Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Geweld in SA.
Geweld in SA. [boodskap #4961] Wo, 12 Julie 2006 00:22 na volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Is geweld in SA drasties aan die toeneem die afgelope
paar jaar? As mens mediaberigte lees, dan sou mens
so dink.
Maar wat vir my snaaks is, is die ongesproke vibes
wat ek van familie kry. Net na 1994 was meeste van
hierdie familielede baie geinteresseerd om vir ons te
vertel van die geweld, en hoe mens nerens heen kon
gaan nie. Deesdae kry ons nie meer daardie soort
gevoel nie. Die familielede ry ook oral rond asof daar
geen gevaar is nie. Wat het verander? Ek merk selfs
op dat die aantal aanmerkings wat subtiel anti-swart
is aan die afneem is. Dis nou van familielede wat
in die ou dae Konserwatiewe party sou gestem het.
Ek neem aan daar is baie geweld in SA. Net
soos daar 'n ruk gelede baie meer geweld byvoorbeeld
in New York City was as wat daar nou is. Die afneem
van geweld in New York word gewoonlik toegeskryf
aan die feit dat die baby boomers se kinders die
meer geweld veroorsaak het deur hulle groter getalle,
en dat die verminderde geweld toegeskryf word aan
die verminderende getalle van jongmense onder
twintig.

Gloudina
Re: Geweld in SA. [boodskap #4964 is 'n antwoord op boodskap #4961] Wo, 12 Julie 2006 10:15 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Ferdi Greyling  is tans af-lyn  Ferdi Greyling
Boodskappe: 1232
Geregistreer: Mei 2006
Karma: 0
Senior Lid
On 11 Jul 2006 17:22:39 -0700, "Hessie" <bou...@rogers.com> wrote:

<<>Is geweld in SA drasties aan die toeneem die afgelope
> paar jaar? As mens mediaberigte lees, dan sou mens
> so dink.>>

Geweld gekoppel aan misdaad het toegeneem.

Onder meer vanweë die invloei van desperates vanuit ander lande in
Afrika, waaronder Zimbabwe wat in serious meltdown is.

Geweld was natuurlik inherent aan SA se samelewing.

Alles aangehelp deur 'n polisiemag wat toenemend onbeholpe geraak het
en 'n regering wat die gevaar van misdaad heeltemal onderskat het ...
en 'n president wat baie teësinnig is om foute te erken.


Re: Geweld in SA. [boodskap #4965 is 'n antwoord op boodskap #4961] Wo, 12 Julie 2006 11:30 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Suidwester  is tans af-lyn  Suidwester
Boodskappe: 1579
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Hessie" wrote in message
news:1152663759.630265.252040@b28g2000cwb.googlegroups.com.. .
> Is geweld in SA drasties aan die toeneem die afgelope
> paar jaar? As mens mediaberigte lees, dan sou mens
> so dink.
------Miskien moet jy die Beeld gaan lees op die 'Net en jy sal daagliks
berigte sien van geweld in Suid-Afrika? Wat vir my ontstel, is die graad
van aggressie wat daarmee saamgaan. As 'n mens honger is, of hy wil geld
of goedere steel, is dit sekerlik redelik om aan te neem dat as die
misdadiger die goedere wat hy gekry het, genoeg behoort te wees, maar dit is
in meeste gevalle nie so nie. Absolute wreedheid is deel van die hele
storie en jy sal lees van gevalle waar byvoorbeeld ou mense se voete in
kookwater gebrand is, net om hulle nog seerder te maak.

> Maar wat vir my snaaks is, is die ongesproke vibes
> wat ek van familie kry. Net na 1994 was meeste van
> hierdie familielede baie geinteresseerd om vir ons te
> vertel van die geweld, en hoe mens nerens heen kon
> gaan nie. Deesdae kry ons nie meer daardie soort
> gevoel nie. Die familielede ry ook oral rond asof daar
> geen gevaar is nie. Wat het verander?
-------Het die mense nie maar net bloot misdaad as deel van die lewe aanvaar
en dit nie meer as die moeite werd beskou om daaroor te hanna-hanna nie?
Dis die jammerste van alles. Die aanvaarding. Waar die gemeenskap 'n
moordenaar aan sy ballas met 'n stuk doringdraad opgehang behoort te word in
die publiek, nou aanvaar ons maar........

