soos 'n eierdop af ?
> -----Nee wat, ek het al gesoek en gelees, maar kon nog nie 'n inkelte ding
> in die rekenkunde of sy verwante vakke kry wat enigsins eers betrekking
> het op godsdiens nie. 2 + 2 bly vier of jy nou NG, Katoliek of ateïs is.
> Jy moet onderskeid maak tussen presisie- en gedragswetenskappe waar gorrel
> 'n groot effek het.

'n Halwe waarheid! 2+2 bly 4, as jy eerlik is. Maar as jy nie eerlik is
nie, is 2+2 gelyk aan 3 of 5 of hoe dit jou ookal pas. En daardie
eerlikheid het ALLES te doen met jou lewens- en wêreldbeskouing. Is dit
nodig dat ek jou vertel hoeveel ouens se privaat petroluitgawes, melk,
botter, ens. deur hulle besigheidsrekening betaal word? Het dié syfers NIKS
met hulle godsdiens te make nie. Dit het ALLES daarmee te make, want iemand
wat erns maak met die woord "betaal die keiser wat die keiser toekom" se
privaatuitgawes bly net dit - privaatuitgawes!

ALLE wetenskap begin immers met voorwetenskaplike geloofsuitgangspunte!
Selfs die Ateis kom nie daarvan vry nie - sy uitgangspunt is: Daar is geen
god nie en ek hoef nie met so iemand rekening te hou nie - 'n onbewysbare,
voorwetenskaplike geloofsuitganspunt!

>>
>> Sal jy so vriendelik wees om uit te wys in watter woorde wat ek gebruik
>> het, jy 'n huilklankie gewaar het?
> ----Jy moet my manier leer van praat. Huil beteken vir ons kla of aanhou
> trens oor 'n storie.

Kyk my ander pos hieroor.
Re: Kolonialisme [boodskap #5048 is 'n antwoord op boodskap #5047] Do, 17 Augustus 2006 11:34 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Suidwester skryf

>> ------Miskien kan jy vir my verduidelik: Die Bybel praat van 'n genadige
>> God, maar dan word mense gedreig dat hulle in die 2de en 3de geslag
>> gestraf sal word vir 'n voorganger se oortreding. Klink dit vir jou
>> genadig, of het iemand die wet nie reg geskryf nie?

Torreke skryf

> 1) Jy moet die volle teks lees. Hy besoek die sondes van die vaders tot in
> die 3e en 4e geslag

Hier is albei van julle natuurlik op die onderwerp
wat die mense van die subkontinent van Indië
KARMA noem. ( iets wat ook in die filosofie
van die Noord Amerikaanse Eerste Nasies
bestaan.) Dis grotendeels 'n wetenskaplike
feit van oorsaak en gevolg. Dis daarom dat in
die mediese wetenskap daar deesdae groter
en groter klem gelê word op mens se genetiese
agtergrond. Mense in die Bybel word nie
"gedreig" dat hulle tot in die tweede en derde
geslag gestraf word nie, Suidwester. Hulle
aandag word op 'n wetenskaplike feit gevestig.

