Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Interessant né
Interessant né [boodskap #49555] Wo, 05 September 2001 21:59 na volgende boodskap
davie davis[1]  is tans af-lyn  davie davis[1]
Boodskappe: 696
Geregistreer: Maart 2001
Karma: 0
Senior Lid
Het julle opgemerk hoeveel keer ek aan Emmy gevra het wat is die kleur
van haar skoonseun(uit SA - of ìn SA) - presies net soveel keer as
wat sy geweier het om te antwoord.

DD
Re: Interessant né [boodskap #49558 is 'n antwoord op boodskap #49555] Do, 06 September 2001 02:09 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Watter kleur waar Davie? Jy moet meer spesifiek wees.
Wat maak dit elk geval saak?- Dis Emmy se skoonseun - arme kind:)))
Nee wat - ek het geen proleem daarmee dat Emmy daardie vraag ignoreer nie -
hoekom sou jy dit dalk geval kwansuis wou weet?
Annette

> Het julle opgemerk hoeveel keer ek aan Emmy gevra het wat is die kleur
> van haar skoonseun(uit SA - of 'n SA) - presies net soveel keer as
> wat sy geweier het om te antwoord.
>
> DD
Re: Interessant né [boodskap #49614 is 'n antwoord op boodskap #49555] Do, 06 September 2001 11:53 Na vorige boodskapna volgende boodskap
davie davis[1]  is tans af-lyn  davie davis[1]
Boodskappe: 696
Geregistreer: Maart 2001
Karma: 0
Senior Lid
On Wed, 05 Sep 2001 22:27:15 GMT, Danielle© wrote:

> On Wed, 05 Sep 2001 23:59:11 +0200, Davie Davis
> wrote:
>
> Ek dink die strepie moet annerkant toe wees, Davie. Maar ek is nie
> seker nie, nè. :-)

>
Iemand op dieselfde ng het ook eendag so iets kwytgeraak. Toe vra
ek wat die verskil is tussen è en é. Daar het die onderwerp geeindig.
En ek was nie moedswillig nie - en ek weet dat daar 'n verskil is - en
ek wil nog steeds weet

DD
Re: Interessant né [boodskap #49620 is 'n antwoord op boodskap #49614] Do, 06 September 2001 12:11 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Sakkie[3]  is tans af-lyn  Sakkie[3]
Boodskappe: 488
Geregistreer: Mei 2001
Karma: 0
Senior Lid
Ek wéét nou nog nie wat die dêm verskil is nie!!

"Davie Davis" skryf in boodskap news:ujoeptoqolrfl73ar5vafh6o13cs3t44j9@4ax.com...
> On Wed, 05 Sep 2001 22:27:15 GMT, Danielle wrote:
>
>> On Wed, 05 Sep 2001 23:59:11 +0200, Davie Davis
>> wrote:
>>
>> Ek dink die strepie moet annerkant toe wees, Davie. Maar ek is nie
>> seker nie, nè. :-)
>
>>
> Iemand op dieselfde ng het ook eendag so iets kwytgeraak. Toe vra
> ek wat die verskil is tussen è en é. Daar het die onderwerp geeindig.
> En ek was nie moedswillig nie - en ek weet dat daar 'n verskil is - en
> ek wil nog steeds weet
>
> DD
Re: Interessant né [boodskap #49624 is 'n antwoord op boodskap #49620] Do, 06 September 2001 12:24 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Hang aan - laat die Afrikaanse Taalonderwysers praat:)))
Annette

--

Sakkie skryf in boodskap news:3b976790$0$227@helios.is.co.za...
> Ek wéét nou nog nie wat die dêm verskil is nie!!
>
> "Davie Davis" wrote in message
> news:ujoeptoqolrfl73ar5vafh6o13cs3t44j9@4ax.com...
>> On Wed, 05 Sep 2001 22:27:15 GMT, Danielle wrote:
>>
>>> On Wed, 05 Sep 2001 23:59:11 +0200, Davie Davis
>>> wrote:
>>>
>>> Ek dink die strepie moet annerkant toe wees, Davie. Maar ek is nie
>>> seker nie, né. :-)
>>
>>>
>> Iemand op dieselfde ng het ook eendag so iets kwytgeraak. Toe vra
>> ek wat die verskil is tussen è en é. Daar het die onderwerp geeindig.
>> En ek was nie moedswillig nie - en ek weet dat daar 'n verskil is - en
>> ek wil nog steeds weet
>>
>> DD
>
Re: Interessant né [boodskap #49650 is 'n antwoord op boodskap #49614] Do, 06 September 2001 16:20 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

