Afrikaner of nie? [boodskap #50296] |
Tue, 18 September 2001 11:55 ![na volgende boodskap na volgende boodskap](/theme/default/images/down.png) |
Sakkie[3]
Boodskappe: 488 Geregistreer: May 2001
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Na gelang van Lou en gloudina se lang bespreking oor Gids wonder ek nou.
(die g was nie 'n ongeluk nie:))))
Hoe lank nadat jy weg is sien mens jouself as deel van 'n groep voordat jy
deel van die nuwe groep is. Ek self is in Beaufort-Wes gebore en het in
Kaapstad grootgeword. Dit maak my 'n Kapenaar. Sedertdien het ek langer in
die Transvaal gebly as in die Kaap. Maak dit my nou 'n Trônsvôler. Ek bly
nou weer meer as twee jaar in 'Toti en........
Die vraag bly. Hoe lank kan ek myself nog as 'n Afrikaner beskou as ek nie
meer in Suid-Afrika is nie.
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Re: Afrikaner of nie? [boodskap #50319 is 'n antwoord op boodskap #50296] |
Tue, 18 September 2001 16:33 ![Na vorige boodskap Na vorige boodskap](/theme/default/images/up.png) ![na volgende boodskap na volgende boodskap](/theme/default/images/down.png) |
|
Oorspronklik gepos deur: @home.com
Sakkie wrote:
> Hoe lank nadat jy weg is sien mens jouself as deel van 'n groep voordat jy
> deel van die nuwe groep is.
>
> Die vraag bly. Hoe lank kan ek myself nog as 'n Afrikaner beskou as ek nie
> meer in Suid-Afrika is nie.
Mens moet nie alles in wit en swart wil sien nie. Dit is nie 'n
óf...óf situasie nie. ( Behalwe miskien vir daardie mense wat
sê uit SA gegaan het omdat hulle nie van die nuwe SA hou nie,
en nou desperaat probeer verduidelik hoe kanadees of
amerikaans of australies hulle is.)
Ek is totaal in Kanada ingeburger en is intens lief vir die hele
Noord-Amerika ( veral die noord-oostelike deel van die
vasteland . Ek is so lief vir New York en Boston as wat
ek vir Montreal en Toronto is.) MAAR dit neem nie weg van
die feit dat sekere dele van SA intiem aan my "behoort" nie,
en tot my dooddag aan my sal "behoort." Ek ken miskien beter
as enigiemand op hierdie nuusgroep die eilande van die benede
Oranje en die lewe in die bulte langs die rivier se loop. Hoeveel
van julle weet hoe lyk 'n Oranje-Rivier lelie?
Buitendien bly al die lede van my familie nog in Suid-Afrika.
Ek is intiem met hulle in aanraking, in sommige gevalle omtrent
elke dag. Enigiemand wat vir my wil kom sê dat ek nie deel in
Suid-Afrika het nie, of nie mag hê nie, praat onsin. Bowendien
voel ek my één met die algemene kultuur in SA op die oomblik
op 'n manier wat nie voor 1994 moontlik was nie.
So, in my geval is dit nie lojaliteit aan óf Noord-Amerika óf
Suid-Afrika nie, maar beide Noord-Amerika én Suid-Afrika. Wat
'n weelde.
Gloudina
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Re: Afrikaner of nie? [boodskap #50349 is 'n antwoord op boodskap #50341] |
Wed, 19 September 2001 07:00 ![Na vorige boodskap Na vorige boodskap](/theme/default/images/up.png) ![na volgende boodskap na volgende boodskap](/theme/default/images/down.png) |
Sakkie[3]
Boodskappe: 488 Geregistreer: May 2001
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Gits Gids, ek glo nie hier is meer iemand wat hom/haarself vereenselwig met
die (haal aan)"Laertrekkende, Nasionalistiese, Konserwatiewe, rassistiese
"Afrikaner" nie." Behalwe Frikkie miskien:-)))) . Nee jong, by vér die
oorgrote meerderheid van ons "Suid-Afrikaanse Afrikaners" is donkiejare
gelede verby daardie stadium. Daar is net 'n onvermoeie by die buitewêreld
om dit raak te sien. Miskien wél hulle dit nie sien nie. Wanneer almal dit
eendag raaksien, het ons regering nie meer die "as a result of the apartheid
regime" om agter weg te kruip nie. '94 tot nou is net SEWENTIEN JAAR. Hoe
kan 'n ou nou verwag om die vrugte van veranderinge te sien in so 'n kort
tydjie. Die rykes word nog altyd ryker, die armes word nog altyd armer,
mense in magsposisies misbruik dit nog altyd, bedrog vier nog altyd
hooggety(miskien nou meer as ooit tevore)
Nog 'n ding, die Nationaliste sal jou hang as hulle hoor jy noem hulle
Konserwatief :-))))
"Gids" skryf in boodskap news:EzVp7.73349$U31.9240330@zwoll1.home.nl...
>
> "Sakkie" schreef in bericht
> news:3ba735ce$0$233@hades.is.co.za...
