Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Ernstig » Rekenaars & selfone » Hoax e-mail
Re: Hoax e-mail [boodskap #50343 is 'n antwoord op boodskap #50318] Wo, 19 September 2001 05:55 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Lou? verstaan jy vir Gids?
Sy redenasievermoë is ver bo ons verhewe.
In die een sin word Die Afrikaner in 'n boksie gedruk, en in net die
volgende sin word gesê Alle Afrikaners is nie "so" nie.
Dus, tot tyd en wyl hy van sy troontjie afklim en net gewoonweg sê wat hy
sou wou bedoel, moet ons hom maar uitlos - sommige van ons het mos gesien
hoe Brad in LoerBoet lang stukke met homself gesels - so dit is blykbaar
niks vreemds nie:))
Annette

>> Jy het die Afrikaner as sulks aangespeek en nie die enkelinge wat die
>> probleem veroorsaak het nie. DIT is die kruks van die saak. Jy het ALLE
>> AFRIKANERS by jou beskuldinging ingesluit.
>>
>
> Koop vir jouself aambeisalf en smeer dit aan die plek wat jeuk. Dit lyk my
> om iets uit te lê aan jou is soos om aan 'n bedelaar te probeer verduidelik
> dat jy nie aan hom geld gaan gee om uit te suip nie.
>
> Die kruks van die saak is dat DIE AFRIKANER op groot skaal binne en buite
> Suid-Afrika besig is om die regering te probeer diskrediteer en in die
> proses die land skade aanbring. DIT gaan oor die land waar jy nou woon, ek
> binnekort weer sal woon, en waar ek vir my kinders 'n toekoms wil skep. ALLE
> Afrikaners doen dit nie - dit is so duidelik soos daglig. Sommige dink wel
> aan die toekoms.
>
> As jy wil redeneer, doen dit, dan redeneer ek met graagte saam. As jy
> vloermoere wil gooi, het ek geen verdere kommentaar nie.
>
> -Gids-
>
Re: Hoax e-mail 2 broers in hegtenis [boodskap #50344 is 'n antwoord op boodskap #50270] Wo, 19 September 2001 06:01 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Ag nee wat Pop - groot gedruis oor niks - en net die wat wil politieke
voordeel uit die storie trek gebruik dit as 'n lat.
Dit is goed dat hulle uitgewys is - dit sal ander gekskeerders 'n bietjie
laat dink - maar enige normale regdenkende mens kon sien dit was 'n grap.
Nou praat hulle van 20 jaar tronkstraf vir die twee swape? Nie eers
moordenaars en verkragters sit langer as 3 jaar nie .
Annette

--
>> Die Burger van vanoggend berig dat 2 broers, Jaco en Chris Conradie, hier
>> in Stellenbosch gevang is wat die "nuusgerig" gefabriseer het.
>>
>> Een is 'n rekenaarprogrammerder by 'n lewensversekerings mpy, en die ander
>> is aan 'n internet mpy verbonde
>>
>> Thys oppie Bos
>>
>
Re: Hoax e-mail [boodskap #50345 is 'n antwoord op boodskap #50285] Wo, 19 September 2001 06:14 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Lou, soos almal hier weet is ek diep bekommerd dat Gloudina so 'n lang
geheue het:)))
Die humor in die storie is natuurlik dat oor 'n jaar of 10 sal Gloudina
nog steeds gereeld na die "vreeslike sonde" sal verwys, en geen siel sal
weet waarvan sy praat nie.
Om die waarheid te sê hoeveel siele hier ( op die nuusgroep) teenwoordig
weet, of gee selfs om wat sy ( Goudina) te sê het oor wat tans hier ( in
Suid Afrika) aangaan.
(Die verduideliking is hakies is nie vir jou nie - maar ter verduideliking
vir diegene wat doelbewus goed verkeerd lees):))
Annette

>>
>> Gids verwys natuurlik, vir die wat vergeet het, na Annettese opmerking "Daar
>> het jy dit nou. Wat weet iemand in
>> Nederland van wat in SA aangaan" toe Gids probeer vertel
>> het wat sy familie in Swellendam sê oor die toestand van die
>> Swellendamse hospitaal. Gids het familie in Swellendam.
>> Gids het toe die opmerking gemaak dat Annette seker dink
>> dat as mense SA verlaat, hulle 'n verpligte lobotomie ondergaan.
>
> Haai oe tannie liewe heksie - dankie vir die verduideliking. Mense
> oorsee weet duidelik baie beter wat in SA aangaan as ons wat hier bly -
> dit is mos 'n bekende nuusgroep feit.
>
>> Daar het jy dit nou. Gids het, soos 'n olifant, 'n baie
>> lang geheue. Tant Hessie het ook 'n lang geheue. Sy sal nie
>> vergeet hoe Annette haar vriendin, wat in Swellendam woon,
>> 'n leuenaar genoem het nie.
>
> Ag sjym, ne. Ek is seker Annette is SO bekommerd!
Re: Hoax e-mail [boodskap #50346 is 'n antwoord op boodskap #50044] Wo, 19 September 2001 06:36 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Lou  is tans af-lyn  Lou
Boodskappe: 436
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
@home.com wrote:
>
> Lou wrote:
>
>> As jy onthou hoe die thread begin het was dit iemand wat homself
>> duidelik nie as Afrikaner beskou nie - wat ons wil klassifiseer op grond
>> van die optrede van enkelinge
>
> Nee, Lou. Gids is 'n Afrikaner, sien homself as Afrikaner, spreeksy woede as
> Afrikaner uit teen Afrikaners wat sy groep se naam
> weer probeer modder maak.