Davie Davis wrote:

> . Toe vra
> ek wat die verskil is tussen è en é. Daar het die onderwerp geeindig.
> En ek was nie moedswillig nie - en ek weet dat daar 'n verskil is - en
> ek wil nog steeds weet
>

Ek hoop iemand anders verduidelik vir jou ook(ek is nou bang vir die skerp
tong van die nuwe
plaasvark.) Maar ek dink hulle word genoem
accent aigu en accent grave in Frans. Die accent
aigu is "acute" en jy kan dit onthou deur te dink
aan die uitgestrekte arm van heil hitler. Accent
grave is soos jou voorarm is wanneer jy op die
Britse manier salueer. (Dis courtesy van my man.)
Daar is 'n effens fonetiese verskil in die uitspraak
van die e dan. En ook meer of mindere aksent.
Die é in né is die begin van die Franse n'est-ce-pas,
en die aksent wil hê dat jy dit moet aksentueer.

Gloudina
Re: Interessant né [boodskap #49651 is 'n antwoord op boodskap #49614] Do, 06 September 2001 16:28 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Arthur  is tans af-lyn  Arthur
Boodskappe: 609
Geregistreer: September 2001
Karma: 0
Senior Lid
"Davie Davis" schreef...
> Iemand op dieselfde ng het ook eendag so iets kwytgeraak. Toe vra
> ek wat die verskil is tussen è en é. Daar het die onderwerp geeindig.

Ons (nederlands) gebruik die é "ee" (lang) soos in "geen" en die è "eh"
(kort) soos in "het".

Groete,
Arthur
Re: Interessant né [boodskap #49652 is 'n antwoord op boodskap #49555] Do, 06 September 2001 16:52 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Arthur  is tans af-lyn  Arthur
Boodskappe: 609
Geregistreer: September 2001
Karma: 0
Senior Lid
Gloudina schreef...
> Die é in né is die begin van die Franse n'est-ce-pas,
> en die aksent wil hê dat jy dit moet aksentueer.

Ek dink jy is deurmekaar. Julle sê mos nie "nee" nie, nê?

Groete,
Arthur
Re: Interessant né [boodskap #49653 is 'n antwoord op boodskap #49555] Do, 06 September 2001 18:02 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

Arthur wrote:

> Gloudina schreef...
>> Die é in né is die begin van die Franse n'est-ce-pas,
>> en die aksent wil hê dat jy dit moet aksentueer.
>
> Ek dink jy is deurmekaar. Julle sê mos nie "nee" nie, nè?
>

Jy is seker reg. Maar dit het gewoonte geword vir
Afrikaanse skrywers om die accent aigu te gebruik.
Miskien om 'n ander rede as die korrekte aksent.

Gloudina
Re: Interessant né [boodskap #49655 is 'n antwoord op boodskap #49555] Do, 06 September 2001 18:11 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Arthur  is tans af-lyn  Arthur
Boodskappe: 609
Geregistreer: September 2001
Karma: 0
Senior Lid
Gloudina schreef...
> Arthur wrote:
>
>> Gloudina schreef...
>>> Die é in né is die begin van die Franse n'est-ce-pas,
>>> en die aksent wil hê dat jy dit moet aksentueer.

>> Ek dink jy is deurmekaar. Julle sê mos nie "nee" nie, nê?
>
> Jy is seker reg. Maar dit het gewoonte geword vir
> Afrikaanse skrywers om die accent aigu te gebruik.
> Miskien om 'n ander rede as die korrekte aksent.

Tuurlijk, je hebt gelijk. In het Nederlands doen we dat ook als we nadruk
willen leggen.

ABN AMRO, dé bank.