Gloudina
Re: Kolonialisme [boodskap #5049 is 'n antwoord op boodskap #5047] Do, 17 Augustus 2006 11:39 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Suidwester  is tans af-lyn  Suidwester
Boodskappe: 1579
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Torreke" wrote in message
news:ec1fd9$osn$1@ctb-nnrp2.saix.net...
>
> "Suidwester" < wrote
>> ------Dis wat jou geloof vir jou sê. Ek was op die PUK om 'n
>> kwalifikasie te kry, nie om kerk toe te gaan nie.
>
> Dis baie duidelik!
---------Nou wat anders gaan maak mens op 'n universiteit...behalwe jol as
jy so ingestel is en ryk ouers het? Ons het mos so 'n verpligde vak
gehad....ek kan nie die naam onthou nie, maar voor dit was dit Etiek en
Logika wat dit vervang het. Dit was 'n lekker slaapperiode want hiermee
het hulle mooi die ideologie van 'n Christelike Universiteit ingehamer.
Altyd gedink dis 'n mors van tyd want ek het gekom om 'n graad te swot, nie
om 'n kerk te kom bywoon nie. Selfs in die koshuis was jy verplig om op
Sondae kerk toe gegaan. Dit het my permanent genees van kerk en sy dinge.
Maar op hierdie onderwerp. Wat is dit dat die mense rondloop met
hierdie naamplaatjie aan: 'Ek is 'n Christen'. Dit, volgens hulle,
waarborg hul eerlikheid en goed wees. Dis tog nonsens. Van die grootste
skelms wat ek al mee te doene gehad het, was volgens hulle Christene. Gaan
kyk in die kerkrade en loer bietjie na die private lewens van hierdie groot
kerkmense. Hulle drink en hoereer in die week met die wete dat daar 'n
'delete' knoppie êrens is wat sy gewete kan sus. Een dominee het my met
besigheid verneuk en toe gereken dat dit 'besigheid' is en boggerall te doen
het met sy geloof. 'n Ouderling wat my aangespreek het omdat ek op 'n
Sondag gaan visvang het, se drankrekening is duidende per maand en jy kan
omtrent op enige dag al voor 10 uur die oggend sy asem vir 'n tiekie-'n-tot
verkoop!
Ek? Ek glo dat as 'n mens in homself goed is, dan het hy nie eksterne
hulp nodig om hom te ondersteun nie. Eerlikheid kom met karakter. Geen
kerk of geloof gaan jou karakter kan verander nie.
Re: Kolonialisme [boodskap #5050 is 'n antwoord op boodskap #5044] Do, 17 Augustus 2006 11:43 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Suidwester  is tans af-lyn  Suidwester
Boodskappe: 1579
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
Hier praat jy soveel twak dat dit nie eers die moeite werd is om te reageer
nie! Jy druk op betkenisse van woorde en uitdrukkings en ek het nie tyd om
elkeen te analiseer nie. Egter dankbaar om te hoor jy dink ek het 'n
gewete!
"Torreke" wrote in message
news:ec1d8d$ldt$1@ctb-nnrp2.saix.net...
>> Torreke
>> "Suidwester" < wrote
>>>> Jou reaksie klink eerder na huil. My liewe pa het altyd gesê: As die
>>>> hond tjank, weet jy die skoot was raak!
>>> ----Presies, presies. Ek kon dit nie beter vir jouself stel nie!
>>> Watter insig!
>>
>> Die woord "foeitog" wat jy by herhaling in jou vorige pos gebruik het, is
>> die reaksie van 'n tjankbalie wat nie weet wat anders om te antwoord nie.
>
> Toe ek jou daarop wys dat jou persoonlike aanval op Gloudina en Ferdi
> "m��r oor jouself as oor" hulle sê, oorreageer jy!!! Ek het eintlik NIKS
> oor jou gesê nie, net gesinspeel... Jou reaksie is die tipiese "veg of
> vlug" reaksie van iemand wat nie 'n situasie kan hanteer nie:
>
> a) Veg terug: "Ag foeitog, wil jy huil? Op wie se skouer?"
>
> Dit word gekoppel aan die tipiese reaksie wat ek baie keer gesien het van
> iemand wie se gewete oor iets pla - verplaas die fokus weg van jouself
> deur fout te soek by die opponent: "ons moet jou net eers op die skaal ook
> plaas, hm?"
>
> b) Ontvlug die situasie deur te maak of dit jou nie raak nie: "Ek gee nie
> om om slegter in jou oë te wees as enigiemand anders nie..."
>
> Ek sê weer: As die hond tjank, weet jy die skoot was raak.
>
Re: Kolonialisme [boodskap #5051 is 'n antwoord op boodskap #5049] Do, 17 Augustus 2006 12:53 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Torreke  is tans af-lyn  Torreke
Boodskappe: 1165
Geregistreer: April 2006
Karma: 0
Senior Lid
"Suidwester" < wrote
> ---------Nou wat anders gaan maak mens op 'n universiteit...behalwe jol as
> jy so ingestel is en ryk ouers het?