>
>>
>> Die vraag bly. Hoe lank kan ek myself nog as 'n Afrikaner beskou as ek
> nie
>> meer in Suid-Afrika is nie.
>>
> Heel eenvoudig, Sakkie. Dit is so lank jy jouself beskou as 'n Afrikaner ;)
> Ek kon my vanaf kindsdae nie vereenselwig met die
> Laertrekkende, Nasionalistiese, Konserwatiewe, rassistiese "Afrikaner" nie.
>
> Ek beskou enige Afrikaanssprekende as my broer. Ek deel my
> Afrikaanse kultuur met Swart, bruin en witmense in Suid-Afrika en in die res
> van die wêreld.
>
> Maar ek is ook 'n Suid-Afrikaner...
>
>
> -Gids-
>>
>
|
|
|
|
|
|
|
Re: Sewe maer jare? [boodskap #50372 is 'n antwoord op boodskap #50357] |
Wed, 19 September 2001 11:32 ![Na vorige boodskap Na vorige boodskap](/theme/default/images/up.png) ![na volgende boodskap na volgende boodskap](/theme/default/images/down.png) |
|
Oorspronklik gepos deur: @home.com
Wouter Plaasvark wrote:
> "Sakkie" '94 tot nou is net SEWENTIEN JAAR.
>
> Wouter: Regtig, Sakkie?
Ja, Wouter, dis wanneer jy thewe thakke thoutsal moet op-eet.
Gloudina
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Re: Afrikaner of nie? [boodskap #50446 is 'n antwoord op boodskap #50429] |
Thu, 20 September 2001 10:09 ![Na vorige boodskap Na vorige boodskap](/theme/default/images/up.png) |
Max
Boodskappe: 1496 Geregistreer: February 2004
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Ek ken suid sotho beter as noord sotho.
Dan vra ons "le kae?" (hoe gaan dit?)
______________________________________________________
"Sakkie" <
> Noord-Sotho, en ek het jou probeer uitvang.
> Dit moes gelees het:
> Wena o mang Max? Hoe gaan dit met jou Max.
> Nna ki gona, wena o mang? Dit gaan goed, hoe gaan dit met jou
> Wena o agile kai? Waar woon jy
>
> Die probleem is dat jy nie op 'n nuusgroep 'n gesprek kan voer in baie van
> die swart tale nie. Om die nodige respek te betoon teenoor die ou met wie
> jy praat gaan dae neem voor dat jy by 'n gesprek gaan uitkom. Heeltemal te
> veel oor en weer gegroetery.
>
> En dit voltrek ons N-Sotho klas vir die dag. Ek het nie in baie jare kontak
> gehad met die mense nie. Ernstig verroes.
>
> "Max" skryf in boodskap news:9oacl9$1eu$1@azure.nl.gxn.net...
>> Jy het my! Ek's nie baie sterk met die ander 9 tale nie!
>> ___________________________________________________________
>> "Sakkie"
>>> Nna ki gona Max?
>>> Wena o agile kai (ek spel dit maar soos ek dit sê)
>>>
>>> "Max"
>>>> Ke tla roba segwete ya gago.
>>>>
>>>> Die spelling is sekerlik verkeerd, maar dit is Sotho vir "Ek gaan
>> jou
>>> wortel
>>>> afbreek"
>>>>
>>>> As ek vinnig vra "Watse kak is dit hierdie" verstaan hulle my ook
>> nie!
>>>> _______________________________________________________
>>>> "Sakkie"
>>>> > Jy sal maar moet Zoeloe probeer Max :-)))))
>>>> >
>>>> > "Max"
>>>> > > Die probleem as jy dit in Nederland doen, is dat hulle die
>> verkeerde
>>>> > woorde
>>>> > > verstaan as heel ander betekenis as wat jy dit bedoel. As jy
>> verstaan
>>>> wat
>>>> > ek
>>>> > > bedoel...
>>>> > >
>>>> > > Hier mag jy nie sê dat jy jou kind gaan neuk nie. Jy mag wel sê
>> dat jy
>>>> hom
>>>> > > op sy kont gaan slaan... Heel erg konfusing!
>>>> > > ______________________________________________________
>>>> > > "Sakkie"
>>>> > > > Om iemand te kan uittrap in 'n taal wat hy nie verstaan nie
>> het sy
>>>> > > voordele.
>>>> > > > Al verstaan die ontvanger nie wat jy sê nie, verstaan hy die
>> lyftaal
>>>> > baie
>>>> > > > goed en daar is nie die lastigheid van "hy't dit gesê" nie.
>>>> > > >
>>>> > > > "Max" wrote in message
>>>> > news:9o9t1o$qr7$1@azure.nl.gxn.net...
>>>> > > > > So 'n skuif kan ook van 'n ekstrovert 'n introvert maak.
>> Veral as
>>> jy
>>>> > nie
>>>> > > > die
>>>> > > > > taal goed kan beheers nie...
>>>> > > >
>>>> > > >
>>>> > > >
>>>> > >
>>>> > >
>>>> >
>>>> >
>>>>
>>>
>>
>
|
|
|