Groeten,
Arthur
Re: Interessant né [boodskap #49662 is 'n antwoord op boodskap #49555] Do, 06 September 2001 20:08 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Simon van der Schans  is tans af-lyn  Simon van der Schans
Boodskappe: 263
Geregistreer: Januarie 1999
Karma: 0
Senior Lid
@home.com wrote in message ...
Davie Davis wrote:

> . Toe vra
> ek wat die verskil is tussen è en é. Daar het die onderwerp geeindig.
> En ek was nie moedswillig nie - en ek weet dat daar 'n verskil is - en
> ek wil nog steeds weet
>

Ek hoop iemand anders verduidelik vir jou ook(ek is nou bang vir die skerp
tong van die nuwe
plaasvark.) Maar ek dink hulle word genoem
accent aigu en accent grave in Frans. Die accent
aigu is "acute" en jy kan dit onthou deur te dink
aan die uitgestrekte arm van heil hitler. Accent
grave is soos jou voorarm is wanneer jy op die
Britse manier salueer. (Dis courtesy van my man.)
Daar is 'n effens fonetiese verskil in die uitspraak
van die e dan. En ook meer of mindere aksent.
Die é in né is die begin van die Franse n'est-ce-pas,
en die aksent wil hê dat jy dit moet aksentueer.

Gloudina
------------------------------------------------------------ ------------

Volgens Danielle (en my woordeboek) moet die strepie 'n Britse
saluut-strepie en nie 'n Heil Hitler-strepie wees nie. Met ander woorde,
so: né.

En volgens my kom die woord glad nie van die Franse n'est-ce-pas af nie,
maar van 'n inheemse taal. Of is ek verkeerd?

Weet iemand van watter taal die woord wel kom?

Swart Simon
Re: Interessant né [boodskap #49665 is 'n antwoord op boodskap #49651] Do, 06 September 2001 20:35 Na vorige boodskapna volgende boodskap
davie davis[1]  is tans af-lyn  davie davis[1]
Boodskappe: 696
Geregistreer: Maart 2001
Karma: 0
Senior Lid
On Thu, 6 Sep 2001 18:28:46 +0200, "Arthur" wrote:

> "Davie Davis" schreef...
>> Iemand op dieselfde ng het ook eendag so iets kwytgeraak. Toe vra
>> ek wat die verskil is tussen è en é. Daar het die onderwerp geeindig.

> Gloudina se mening:
Daar is 'n effens fonetiese verskil in die uitspraak
van die e dan. En ook meer of mindere aksent.
Die é in né is die begin van die Franse n'est-ce-pas,
en die aksent wil hê dat jy dit moet aksentueer.

En Arthur se reaksie:
> Ons (nederlands) gebruik die é "ee" (lang) soos in "geen" en die è "eh"
> (kort) soos in "het".
>
> Groete,
> Arthur
>

Dankie Gloudina en Arthur, dit is wel heel interessant maar sal meer
leersaam wees indien ons voorbeelde kan kry mét/mèt? :-) redes wààrom
ons wàtter een wààr gebruik.

Waarom sal ons een minder klem lê op een as 'n ander? (Wat dus drie
verskillende toonhoogtes weerspieël e é è )

Dit blyk nie asof iemand 'n antwoord hier het nie so die bal in terug
by Annette wat gesê het dat ek dit verkeerdom gedoen het maar nie weet
waarom sy so gesê het nie :-(

Of praat ons van 'n ander onwelkome siekte wat hier kop uitsteek?

DD
Re: Interessant né [boodskap #49667 is 'n antwoord op boodskap #49665] Do, 06 September 2001 21:11 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Ja - jy dig alweer die verkeerde ding aan my toe - so ek sal dit maar die DD
siekte noem:)))
Danielle het jou attend daarop gemaak dat jy jou strepie verkeerd het:))
Annette