Hmmm - Gigs het jou nou aangestel as sy woordvoerder. Maar soos ek nou
tot kostesn wordens toe in die thread probeer sê het - HY BESKULDIG
ALLE AFRIKANERS VAN DIE STOMMITEITE WAT DIE TWEE BROERS AANGEVANG HET!
As jy iet slees in die pos lees selgs die geskrou in die vorige sin -
dink daaroor, dan praat ons weer!

> Hy het die reg om dit te doen, want
> hy IS 'N AFRIKANER. En jy kan maar praat tot jy blou in die
> gesig het, maar Afrikaners en mense met Afrikaner-bloed in hulle
> are het die reg om te praat.

Ek betwis nie sy reg om as Afrikaner te praat nie - wat ek bevraagteken
is dat HY BESKULDIG ALLE AFRIKANERS VAN DIE STOMMITEITE WAT DIE TWEE
BROERS AANGEVANG HET!

Sein jy sukkel nog steeds om 'n samehangende argument te voer.
Re: Hoax e-mail [boodskap #50347 is 'n antwoord op boodskap #50318] Wo, 19 September 2001 06:53 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Lou  is tans af-lyn  Lou
Boodskappe: 436
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
Gids wrote:
>
> "Lou" schreef in bericht
> news:3BA6F280.BC545F36@lous.zzn.com...
>> Jy het die Afrikaner as sulks aangespeek en nie die enkelinge wat die
>> probleem veroorsaak het nie. DIT is die kruks van die saak. Jy het ALLE
>> AFRIKANERS by jou beskuldinging ingesluit.
>>
>
> Koop vir jouself aambeisalf en smeer dit aan die plek wat jeuk. Dit lyk my
> om iets uit te lê aan jou is soos om aan 'n bedelaar te probeer verduidelik
> dat jy nie aan hom geld gaan gee om uit te suip nie.
>

:) Dis nou cute! Ek sien egter nie waar jy iets aan my uitgel^e het nie
- jy probeer net duck en dive omdat jy duidelik histeries gereageer het
op die oorspronklike pos en geantwoord het sonder om te dink. Net soos
die twee nou berugte broers van Stellenbosch.

> Die kruks van die saak is dat DIE AFRIKANER op groot skaal binne en buite
> Suid-Afrika besig is om die regering te probeer diskrediteer en in die
> proses die land skade aanbring.

Hmm - weereens maak jy beskuldigings wat heel omvangryk is. Kom ons kry
bietjie 'n paar punte duidelik:
1) Wie is DIE AFRIKANER van wie jy praat?
2) Grootskaalse diskreditering - paar voorbeelde asb.
3) Al ooit gedink dat die hoax 'n grappie is wat sleg gebackfire op twee
mense?
4) Weet jy wat die woord veralgemening beteken.

> DIT gaan oor die land waar jy nou woon, ek
> binnekort weer sal woon, en waar ek vir my kinders 'n toekoms wil skep. ALLE
> Afrikaners doen dit nie - dit is so duidelik soos daglig. Sommige dink wel
> aan die toekoms.

Duidelik is jou afrikaans besig om te versleg - as jy praat van DIE
AFRIKANER sluit jy my en ander afrikaners in. As ek praat van die
Kanadese sluit ek Gloudina en ander kanadese in. Verstaan jy my punt?
Blykbaar nie! Net so is dit plein dom om die WTC aanval nou voor die
deur van die moslems te l^e.

>
> As jy wil redeneer, doen dit, dan redeneer ek met graagte saam. As jy
> vloermoere wil gooi, het ek geen verdere kommentaar nie.
>

So gedink, infantiele argument afsluiting - jy verloor dus ... 1 - 0 vir
my.

Bye.
Re: Hoax e-mail 2 broers in hegtenis [boodskap #50348 is 'n antwoord op boodskap #50270] Wo, 19 September 2001 06:54 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Shannon  is tans af-lyn  Shannon
Boodskappe: 220
Geregistreer: Januarie 1999
Karma: 0
Senior Lid
Klink asof Mbeki nou 'n 'voorbeeld' van hulle wil maak en hulle gaan nou
moontlik 'n rukkie moet sit daarvoor. Plaas dat hulle gemeenskapsdiens
doen.

Ek dink dit is 'n goeie idee vir ander minder ernstige oortredings om
sodoende ons gevangenisse 'n bietjie le�r te kry en sommer iemand te hê wat
gratis werk. Ek sien juis hulle noem weer die vreeslike verhoging van
vigssterfgevalle in die gevangenisse. Weet nie of ek vaak was en verkeerd
gelees het nie, maar hulle sê dit is op na 300%?

pop skryf in boodskap news:9o5qft$vsa$1@slb6.atl.mindspring.net...
> Hulle klink nie Portugees vir my nie. Ek is jammer dat daardie
> twee dit gedoen het, hulle het skade aan beide die land
> en hulle reputusasie gedoen, dit is dieselfde as om n virus
> te stuur.
> Pop
>
>
> Thys de Wet wrote in message
> news:9o4709$2vdo$1@news.adamastor.ac.za...
>> Die Burger van vanoggend berig dat 2 broers, Jaco en Chris Conradie, hier
>> in Stellenbosch gevang is wat die "nuusgerig" gefabriseer het.
>>
>> Een is 'n rekenaarprogrammerder by 'n lewensversekerings mpy, en die ander
>> is aan 'n internet mpy verbonde
>>
>> Thys oppie Bos
>>
>
Re: Hoax e-mail 2 broers in hegtenis [boodskap #50351 is 'n antwoord op boodskap #50348] Wo, 19 September 2001 07:13 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Sakkie[3]  is tans af-lyn  Sakkie[3]
Boodskappe: 488
Geregistreer: Mei 2001
Karma: 0
Senior Lid
Ek dag dan die doodstraf is afgeskaf

