| Interessant né [boodskap #49555] |
Wo., 05 September 2001 21:59  |
davie davis[1]
Boodskappe: 696 Geregistreer: Maart 2001
|
Senior Lid |
|
|
Het julle opgemerk hoeveel keer ek aan Emmy gevra het wat is die kleur
van haar skoonseun(uit SA - of ìn SA) - presies net soveel keer as
wat sy geweier het om te antwoord.
DD
|
|
|
|
| Re: Interessant né [boodskap #49558 is 'n antwoord op boodskap #49555] |
Do., 06 September 2001 02:09   |
Annette
Boodskappe: 11111 Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Watter kleur waar Davie? Jy moet meer spesifiek wees.
Wat maak dit elk geval saak?- Dis Emmy se skoonseun - arme kind:)))
Nee wat - ek het geen proleem daarmee dat Emmy daardie vraag ignoreer nie -
hoekom sou jy dit dalk geval kwansuis wou weet?
Annette
> Het julle opgemerk hoeveel keer ek aan Emmy gevra het wat is die kleur
> van haar skoonseun(uit SA - of 'n SA) - presies net soveel keer as
> wat sy geweier het om te antwoord.
>
> DD
|
|
|
|
|
|
|
|
| Re: Interessant né [boodskap #49624 is 'n antwoord op boodskap #49620] |
Do., 06 September 2001 12:24   |
Annette
Boodskappe: 11111 Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Hang aan - laat die Afrikaanse Taalonderwysers praat:)))
Annette
--
Sakkie skryf in boodskap news:3b976790$0$227@helios.is.co.za...
> Ek wéét nou nog nie wat die dêm verskil is nie!!
>
> "Davie Davis" wrote in message
> news:ujoeptoqolrfl73ar5vafh6o13cs3t44j9@4ax.com...
>> On Wed, 05 Sep 2001 22:27:15 GMT, Danielle wrote:
>>
>>> On Wed, 05 Sep 2001 23:59:11 +0200, Davie Davis
>>> wrote:
>>>
>>> Ek dink die strepie moet annerkant toe wees, Davie. Maar ek is nie
>>> seker nie, né. :-)
>>
>>>
>> Iemand op dieselfde ng het ook eendag so iets kwytgeraak. Toe vra
>> ek wat die verskil is tussen è en é. Daar het die onderwerp geeindig.
>> En ek was nie moedswillig nie - en ek weet dat daar 'n verskil is - en
>> ek wil nog steeds weet
>>
>> DD
>
|
|
|
|
| Re: Interessant né [boodskap #49650 is 'n antwoord op boodskap #49614] |
Do., 06 September 2001 16:20   |
|
|
Oorspronklik gepos deur: @home.com
Davie Davis wrote:
> . Toe vra
> ek wat die verskil is tussen è en é. Daar het die onderwerp geeindig.
> En ek was nie moedswillig nie - en ek weet dat daar 'n verskil is - en
> ek wil nog steeds weet
>
Ek hoop iemand anders verduidelik vir jou ook(ek is nou bang vir die skerp
tong van die nuwe
plaasvark.) Maar ek dink hulle word genoem
accent aigu en accent grave in Frans. Die accent
aigu is "acute" en jy kan dit onthou deur te dink
aan die uitgestrekte arm van heil hitler. Accent
grave is soos jou voorarm is wanneer jy op die
Britse manier salueer. (Dis courtesy van my man.)
Daar is 'n effens fonetiese verskil in die uitspraak
van die e dan. En ook meer of mindere aksent.
Die é in né is die begin van die Franse n'est-ce-pas,
en die aksent wil hê dat jy dit moet aksentueer.
Gloudina
|
|
|
|
|
|
|
|
| Re: Interessant né [boodskap #49653 is 'n antwoord op boodskap #49555] |
Do., 06 September 2001 18:02   |
|
|
Oorspronklik gepos deur: @home.com
Arthur wrote:
> Gloudina schreef...
>> Die é in né is die begin van die Franse n'est-ce-pas,
>> en die aksent wil hê dat jy dit moet aksentueer.
>
> Ek dink jy is deurmekaar. Julle sê mos nie "nee" nie, nè?
>
Jy is seker reg. Maar dit het gewoonte geword vir
Afrikaanse skrywers om die accent aigu te gebruik.
Miskien om 'n ander rede as die korrekte aksent.
Gloudina
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
| Re: Interessant né [boodskap #49667 is 'n antwoord op boodskap #49665] |
Do., 06 September 2001 21:11   |
Annette
Boodskappe: 11111 Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Ja - jy dig alweer die verkeerde ding aan my toe - so ek sal dit maar die DD
siekte noem:)))
Danielle het jou attend daarop gemaak dat jy jou strepie verkeerd het:))
Annette
--
Davie Davis skryf in boodskap news:sbnfpt0rap3phsvp134icimks8skr15h0i@4ax.com...
