Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Vandag se nuus ( eintlik al Sondag)
Vandag se nuus ( eintlik al Sondag) [boodskap #49942] Di, 11 September 2001 07:39 na volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Die "pickup trucks" het nog al die jare 'n skrikbewind gevoer op die paaie,
daar was al selfs 'n snaakse advertensie daaroor, maar verlede Saterdag het
die verwagte tragedie uiteindelik gebeur.
Daar was 'n redelike ligte ongeluk in Athlone.
Twee van die lorrietjies - van dieselfde firma nogal ( Galaxy) jaag toe
soontoe - en bots in die motors wat in die ongeluk was. Waar daar
oorspronklik net mense met ligte en geen beserings was nie, is daar toe 3
van die oorspronklike ongeluk dood.
NOU moet daar skielik 'n oorkoepelende vereeniging gestig word!!
Dit na jare van briewe aan koerante, munisipaliteit en
verteenwoordigers van besorgde mense wat waarsku teen die padgebruik van
hierdie mense.

Ek self het al 'n eienaardige ondervinding met hierdie mense gehad.
By die Bellville/Durbanville afrit staan daar gereeld nooit minder as 3 van
hierdie voertuie wat wag op 'n ongeluk nie.
Een oggend toe ek inry, skyn daar skielik 'n verblindende straal sonskyn in
my oë. Genadiglik was daar geen voertuig naby my nie - want anders sou ek in
iemand vasgery, of iemand sou in my vasgery het- mens kon absoluut vir 'n
paar sekondes niks sien nie.
Ek het veilig gestop so gou as wat ek kon, en toe kom ek hulle spel agter -
hulle sit daar met spieëls om doelbewus die son in motoriste se oë te laat
skyn!! Inderdaad is die bedoeling om geleenthede te skep om ekonomies
suksesvol te wees!.
Wel, wat kon ek doen?
Het maar die naam geneem, en die registrasienommer - en hulle by die
verkeersowerhede gaan verkla.
Daardie betrokke firma se lorrietjies sien ek nie meer op daardie kol nie -
om die waarheid te sê - ek het lanklaas enige van hul voertuie êrens gesien.
Annette
Re: Vandag se nuus ( eintlik al Sondag) [boodskap #49950 is 'n antwoord op boodskap #49942] Di, 11 September 2001 11:44 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Jonas  is tans af-lyn  Jonas
Boodskappe: 1070
Geregistreer: September 2001
Karma: 0
Senior Lid
Kraaie van die nasionale paaie? Of, is dit aasvoëls ...

"Annette" skryf in boodskap news:9nkmh3$820k1$4@ID-92016.news.dfncis.de...
> Die "pickup trucks" het nog al die jare 'n skrikbewind gevoer op die paaie,
> daar was al selfs 'n snaakse advertensie daaroor, maar verlede Saterdag het
> die verwagte tragedie uiteindelik gebeur.
> Daar was 'n redelike ligte ongeluk in Athlone.
> Twee van die lorrietjies - van dieselfde firma nogal ( Galaxy) jaag toe
> soontoe - en bots in die motors wat in die ongeluk was. Waar daar
> oorspronklik net mense met ligte en geen beserings was nie, is daar toe 3
> van die oorspronklike ongeluk dood.
> NOU moet daar skielik 'n oorkoepelende vereeniging gestig word!!
> Dit na jare van briewe aan koerante, munisipaliteit en
> verteenwoordigers van besorgde mense wat waarsku teen die padgebruik van
> hierdie mense.
>
> Ek self het al 'n eienaardige ondervinding met hierdie mense gehad.
> By die Bellville/Durbanville afrit staan daar gereeld nooit minder as 3 van
> hierdie voertuie wat wag op 'n ongeluk nie.
> Een oggend toe ek inry, skyn daar skielik 'n verblindende straal sonskyn in
> my oë. Genadiglik was daar geen voertuig naby my nie - want anders sou ek in
> iemand vasgery, of iemand sou in my vasgery het- mens kon absoluut vir 'n
> paar sekondes niks sien nie.
> Ek het veilig gestop so gou as wat ek kon, en toe kom ek hulle spel agter -
> hulle sit daar met spieëls om doelbewus die son in motoriste se oë te laat
> skyn!! Inderdaad is die bedoeling om geleenthede te skep om ekonomies
> suksesvol te wees!.
> Wel, wat kon ek doen?
> Het maar die naam geneem, en die registrasienommer - en hulle by die
> verkeersowerhede gaan verkla.
> Daardie betrokke firma se lorrietjies sien ek nie meer op daardie kol nie -
> om die waarheid te sê - ek het lanklaas enige van hul voertuie êrens gesien.
> Annette
>
Re: Vandag se nuus ( eintlik al Sondag) [boodskap #49951 is 'n antwoord op boodskap #49942] Di, 11 September 2001 11:47 Na vorige boodskapna volgende boodskap
davie davis[1]  is tans af-lyn  davie davis[1]
Boodskappe: 696
Geregistreer: Maart 2001
Karma: 0
Senior Lid
> Een oggend toe ek inry, skyn daar skielik 'n verblindende straal sonskyn in
> my oë. .................
> Inderdaad is die bedoeling om geleenthede te skep om ekonomies
> suksesvol te wees!.