--

Davie Davis skryf in boodskap news:sbnfpt0rap3phsvp134icimks8skr15h0i@4ax.com...
> On Thu, 6 Sep 2001 18:28:46 +0200, "Arthur"
> wrote:
>
>> "Davie Davis" schreef...
>>> Iemand op dieselfde ng het ook eendag so iets kwytgeraak. Toe vra
>>> ek wat die verskil is tussen č en é. Daar het die onderwerp geeindig.
>
>> Gloudina se mening:
> Daar is 'n effens fonetiese verskil in die uitspraak
> van die e dan. En ook meer of mindere aksent.
> Die é in né is die begin van die Franse n'est-ce-pas,
> en die aksent wil hê dat jy dit moet aksentueer.
>
>
> En Arthur se reaksie:
>> Ons (nederlands) gebruik die é "ee" (lang) soos in "geen" en die č "eh"
>> (kort) soos in "het".
>>
>> Groete,
>> Arthur
>>
>
> Dankie Gloudina en Arthur, dit is wel heel interessant maar sal meer
> leersaam wees indien ons voorbeelde kan kry mét/mèt? :-) redes wààrom
> ons wàtter een wààr gebruik.
>
> Waarom sal ons een minder klem lê op een as 'n ander? (Wat dus drie
> verskillende toonhoogtes weerspieël e é è )
>
> Dit blyk nie asof iemand 'n antwoord hier het nie so die bal in terug
> by Annette wat gesê het dat ek dit verkeerdom gedoen het maar nie weet
> waarom sy so gesê het nie :-(
>
> Of praat ons van 'n ander onwelkome siekte wat hier kop uitsteek?
>
> DD
>
Re: Interessant né [boodskap #49670 is 'n antwoord op boodskap #49667] Do, 06 September 2001 21:25 Na vorige boodskapna volgende boodskap
davie davis[1]  is tans af-lyn  davie davis[1]
Boodskappe: 696
Geregistreer: Maart 2001
Karma: 0
Senior Lid
On Thu, 6 Sep 2001 23:11:19 +0200, "Annette" wrote:

> Ja - jy dig alweer die verkeerde ding aan my toe - so ek sal dit maar die DD
> siekte noem:)))
> Danielle het jou attend daarop gemaak dat jy jou strepie verkeerd het:))
> Annette

Groot ekskuus Annette, jy is reg - Bal in jou hande Danielle

DD
Re: Interessant né [boodskap #49673 is 'n antwoord op boodskap #49670] Do, 06 September 2001 21:47 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Mmmmmm-- pssssstttttt!!! Danielle!! DD sê sy bal is in jou hande:))
Annette

Davie Davis skryf in boodskap news:r9qfpt4er122bpdsj3k0hikk7ld40nbr5r@4ax.com...
> On Thu, 6 Sep 2001 23:11:19 +0200, "Annette"
> wrote:
>
>> Ja - jy dig alweer die verkeerde ding aan my toe - so ek sal dit maar die DD
>> siekte noem:)))
>> Danielle het jou attend daarop gemaak dat jy jou strepie verkeerd het:))
>> Annette
>
> Groot ekskuus Annette, jy is reg - Bal in jou hande Danielle
>
> DD
Re: Interessant né [boodskap #49674 is 'n antwoord op boodskap #49673] Do, 06 September 2001 21:52 Na vorige boodskapna volgende boodskap
davie davis[1]  is tans af-lyn  davie davis[1]
Boodskappe: 696
Geregistreer: Maart 2001
Karma: 0
Senior Lid
On Thu, 6 Sep 2001 23:47:56 +0200, "Annette" wrote:

> Mmmmmm-- pssssstttttt!!! Danielle!! DD sê sy bal is in jou hande:))
> Annette
>

Terug by masering?

DD
Re: Interessant né [boodskap #49680 is 'n antwoord op boodskap #49555] Vr, 07 September 2001 00:01 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

Swart Simon wrote:

> Volgens Danielle© (en my woordeboek) moet die strepie 'n Britse
> saluut-strepie en nie 'n Heil Hitler-strepie wees nie. Met ander woorde,
> so: nè.
>
> En volgens my kom die woord glad nie van die Franse n'est-ce-pas af nie,
> maar van 'n inheemse taal. Of is ek verkeerd?

Simon, ek het nog nooit die storie van die inheemse taalgehoor nie, dus wonder
ek darem. Die Dictionary of
South African English is goed in hierdie opsig, en hulle
dink dit kom van Nederlands af. Maar die uitdrukking
in die mond van die San of die Khoi kan ook seker
bygedra het. Miskien moet jy ding die bietjie verder
nagaan - kontak iemand?

Gloudina

>
Re: Interessant né [boodskap #49684 is 'n antwoord op boodskap #49662] Vr, 07 September 2001 03:40 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Wouter Plaasvark  is tans af-lyn  Wouter Plaasvark
Boodskappe: 1004
Geregistreer: Mei 2006
Karma: 0
Senior Lid
Swart Simon
En volgens my kom die woord glad nie van die Franse n'est-ce-pas af nie,
maar van 'n inheemse taal. Of is ek verkeerd?
Weet iemand van watter taal die woord wel kom?