As jou universiteit nie jou lewens- en wêreldbeskouing gevorm het nie, jou
krities leer dink, weeg, evalueer en hoe om 'n beginselstandpunt stel nie,
kon jy net sowel nie soheentoe gegaan het nie. Die kennis kon jy ook uit
boeke gelees het. Voorbeelde van sulke mense is legio, bv. die Amerikaanse
skrywer Louis L'Amour, wat nie eens matriek gehad het nie, maar 'n reuse
biblioteek in sy studeerkamer en verstommende kennis en skrywerstalent!

> Ons het mos so 'n verpligde vak gehad....ek kan nie die naam onthou nie,
> maar voor dit was dit Etiek en Logika wat dit vervang het.

In my tyd is dit "Interfakultêre Wysbegeerte" genoem.

> Dit was 'n lekker slaapperiode

Kan dit goed glo!
Tog moes jy wel iets waarvan ek praat, daar geleer het, want jy moes die vak
deurkom om jou graad te kry.

> want hiermee het hulle mooi die ideologie van 'n Christelike Universiteit
> ingehamer. Altyd gedink dis 'n mors van tyd want ek het gekom om 'n graad
> te swot, nie om 'n kerk te kom bywoon nie. Selfs in die koshuis was jy
> verplig om op Sondae kerk toe gegaan. Dit het my permanent genees van
> kerk en sy dinge.

Weet nou nie wie jou verplig het om kerk toe te gaan nie, maar dit was nie
deel van die PUK se koshuisreëls nie.
Ek sou dit nie juis "genesing" noem dat jy jou rug op die kerk gekeer het
nie.

> Maar op hierdie onderwerp. Wat is dit dat die mense rondloop met hierdie
> naamplaatjie aan: 'Ek is 'n Christen'. Dit, volgens hulle, waarborg
> hul eerlikheid en goed wees.

Baie beslis waarborg christenskap nie eerlikheid en goed wees nie!
Christenskap sê dat iemand 'n volgeling van Christus is - d.i. 'n sondaar
wat hom-/haarself nie kan red nie, maar wat sy/haar lewe en verlossing by
Christus soek.

> Dis tog nonsens. Van die grootste skelms wat ek al mee te doene gehad
> het, was volgens hulle Christene. Gaan kyk in die kerkrade en loer
> bietjie na die private lewens van hierdie groot kerkmense. Hulle drink
> en hoereer in die week met die wete dat daar 'n 'delete' knoppie êrens is
> wat sy gewete kan sus. Een dominee het my met besigheid verneuk en toe
> gereken dat dit 'besigheid' is en boggerall te doen het met sy geloof.
> 'n Ouderling wat my aangespreek het omdat ek op 'n Sondag gaan visvang
> het, se drankrekening is duidende per maand en jy kan omtrent op enige dag
> al voor 10 uur die oggend sy asem vir 'n tiekie-'n-tot verkoop!

Ja, daar is ongelukkig baie wat hulle in die naam van christenskap
onchristelik gedra. Dit mag moontlik 'n beduidende persentasie wees - selfs
die meerderheid. Jesus self het gesê: "Nie elkeen wat vir My sê: 'Here!
Here!' sal ingaan in die Koninkryk van die hemele nie, maar hy wat die wil
van my Vader wat in die hemele is, doen." Maar daar is ook miljoene
Christene wie se geloof erns is en wat opreg probeer om God se wet te
onderhou, al gaan dit dikwels met struikeling en sonde gepaard.

Punt is, Suidwester, Christenskap beteken nie dat iemand sonder sonde of
volmaak is nie - Christenskap beteken dat mens juis as gevolg van jou sonde
verlossing by Iemand anders, nl. Christus, soek.

Ek het jou in 'n ander pos gesê: My ervaring is dat iemand wat 'n slegte
gewete het, vinnig is om fout by sy opponent te soek. Kom ek verfyn dit:
Iemand wat iets het om weg te steek, is vinnig om fout by die kerk, die
ouderling en die predikant te soek. Moet dit nie eens probeer ontken nie,
man. Ek het baie jare se ervaring hiervan! Ek ken al die simptome. Ook
dié van kamtig belangstellend my opinie vra oor die sondes van die vaders
wat aan die kinders besoek word waarmee jy my argument oor God wat of God
vir die hele lewe is of gladnie God nie, gesystap het. Jy kruip gerieflik
weg agter jou beskuldigings teen God wat liefdeloos sou wees, die kerk en
die ouderling en die predikant wat dan skynheilig sou wees, alles om jou eie
onwilligheid om jou te bekeer van jou ingeslane pad, te verbloem en/of te
regverdig!