"Shannon" skryf in boodskap news:3ba84164.0@news1.mweb.co.za...
> Ek sien juis hulle noem weer die vreeslike verhoging van
> vigssterfgevalle in die gevangenisse. Weet nie of ek vaak was en verkeerd
> gelees het nie, maar hulle sê dit is op na 300%?
>
Re: Hoax e-mail 2 broers in hegtenis [boodskap #50355 is 'n antwoord op boodskap #50351] Wo, 19 September 2001 07:42 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Sakkie - nou weet ons hoekom die doodstraf afgeskaf is - die arme mense in
die tronk kry 'n erger doodstraf.
Annette

...
> Ek dag dan die doodstraf is afgeskaf
>
> "Shannon" wrote in message
> news:3ba84164.0@news1.mweb.co.za...
>> Ek sien juis hulle noem weer die vreeslike verhoging van
>> vigssterfgevalle in die gevangenisse. Weet nie of ek vaak was en verkeerd
>> gelees het nie, maar hulle sê dit is op na 300%?
>>
>
tronkstraf - doodstraf [boodskap #50358 is 'n antwoord op boodskap #50355] Wo, 19 September 2001 09:11 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Sakkie[3]  is tans af-lyn  Sakkie[3]
Boodskappe: 488
Geregistreer: Mei 2001
Karma: 0
Senior Lid
Ek wag vir die dag dat iemand appèl aanteken teen tronkstraf en vrygespreek
word op grond van dat die staat nie sy veiligheid kan waarborg in die tronk
nie.

"Annette" skryf in boodskap news:9o9jiv$boo5d$1@ID-92016.news.dfncis.de...
> Sakkie - nou weet ons hoekom die doodstraf afgeskaf is - die arme mense in
> die tronk kry 'n erger doodstraf.
> Annette
>
>
> ...
>> Ek dag dan die doodstraf is afgeskaf
>>
>> "Shannon" wrote in message
>> news:3ba84164.0@news1.mweb.co.za...
>>> Ek sien juis hulle noem weer die vreeslike verhoging van
>>> vigssterfgevalle in die gevangenisse. Weet nie of ek vaak was en
> verkeerd
>>> gelees het nie, maar hulle sê dit is op na 300%?
>>>
>>
>
Re: Hoax e-mail 2 broers in hegtenis [boodskap #50359 is 'n antwoord op boodskap #50344] Wo, 19 September 2001 09:20 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Wouter Plaasvark  is tans af-lyn  Wouter Plaasvark
Boodskappe: 1004
Geregistreer: Mei 2006
Karma: 0
Senior Lid
"Annette"
Ag nee wat Pop - groot gedruis oor niks - en net die wat wil politieke
voordeel uit die storie trek gebruik dit as 'n lat.
Dit is goed dat hulle uitgewys is - dit sal ander gekskeerders 'n bietjie
laat dink - maar enige normale regdenkende mens kon sien dit was 'n grap.
Nou praat hulle van 20 jaar tronkstraf vir die twee swape? Nie eers
moordenaars en verkragters sit langer as 3 jaar nie .

Wouter
Ek verskil, Annette. Hulle boodskap het 'n skyn van oorpronklikheid gehad,
wat die gemiddelde mens sal mislei. En daarna word dit as die waarheid
oorvertel aan mense wat nie rede het om dit te betwyfel nie. Ek verstaan ook
nie hoe enige party politieke voordeel hieruit kan trek nie. Die DA het
byvoorbeel vir 'n swaar straf gevra, sou dit om politieke voordeel wees? Ek
glo nie.

Dis nie net 'n gedruis nie, ek verstaan hulle was onnosel genoeg om die
boodskap direk aan die Reserwebank en ander markdeelnemers te stuur. Ek hoop
hulle maak 'n voorbeeld van die twee en straf hulle so swaar as wat die wet
toelaat, om te wys dat selfs 'n eerste oortreding ernstig is. Dus
tronkstraf. 'n Boete of opgeskorte vonnis sou myns insiens onvanpas wees.

Ek is egter nie so seker dat hulle misleiding so 'n groot sonde in die oë
van die wet is nie. Dis bedrog, maar die skade is indirek. Ek hoop ons
wette word opgeskerp om hierdie soort misleiding in die toekoms maklik te
kan straf.