> On Thu, 6 Sep 2001 18:28:46 +0200, "Arthur"
> wrote:
>
>> "Davie Davis" schreef...
>>> Iemand op dieselfde ng het ook eendag so iets kwytgeraak. Toe vra
>>> ek wat die verskil is tussen č en é. Daar het die onderwerp geeindig.
>
>> Gloudina se mening:
> Daar is 'n effens fonetiese verskil in die uitspraak
> van die e dan. En ook meer of mindere aksent.
> Die é in né is die begin van die Franse n'est-ce-pas,
> en die aksent wil hê dat jy dit moet aksentueer.
>
>
> En Arthur se reaksie:
>> Ons (nederlands) gebruik die é "ee" (lang) soos in "geen" en die č "eh"
>> (kort) soos in "het".
>>
>> Groete,
>> Arthur
>>
>
> Dankie Gloudina en Arthur, dit is wel heel interessant maar sal meer
> leersaam wees indien ons voorbeelde kan kry mét/mèt? :-) redes wààrom
> ons wàtter een wààr gebruik.
>
> Waarom sal ons een minder klem lê op een as 'n ander? (Wat dus drie
> verskillende toonhoogtes weerspieël e é è )
>
> Dit blyk nie asof iemand 'n antwoord hier het nie so die bal in terug
> by Annette wat gesê het dat ek dit verkeerdom gedoen het maar nie weet
> waarom sy so gesê het nie :-(
>
> Of praat ons van 'n ander onwelkome siekte wat hier kop uitsteek?
>
> DD
>
|
|
|
|
|
|
| Re: Interessant né [boodskap #49673 is 'n antwoord op boodskap #49670] |
Do., 06 September 2001 21:47   |
Annette
Boodskappe: 11111 Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Mmmmmm-- pssssstttttt!!! Danielle!! DD sê sy bal is in jou hande:))
Annette
Davie Davis skryf in boodskap news:r9qfpt4er122bpdsj3k0hikk7ld40nbr5r@4ax.com...
> On Thu, 6 Sep 2001 23:11:19 +0200, "Annette"
> wrote:
>
>> Ja - jy dig alweer die verkeerde ding aan my toe - so ek sal dit maar die DD
>> siekte noem:)))
>> Danielle het jou attend daarop gemaak dat jy jou strepie verkeerd het:))
>> Annette
>
> Groot ekskuus Annette, jy is reg - Bal in jou hande Danielle
>
> DD
|
|
|
|
|
|
| Re: Interessant né [boodskap #49680 is 'n antwoord op boodskap #49555] |
Vr., 07 September 2001 00:01   |
|
|
Oorspronklik gepos deur: @home.com
Swart Simon wrote:
> Volgens Danielle© (en my woordeboek) moet die strepie 'n Britse
> saluut-strepie en nie 'n Heil Hitler-strepie wees nie. Met ander woorde,
> so: nè.
>
> En volgens my kom die woord glad nie van die Franse n'est-ce-pas af nie,
> maar van 'n inheemse taal. Of is ek verkeerd?
Simon, ek het nog nooit die storie van die inheemse taalgehoor nie, dus wonder
ek darem. Die Dictionary of
South African English is goed in hierdie opsig, en hulle
dink dit kom van Nederlands af. Maar die uitdrukking
in die mond van die San of die Khoi kan ook seker
bygedra het. Miskien moet jy ding die bietjie verder
nagaan - kontak iemand?
Gloudina
>
|
|
|
|
|
|
| Re: DD - nou weet ons van nè: [boodskap #49694 is 'n antwoord op boodskap #49674] |
Vr., 07 September 2001 06:31   |
Annette
Boodskappe: 11111 Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
So te sê uit die perd se bek:
Vergeet nou maar van hoe hulle klink: dit is baie maklik om te
onthou watter woorde die "è" in kry.
Daar is volgens die nuutste Woordelys en Spelreëls net vier van
hulle:
dè, nè, hè en appèl.
Dit sluit nou eiename soos Eugène uit.
Annette
> wrote:
>
>> Mmmmmm-- pssssstttttt!!! Danielle!! DD sê sy bal is in jou hande:))
>> Annette
>>
>
> Terug by masering?
>
> DD
|
|
|
|
|
|
| Re: Interessant né [boodskap #49711 is 'n antwoord op boodskap #49697] |
Vr., 07 September 2001 08:46   |
Annette
Boodskappe: 11111 Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Sondagoggend in Die Tale wat Ons Praat het Ernst Kotze ook gemeld dat die
woord ná ook in Japanees voorkom.