Ek merk selfs
> op dat die aantal aanmerkings wat subtiel anti-swart
> is aan die afneem is. Dis nou van familielede wat
> in die ou dae Konserwatiewe party sou gestem het.
-------Wee'jy antie, enige mens kan aanpas en leer ook uit ondervinding uit.
Waar die mense in die verlede hulle in frustrasie uitgespreek het oor die
gemors met die nuwe administrasie, die bedrog, die swak diens, ens., raak
mense ook moeg vir kla en dan kom die aanvaarding......
> Ek neem aan daar is baie geweld in SA.
-------Dis nogal erg as jou direkte familie in SA nie meer 'n enkele lid het
wat nie in die een of ander vorm 'n slagoffer was van misdaad nie. En dit
word meer en meer. Die massas word groter en die werkgeleenthede
verminder. Die volk word hongerder en wat anders moet hulle maak? Steel.
Re: Geweld in SA. [boodskap #4967 is 'n antwoord op boodskap #4965] Do, 13 Julie 2006 05:02 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Jonas  is tans af-lyn  Jonas
Boodskappe: 1070
Geregistreer: September 2001
Karma: 0
Senior Lid
Een van die unieke eienskappe van misdaad in Suid-Afrika is die omvang
van sinnelose geweld. Waar 'n weerlose pensioenaris wreed aangerand of
self vermoor word vir beuselagtige items soos 'n selfoon endiesmeer.
Ek het 'n paar jaar in 'n Afrika-staat se hoofstad met nagenoeg 2.5
miljoen mense gewoon. Die armoede daar was veel, veel erger daar as wat
dit tans hier is. Daar was msdaad - maar nie die onnodige geweld nie.
(En die betrokke land se koloniale geskiedenis was veel erger as die
van Suid-Afrika.)
Dan moet ek byvoeg - volgens koerantberigte is geweldsmisdaad besig om
vinnig toe te neem in lande in Oos-Afrika - soos Kenia.
Nog 'n eienskap van Suid-Afrikaanse geweldsmisdaad wat dit uniek maak
is die gebrek aan 'n motief vir die misdaad. 'n Mens wat se kar langs
die pad gaan staan - helder oordag of in die nag, word wreed vermoor
vir 'n paar goedkoop artikels. Asof daar hierdie aasvoëls is wat
bokant sirkel en 'n swak lam raaksien - en vermoor.
Suid-Afrika soos die VSA bestaan uit eiland - eilande van vrede en die
van geweld. En as jy verdwaal tussen die eilande sal jy 'n duur les
geleer word.
Die situasie verbeter nie maar vererger. Die staatsinstellinge, almal
behalwe die Ontvanger, is besig om in duie te stort. Die resultaat van
regstellende opttredes - onbevoegde mense wat in poste en posisies
aangestel word. (En met die bestaande arbeidswetgewing het jy nie eens
'n vae kans om van hierdie dooie hout ontslae te raak nie.)
Ek glo dat korrupsie in hierdie land nie hok geslaan sal word voordat
jy ongekorrupteerde leierskap het nie. Ek daag enige kabinetsminister
om 'n poligraaftoets te slaag dat hy nie besig is/was om hom/haarself
te verryk nie.
Suidwester wrote:
> "Hessie" wrote in message
> news:1152663759.630265.252040@b28g2000cwb.googlegroups.com.. .
>> Is geweld in SA drasties aan die toeneem die afgelope
>> paar jaar? As mens mediaberigte lees, dan sou mens
>> so dink.
> ------Miskien moet jy die Beeld gaan lees op die 'Net en jy sal daagliks
> berigte sien van geweld in Suid-Afrika? Wat vir my ontstel, is die graad
> van aggressie wat daarmee saamgaan. As 'n mens honger is, of hy wil geld
> of goedere steel, is dit sekerlik redelik om aan te neem dat as die
> misdadiger die goedere wat hy gekry het, genoeg behoort te wees, maar dit is
> in meeste gevalle nie so nie. Absolute wreedheid is deel van die hele
> storie en jy sal lees van gevalle waar byvoorbeeld ou mense se voete in
> kookwater gebrand is, net om hulle nog seerder te maak.
>
>> Maar wat vir my snaaks is, is die ongesproke vibes
>> wat ek van familie kry. Net na 1994 was meeste van
>> hierdie familielede baie geinteresseerd om vir ons te
>> vertel van die geweld, en hoe mens nerens heen kon
>> gaan nie. Deesdae kry ons nie meer daardie soort
>> gevoel nie. Die familielede ry ook oral rond asof daar
>> geen gevaar is nie. Wat het verander?
> -------Het die mense nie maar net bloot misdaad as deel van die lewe aanvaar
> en dit nie meer as die moeite werd beskou om daaroor te hanna-hanna nie?
> Dis die jammerste van alles. Die aanvaarding. Waar die gemeenskap 'n
> moordenaar aan sy ballas met 'n stuk doringdraad opgehang behoort te word in
> die publiek, nou aanvaar ons maar........
>
> Ek merk selfs
>> op dat die aantal aanmerkings wat subtiel anti-swart
>> is aan die afneem is. Dis nou van familielede wat
>> in die ou dae Konserwatiewe party sou gestem het.
> -------Wee'jy antie, enige mens kan aanpas en leer ook uit ondervinding uit.
> Waar die mense in die verlede hulle in frustrasie uitgespreek het oor die
> gemors met die nuwe administrasie, die bedrog, die swak diens, ens., raak
> mense ook moeg vir kla en dan kom die aanvaarding......
>> Ek neem aan daar is baie geweld in SA.
> -------Dis nogal erg as jou direkte familie in SA nie meer 'n enkele lid het
> wat nie in die een of ander vorm 'n slagoffer was van misdaad nie. En dit
> word meer en meer. Die massas word groter en die werkgeleenthede
> verminder. Die volk word hongerder en wat anders moet hulle maak? Steel.
Re: Geweld in SA. [boodskap #4968 is 'n antwoord op boodskap #4967] Do, 13 Julie 2006 07:23 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Suidwester  is tans af-lyn  Suidwester
Boodskappe: 1579
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
Ek stem met jou saam en glo dat die hoofoorsaak vir die geweld, die
werkloosheid van die gewone man op straat is. Hoekom steel 'n mens?
Hoofsaaklik omdat hy nie geld verdien en 'n lewe kan maak nie. Wat SA nou
nodig het is 'n regering wat die vinger uit sy hol kan trek en werk kan skep
vir die gewone burger. Dan moet die strawwe wat hy bied vir misdaad,
soveel 'smaakliker' wees. Vir 'n bedelaar om in 'n tronk te gaan sit met
drie etes per dag en 'b dak oor die kop is veel beter as wat hy op straat
het! Gee hom hardepad en werk hom amper vrek sodat hy bang is vir
tronkstraf....en dan, bring die doodstraf terug. Ek kan aan geen enkele
rede dink hoekom daar vir 'n misdadiger meer genade betoon moet word as wat
hy vir sy slagoffers gebied het nie! Of, vermoor hom soos hy gemoor het?
Daar is mense wat reken dit is nie 'n afskrikmiddel nie, maar sy lewe is die
enigste ding van werklike waarde wat meeste van hierdie mense besit.