CNN sou hulle seker in Amerika uit hulle geloof kan dagvaar, as hulle ooit
daar sou uitkom.
Wouter se takt en bedagsaamheid [boodskap #50362 is 'n antwoord op boodskap #50359] Wo, 19 September 2001 09:55 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Sakkie[3]  is tans af-lyn  Sakkie[3]
Boodskappe: 488
Geregistreer: Mei 2001
Karma: 0
Senior Lid
Magtag Wouter, hoe kry jy dit reg. Dit is die soveelste keer wat jy met
iemand verskil sonder om hul karakter aan te val, hul nasie aan te val of
hul taal aan te val. Vertel ons ook jou geheim. Hier is baie deelnemers
hier wat jou kurses dringend nodig het. :-))))))))
Re: Hoax e-mail 2 broers in hegtenis [boodskap #50365 is 'n antwoord op boodskap #50348] Wo, 19 September 2001 10:18 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Max  is tans af-lyn  Max
Boodskappe: 1496
Geregistreer: Februarie 2004
Karma: 0
Senior Lid
Ja, elkeen gaan drie keer dood... Dit het seker net met 300% gestyg...
_______________________________________________________
"Shannon"
> Weet nie of ek vaak was en verkeerd
> gelees het nie, maar hulle sê dit is op na 300%?
Re: Hoax e-mail [boodskap #50366 is 'n antwoord op boodskap #50347] Wo, 19 September 2001 10:20 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Shannon  is tans af-lyn  Shannon
Boodskappe: 220
Geregistreer: Januarie 1999
Karma: 0
Senior Lid
Lou skryf in boodskap news:3BA84106.B8840B42@lous.zzn.com...
>
>
> Gids wrote:
>>
>> "Lou" schreef in bericht
>> news:3BA6F280.BC545F36@lous.zzn.com...
>>> Jy het die Afrikaner as sulks aangespeek en nie die enkelinge wat die
>>> probleem veroorsaak het nie. DIT is die kruks van die saak. Jy het ALLE
>>> AFRIKANERS by jou beskuldinging ingesluit.
>>>
>>
>> Koop vir jouself aambeisalf en smeer dit aan die plek wat jeuk. Dit lyk my
>> om iets uit te lê aan jou is soos om aan 'n bedelaar te probeer verduidelik
>> dat jy nie aan hom geld gaan gee om uit te suip nie.
>>
>
> :) Dis nou cute! Ek sien egter nie waar jy iets aan my uitgel^e het nie
> - jy probeer net duck en dive omdat jy duidelik histeries gereageer het
> op die oorspronklike pos en geantwoord het sonder om te dink. Net soos
> die twee nou berugte broers van Stellenbosch.
>
>> Die kruks van die saak is dat DIE AFRIKANER op groot skaal binne en buite
>> Suid-Afrika besig is om die regering te probeer diskrediteer en in die
>> proses die land skade aanbring.
>
> Hmm - weereens maak jy beskuldigings wat heel omvangryk is. Kom ons kry
> bietjie 'n paar punte duidelik:
> 1) Wie is DIE AFRIKANER van wie jy praat?
> 2) Grootskaalse diskreditering - paar voorbeelde asb.
> 3) Al ooit gedink dat die hoax 'n grappie is wat sleg gebackfire op twee
> mense?

Ek vermoed die meeste waarskuwings teen virusse is ook 'n "hoax" en tien
teen een 'n metode om verkope van visruspakkette op te stoot.

Hoeveel ander snert ontvang mens nie per e-pos nie? Ek het baie
e-pos-gemors ontvang, onder andere vir selfone. Jy ontvang 'n gratis
selfoon indien jy die e-pos aan 'n sekere aantal mense stuur! Die tipe
e-pos "backfire" (Afrikaans: 'terugplof ' 'tru-knor' :))) ) nie op mense
nie.

> 4) Weet jy wat die woord veralgemening beteken.
>
>> DIT gaan oor die land waar jy nou woon, ek
>> binnekort weer sal woon, en waar ek vir my kinders 'n toekoms wil skep. ALLE
>> Afrikaners doen dit nie - dit is so duidelik soos daglig. Sommige dink wel
>> aan die toekoms.
>
> Duidelik is jou afrikaans besig om te versleg - as jy praat van DIE
> AFRIKANER sluit jy my en ander afrikaners in. As ek praat van die
> Kanadese sluit ek Gloudina en ander kanadese in. Verstaan jy my punt?
> Blykbaar nie! Net so is dit plein dom om die WTC aanval nou voor die
> deur van die moslems te l^e.
>
>>
>> As jy wil redeneer, doen dit, dan redeneer ek met graagte saam. As jy
>> vloermoere wil gooi, het ek geen verdere kommentaar nie.
>>
>
> So gedink, infantiele argument afsluiting - jy verloor dus ... 1 - 0 vir
> my.
>
> Bye.
Re: Wouter se takt en bedagsaamheid [boodskap #50374 is 'n antwoord op boodskap #50362] Wo, 19 September 2001 11:36 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

Sakkie wrote:

> Magtag Wouter, hoe kry jy dit reg. Dit is die soveelste keer wat jy met
> iemand verskil sonder om hul karakter aan te val, hul nasie aan te val of
> hul taal aan te val. Vertel ons ook jou geheim. Hier is baie deelnemers
> hier wat jou kurses dringend nodig het. :-))))))))

Praat jy van dieselfde Wouter wat gereeld vir mysê "Jou gat, my skat" ?

