Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Wat dink julle?
Wat dink julle? [boodskap #50367] Wo, 19 September 2001 10:22 na volgende boodskap
Spook  is tans af-lyn  Spook
Boodskappe: 76
Geregistreer: Augustus 2001
Karma: 0
Volle Lid
Ek het hierdie berig uit die burger gekry, wat dink julle, soek die VSA net
'n verskoning vir oorlog, want volgens die berig, al word Bin Laden
uitgelewer sal Amerika nogsteeds moontlike aanvalle loods.

Groete

Spook

Avert misunderstanding by calm, poise, and balance.

____________________________________________________________ _______
VSA en vennote beraam strategie
PIERRE STEYN
WASHINGTON. - Amerika sal nie sy beplande vergeldingsaanvalle op terroriste
laat vaar nie, al sou die Taliban vandag in Afganistan besluit om Osama bin
Laden aan die Amerikaners uit te lewer.

Die Taliban het 'n Moslemraad byeengeroep om die Amerikaanse eise te
oorweeg, maar daar is nie veel hoop dat hulle Bin Laden sal uitle wer nie.

Afganistan se minister van inligting, mnr. Koedtroetallah Jamal, het gesê sy
land sal hom nie by enigeen skaar wat vir die aanval verantwoordelik was
nie - "nóg Osama bin Laden nóg iemand anders".

Duisende Afgane vlug steeds na Pakistan voor 'n moontlike aanval. Hulle word
in haglike omstandighede in vlugtelingekampe gehuisves.

Pakistan se leier, genl. Pervez Musharraf, het gesê hy sal die volk vandag
oor televisie toespreek in die lig van die opbouende spanning in die streek
en vrese oor 'n moontlike aanval op die buurland Afganistan.

Die Saoedi-Arabiese multimiljoenêr Bin Laden, wat die afgelope drie jaar in
Afganistan skuil, word van verlede week se lugaanvalle op die World Trade
Center in New York en die Pentagon in Washington verdink.

Intussen het wêreldleiers in Amerika se hoofstad begin aankom om die land se
oorlog teen terrorisme, en hul eie lande se rol daarin, met pres. George W.
Bush te bespreek.

Mnr. Donald Rumsfeld, Amerika se minister van verdediging, het in die
Pentagon gesê die uitlewering van Bin Laden sal die eerste stap wees.

Maar die probleem van terrorisme is veel groter as net een mens, het hy
gesê.

Die terreurnetwerk Al-Qa'eda onder Bin Laden se leiding het selle in meer as
50 lande, waaronder Amerika. Rumsfeld het Amerikaners gewaarsku dat nog
terroriste-aanvalle in Amerika verwag kan word.

Die beste verdedigingstaktiek teen terrorisme is om aan te val, het hy gesê.

"Ons sal die moeras moet dreineer waarin hulle floreer."

Die Pentagon het die laaste paar dae geen inligting oor die mobilisering van
sy militêre magte, spesifiek sy spesiale magte, bekend gemaak nie.

Rumsfeld het gesê die Amerikaners sal nie bewyse van Bin Laden se
betrokkenheid by die aanvalle aan frontliniestate om Afganistan bekend maak
nie.

Hy wou hom nie uitlaat oor of Amerika al vasgestel het of spesifieke lande
die terroriste ondersteun het nie. Bush het ná die aanvalle bekend gemaak
dat lande wat 'n veilige hawe aan terroriste bied, nie gespaar sal word nie.

Op Wall Street het die markte ná eergister se skerp dalings gestabiliseer;
iets wat hier deur markontleders as die "stilte ná die storm" bestempel is.

Die kongres en die Bush-administrasie oorweeg veral hoe hulle Amerikaanse
lugdienste van bankrotskap kan red.
Re: Wat dink julle? [boodskap #50386 is 'n antwoord op boodskap #50367] Wo, 19 September 2001 13:19 Na vorige boodskapna volgende boodskap
boer...  is tans af-lyn  boer...
Boodskappe: 191
Geregistreer: Mei 2000
Karma: 0
Senior Lid
Ja,ek dink tog Amerika wil graag oorlog maak,dit is nou alreeds 'n gruime tyd
sedert die golf oorlog en daar is sekerlik nuwe wapentuig wat uitgetoets moet
word.

Verder sit Bush nogal met 'n probleem nadat hy die Amerikaanse volk dan so
plegtig belowe het dat hy sal terugslaan,hy moet sy beloftes nakom.

Ons moet ook nie vergeet dat die Amerikaners met hulle beheptheid as
"selfaangestelde polisie " van die wêreld hulle self sal wil laat geld nie,en
hoe durf enige iemand dan teen die onaantasbares optree. - Nie dat ek dit
enigsins goedpraat nie.