Wouter
Ek raak self deurmekaar met hierdie tekens en wil daarom nie antwoorde
probeer gee nie. Maar hier is drie uittreksels van 'n bespreking op 'n ander
poslys :

Die een is 'n Akuutteken - bv é en word gebruik om:
1. beklemtoning aan te dui
2. by die skryf van vreemde woorde in hulle vreemde spelvorm: attaché bv.
3. in sommige skryfwyses van sekere eiename: Esmé

Die ander word 'n Gravisteken genoem en word as volg gebruik:
1. in die volgende vier gevalle: appèl, dè, hè en nè
2. by die skryf van vreemde woorde in hulle vreemde spelvorm:crèche
3. in sommige skryfwyses van sekere eiename: Eugène

Die akuut - en gravisteken word in sommige skryfwyses van sekere eiename
gebruik: Hélène, Thérèsa

------------------

Albei aksente is Frans. Die é se Franse naam is accent aigu en è word accent
grave genoem. Die hoedjie (ę) is eintlik ook Frans en word accent
circonflexe genoem. Eersgenoemde word soos 'n suiwer, lang ee uitgespreek; è
en è soos in ei(land) maar dan sonder die i-klank op die einde.

------------------

Die jongste Afrikaanse Woordelys het in meeste gevakke die gravis-teken
vervang deur die akkuut. Daar het net vier
oorgebly: appèl, dè, hè en nè. Dit word nog gebruik in sekere eiename soos
Eugène (wanneer Marais bedoel word) teenoor Eugéne (wanneer Terre'Blanche
bedoel word).

Luister maar mooi: daar is 'n verskil in die Arikaanse klanke van die kort
dè, die halfkort sê en die lang Naudé.
Re: DD - nou weet ons van nè: [boodskap #49694 is 'n antwoord op boodskap #49674] Vr, 07 September 2001 06:31 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
So te sê uit die perd se bek:

Vergeet nou maar van hoe hulle klink: dit is baie maklik om te
onthou watter woorde die "è" in kry.

Daar is volgens die nuutste Woordelys en Spelreëls net vier van
hulle:

dè, nè, hè en appèl.

Dit sluit nou eiename soos Eugène uit.

Annette

> wrote:
>
>> Mmmmmm-- pssssstttttt!!! Danielle!! DD sê sy bal is in jou hande:))
>> Annette
>>
>
> Terug by masering?
>
> DD
Re: Interessant né [boodskap #49697 is 'n antwoord op boodskap #49662] Vr, 07 September 2001 06:55 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Kobus Pietersen  is tans af-lyn  Kobus Pietersen
Boodskappe: 358
Geregistreer: April 1998
Karma: 0
Senior Lid
Swart Simon skryf in boodskap news:3b97d773.0@news1.mweb.co.za...

> Volgens Danielle (en my woordeboek) moet die strepie 'n Britse
> saluut-strepie en nie 'n Heil Hitler-strepie wees nie. Met ander woorde,
> so: né.
>
> En volgens my kom die woord glad nie van die Franse n'est-ce-pas af nie,
> maar van 'n inheemse taal. Of is ek verkeerd?
> Weet iemand van watter taal die woord wel kom?

Nè is 'n woord wat vryelik as 'n stopperwoord deur die meeste swartes
gebruik word wanner hulle hul eie tale of Engels praat. Veral in die
onderwys word dit omtrent na elke stelling gebruik.

Ek vra toe nou die dag vir Eugene, 'n Tswana, of dit 'n woord uit een van
die swart tale is. Hy sê toe nee, dis Afrikaans en hulle gebruik dit omdat
dit maklik op die tong val. Ander woorde wat mens dikwels hoor as hulle met
mekaar praat is "mos" en "sommer". "Dankie" en "assamblief" is net so deel
van hulle tale.
Re: Interessant né [boodskap #49711 is 'n antwoord op boodskap #49697] Vr, 07 September 2001 08:46 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Sondagoggend in Die Tale wat Ons Praat het Ernst Kotze ook gemeld dat die
woord ná ook in Japanees voorkom.
Annette