Gloudina
Re: Wouter se takt en bedagsaamheid [boodskap #50380 is 'n antwoord op boodskap #50362] Wo, 19 September 2001 12:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Sakkie[3]  is tans af-lyn  Sakkie[3]
Boodskappe: 488
Geregistreer: Mei 2001
Karma: 0
Senior Lid
Self 'n ware heer het sy perk.

skryf in boodskap news:3BA8846C.73001780@home.com...
Sakkie wrote:

> Magtag Wouter, hoe kry jy dit reg. Dit is die soveelste keer wat jy met
> iemand verskil sonder om hul karakter aan te val, hul nasie aan te val of
> hul taal aan te val. Vertel ons ook jou geheim. Hier is baie deelnemers
> hier wat jou kurses dringend nodig het. :-))))))))

Gloudina:
Praat jy van dieselfde Wouter wat gereeld vir mysê "Jou gat, my skat" ?
Re: Wouter se takt en bedagsaamheid [boodskap #50393 is 'n antwoord op boodskap #50380] Wo, 19 September 2001 14:19 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Wouter Plaasvark  is tans af-lyn  Wouter Plaasvark
Boodskappe: 1004
Geregistreer: Mei 2006
Karma: 0
Senior Lid
> Magtag Wouter, hoe kry jy dit reg. Dit is die soveelste keer wat jy met
> iemand verskil sonder om hul karakter aan te val, hul nasie aan te val of
> hul taal aan te val. Vertel ons ook jou geheim. Hier is baie deelnemers
> hier wat jou kursus dringend nodig het. :-))))))))

Gloudina:
Praat jy van dieselfde Wouter wat gereeld vir my sê "Jou gat, my skat" ?

Sakkie
Self 'n ware heer het sy perk.

Wouter
Bedoel jy dat ek die "my skat" sou weggelaat het as ek nie 'n heer was nie?
:-)
Re: Wouter se takt en bedagsaamheid [boodskap #50417 is 'n antwoord op boodskap #50393] Do, 20 September 2001 04:09 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Nou wie se skat het nie 'n gat nie?:)))
Annette

--
>> Magtag Wouter, hoe kry jy dit reg. Dit is die soveelste keer wat jy met
>> iemand verskil sonder om hul karakter aan te val, hul nasie aan te val of
>> hul taal aan te val. Vertel ons ook jou geheim. Hier is baie deelnemers
>> hier wat jou kursus dringend nodig het. :-))))))))
>
> Gloudina:
> Praat jy van dieselfde Wouter wat gereeld vir my sê "Jou gat, my skat" ?
>
> Sakkie
> Self 'n ware heer het sy perk.
>
> Wouter
> Bedoel jy dat ek die "my skat" sou weggelaat het as ek nie 'n heer was nie?
> :-)
>
Re: Hoax e-mail 2 broers in hegtenis [boodskap #50418 is 'n antwoord op boodskap #50359] Do, 20 September 2001 04:22 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Wouter, ek weet nie jong - die DA is mos ook 'n politieke party, en hulle
moes dus ook tog die regte eiertjie lê.
Wil jy my vertel dat die snare in die Reserwebank die storie geglo het?
Grote Griet!! G'n wonder hulle beskuldig die Conradies vir die verswakking
van die Rand nie! Moet ek nou begin bedenkinge begin hê oor die
redenasievermoë en intelligente afleidings van die Reserwebankmense?
Ek stem saam mense wat vals gerugte die wêreld instuur moet gestraf word -
ook sommer Gids se vriende .
Die feit bly staan dat die Conradies nou skielik die skuld kry dat die rand
( weereens) geval het daardie dag - dit sou in elk geval gebeur het dink ek.
Liewe Trevor het mos al eenkeer raadop verklaar hy weet nie hoekom die rand
nog steeds val nie - en toe -te wonderlik - 'n gekskeerdery is die oorsaak!.
Wat sal jy sê is die volle ekonomiese impak van daardie berig?
Annette

> "Annette"
> Ag nee wat Pop - groot gedruis oor niks - en net die wat wil politieke
> voordeel uit die storie trek gebruik dit as 'n lat.
> Dit is goed dat hulle uitgewys is - dit sal ander gekskeerders 'n bietjie
> laat dink - maar enige normale regdenkende mens kon sien dit was 'n grap.
> Nou praat hulle van 20 jaar tronkstraf vir die twee swape? Nie eers
> moordenaars en verkragters sit langer as 3 jaar nie .
>
> Wouter
> Ek verskil, Annette. Hulle boodskap het 'n skyn van oorpronklikheid gehad,
> wat die gemiddelde mens sal mislei. En daarna word dit as die waarheid
> oorvertel aan mense wat nie rede het om dit te betwyfel nie. Ek verstaan ook
> nie hoe enige party politieke voordeel hieruit kan trek nie. Die DA het
> byvoorbeel vir 'n swaar straf gevra, sou dit om politieke voordeel wees? Ek
> glo nie.
>
> Dis nie net 'n gedruis nie, ek verstaan hulle was onnosel genoeg om die
> boodskap direk aan die Reserwebank en ander markdeelnemers te stuur. Ek hoop
> hulle maak 'n voorbeeld van die twee en straf hulle so swaar as wat die wet
> toelaat, om te wys dat selfs 'n eerste oortreding ernstig is. Dus
> tronkstraf. 'n Boete of opgeskorte vonnis sou myns insiens onvanpas wees.
>
> Ek is egter nie so seker dat hulle misleiding so 'n groot sonde in die oë
> van die wet is nie. Dis bedrog, maar die skade is indirek. Ek hoop ons
> wette word opgeskerp om hierdie soort misleiding in die toekoms maklik te
> kan straf.
>
> CNN sou hulle seker in Amerika uit hulle geloof kan dagvaar, as hulle ooit
> daar sou uitkom.
>
Re: tronkstraf - doodstraf [boodskap #50419 is 'n antwoord op boodskap #50358] Do, 20 September 2001 04:24 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Ek dink nie jy gaan baie lank wag nie - prokureurs kan hier lees en jou wenk
tot hul voordeel toepas:))
Annette