> Annette
>

Sondag het ek ertappels geskil om skyfies te maak. Een van die
ertappels ( ertappels en nié aartappels nie let wel!!! ) het 'n klein
slegte plekkie in gehad. En ek het een van daardie lekker
ertappelskillers gebruik. Daardie soort wat jy die ertappel laag vir
laag afskil tot die skil af is - en afgesien van wat jy saam neem hou
jy aan totdat jy tevrede is. En ek het laag vir laag af geskil en die
lieflike gesonde ertappel kleiner en kleiner gemaak tot die swart
plekkie uiteindelik weg was.
Pasop Annette, dat jy nie by Gloudina die sleg gewoonte aanleer nie -
om àl die gesonde vleis om die slegte plekkie saam met die swak deel
te verwyder.

DD

ns.
Besef jy dat die son 'n paar minute vroeër en 'n paar minute later
heel vriendeliker was terwyl dit op hul spieël geskyn het?
Re: Vandag se nuus ( eintlik al Sondag) [boodskap #49956 is 'n antwoord op boodskap #49950] Di, 11 September 2001 12:35 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Hyenas ( sic?)
'n Aasvoël wag nog darem vir 'n prooi - dit veroorsaak dit nie .

Annette

> Kraaie van die nasionale paaie? Of, is dit aasvoëls ...
> "Annette" wrote in message
> news:9nkmh3$820k1$4@ID-92016.news.dfncis.de...
>> Die "pickup trucks" het nog al die jare 'n skrikbewind gevoer op die
> paaie,
>> daar was al selfs 'n snaakse advertensie daaroor, maar verlede Saterdag
> het
>> die verwagte tragedie uiteindelik gebeur.
>> Daar was 'n redelike ligte ongeluk in Athlone.
>> Twee van die lorrietjies - van dieselfde firma nogal ( Galaxy) jaag toe
>> soontoe - en bots in die motors wat in die ongeluk was. Waar daar
>> oorspronklik net mense met ligte en geen beserings was nie, is daar toe 3
>> van die oorspronklike ongeluk dood.
>> NOU moet daar skielik 'n oorkoepelende vereeniging gestig word!!
>> Dit na jare van briewe aan koerante, munisipaliteit en
>> verteenwoordigers van besorgde mense wat waarsku teen die padgebruik van
>> hierdie mense.
>>
>> Ek self het al 'n eienaardige ondervinding met hierdie mense gehad.
>> By die Bellville/Durbanville afrit staan daar gereeld nooit minder as 3
> van
>> hierdie voertuie wat wag op 'n ongeluk nie.
>> Een oggend toe ek inry, skyn daar skielik 'n verblindende straal sonskyn
> in
>> my oë. Genadiglik was daar geen voertuig naby my nie - want anders sou
ek
> in
>> iemand vasgery, of iemand sou in my vasgery het- mens kon absoluut vir 'n
>> paar sekondes niks sien nie.
>> Ek het veilig gestop so gou as wat ek kon, en toe kom ek hulle spel
> agter -
>> hulle sit daar met spieëls om doelbewus die son in motoriste se oë te laat
>> skyn!! Inderdaad is die bedoeling om geleenthede te skep om ekonomies
>> suksesvol te wees!.
>> Wel, wat kon ek doen?
>> Het maar die naam geneem, en die registrasienommer - en hulle by die
>> verkeersowerhede gaan verkla.
>> Daardie betrokke firma se lorrietjies sien ek nie meer op daardie kol
> nie -
>> om die waarheid te sê - ek het lanklaas enige van hul voertuie êrens
> gesien.
>> Annette
>>
>
Re: Vandag se nuus ( eintlik al Sondag) [boodskap #49957 is 'n antwoord op boodskap #49951] Di, 11 September 2001 12:38 Na vorige boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Nou wat het ek verkeerd gedoen?
Ek skil nie eers aartappels of ertappels nie!:)))
Annette
..
>
>> Een oggend toe ek inry, skyn daar skielik 'n verblindende straal sonskyn in
>> my oë. .................
>> Inderdaad is die bedoeling om geleenthede te skep om ekonomies
>> suksesvol te wees!.
>
>> Annette
>>
>
> Sondag het ek ertappels geskil om skyfies te maak. Een van die
> ertappels ( ertappels en nié aartappels nie let wel!!! ) het 'n klein
> slegte plekkie in gehad. En ek het een van daardie lekker
> ertappelskillers gebruik. Daardie soort wat jy die ertappel laag vir
> laag afskil tot die skil af is - en afgesien van wat jy saam neem hou
> jy aan totdat jy tevrede is. En ek het laag vir laag af geskil en die
> lieflike gesonde ertappel kleiner en kleiner gemaak tot die swart
> plekkie uiteindelik weg was.
> Pasop Annette, dat jy nie by Gloudina die sleg gewoonte aanleer nie -
> om ál die gesonde vleis om die slegte plekkie saam met die swak deel
> te verwyder.
>
> DD
>
>
> ns.
> Besef jy dat die son 'n paar minute vroeër en 'n paar minute later
> heel vriendeliker was terwyl dit op hul spieël geskyn het?
Vorige onderwerp: Poskantoor - bewerings van bedrog
Volgende onderwerp: Re: Afrikaans as wêreldtaal
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo Jun 05 07:58:02 MGT 2024