--

Kobus Pietersen skryf in boodskap news:9n9s16$frh$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> Swart Simon wrote in message
> news:3b97d773.0@news1.mweb.co.za...
>
>> Volgens Danielle (en my woordeboek) moet die strepie 'n Britse
>> saluut-strepie en nie 'n Heil Hitler-strepie wees nie. Met ander woorde,
>> so: né.
>>
>> En volgens my kom die woord glad nie van die Franse n'est-ce-pas af nie,
>> maar van 'n inheemse taal. Of is ek verkeerd?
>> Weet iemand van watter taal die woord wel kom?
>
> Nè is 'n woord wat vryelik as 'n stopperwoord deur die meeste swartes
> gebruik word wanner hulle hul eie tale of Engels praat. Veral in die
> onderwys word dit omtrent na elke stelling gebruik.
>
> Ek vra toe nou die dag vir Eugene, 'n Tswana, of dit 'n woord uit een van
> die swart tale is. Hy sê toe nee, dis Afrikaans en hulle gebruik dit omdat
> dit maklik op die tong val. Ander woorde wat mens dikwels hoor as hulle met
> mekaar praat is "mos" en "sommer". "Dankie" en "assamblief" is net so deel
> van hulle tale.
>
Re: Interessant né [boodskap #49726 is 'n antwoord op boodskap #49555] Vr, 07 September 2001 10:53 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Shannon  is tans af-lyn  Shannon
Boodskappe: 220
Geregistreer: Januarie 1999
Karma: 0
Senior Lid
Gebruik hulle nie maar die ' nie? Gelukkig het ons deesdae die rekenaar met
sy "Alt key" kodes
(Alt130)

Shannon

Danielle skryf in boodskap news:9csfptkpjsh52tlgcdg0dde20h0d9qshs7@4ax.com...
> On Thu, 6 Sep 2001 23:47:56 +0200, "Annette"
> wrote:
>
>> Mmmmmm-- pssssstttttt!!! Danielle!! DD sê sy bal is in jou hande:))
>
> Hy jok alweer, dis al laaankal in Simon se hande. :-)))
>
> Ek sit nou hier na by sleutelbord en staar, en kan gladnie sien waar
> die hitler strepie dan nou moet wees nie. Nè s'n is onder die tilde,
> maar waar is die ander ene?
>
> Danielle - die dom feeks van athene...
>
Re: Interessant né [boodskap #49738 is 'n antwoord op boodskap #49555] Vr, 07 September 2001 11:52 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

Annette wrote:

> Sondagoggend in Die Tale wat Ons Praat het Ernst Kotze ook gemeld dat die
> woord nè ook in Japanees voorkom.

Ja, die klank, maar dit word nie met 'n accent grave gespel nie. Enhulle kan
rondspeel met die toon, dit langer of korter maak.
Volgens my man is dit colloquial, en jy sou dit dus nie gebruik
as jy met 'n meerdere praat nie. Dis omtrent dieselfde met
nè. Mens sal nie "nè" gebruik as jy byvoorbeeld u in dieselfde
sin gebruik nie.

Gloudina
Re: Interessant né [boodskap #49751 is 'n antwoord op boodskap #49697] Vr, 07 September 2001 18:21 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Simon van der Schans  is tans af-lyn  Simon van der Schans
Boodskappe: 263
Geregistreer: Januarie 1999
Karma: 0
Senior Lid
Kobus Pietersen wrote in message ...
> Swart Simon wrote in message
> news:3b97d773.0@news1.mweb.co.za...
>
>> Volgens Danielle (en my woordeboek) moet die strepie 'n Britse
>> saluut-strepie en nie 'n Heil Hitler-strepie wees nie. Met ander woorde,
>> so: né.

>> En volgens my kom die woord glad nie van die Franse n'est-ce-pas af nie,
>> maar van 'n inheemse taal. Of is ek verkeerd?
>> Weet iemand van watter taal die woord wel kom?
>
> Nè is 'n woord wat vryelik as 'n stopperwoord deur die meeste swartes
> gebruik word wanner hulle hul eie tale of Engels praat. Veral in die
> onderwys word dit omtrent na elke stelling gebruik.
>
> Ek vra toe nou die dag vir Eugene, 'n Tswana, of dit 'n woord uit een van
> die swart tale is. Hy sê toe nee, dis Afrikaans en hulle gebruik dit omdat
> dit maklik op die tong val. Ander woorde wat mens dikwels hoor as hulle met
> mekaar praat is "mos" en "sommer". "Dankie" en "assamblief" is net so deel
> van hulle tale.