--
> Ek wag vir die dag dat iemand appèl aanteken teen tronkstraf en vrygespreek
> word op grond van dat die staat nie sy veiligheid kan waarborg in die tronk
> nie.
>
> "Annette" wrote in message
> news:9o9jiv$boo5d$1@ID-92016.news.dfncis.de...
>> Sakkie - nou weet ons hoekom die doodstraf afgeskaf is - die arme mense in
>> die tronk kry 'n erger doodstraf.
>> Annette
>>
>>
>> ...
>>> Ek dag dan die doodstraf is afgeskaf
>>>
>>> "Shannon" wrote in message
>>> news:3ba84164.0@news1.mweb.co.za...
>>>> Ek sien juis hulle noem weer die vreeslike verhoging van
>>>> vigssterfgevalle in die gevangenisse. Weet nie of ek vaak was en
>> verkeerd
>>>> gelees het nie, maar hulle sê dit is op na 300%?
>>>>
>>>
>>
>
Re: Hoax e-mail 2 broers in hegtenis [boodskap #50420 is 'n antwoord op boodskap #50365] Do, 20 September 2001 04:26 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Max, moet nou nie die mense konfoes met somme nie:)))
300% klink mos indrukwekkend;)))
Annette

> Ja, elkeen gaan drie keer dood... Dit het seker net met 300% gestyg...
> _______________________________________________________
> "Shannon"
>> Weet nie of ek vaak was en verkeerd
>> gelees het nie, maar hulle sê dit is op na 300%?
>
Re: Hoax e-mail [boodskap #50426 is 'n antwoord op boodskap #50345] Do, 20 September 2001 06:26 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Lou  is tans af-lyn  Lou
Boodskappe: 436
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
Ja die ou dier het my mos daarvan beskuldig dat ek erge rassistiese
poste op die groep sou gepos het net nadat ek aangesluit het. Nooit
enige getuienis gebring nie - maar jy is reg - dit is soos 'n
skinderstorie - dit is onmoontlik om die teendeel te bewys. Sien
Gloudina is in daardie opsig net soos die twee Conradie's - lanseer 'n
gerug en sit dan terug om te sien wat gebeur.

Annette wrote:
>
> Lou, soos almal hier weet is ek diep bekommerd dat Gloudina so 'n lang
> geheue het:)))
> Die humor in die storie is natuurlik dat oor 'n jaar of 10 sal Gloudina
> nog steeds gereeld na die "vreeslike sonde" sal verwys, en geen siel sal
> weet waarvan sy praat nie.
> Om die waarheid te sê hoeveel siele hier ( op die nuusgroep) teenwoordig
> weet, of gee selfs om wat sy ( Goudina) te sê het oor wat tans hier ( in
> Suid Afrika) aangaan.
> (Die verduideliking is hakies is nie vir jou nie - maar ter verduideliking
> vir diegene wat doelbewus goed verkeerd lees):))
> Annette
>
Re: Hoax e-mail 2 broers in hegtenis [boodskap #50428 is 'n antwoord op boodskap #50418] Do, 20 September 2001 07:11 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Wouter Plaasvark  is tans af-lyn  Wouter Plaasvark
Boodskappe: 1004
Geregistreer: Mei 2006
Karma: 0
Senior Lid
Annette
Wil jy my vertel dat die snare in die Reserwebank die storie geglo het?

Wouter
Dit sal nie hulle oorwoë of amptelike posisie wees nie. Maar die valuta-mark
het klaarblyklik onmiddellik gereageer en dit sê dat 'n klomp handelaars by
groot banke (en dit kan die Reserwebank insluit) dit beslis geglo het.
Onthou ook dat al daardie banke takke of assosiate oorsee het en dat hulle
ook onmiddellik van enige markinligting voorsien word. Hulle sou nie rede
gehad het om dit te betwyfel nie

In die internasionale markte is daar nie tyd om alles te evalueer nie en 'n
handelaar het letterlik sekondes om te besluit of hy/sy op inligting gaan
reageer of nie, daarna het die prys beweeg en is die geleentheid verby.
Gerugte en nuus is volop in die markte, gewoonlik geskied dit telefonies en
omtrent nooit per e-pos nie. Daar is nooit tyd om allles (nuus en gerugte;
onthou dié een het na nuus gelyk) te ondersoek nie, die handelaars oorweeg
soms eerder waar dit vandaan kom. In dié geval van 'n ooglopend betroubare
bron (SA banke + CNN).

Annette
Grote Griet!! G'n wonder hulle beskuldig die Conradies vir die verswakking
van die Rand nie! Moet ek nou begin bedenkinge begin hê oor die
redenasievermoë en intelligente afleidings van die Reserwebankmense?

Wouter
Nee, daar is nie fout met hulle redenasievermoëns nie. Dis eerder jou
afleidings wat skeef is omdat jy blykbaar nie inligting het oor hoe die
markte funksioneer nie.

Annette
Die feit bly staan dat die Conradies nou skielik die skuld kry dat die rand
( weereens) geval het daardie dag - dit sou in elk geval gebeur het dink ek.