> Ek? Ek glo dat as 'n mens in homself goed is, dan het hy nie eksterne
> hulp nodig om hom te ondersteun nie. Eerlikheid kom met karakter. Geen
> kerk of geloof gaan jou karakter kan verander nie.

Daar is niemand wat in homself goed is nie - daar is selfs nie een nie! Ons
word in sonde ontvang en gebore! En dis nie net die Bybel wat so sê nie,
ook ateistiese sielkundiges sal vir jou sê dat daar niemand is wat "normaal"
is nie - dat ons met gebreke in ons karakter gebore word!
Re: Kolonialisme [boodskap #5052 is 'n antwoord op boodskap #5050] Do, 17 Augustus 2006 12:55 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Torreke  is tans af-lyn  Torreke
Boodskappe: 1165
Geregistreer: April 2006
Karma: 0
Senior Lid
"Suidwester" Hier praat jy soveel twak dat dit nie eers die moeite werd is om te [/color]
> reageer nie! Jy druk op betkenisse van woorde en uitdrukkings en ek het
> nie tyd om elkeen te analiseer nie. Egter dankbaar om te hoor jy dink ek
> het 'n gewete!

As die hond tjank...
Re: Kolonialisme [boodskap #5053 is 'n antwoord op boodskap #5051] Do, 17 Augustus 2006 15:14 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Suidwester  is tans af-lyn  Suidwester
Boodskappe: 1579
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Torreke" wrote in message
news:ec1otk$st5$1@ctb-nnrp2.saix.net...
>
> As jou universiteit nie jou lewens- en wêreldbeskouing gevorm het nie, jou
> krities leer dink, weeg, evalueer en hoe om 'n beginselstandpunt stel nie,
> kon jy net sowel nie soheentoe gegaan het nie. Die kennis kon jy ook uit
> boeke gelees het.
-----Nou's jy moedswillig. Wil jy vir my sê dat 'n ou wat op Tukkies bv.
B.Comm geswot het, is swakker daaraan toe as 'n ou wat op Potch geswot het?
Net omdat die PUK CHO agter sy naam het, het jy nou studente wat meer gerond
is as elders?

Voorbeelde van sulke mense is legio, bv. die Amerikaanse
> skrywer Louis L'Amour, wat nie eens matriek gehad het nie, maar 'n reuse
> biblioteek in sy studeerkamer en verstommende kennis en skrywerstalent!
-----Ek het 'n oom gehad wat 'n hele gebou se materiaal tot op die fynste
besonderhede kon uitwerk en hy het nie eers St. 5 gemaak nie. Net so het ek
'n nefie wat besluit het hy mors sy tyd op universiteit en eerder gaan werk
het ipv studeer en toe in die aande het hy sy B.Sc in rekenaarwetenskappe by
Unisa gedoen. Toe sy Varsity-pelle 3 jaar later werk kom soek, toe werk
hulle vir hom. Dis die ander ding, toepaslike ondervinding is veel
belangriker as akedemiese kennis. Soos jy sê, enige mens kan 'n teksboek
lees en as jy die ondervinding het om dit reg te vertolk, is jy veel beter
as die gegradueerde met geen ondervinding nie wat absoluut niks kan doen om
sy agterstand in te haal nie.....PRESIES dit wat verkeerd loop met
regstellende aksie!
>>
> In my tyd is dit "Interfakultêre Wysbegeerte" genoem. ----Presies hy.....
>
>> Dit was 'n lekker slaapperiode
>
> Kan dit goed glo!
> Tog moes jy wel iets waarvan ek praat, daar geleer het, want jy moes die
> vak deurkom om jou graad te kry.
-----Dis mos gorrelgoed daai. Jy lees hom een keer vinnig en dan praat jy
'n klomp twak daaroor.
>
> Weet nou nie wie jou verplig het om kerk toe te gaan nie, maar dit was nie
> deel van die PUK se koshuisreëls nie.
-----Dit was nie 'n geskrewe reël nie, maar dis darem van jou verwag. Hier
rondom die eerste jaar werk dit nog......

