Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Buitelandse vark
Buitelandse vark [boodskap #49660] Do, 06 September 2001 20:00 na volgende boodskap
Wouter Plaasvark  is tans af-lyn  Wouter Plaasvark
Boodskappe: 1004
Geregistreer: Mei 2006
Karma: 0
Senior Lid
Gloudina:
Ek het natuurlik vergeet dat plaasvarke nie hoipolloi is nie. Was jy weg die
afgelope paar dae dat ons so min
van jou gehoor het?

Wouter
Ek is nog steeds weg, Gloudina. In Namibië om presies te wees, ek werk die
hele week hier. En ek kon tot gister nie die nuusgroepboodskappe hier
afgelaai kry nie, nou is ek nog so 300 boodskappe agter.
Re: Buitelandse vark [boodskap #49687 is 'n antwoord op boodskap #49660] Vr, 07 September 2001 05:47 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Shannon  is tans af-lyn  Shannon
Boodskappe: 220
Geregistreer: Januarie 1999
Karma: 0
Senior Lid
'n Mens se werk kan nogal inmeng op 'n mens se nuusgroep aktiwiteite ná ;))

Waar in Namibië is jy?

Shannon

Wouter Plaasvark skryf in boodskap news:3b982649.0@news1.mweb.co.za...
> Gloudina:
> Ek het natuurlik vergeet dat plaasvarke nie hoipolloi is nie. Was jy weg die
> afgelope paar dae dat ons so min
> van jou gehoor het?
>
> Wouter
> Ek is nog steeds weg, Gloudina. In Namibië om presies te wees, ek werk die
> hele week hier. En ek kon tot gister nie die nuusgroepboodskappe hier
> afgelaai kry nie, nou is ek nog so 300 boodskappe agter.
>
Re: Buitelandse vark [boodskap #49747 is 'n antwoord op boodskap #49687] Vr, 07 September 2001 16:55 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Wouter Plaasvark  is tans af-lyn  Wouter Plaasvark
Boodskappe: 1004
Geregistreer: Mei 2006
Karma: 0
Senior Lid
> Wouter: Ek is nog steeds weg. In Namibië om presies te wees, ek werk die
> hele week hier.

Shannon:
Waar in Namibië is jy?

Wouter
Ek was in Keetmanshoop toe ek dit geskryf het. Vroeër die week het ek
afsprake op Walvisbaai, Swakopmund, Omaruru, Otjiwarongo, Tsumeb,
Grootfontein, Okahandja, Windhoek en Marienstal gehad. Is nou op Luderitz,
ek het die week so 2 500 km gery.
Re: Buitelandse vark [boodskap #49840 is 'n antwoord op boodskap #49747] So, 09 September 2001 14:49 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Sakkie[3]  is tans af-lyn  Sakkie[3]
Boodskappe: 488
Geregistreer: Mei 2001
Karma: 0
Senior Lid
Ek het op 'n stadium 'n rotor gebreek in 'n Landrover se verdeler. Halfpad
tussen Otjiwarongo en Okahandja. Ek hoop die plaasboer daar het my al
vergewe. Ek het vir my een gemaak van sy heiningdraad en isoleerlint.

Ek het verlief geraak op Suid-Wes toe ek daar diensplig gedoen het.

"Wouter Plaasvark" skryf in boodskap news:3b993376.0@news1.mweb.co.za...
>> Wouter: Ek is nog steeds weg. In Namibië om presies te wees, ek werk die
>> hele week hier.
>
> Shannon:
> Waar in Namibië is jy?
>
> Wouter
> Ek was in Keetmanshoop toe ek dit geskryf het. Vroeër die week het ek
> afsprake op Walvisbaai, Swakopmund, Omaruru, Otjiwarongo, Tsumeb,
> Grootfontein, Okahandja, Windhoek en Marienstal gehad. Is nou op Luderitz,
> ek het die week so 2 500 km gery.
>
Re: Buitelandse vark [boodskap #49874 is 'n antwoord op boodskap #49747] Ma, 10 September 2001 06:01 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Shannon  is tans af-lyn  Shannon
Boodskappe: 220
Geregistreer: Januarie 1999
Karma: 0
Senior Lid
Ons het 3 jaar op Keetmanshoop gebly. My wederhelf was by die laerskool.
Op Mariental het die seuns soms gaan rugby speel teen hulle skool. Die
rugbyveld is klipharde grond. Die rugbyveld is dan die die vorige dag
omgeploeg sodat die grond sagter kan wees. Die seuns het altyd kaalvoet
gespeel. Sodra hulle terugkom was hulle gewoonlik vlenters geval.
Bloedknieë, nerfaf elmboë, hande en voete! Maar hulle het nooit gekla nie.