Wouter
'n Land wat sulke gerugte die wêreld vol stuur se reputasie (en sy
geldeenheid) sal noodwendig aangetas word, veral as hulle nie hard en vinnig
teen die grapjasse optree nie. Die berig sal noodwendig permanente skade tot
gevolg hê, die graad van die skade sal afhang van onder andere hoe hard en
effektief daar opgetree word. Dis dus billik om die Conradies skuld te gee
vir 'n daling in die Rand se waarde.

Annette
Wat sal jy sê is die volle ekonomiese impak van daardie berig?

Wouter
Ek dink nie dis so erg nie, maar dis onmoontlik om te bepaal. Markte beweeg
op sentiment, wat nie presies gemeet kan word nie. Dit sal ook afhang van
die optrede teen die Conradies. As die boodskap is dat dit maar orraait is
om sulke grappe te maak, kan ons piesangrepubliekstatus kry. Ontwikkelde
lande laat nie so iets toe nie, die strawwe daarteen is drakonies.

Dis hoekom ek hoop dat hulle die twee met al die mag van die wet gaan slaan.
Dit pla my dat hulle (voorlopig) net van sabotasie aangekla word. Ek raai
sabotasie is moeilik om te bewys, selfs vergesog. 'n Bedrogklag is
waarskynlik makliker om te bewys. Maar die weë van die wet is vir my maar
duister.
Re: Wouter se takt en bedagsaamheid [boodskap #50432 is 'n antwoord op boodskap #50393] Do, 20 September 2001 07:31 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Sakkie[3]  is tans af-lyn  Sakkie[3]
Boodskappe: 488
Geregistreer: Mei 2001
Karma: 0
Senior Lid
grin>> Ek kan aan 'n hele paar ander maniere dink om iemand te vertel ek
stem nie saam nie. :-))))

"Wouter Plaasvark" skryf in boodskap news:3ba8b440.0@news1.mweb.co.za...
>> Magtag Wouter, hoe kry jy dit reg. Dit is die soveelste keer wat jy met
>> iemand verskil sonder om hul karakter aan te val, hul nasie aan te val of
>> hul taal aan te val. Vertel ons ook jou geheim. Hier is baie deelnemers
>> hier wat jou kursus dringend nodig het. :-))))))))
>
> Gloudina:
> Praat jy van dieselfde Wouter wat gereeld vir my sê "Jou gat, my skat" ?
>
> Sakkie
> Self 'n ware heer het sy perk.
>
> Wouter
> Bedoel jy dat ek die "my skat" sou weggelaat het as ek nie 'n heer was nie?
> :-)
>
Re: tronkstraf - doodstraf [boodskap #50434 is 'n antwoord op boodskap #50419] Do, 20 September 2001 07:34 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Sakkie[3]  is tans af-lyn  Sakkie[3]
Boodskappe: 488
Geregistreer: Mei 2001
Karma: 0
Senior Lid
Kan prokureurs lees!!!

"Annette" skryf in boodskap news:9obrj7$c78se$5@ID-92016.news.dfncis.de...
> Ek dink nie jy gaan baie lank wag nie - prokureurs kan hier lees en jou wenk
> tot hul voordeel toepas:))
> Annette
>
>
> --
>> Ek wag vir die dag dat iemand appèl aanteken teen tronkstraf en
> vrygespreek
>> word op grond van dat die staat nie sy veiligheid kan waarborg in die
> tronk
>> nie.
>>
>> "Annette" wrote in message
>> news:9o9jiv$boo5d$1@ID-92016.news.dfncis.de...
>>> Sakkie - nou weet ons hoekom die doodstraf afgeskaf is - die arme
mense
> in
>>> die tronk kry 'n erger doodstraf.
>>> Annette
>>>
>>>
>>> ...
>>>> Ek dag dan die doodstraf is afgeskaf
>>>>
>>>> "Shannon" wrote in message
>>>> news:3ba84164.0@news1.mweb.co.za...
>>>> > Ek sien juis hulle noem weer die vreeslike verhoging van
>>>> > vigssterfgevalle in die gevangenisse. Weet nie of ek vaak was en
>>> verkeerd
>>>> > gelees het nie, maar hulle sê dit is op na 300%?
>>>> >
>>>>
>>>
>>
>
Re: tronkstraf - doodstraf [boodskap #50470 is 'n antwoord op boodskap #50434] Do, 20 September 2001 17:52 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
O Ja - veral die fynskrif - na die tyd:))
Annette

> Kan prokureurs lees!!!
>
> "Annette" wrote in message
> news:9obrj7$c78se$5@ID-92016.news.dfncis.de...
>> Ek dink nie jy gaan baie lank wag nie - prokureurs kan hier lees en jou
> wenk
>> tot hul voordeel toepas:))
>> Annette
>>
>>
>> --
>>> Ek wag vir die dag dat iemand appèl aanteken teen tronkstraf en
>> vrygespreek
>>> word op grond van dat die staat nie sy veiligheid kan waarborg in die
>> tronk
>>> nie.
>>>
>>> "Annette" wrote in message
>>> news:9o9jiv$boo5d$1@ID-92016.news.dfncis.de...
>>>> Sakkie - nou weet ons hoekom die doodstraf afgeskaf is - die arme
> mense
>> in
>>>> die tronk kry 'n erger doodstraf.
>>>> Annette
>>>>
>>>>
>>>> ...
>>>> > Ek dag dan die doodstraf is afgeskaf
>>>> >
>>>> > "Shannon" wrote in message
>>>> > news:3ba84164.0@news1.mweb.co.za...
>>>> > > Ek sien juis hulle noem weer die vreeslike verhoging van
>>>> > > vigssterfgevalle in die gevangenisse. Weet nie of ek vaak was en
>>>> verkeerd
>>>> > > gelees het nie, maar hulle sê dit is op na 300%?
>>>> > >
>>>> >
>>>> >
>>>> >
>>>>
>>>
>>
>
Re: Hoax e-mail 2 broers in hegtenis [boodskap #50482 is 'n antwoord op boodskap #50359] Do, 20 September 2001 20:21 Na vorige boodskapna volgende boodskap
davie davis[1]  is tans af-lyn  davie davis[1]
Boodskappe: 696
Geregistreer: Maart 2001
Karma: 0
Senior Lid
> ...................................... Die DA het
> byvoorbeel vir 'n swaar straf gevra, sou dit om politieke voordeel wees? Ek
> glo nie.
.............................
...........................
.........................
> Dus
> tronkstraf. 'n Boete of opgeskorte vonnis sou myns insiens onvanpas wees.
>