> Ek sou dit nie juis "genesing" noem dat jy jou rug op die kerk gekeer het
> nie.
-----Hang af van waar jy staan, is dit nie? Ek kon nog nooit die storie
aanvaar dat iemand vir jou kan voorskryf van wat in die wetenskappe is reg
en wat is nie, gegrond op geloof en nie feite nie. Geloof is presies dit
wat die woord beteken....jy glo dit is reg, maar jy weet nie presies nie en
hoop jy is reg. Na aanleiding van jou en jou geesgenote se opinie dink
julle julle is reg en ek gee nie om daarvoor nie. Wat ek wel mee 'n
probleem het, is die onverdraagsaamheid van die kerkers wat iemand wat nie
glo soos hy glo nie, veroordeel.

> Baie beslis waarborg christenskap nie eerlikheid en goed wees nie!
> Christenskap sê dat iemand 'n volgeling van Christus is - d.i. 'n sondaar
> wat hom-/haarself nie kan red nie, maar wat sy/haar lewe en verlossing by
> Christus soek.
-----Dis juis hier waar my probleem lê. Jy moet jou verlossing in jou eie
karakter soek en ophou vra vir wonderwerke. Godsdiens is 'n emosionele
kruk vir die swakkeling.

Maar daar is ook miljoene
> Christene wie se geloof erns is en wat opreg probeer om God se wet te
> onderhou, al gaan dit dikwels met struikeling en sonde gepaard.
-----En solank jy boetedoening doen en die kerk betaal vir die voorreg, dan
is alles fyn vir nog 'n sessie van sonde? Dis nou daai skoonmaak van
sondes wat nie vir my lekker sit nie. Dit klink vir my soos een moerse
'sales pitch.' Assuransie maak ook so!
>
> Punt is, Suidwester, Christenskap beteken nie dat iemand sonder sonde of
> volmaak is nie - Christenskap beteken dat mens juis as gevolg van jou
> sonde verlossing by Iemand anders, nl. Christus, soek. ------Dalk lê die verlossing deur voor sy eie deur skoon te maak?
>
> Ek het jou in 'n ander pos gesê: My ervaring is dat iemand wat 'n slegte
> gewete het, vinnig is om fout by sy opponent te soek. Kom ek verfyn dit:
> Iemand wat iets het om weg te steek, is vinnig om fout by die kerk, die
> ouderling en die predikant te soek. Moet dit nie eens probeer ontken nie,
> man. Ek het baie jare se ervaring hiervan! Ek ken al die simptome. Ook
> dié van kamtig belangstellend my opinie vra oor die sondes van die vaders
> wat aan die kinders besoek word waarmee jy my argument oor God wat of God
> vir die hele lewe is of gladnie God nie, gesystap het. Jy kruip
> gerieflik weg agter jou beskuldigings teen God wat liefdeloos sou wees,
> die kerk en die ouderling en die predikant wat dan skynheilig sou wees,
> alles om jou eie onwilligheid om jou te bekeer van jou ingeslane pad, te
> verbloem en/of te regverdig!
-----Nou klink jy soos 'n eerstejaar Tokkelokkie wat al sy 'esse' fluit!
Jy dink ek wil nie bekeer nie. Waarheen? Na jou idees toe omdat jy dink
jy is reg? Hou op om in sinspreke so uit die kerk uit te praat. Jy pas
jou idees op my toe en glo vas jy's reg. Ek dink nie so nie. Ek gun jou
jou standpunt. Besef jy dat jy sonde behoort te doen net die feit dat jy
my oordeel? Maar dan weer, dinge werk vir julle kerkers mos net een kant
toe.

