| Re: Beroemd maar niet geeerd in eigen land...... (0/1) [boodskap #49846] |
So., 09 September 2001 16:15  |
davie davis[1]
Boodskappe: 696 Geregistreer: Maart 2001
|
Senior Lid |
|
|
On Sun, 09 Sep 2001 14:32:55 GMT, @home.com wrote:
> Davie Davis wrote:
en Gloudina skreeu op hom
> Davie Davis, EK DAAG JOU UIT. Plaas vir ons die presiese woord
> vir woord artikel in Rapport en nie jou weergawe daarvan nie.
en ons held glimlag en sê:
my scanner is nie nou geinstalleer nie maar ek het een op kantoor en
ek glo dat die hele groep graag môreoggend wanneer ek dit pos jou
reaksie wil sien
DD
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
| Re: Beroemd maar niet geeerd in eigen land...... (0/1) [boodskap #49861 is 'n antwoord op boodskap #49846] |
So., 09 September 2001 21:46   |
|
|
Oorspronklik gepos deur: @home.com
Danielle wrote:
> 08/09/2001 09:52 PM - (SA)
> Prof. Chris praat kaalkop . . .
> Herman Jansen
>
>
> Aartsbiskop Desmond Tutu is een van die grootste rassiste wat hy ken.
>
> Swart mense het nie dieselfde respek vir lewe as blankes nie.
>
Dankie, Danielle. En daar het jy dit toe. Onse Chris Barnard is
ook aan die kaak gestel as 'n ou wit omie. Ek het nog gedink
Davie Davis het Rapport selektief aangehaal, en Rapport het
Barnard selektief aangehaal ( wat hulle tot 'n sekere mate gedoen
het - hulle wéét watter knoppies om te druk.)- maar ek glo wat
ek daar lees. So ek vra om verskoning, Davie Davis. En ek
hoop, as Chris Barnard by die pearly gate aanklop, dan staan
sy swart helper daar langs Petrus en vra vir hom hoekom hy
sulke blatante goed kwytgeraak het oor sy mense.
Gloudina
|
|
|
|
|
|
| Re: Beroemd maar niet geeerd in eigen land...... (0/1) [boodskap #49869 is 'n antwoord op boodskap #49846] |
Ma., 10 September 2001 01:54   |
|
|
Oorspronklik gepos deur: @home.com
Danielle wrote:
> "Miskien behoort ek dit nie te sê nie, maar as 76-jarige
> Suid-Afrikaner weet ek waarvan ek praat: swart mense het nie dieselfde
> respek vir lewe as blankes nie. 'n Swarte kan sonder huiwering
> ("pardon") iemand vermoor, dit is in sy bloed.
>
Dis nou die ou wat aan dieselfde groep behoort het as die
Vlakfontein joggies wat so langs die lyke wat hulle
verbrand, sit en braaivleis hou het. Die ou wat aan die-
selfde groep behoort het as Wouter Basson wat op mense
ge-eksperimenteer het en hulle dan uit vliegtuie oor die
oop see laat uitstoot het. Hy behoort aan dieselfde groep,
wat saam met ander, gejag het op die San en hulle ongeveer
uitgeroei het. Die nerve om met klippe te gooi as jy self
in 'n glashuis sit.
Tant Hessie van die derde Vryheidsoorlog
se regskomitee, (afdeling hovaardigheidsuitroeiing).
|
|
|
|
| Re: Skandeer [boodskap #49908 is 'n antwoord op boodskap #49859] |
Ma., 10 September 2001 18:01   |
|
|
Oorspronklik gepos deur: @home.com
Wouter Plaasvark wrote:
> Skandeer is tradisioneel om 'n gedig in sogenaamde versvoete te verdeel.
> Maar dit het, soos "scan" in Engels, 'n dubbele betekenis en is die "regte"
> woord vir wat Davie wou doen. Die alternatief, "aftas", word min gebruik.
Ja-nee, die woord "aftas" klink liewer soos iets wat WouterPlaasvark onder die
tafel sal doen.
Tant Hessie
|
|
|
|
|
|
| Re: Skandeer [boodskap #49910 is 'n antwoord op boodskap #49859] |
Ma., 10 September 2001 18:57   |
Dries Venter
Boodskappe: 299 Geregistreer: Januarie 1996
|
Senior Lid |
|
|
Algemeen in IT word die woord "scan" met "skandeer" vertaal, en "digitise"
met "aftas". Die twee begrippe is nie heeltemal uitsluitend nie, maar word
gewoonlik as volg toegepas
:
"SCAN" is om 'n beeld in 'n sekere aantal blokkies op te deel en die
blokkies een vir een te belig en sodoende die gereflekteerde ligintensiteit
(en kleurwaardes waar van toepassing) op te neem. Tipies wat 'n scanner
doen. Die prentjie wat sodoende op die rekenaar saamgestel word, word as 'n
sg. "raster-image" (Afr rasterformaat) gestoor. Tipiese rasterformaate is
JPEG, BMP, GIF, ens Baie geskik vir grafika soos prente, ens. Grootste
nadeel is dat dit uiters moeilik is om die resolusie te verander (scan
bietjie 'n foto in teen 300x300 en verander dan die BMP na 600x600 toe -
meeste sagteware kan dit nie naastenby goed doen nie) en dit is baie groot
lêers.