Ja'a..., ek is ook ietwat ontevrede met die manne
maar om heel ander redes as heelwat (maar nie almal natuurlik!)
van julle.
Die enigste wat ek teen hulle het is dat hulle nie van 'n Internet
Kafee gebruik gemaak het nie.

(toe Ferdi, hardloop voor die paadjie vol dorings word!)

DD
Re: Hoax e-mail 2 broers in hegtenis [boodskap #50503 is 'n antwoord op boodskap #50428] Vr, 21 September 2001 03:59 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Ja dankie Wouter, ek het 'n taamlike goeie idee van hoe die markte
funksioneer - ons weet mos - as iemand iewers nies dan het dit 'n negatiewe
invloed:))
'n Baie pessimistiese en negatiewe lot - hulle reageer mos altyd heftiger
en flinker op slegte nuus as op goeie nuus:)) - Toemaar - ons verstaan
waarom.
Ek het ook 'n probleem gehad van die begin af met die sabotasieaanklag.
Maar, weereens, ek stem met jou - ek is bly hulle is vasgetrek - al is dit
net om te help keer dat die stouterds hul pogings die wêreld instuur.
Annette

--
>
> Annette
> Wat sal jy sê is die volle ekonomiese impak van daardie berig?
>
> Wouter
> Ek dink nie dis so erg nie, maar dis onmoontlik om te bepaal. Markte beweeg
> op sentiment, wat nie presies gemeet kan word nie. Dit sal ook afhang van
> die optrede teen die Conradies. As die boodskap is dat dit maar orraait is
> om sulke grappe te maak, kan ons piesangrepubliekstatus kry. Ontwikkelde
> lande laat nie so iets toe nie, die strawwe daarteen is drakonies.
>
> Dis hoekom ek hoop dat hulle die twee met al die mag van die wet gaan slaan.
> Dit pla my dat hulle (voorlopig) net van sabotasie aangekla word. Ek raai
> sabotasie is moeilik om te bewys, selfs vergesog. 'n Bedrogklag is
> waarskynlik makliker om te bewys. Maar die weë van die wet is vir my maar
> duister.
>
Re: tronkstraf - doodstraf [boodskap #50505 is 'n antwoord op boodskap #50470] Vr, 21 September 2001 06:05 Na vorige boodskap
Sakkie[3]  is tans af-lyn  Sakkie[3]
Boodskappe: 488
Geregistreer: Mei 2001
Karma: 0
Senior Lid
Skerp Annette

"Annette" skryf in boodskap news:9odb0s$cggi4$1@ID-92016.news.dfncis.de...
> O Ja - veral die fynskrif - na die tyd:))
> Annette
>
>
>> Kan prokureurs lees!!!
>>
>> "Annette" wrote in message
>> news:9obrj7$c78se$5@ID-92016.news.dfncis.de...
>>> Ek dink nie jy gaan baie lank wag nie - prokureurs kan hier lees en
jou
>> wenk
>>> tot hul voordeel toepas:))
>>> Annette
>>>
>>>
>>> --
>>>> Ek wag vir die dag dat iemand appèl aanteken teen tronkstraf en
>>> vrygespreek
>>>> word op grond van dat die staat nie sy veiligheid kan waarborg in
die
>>> tronk
>>>> nie.
>>>>
>>>> "Annette" wrote in message
>>>> news:9o9jiv$boo5d$1@ID-92016.news.dfncis.de...
>>>> > Sakkie - nou weet ons hoekom die doodstraf afgeskaf is - die arme
>> mense
>>> in
>>>> > die tronk kry 'n erger doodstraf.
>>>> > Annette
>>>> >
>>>> >
>>>> > ...
>>>> > > Ek dag dan die doodstraf is afgeskaf
>>>> > >
>>>> > > "Shannon" wrote in message
>>>> > > news:3ba84164.0@news1.mweb.co.za...
>>>> > > > Ek sien juis hulle noem weer die vreeslike verhoging van
>>>> > > > vigssterfgevalle in die gevangenisse. Weet nie of ek vaak was
> en
>>>> > verkeerd
>>>> > > > gelees het nie, maar hulle sê dit is op na 300%?
>>>> > > >
>>>> > >
>>>> > >
>>>> > >
>>>> >
>>>> >
>>>>
>>>
>>
>
Vorige onderwerp: :-© :-®
Volgende onderwerp: New 10-digit dialling procedure to be introduced this month
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Mei 05 11:09:51 MGT 2024