> Daar is niemand wat in homself goed is nie - daar is selfs nie een nie!
> Ons word in sonde ontvang en gebore! En dis nie net die Bybel wat so sê
> nie, ook ateistiese sielkundiges sal vir jou sê dat daar niemand is wat
> "normaal" is nie - dat ons met gebreke in ons karakter gebore word!
-----Weereens jou kerklike slagspreke en uitsprake. Wat ek vir jou probeer
sê het, is dat as 'n ou nie jul geloof aanhang nie, beteken dit nie dat hy
noodwendig sleg is nie! Ek oordeel niemand as hy kerk toe gaan nie.....gun
jy my dieselfde respek? Of kom staan jy namens jou kerk ook maar bakhand
vir die geldjie wat die goddelose vir die kerk gee?
>
>
Re: Kolonialisme [boodskap #5054 is 'n antwoord op boodskap #5053] Do, 31 Augustus 2006 09:26 Na vorige boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Suidwester, ek sien jy is besig om regstellende aksie op Torreke toe te
pas:)))

Annette

"Suidwester" wrote in message
news:z_adnd8dpYvL5HnZnZ2dnUVZ_r-dnZ2d@is.co.za...
>
> "Torreke" wrote in message
> news:ec1otk$st5$1@ctb-nnrp2.saix.net...
>>
>> As jou universiteit nie jou lewens- en wêreldbeskouing gevorm het nie,
>> jou krities leer dink, weeg, evalueer en hoe om 'n beginselstandpunt stel
>> nie, kon jy net sowel nie soheentoe gegaan het nie. Die kennis kon jy
>> ook uit boeke gelees het.
> -----Nou's jy moedswillig. Wil jy vir my sê dat 'n ou wat op Tukkies bv.
> B.Comm geswot het, is swakker daaraan toe as 'n ou wat op Potch geswot
> het? Net omdat die PUK CHO agter sy naam het, het jy nou studente wat meer
> gerond is as elders?
>
> Voorbeelde van sulke mense is legio, bv. die Amerikaanse
>> skrywer Louis L'Amour, wat nie eens matriek gehad het nie, maar 'n reuse
>> biblioteek in sy studeerkamer en verstommende kennis en skrywerstalent!
> -----Ek het 'n oom gehad wat 'n hele gebou se materiaal tot op die fynste
> besonderhede kon uitwerk en hy het nie eers St. 5 gemaak nie. Net so het
> ek 'n nefie wat besluit het hy mors sy tyd op universiteit en eerder gaan
> werk het ipv studeer en toe in die aande het hy sy B.Sc in
> rekenaarwetenskappe by Unisa gedoen. Toe sy Varsity-pelle 3 jaar later
> werk kom soek, toe werk hulle vir hom. Dis die ander ding, toepaslike
> ondervinding is veel belangriker as akedemiese kennis. Soos jy sê, enige
> mens kan 'n teksboek lees en as jy die ondervinding het om dit reg te
> vertolk, is jy veel beter as die gegradueerde met geen ondervinding nie
> wat absoluut niks kan doen om sy agterstand in te haal nie.....PRESIES dit
> wat verkeerd loop met regstellende aksie!
>>>
>> In my tyd is dit "Interfakultêre Wysbegeerte" genoem.
> ----Presies hy.....
>>
>>> Dit was 'n lekker slaapperiode
>>
>> Kan dit goed glo!
>> Tog moes jy wel iets waarvan ek praat, daar geleer het, want jy moes die
>> vak deurkom om jou graad te kry.
> -----Dis mos gorrelgoed daai. Jy lees hom een keer vinnig en dan praat
> jy 'n klomp twak daaroor.
>>
>> Weet nou nie wie jou verplig het om kerk toe te gaan nie, maar dit was
>> nie deel van die PUK se koshuisreëls nie.
> -----Dit was nie 'n geskrewe reël nie, maar dis darem van jou verwag.
> Hier rondom die eerste jaar werk dit nog......
>
>> Ek sou dit nie juis "genesing" noem dat jy jou rug op die kerk gekeer het
>> nie.
> -----Hang af van waar jy staan, is dit nie? Ek kon nog nooit die storie
> aanvaar dat iemand vir jou kan voorskryf van wat in die wetenskappe is reg
> en wat is nie, gegrond op geloof en nie feite nie. Geloof is presies dit
> wat die woord beteken....jy glo dit is reg, maar jy weet nie presies nie
