Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Vraag op RSG
Vraag op RSG [boodskap #49888] Ma, 10 September 2001 12:22 na volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Die vraag vandag is:
Wanneer is mens groot?
Die mense skakel in, en dit blyk dat sommige dink 'n mens groot is as jy
verantwoordelikheid dra.

Ek dink 'n mens is groot as jy deur niemand meer as 'n kind beskou word
nie -
So ek sal maar my ma so lank as moontlik aan die lewe probeer hou, want ek
wil nie regtig groot word nie;))
Wat dink julle?
Wanneer is 'n mens groot?
Hoeveel van die mense op die ng hier is al mooi groot?
Annette( wat net absoluut nooit wil groot word nie- want grootmense lag nie
spontaan lekker uit die maag nie, loop nie kaalvoet in die reen rond nie en
bou nie meer sandkastele op die strand nie)
Annette
Re: Vraag op RSG [boodskap #49894 is 'n antwoord op boodskap #49888] Ma, 10 September 2001 12:51 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Max  is tans af-lyn  Max
Boodskappe: 1496
Geregistreer: Februarie 2004
Karma: 0
Senior Lid
Ook nie lugkastele nie...
_____________________________________________________
"Annette"
> bou nie meer sandkastele op die strand nie)
Re: Vraag op RSG [boodskap #49897 is 'n antwoord op boodskap #49888] Ma, 10 September 2001 13:20 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

Annette wrote:

> Annette( wat net absoluut nooit wil groot word nie- want grootmense lag nie
> spontaan lekker uit die maag nie, loop nie kaalvoet in die reen rond nie en
> bou nie meer sandkastele op die strand nie)

Jy dink in clichés. Om regtig 'n grootmens te wees
is om nie meer in clichés te dink nie. Dis die ware
grootmense wat lekker spontaan uit die maag lag,
kaalvoet loop en sandkastele bou. (Hier in Kanada
loop die meeste mense in alle geval kaalvoet sodra
hulle in 'n huis inkom.)

Gloudina
Re: Vraag op RSG [boodskap #49945 is 'n antwoord op boodskap #49888] Di, 11 September 2001 07:54 Na vorige boodskap
T de Wet  is tans af-lyn  T de Wet
Boodskappe: 446
Geregistreer: April 2000
Karma: 0
Senior Lid
Wanneer mens nie meer klein is nie?

Klein Thys van Ou Thys van Klaas
> On Mon, 10 Sep 2001 14:22:13 +0200, "Annette"
> wrote:
>
>> Die vraag vandag is:
>> Wanneer is mens groot?
Vorige onderwerp: Annette is gesond!!!
Volgende onderwerp: Voor de ZA die in NL wonen
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Jun 14 17:24:15 MGT 2024