Nee wat. Ek glo nie hierdie Eugene van jou se storie nie. Hy weet nie eers
dat daar óf 'n Britse saluut-strepie óf 'n Heil Hitler-strepie op die
middelste "e" van sy naam moet kom nie.

As die Tswanas dit van Afrikaans oorgeneem het, en hulle dit gebruik omdat
dit so maklik op die tong val selfs as hulle _Engels_ praat (en jy is reg
hier - ek het dit ook gehoor), hoekom sal Afrikaners self dit dan nooit
gebruik as hulle Engels praat nie? Gebruik die Franse ooit "nè" in hulle
spreek-taal as 'n afgekorte vorm van "n'est-ce pas"? Is "nè" in die vroeë
dae van die Kaap reeds gebruik, of is dit eers begin gebruik nadat die
Afrikaner met die swart stamme in die noorde kontak begin maak het?

Ek is maar skepties oor dié mense wat so gou sê dat 'n sekere woord in
Afrikaans van Frans kom. Dis gewoonlik die ou wit omie-gardes met
Broederbond-konneksies wat so lief is om dit te doen. Dit maak Afrikaans
tog so 'n edele taal.

Op elke reël is daar natuurlik uitsonderings. Vat nou maar die Afrikaanse
uitdrukking "se voet". Dit kom natuurlik wel van Frans. Maar watter ou wit
omie Broederbonder sal dit nou wil erken?

Swart Simon
Re: Interessant né [boodskap #49753 is 'n antwoord op boodskap #49751] Vr, 07 September 2001 18:38 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Arthur  is tans af-lyn  Arthur
Boodskappe: 609
Geregistreer: September 2001
Karma: 0
Senior Lid
"Swart Simon" schreef...
> As die Tswanas dit van Afrikaans oorgeneem het, en hulle dit gebruik omdat
> dit so maklik op die tong val selfs as hulle _Engels_ praat (en jy is reg
> hier - ek het dit ook gehoor), hoekom sal Afrikaners self dit dan nooit
> gebruik as hulle Engels praat nie? Gebruik die Franse ooit "nè" in hulle
> spreek-taal as 'n afgekorte vorm van "n'est-ce pas"? Is "nè" in die vroeë
> dae van die Kaap reeds gebruik, of is dit eers begin gebruik nadat die
> Afrikaner met die swart stamme in die noorde kontak begin maak het?

Ek vermoed dat dit gewoon uit "nie" ontstaan is. Julle het so baie "nie"'s
dat hierdie "nie" nie kon blyf bestaan nie sonder om oulyk te klink nie,
nie?

Groeten,
Arthur
Re: Interessant né [boodskap #49757 is 'n antwoord op boodskap #49555] Vr, 07 September 2001 20:16 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

Swart Simon wrote:

> Ek is maar skepties oor dié mense wat so gou sê dat 'n sekere woord in
> Afrikaans van Frans kom. Dis gewoonlik die ou wit omie-gardes met
> Broederbond-konneksies wat so lief is om dit te doen. Dit maak Afrikaans
> tog so 'n edele taal.
>
> Op elke reël is daar natuurlik uitsonderings. Vat nou maar die Afrikaanse
> uitdrukking "se voet". Dit kom natuurlik wel van Frans. Maar watter ou wit
> omie Broederbonder sal dit nou wil erken?

Simon, van watter Fransse uitdrukking kom "se voet"? (ce fut?)Ek het dan altyd
gedink dis verwant aan die Engelse "my foot."

Tant Hessie van die pienk-tannie-brigade.

>
Re: Interessant né [boodskap #49805 is 'n antwoord op boodskap #49555] So, 09 September 2001 07:14 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Kobus Pietersen  is tans af-lyn  Kobus Pietersen
Boodskappe: 358
Geregistreer: April 1998
Karma: 0
Senior Lid
skryf in boodskap news:3B98B60D.DB19B9CE@home.com...

> Volgens my man is dit colloquial, en jy sou dit dus nie gebruik
> as jy met 'n meerdere praat nie.