> en hoop jy is reg. Na aanleiding van jou en jou geesgenote se opinie
> dink julle julle is reg en ek gee nie om daarvoor nie. Wat ek wel mee 'n
> probleem het, is die onverdraagsaamheid van die kerkers wat iemand wat nie
> glo soos hy glo nie, veroordeel.
>
>> Baie beslis waarborg christenskap nie eerlikheid en goed wees nie!
>> Christenskap sê dat iemand 'n volgeling van Christus is - d.i. 'n sondaar
>> wat hom-/haarself nie kan red nie, maar wat sy/haar lewe en verlossing by
>> Christus soek.
> -----Dis juis hier waar my probleem lê. Jy moet jou verlossing in jou
> eie karakter soek en ophou vra vir wonderwerke. Godsdiens is 'n
> emosionele kruk vir die swakkeling.
>
> Maar daar is ook miljoene
>> Christene wie se geloof erns is en wat opreg probeer om God se wet te
>> onderhou, al gaan dit dikwels met struikeling en sonde gepaard.
> -----En solank jy boetedoening doen en die kerk betaal vir die voorreg,
> dan is alles fyn vir nog 'n sessie van sonde? Dis nou daai skoonmaak van
> sondes wat nie vir my lekker sit nie. Dit klink vir my soos een moerse
> 'sales pitch.' Assuransie maak ook so!
>>
>> Punt is, Suidwester, Christenskap beteken nie dat iemand sonder sonde of
>> volmaak is nie - Christenskap beteken dat mens juis as gevolg van jou
>> sonde verlossing by Iemand anders, nl. Christus, soek.
> ------Dalk lê die verlossing deur voor sy eie deur skoon te maak?
>>
>> Ek het jou in 'n ander pos gesê: My ervaring is dat iemand wat 'n slegte
>> gewete het, vinnig is om fout by sy opponent te soek. Kom ek verfyn dit:
>> Iemand wat iets het om weg te steek, is vinnig om fout by die kerk, die
>> ouderling en die predikant te soek. Moet dit nie eens probeer ontken
>> nie, man. Ek het baie jare se ervaring hiervan! Ek ken al die
>> simptome. Ook dié van kamtig belangstellend my opinie vra oor die sondes
>> van die vaders wat aan die kinders besoek word waarmee jy my argument oor
>> God wat of God vir die hele lewe is of gladnie God nie, gesystap het.
>> Jy kruip gerieflik weg agter jou beskuldigings teen God wat liefdeloos
>> sou wees, die kerk en die ouderling en die predikant wat dan skynheilig
>> sou wees, alles om jou eie onwilligheid om jou te bekeer van jou
>> ingeslane pad, te verbloem en/of te regverdig!
> -----Nou klink jy soos 'n eerstejaar Tokkelokkie wat al sy 'esse' fluit!
> Jy dink ek wil nie bekeer nie. Waarheen? Na jou idees toe omdat jy
> dink jy is reg? Hou op om in sinspreke so uit die kerk uit te praat.
> Jy pas jou idees op my toe en glo vas jy's reg. Ek dink nie so nie. Ek
> gun jou jou standpunt. Besef jy dat jy sonde behoort te doen net die
> feit dat jy my oordeel? Maar dan weer, dinge werk vir julle kerkers mos
> net een kant toe.
>
>> Daar is niemand wat in homself goed is nie - daar is selfs nie een nie!
>> Ons word in sonde ontvang en gebore! En dis nie net die Bybel wat so sê
>> nie, ook ateistiese sielkundiges sal vir jou sê dat daar niemand is wat
>> "normaal" is nie - dat ons met gebreke in ons karakter gebore word!
> -----Weereens jou kerklike slagspreke en uitsprake. Wat ek vir jou
> probeer sê het, is dat as 'n ou nie jul geloof aanhang nie, beteken dit
> nie dat hy noodwendig sleg is nie! Ek oordeel niemand as hy kerk toe
> gaan nie.....gun jy my dieselfde respek? Of kom staan jy namens jou kerk
> ook maar bakhand vir die geldjie wat die goddelose vir die kerk gee?
>>
>
>
Vorige onderwerp: " Die ANC dryf weg van sy eie denke " deur FERDI GREYLING
Volgende onderwerp: Roelfie
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Apr 26 03:25:24 MGT 2024