"Spook®" wrote:

> Ek het hierdie berig uit die burger gekry, wat dink julle, soek die VSA net
> 'n verskoning vir oorlog, want volgens die berig, al word Bin Laden
> uitgelewer sal Amerika nogsteeds moontlike aanvalle loods.
>
> Groete
>
> Spook
>
> Avert misunderstanding by calm, poise, and balance.
>
> ____________________________________________________________ _______
> VSA en vennote beraam strategie
> PIERRE STEYN
> WASHINGTON. - Amerika sal nie sy beplande vergeldingsaanvalle op terroriste
> laat vaar nie, al sou die Taliban vandag in Afganistan besluit om Osama bin
> Laden aan die Amerikaners uit te lewer.
>
> Die Taliban het 'n Moslemraad byeengeroep om die Amerikaanse eise te
> oorweeg, maar daar is nie veel hoop dat hulle Bin Laden sal uitle wer nie.
>
> Afganistan se minister van inligting, mnr. Koedtroetallah Jamal, het gesê sy
> land sal hom nie by enigeen skaar wat vir die aanval verantwoordelik was
> nie - "nóg Osama bin Laden nóg iemand anders".
>
> Duisende Afgane vlug steeds na Pakistan voor 'n moontlike aanval. Hulle word
> in haglike omstandighede in vlugtelingekampe gehuisves.
>
> Pakistan se leier, genl. Pervez Musharraf, het gesê hy sal die volk vandag
> oor televisie toespreek in die lig van die opbouende spanning in die streek
> en vrese oor 'n moontlike aanval op die buurland Afganistan.
>
> Die Saoedi-Arabiese multimiljoenêr Bin Laden, wat die afgelope drie jaar in
> Afganistan skuil, word van verlede week se lugaanvalle op die World Trade
> Center in New York en die Pentagon in Washington verdink.
>
> Intussen het wêreldleiers in Amerika se hoofstad begin aankom om die land se
> oorlog teen terrorisme, en hul eie lande se rol daarin, met pres. George W.
> Bush te bespreek.
>
> Mnr. Donald Rumsfeld, Amerika se minister van verdediging, het in die
> Pentagon gesê die uitlewering van Bin Laden sal die eerste stap wees.
>
> Maar die probleem van terrorisme is veel groter as net een mens, het hy
> gesê.
>
> Die terreurnetwerk Al-Qa'eda onder Bin Laden se leiding het selle in meer as
> 50 lande, waaronder Amerika. Rumsfeld het Amerikaners gewaarsku dat nog
> terroriste-aanvalle in Amerika verwag kan word.
>
> Die beste verdedigingstaktiek teen terrorisme is om aan te val, het hy gesê.
>
> "Ons sal die moeras moet dreineer waarin hulle floreer."
>
> Die Pentagon het die laaste paar dae geen inligting oor die mobilisering van
> sy militêre magte, spesifiek sy spesiale magte, bekend gemaak nie.
>
> Rumsfeld het gesê die Amerikaners sal nie bewyse van Bin Laden se
> betrokkenheid by die aanvalle aan frontliniestate om Afganistan bekend maak
> nie.
>
> Hy wou hom nie uitlaat oor of Amerika al vasgestel het of spesifieke lande
> die terroriste ondersteun het nie. Bush het ná die aanvalle bekend gemaak
> dat lande wat 'n veilige hawe aan terroriste bied, nie gespaar sal word nie.
>
> Op Wall Street het die markte ná eergister se skerp dalings gestabiliseer;
> iets wat hier deur markontleders as die "stilte ná die storm" bestempel is.
>
> Die kongres en die Bush-administrasie oorweeg veral hoe hulle Amerikaanse
> lugdienste van bankrotskap kan red.
Re: Wat dink julle? [boodskap #50390 is 'n antwoord op boodskap #50386] Wo, 19 September 2001 14:07 Na vorige boodskapna volgende boodskap
T de Wet  is tans af-lyn  T de Wet
Boodskappe: 446
Geregistreer: April 2000
Karma: 0
Senior Lid
Hulle sal maar hel versigtig moey wees. Netnou is hulle ook soos die hond
wat toe die kar gevang het...

Thys oppie Bos
wrote in message
news:3BA89B63.CA6CDAF1@eskom.co.za...
> Ja,ek dink tog Amerika wil graag oorlog maak,dit is nou alreeds 'n gruime tyd
> sedert die golf oorlog en daar is sekerlik nuwe wapentuig wat uitgetoets moet
> word.
>
> Verder sit Bush nogal met 'n probleem nadat hy die Amerikaanse volk dan so
> plegtig belowe het dat hy sal terugslaan,hy moet sy beloftes nakom.
Re: Wat dink julle? [boodskap #50453 is 'n antwoord op boodskap #50390] Do, 20 September 2001 13:07 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Jonas  is tans af-lyn  Jonas
Boodskappe: 1070
Geregistreer: September 2001
Karma: 0
Senior Lid
Ek was onlangs verbaas gewees hoe maklik ek 'n kopie van Sun Tzu se "Art of
War" van winmx kon kry - nogal verniet. 'n Ruk terug was die boek so skaars
soos hoendertanne. Die grondslag van terrorisme word daarin uiteengesit. (So
'n eeu of twee voor Christus.)
Die VSA moet hulle handleidings van die Vietnamese oorlog weer opgrawe.