Mens mag dit dus gebruik as mens met jou praat, né. ?
Re: Interessant né [boodskap #49808 is 'n antwoord op boodskap #49751] So, 09 September 2001 08:10 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Kobus Pietersen  is tans af-lyn  Kobus Pietersen
Boodskappe: 358
Geregistreer: April 1998
Karma: 0
Senior Lid
Swart Simon skryf in boodskap news:3b990ff1.0@news1.mweb.co.za...
> Nee wat. Ek glo nie hierdie Eugene van jou se storie nie. Hy weet nie eers
> dat daar óf 'n Britse saluut-strepie óf 'n Heil Hitler-strepie op die
> middelste "e" van sy naam moet kom nie.

Wie sê vir jou daar moet 'n strepie op sy "e" wees?. 'n Ou omie
Broederbonder dalkies? Nietemin, as daar 'n strepie in sy naam moes wees,
sou dit 'n kort steekspiessie of 'n lang gooispies gewees het, of hoe?

> hoekom sal Afrikaners self dit dan nooit gebruik as hulle Engels praat
nie?
Want hulle gebruik die Engelse "hey" as afkorting vir "is that not true not"

Gebruik die Franse ooit "nè" in hulle spreek-taal as 'n afgekorte vorm van
"n'est-ce pas"?
Dit is klaar 'n afkorting vir "ne est-ce pas"

> is dit eers begin gebruik nadat die Afrikaner met die swart stamme in die
noorde kontak begin maak het?
Die eerste geboekstaafde geval was dus toe die Boere die kort steekspiessies
sien? Toe skree almal gelyk; "nè!" 'n Ander geskiedkundige beweer weer dat
iemand van agter geskree het; "Tipies van die Afrikane om spiese na 'n
gunfight te bring, nè" ! (LOL) Maar watter alfabet het die Afrikane gebruik
toe daar die eerste keer kontak gemaak is, Simon?

> Ek is maar skepties oor dié mense wat so gou sê dat 'n sekere woord in
> Afrikaans van Frans kom. Dit maak Afrikaans tog so 'n edele taal.
Vir jou maak dit Afrikaans tog so on-eedel sou daar 'n groter Afrika invloed
wees?
Moenie so neerkyk op jou mede Afrikane nie, ou Swarte Piet.

> Vat nou maar die Afrikaanse uitdrukking "se voet". Dit kom natuurlik wel van Frans. Maar watter ou wit
> omie Broederbonder sal dit nou wil erken?
'n Ander vraag is watter ou swart omie anti-Broederbonder sal erken dat
"oom" van Afrikaans af kom?
Soos in "Oom Gov", byvoorbeeld. Maak dit hom ook meer edel?
Re: Interessant né [boodskap #49820 is 'n antwoord op boodskap #49555] So, 09 September 2001 12:54 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

Kobus Pietersen wrote:

>
>> Volgens my man is dit colloquial, en jy sou dit dus nie gebruik
>> as jy met 'n meerdere praat nie.
>
> Mens mag dit dus gebruik as mens met jou praat, né. ?

Ja, solank jy die accent grave gebruik, nè.

Gloudina
Re: Interessant né [boodskap #49839 is 'n antwoord op boodskap #49751] So, 09 September 2001 14:39 Na vorige boodskap
Sakkie[3]  is tans af-lyn  Sakkie[3]
Boodskappe: 488
Geregistreer: Mei 2001
Karma: 0
Senior Lid
"Swart Simon" skryf in boodskap news:3b990ff1.0@news1.mweb.co.za...
>
> Ek is maar skepties oor dié mense wat so gou sê dat 'n sekere woord in
> Afrikaans van Frans kom. Dis gewoonlik die ou wit omie-gardes met
> Broederbond-konneksies wat so lief is om dit te doen. Dit maak Afrikaans
> tog so 'n edele taal.
>
Ek weet nie of ek jou reg verstaan nie SS, maar sê jy dat al die ander tale
waaruit Afrikaans ontstaan het nie "edel" is nie. Die gemiddelde Fransman
sal natuurlik heeltemal met jou saamstem.
Sakkie
Vorige onderwerp: Pig Brother en Boeties
Volgende onderwerp: De Ondergang van Zuid-Afrika
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Mei 19 04:18:11 MGT 2024