Annette
--
Kobus Pietersen skryf in boodskap news:9n9s16$frh$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> Swart Simon wrote in message
> news:3b97d773.0@news1.mweb.co.za...
>
>> Volgens Danielle (en my woordeboek) moet die strepie 'n Britse
>> saluut-strepie en nie 'n Heil Hitler-strepie wees nie. Met ander woorde,
>> so: né.
>>
>> En volgens my kom die woord glad nie van die Franse n'est-ce-pas af nie,
>> maar van 'n inheemse taal. Of is ek verkeerd?
>> Weet iemand van watter taal die woord wel kom?
>
> Nè is 'n woord wat vryelik as 'n stopperwoord deur die meeste swartes
> gebruik word wanner hulle hul eie tale of Engels praat. Veral in die
> onderwys word dit omtrent na elke stelling gebruik.
>
> Ek vra toe nou die dag vir Eugene, 'n Tswana, of dit 'n woord uit een van
> die swart tale is. Hy sê toe nee, dis Afrikaans en hulle gebruik dit omdat
> dit maklik op die tong val. Ander woorde wat mens dikwels hoor as hulle met
> mekaar praat is "mos" en "sommer". "Dankie" en "assamblief" is net so deel
> van hulle tale.
>
|
|
|
|
|
|
| Re: Interessant né [boodskap #49738 is 'n antwoord op boodskap #49555] |
Vr., 07 September 2001 11:52   |
|
|
Oorspronklik gepos deur: @home.com
Annette wrote:
> Sondagoggend in Die Tale wat Ons Praat het Ernst Kotze ook gemeld dat die
> woord nè ook in Japanees voorkom.
Ja, die klank, maar dit word nie met 'n accent grave gespel nie. Enhulle kan
rondspeel met die toon, dit langer of korter maak.
Volgens my man is dit colloquial, en jy sou dit dus nie gebruik
as jy met 'n meerdere praat nie. Dis omtrent dieselfde met
nè. Mens sal nie "nè" gebruik as jy byvoorbeeld u in dieselfde
sin gebruik nie.
Gloudina
|
|
|
|
|
|
|
|
| Re: Interessant né [boodskap #49757 is 'n antwoord op boodskap #49555] |
Vr., 07 September 2001 20:16   |
|
|
Oorspronklik gepos deur: @home.com
Swart Simon wrote:
> Ek is maar skepties oor dié mense wat so gou sê dat 'n sekere woord in
> Afrikaans van Frans kom. Dis gewoonlik die ou wit omie-gardes met
> Broederbond-konneksies wat so lief is om dit te doen. Dit maak Afrikaans
> tog so 'n edele taal.
>
> Op elke reël is daar natuurlik uitsonderings. Vat nou maar die Afrikaanse
> uitdrukking "se voet". Dit kom natuurlik wel van Frans. Maar watter ou wit
> omie Broederbonder sal dit nou wil erken?
Simon, van watter Fransse uitdrukking kom "se voet"? (ce fut?)Ek het dan altyd
gedink dis verwant aan die Engelse "my foot."
Tant Hessie van die pienk-tannie-brigade.
>
|
|
|
|
|
|
|
|
| Re: Interessant né [boodskap #49820 is 'n antwoord op boodskap #49555] |
So., 09 September 2001 12:54   |
|
|
Oorspronklik gepos deur: @home.com
Kobus Pietersen wrote:
>
>> Volgens my man is dit colloquial, en jy sou dit dus nie gebruik
>> as jy met 'n meerdere praat nie.
>
> Mens mag dit dus gebruik as mens met jou praat, né. ?
Ja, solank jy die accent grave gebruik, nè.
Gloudina
|
|
|
|
| Re: Interessant né [boodskap #49839 is 'n antwoord op boodskap #49751] |
So., 09 September 2001 14:39  |
Sakkie[3]
Boodskappe: 488 Geregistreer: Mei 2001
|
Senior Lid |
|
|
"Swart Simon" skryf in boodskap news:3b990ff1.0@news1.mweb.co.za...
>
> Ek is maar skepties oor dié mense wat so gou sê dat 'n sekere woord in
> Afrikaans van Frans kom. Dis gewoonlik die ou wit omie-gardes met
> Broederbond-konneksies wat so lief is om dit te doen. Dit maak Afrikaans
> tog so 'n edele taal.
>
Ek weet nie of ek jou reg verstaan nie SS, maar sê jy dat al die ander tale
waaruit Afrikaans ontstaan het nie "edel" is nie. Die gemiddelde Fransman
sal natuurlik heeltemal met jou saamstem.
Sakkie
|
|
|
|