"Thys de Wet" skryf in boodskap news:9oa8n1$gcg$1@news.adamastor.ac.za...
> Hulle sal maar hel versigtig moey wees. Netnou is hulle ook soos die hond
> wat toe die kar gevang het...
>
> Thys oppie Bos
> wrote in message
> news:3BA89B63.CA6CDAF1@eskom.co.za...
>> Ja,ek dink tog Amerika wil graag oorlog maak,dit is nou alreeds 'n
gruime
> tyd
>> sedert die golf oorlog en daar is sekerlik nuwe wapentuig wat
uitgetoets
> moet
>> word.
>>
>> Verder sit Bush nogal met 'n probleem nadat hy die Amerikaanse volk dan so
>> plegtig belowe het dat hy sal terugslaan,hy moet sy beloftes nakom.
>
Grondslag van terrorisme [boodskap #50627 is 'n antwoord op boodskap #50453] So, 23 September 2001 19:03 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Danielle  is tans af-lyn  Danielle
Boodskappe: 157
Geregistreer: Desember 2000
Karma: 0
Senior Lid
On Thu, 20 Sep 2001 15:07:34 +0200, "Jonas" wrote:

> Ek was onlangs verbaas gewees hoe maklik ek 'n kopie van Sun Tzu se "Art of
> War" van winmx kon kry - nogal verniet. 'n Ruk terug was die boek so skaars
> soos hoendertanne. Die grondslag van terrorisme word daarin uiteengesit. (So
> 'n eeu of twee voor Christus.)

Sjoe, saggies met jou oordeel van AOW, Jonas. Sun Tzu se werke word
al baie jare bestudeer deur studente oral in die wereld. Dit is 'n
baie interessante werk - die 5 konstantes is 'n baie bekende konsep.
Daar was dan selfs so 3rd rate fliek gemaak oor die boek so paar jaar
gelede.
Jy kan die "grondslag van terrorisme" ook kry in die Torah, Bybel en
Koran.
Re: Grondslag van terrorisme [boodskap #50643 is 'n antwoord op boodskap #50627] Ma, 24 September 2001 05:14 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Vusi  is tans af-lyn  Vusi
Boodskappe: 2212
Geregistreer: Februarie 2001
Karma: 0
Senior Lid
Jammer Danielle - ek vra om verskoning - ek weet nie hoekom nie ?

"Danielle" skryf in boodskap news:5iasqt0ecsqm9p7h4hpvavcg3okjduct5a@4ax.com...
> On Thu, 20 Sep 2001 15:07:34 +0200, "Jonas"
> wrote:
>
>> Ek was onlangs verbaas gewees hoe maklik ek 'n kopie van Sun Tzu se "Art of
>> War" van winmx kon kry - nogal verniet. 'n Ruk terug was die boek so skaars
>> soos hoendertanne. Die grondslag van terrorisme word daarin uiteengesit. (So
>> 'n eeu of twee voor Christus.)
>
> Sjoe, saggies met jou oordeel van AOW, Jonas. Sun Tzu se werke word
> al baie jare bestudeer deur studente oral in die wereld. Dit is 'n
> baie interessante werk - die 5 konstantes is 'n baie bekende konsep.
> Daar was dan selfs so 3rd rate fliek gemaak oor die boek so paar jaar
> gelede.
> Jy kan die "grondslag van terrorisme" ook kry in die Torah, Bybel en
> Koran.
>
Re: Grondslag van terrorisme [boodskap #50693 is 'n antwoord op boodskap #50627] Di, 25 September 2001 06:30 Na vorige boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Laat my dink aan die grappie van Maaik in London - wat by 'n katolieke kerk
inloer om te kyk hoe dit daar lyk, en hoor hoe iemand aan iemand anders bieg
dat sy gesondig het, en by navraag bieg dat sy twee keer owerspel gepleeg
het. Die ander stem sê toe sy moet 87 pond betaal, en haar sondes is
vergewe.
Maaik dink toe dis 'n wonnerlike idee om geld te maak, en terug in SA praat
hy vir Kallie en Jimmy om om saam met hom 'n kerk te bou met 'n klein
houtkamertjie met gordynjies binne.
Maaik is toe aan diens toe 'n dame inkom en haar sondes bely, en sy erken
toe ook by navraag sat sy owerspel gepleeg het - een keer.
Die som was 'n bietjie swaar vir Maaik, en hy sê toe sy moet R87 betaal, en
dat sy moet onthou die kerk skuld haar een owerspel:)))
Annette

--
Groetnis,
> wrote:
>
>> Jammer Danielle - ek vra om verskoning - ek weet nie hoekom nie ?
>
> Ek aanvaar jou verskoning Vusi - weet ook nie hoekom of vir wat
> nie, maar dis okay, hoor. :-))))
> Nou het jy krediet by my - jy kan my lekker uittrap en uitskel - net
> EEN keer! :-)))
>
Vorige onderwerp: 'n Fees van 'n Fees
Volgende onderwerp: Re: Pagad & Gaddafi ...
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Mei 17 15:43:55 MGT 2024