"DIGITISE" word gewoonlik toegepas waar 'n beeld opgebou word deur 'n
beperkte aantal punte se presiese posisie vasgelê dmv 'n digitiser
(aftaster) t.o.v 'n arbitrêre X-Y assestelsel (as daar 'n hoogte komponent
teenwoordig is, word 'n Z-as ook gebruik) Die beeld word nou opgebou deur
die verskillende punte te verbind (sg wireframe of draadmodel) Die
verbindigslyne kan skeidings tussen verskillende areas voorstel. (Dink byv.
aan 'n kaart met landerye op waar die grense van elke land deur 'n lyn
voorgestel kan word, met die hoekpunte van die land as die afgetaste punte).
Die vlakke wat deur die lyne omlyn word kan dan ge-"render" word om die
oppervlak van die beeld/model voor te stel. Hierdie tipe formaat staan
algemeen bekend as "vector-graphics" (vektorgrafika of vektorvoorstelling)
en is gewoonlik baie kompakter as die rasterformaat. Windows se WMF formaat
is 'n vektorgebaseerde formaat. So ook Visio se tekeninge. Hierdie formaat
is baie geskik vir lyntekeninge soos kaarte en planne en is slegs
gedeeltelik afhanklik van die resolusie van die aftaster. Na opname kan die
beeld gewoonlik skaleer word na willekeur. Terloops Windows se TrueType
fonts is almal vektorvoorstellings. Grootste voordeel is die kleiner
lêergroottes, hoë spoed en die gemak waarmee dit na rasterbeelde omskep kan
word (dis hoekom TT fonts so lekker is: die inligting is baie beknop dog
volledig, en dit kan vinnig op rastergebaseerde nedia soos 'n skerm en 'n
drukker geplaas word)
Jy kry natuurlik sagteware wat belde van vektor na raster (maklik) en
andersom (blêrrie moeilik) kan omskakel.
Groete,
Dries
"Wouter Plaasvark" skryf in boodskap news:3b9cf59a.0@news1.mweb.co.za...
> "Davie Davis" My scanner staan reg langs my
> maar ek is nie lus om dit in te stel en te skandeer
>
> Arthur
> "Skandeer" kon mos nie die juiste woord wees nie?
> Om te skandeer is volgens my 'n term wat reeds in die digkuns gebruik word
> ('n gedig luid voorlees of soiets).
>
> Wouter
> Skandeer is tradisioneel om 'n gedig in sogenaamde versvoete te verdeel.
> Maar dit het, soos "scan" in Engels, 'n dubbele betekenis en is die "regte"
> woord vir wat Davie wou doen. Die alternatief, "aftas", word min gebruik.
|
|
|
|
|
|
| Re: Skandeer [boodskap #49934 is 'n antwoord op boodskap #49859] |
Di., 11 September 2001 05:09   |
Annette
Boodskappe: 11111 Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Ooooeeeee!!! Ek hou van aftas:))))
Annette
> "Davie Davis" My scanner staan reg langs my
> maar ek is nie lus om dit in te stel en te skandeer
>
> Arthur
> "Skandeer" kon mos nie die juiste woord wees nie?
> Om te skandeer is volgens my 'n term wat reeds in die digkuns gebruik word
> ('n gedig luid voorlees of soiets).
>
> Wouter
> Skandeer is tradisioneel om 'n gedig in sogenaamde versvoete te verdeel.
> Maar dit het, soos "scan" in Engels, 'n dubbele betekenis en is die "regte"
> woord vir wat Davie wou doen. Die alternatief, "aftas", word min gebruik.
>
|
|
|
|
|
|
|
|
| Re: Tas [boodskap #50207 is 'n antwoord op boodskap #49941] |
Ma., 17 September 2001 06:49   |
Annette
Boodskappe: 11111 Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Oom Tas is nie oral te kry nie, Tassies wel:)))
Annette
in message news:3b9dd0dc.0@news1.mweb.co.za...
>> Wouter
>> Skandeer het 'n dubbele betekenis en is die "regte" woord vir wat
>> Davie wou doen. Die alternatief, "aftas", word min gebruik.
>
> Annette
> Ooooeeeee!!! Ek hou van aftas:))))
>
> Tant Hessie
> Ja-nee, "aftas" klink liewer soos iets wat WouterPlaasvark onder die
> tafel sal doen.
>
> DD: LOL !!!
>
> Wouter:
> Aftas kry 'n mens na Oom Tas....
>
|
|
|
|
|
|
| Re: Tas [boodskap #50890 is 'n antwoord op boodskap #50215] |
Vr., 28 September 2001 11:23  |
Annette
Boodskappe: 11111 Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Is dit nou die tas wat jy laat rus?:))
Annette
> Libertas ook, as jy wil liberties neem met die tas..
>
> "Annette" wrote in message
> news:9o46in$ason1$1@ID-92016.news.dfncis.de...
> Oom Tas is nie oral te kry nie, Tassies wel:)))
> Annette
>
> in message news:3b9dd0dc.0@news1.mweb.co.za...
>> Annette
>> Ooooeeeee!!! Ek hou van aftas:))))
>>
>> Tant Hessie
>> Ja-nee, "aftas" klink liewer soos iets wat WouterPlaasvark onder die
>> tafel sal doen.
>>
>> DD: LOL !!!
>>
>> Wouter:
>> Aftas kry 'n mens na Oom Tas....
>
|
|
|
|