Toe SA onttrek het uit Namibië het hulle Engels as eerste taal in die skole
gebring. Die Namas van Keetmanshoop weet ek ken feitlik geen Engels nie.
Ek hoor gister by my skoonsus dat die kinders na hoeveel jaar, steeds nie
kan regkom met die Engels nie. Die blankes gaan na privaatskole, of
Upington om in Afrikaans skool te gaan.

Wouter Plaasvark skryf in boodskap news:3b993376.0@news1.mweb.co.za...
>> Wouter: Ek is nog steeds weg. In Namibië om presies te wees, ek werk die
>> hele week hier.
>
> Shannon:
> Waar in Namibië is jy?
>
> Wouter
> Ek was in Keetmanshoop toe ek dit geskryf het. Vroeër die week het ek
> afsprake op Walvisbaai, Swakopmund, Omaruru, Otjiwarongo, Tsumeb,
> Grootfontein, Okahandja, Windhoek en Marienstal gehad. Is nou op Luderitz,
> ek het die week so 2 500 km gery.
>
Namlish [boodskap #49880 is 'n antwoord op boodskap #49874] Ma, 10 September 2001 08:13 Na vorige boodskap
Wouter Plaasvark  is tans af-lyn  Wouter Plaasvark
Boodskappe: 1004
Geregistreer: Mei 2006
Karma: 0
Senior Lid
Dis nie net die Namas wat sukkel met Engels in Naminbi� nie, die meeste
Namibiërs se Engels is beroerd, hulle verwys self spottenderwys na hulle
tipiese Engels as Namlish. 'n Ongeoefende oor sukkel om 'n swart se Namibiër
se Namlish te verstaan, terwyl jy in Afrikaans maklik kommunikeer.

Maar ek dink tog dat Namibië oor 30 of 50 jaar wesenlike ekonomiese voordeel
van een amptelike taal gaan hê. En daar is klaarblyklik omtrent geen
weerstand teen die beleid nie, dit word wyd aanvaar as 'n pragmatiese
oplossing vir die taalprobleem.

Ek het ook opgemerk dat die Namlish wat jy oor die TV en veral die radio
hoor, baie verbeter het sedert 'n paar jaar gelede. Dit lyk of hulle vorder.

"Shannon" skryf in boodskap news:3b9c6098.0@news1.mweb.co.za...
Ons het 3 jaar op Keetmanshoop gebly. My wederhelf was by die laerskool.
Op Mariental het die seuns soms gaan rugby speel teen hulle skool. Die
rugbyveld is klipharde grond. Die rugbyveld is dan die die vorige dag
omgeploeg sodat die grond sagter kan wees. Die seuns het altyd kaalvoet
gespeel. Sodra hulle terugkom was hulle gewoonlik vlenters geval.
Bloedknieë, nerfaf elmboë, hande en voete! Maar hulle het nooit gekla nie.

Toe SA onttrek het uit Namibië het hulle Engels as eerste taal in die skole
gebring. Die Namas van Keetmanshoop weet ek ken feitlik geen Engels nie.
Ek hoor gister by my skoonsus dat die kinders na hoeveel jaar, steeds nie
kan regkom met die Engels nie. Die blankes gaan na privaatskole, of
Upington om in Afrikaans skool te gaan.

Wouter Plaasvark skryf in boodskap news:3b993376.0@news1.mweb.co.za...
>> Wouter: Ek is nog steeds weg. In Namibië om presies te wees, ek werk die
>> hele week hier.
>
> Shannon:
> Waar in Namibië is jy?
>
> Wouter
> Ek was in Keetmanshoop toe ek dit geskryf het. Vroeër die week het ek
> afsprake op Walvisbaai, Swakopmund, Omaruru, Otjiwarongo, Tsumeb,
> Grootfontein, Okahandja, Windhoek en Marienstal gehad. Is nou op Luderitz,
> ek het die week so 2 500 km gery.
>
Vorige onderwerp: alweer raasisme antie
Volgende onderwerp: Tydige waarskuwingsborde - Norbert gee ag:))
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Mei 17 11:58:46 MGT 2024