"Jonas" wrote in message
news:1152766968.238658.53130@m73g2000cwd.googlegroups.com...
Een van die unieke eienskappe van misdaad in Suid-Afrika is die omvang
van sinnelose geweld. Waar 'n weerlose pensionaris wreed aangerand of
self vermoor word vir beuselagtige items soos 'n selfoon endiesmeer.
Ek het 'n paar jaar in 'n Afrika-staat se hoofstad met nagenoeg 2.5
miljoen mense gewoon. Die armoede daar was veel, veel erger daar as wat
dit tans hier is. Daar was misdaad - maar nie die onnodige geweld nie.
(En die betrokke land se koloniale geskiedenis was veel erger as die
van Suid-Afrika.)
Dan moet ek byvoeg - volgens koerantberigte is geweldsmisdaad besig om
vinnig toe te neem in lande in Oos-Afrika - soos Kenia.
Nog 'n eienskap van Suid-Afrikaanse geweldsmisdaad wat dit uniek maak
is die gebrek aan 'n motief vir die misdaad. 'n Mens wat se kar langs
die pad gaan staan - helder oordag of in die nag, word wreed vermoor
vir 'n paar goedkoop artikels. Asof daar hierdie aasvoëls is wat
bokant sirkel en 'n swak lam raaksien - en vermoor.
Suid-Afrika soos die VSA bestaan uit eiland - eilande van vrede en die
van geweld. En as jy verdwaal tussen die eilande sal jy 'n duur les
geleer word.
Die situasie verbeter nie maar vererger. Die staatsinstellinge, almal
behalwe die Ontvanger, is besig om in duie te stort. Die resultaat van
regstellende optredes - onbevoegde mense wat in poste en posisies
aangestel word. (En met die bestaande arbeidswetgewing het jy nie eens
'n vae kans om van hierdie dooie hout ontslae te raak nie.)
Ek glo dat korrupsie in hierdie land nie hok geslaan sal word voordat
jy ongekorrupteerde leierskap het nie. Ek daag enige kabinetsminister
om 'n poligraaftoets te slaag dat hy nie besig is/was om hom/haarself
te verryk nie.
Re: Geweld in SA. [boodskap #4972 is 'n antwoord op boodskap #4968] Vr, 14 Julie 2006 13:50 Na vorige boodskap
Jonas  is tans af-lyn  Jonas
Boodskappe: 1070
Geregistreer: September 2001
Karma: 0
Senior Lid
Miskien demonstreer die berig uit "The Citizen" van vanoggend die
probleem:

"NW Youths torture man to death - "The Citizen" (14 July 2006)
By CATHY THOMPSON
At the same time police were rounding up criminals during a crime blitz
in a tiny North West town, killers were a few streets away torturing a
resident and terrorising his family.
They strangled Frans Paulus Pieterse, 43, with shoe laces after slicing
open his forehead and pouring hot water over him.
The barbarity of his murder and the trauma endured by his wife and two
children has shocked the town of Swartruggens, near Rustenburg.
The police have arrested a youth aged 19 in connection with the crime,
which comes at a time of outrage over spiralling violent attacks on
innocent citizens.
It is believed Pieterse and his wife, Dalene, 33, were asleep at 9pm on
Wednesday when three strangers entered their bedroom through a window.
Pieterse's hands were tied behind his back and he was systematically
tortured, apparently for up to three hours while the intruders
ransacked his home.
Dalene Pieterse also suffered two wounds to her left leg, believed to
have been inflicted with a knife, and the couple's son, Gideon had
scratched to his face.
The exact nature of the assaults on them is not known. Gideon's little
sister, Anuschka, 3, was not harmed.
Swartruggens police were alerted to the murder shortly after midnight,
said Captain Elsabe Augoustides of the Marico area police.
While they were at the Pieterses' house a call came through about three
suspicious characters outside the front door of another house, a few
streets and about 1km away. The resident, Johan Labuschagne, phoned a
neighbour who called the police.
"When the police got there, the three suspects jumped over a wall to
escape. Two of them managed to get away, but police caught the third
suspect," said Capt Augoustides.
The suspect is a 19-year-old youth from Rustenburg. He will appear in
court on a charge of murder soon. ""
Einde van berig.

Suidwester wrote:
> Ek stem met jou saam en glo dat die hoofoorsaak vir die geweld, die
> werkloosheid van die gewone man op straat is. Hoekom steel 'n mens?
> Hoofsaaklik omdat hy nie geld verdien en 'n lewe kan maak nie. Wat SA nou
> nodig het is 'n regering wat die vinger uit sy hol kan trek en werk kan skep
> vir die gewone burger. Dan moet die strawwe wat hy bied vir misdaad,
> soveel 'smaakliker' wees. Vir 'n bedelaar om in 'n tronk te gaan sit met
> drie etes per dag en 'b dak oor die kop is veel beter as wat hy op straat
> het! Gee hom hardepad en werk hom amper vrek sodat hy bang is vir
> tronkstraf....en dan, bring die doodstraf terug. Ek kan aan geen enkele
> rede dink hoekom daar vir 'n misdadiger meer genade betoon moet word as wat
> hy vir sy slagoffers gebied het nie! Of, vermoor hom soos hy gemoor het?
> Daar is mense wat reken dit is nie 'n afskrikmiddel nie, maar sy lewe is die
> enigste ding van werklike waarde wat meeste van hierdie mense besit.
> "Jonas" wrote in message
> news:1152766968.238658.53130@m73g2000cwd.googlegroups.com...
> Een van die unieke eienskappe van misdaad in Suid-Afrika is die omvang
> van sinnelose geweld. Waar 'n weerlose pensioenaris wreed aangerand of
> self vermoor word vir beuselagtige items soos 'n selfoon endiesmeer.
> Ek het 'n paar jaar in 'n Afrika-staat se hoofstad met nagenoeg 2.5
> miljoen mense gewoon. Die armoede daar was veel, veel erger daar as wat
> dit tans hier is. Daar was msdaad - maar nie die onnodige geweld nie.
> (En die betrokke land se koloniale geskiedenis was veel erger as die
> van Suid-Afrika.)
> Dan moet ek byvoeg - volgens koerantberigte is geweldsmisdaad besig om
> vinnig toe te neem in lande in Oos-Afrika - soos Kenia.
> Nog 'n eienskap van Suid-Afrikaanse geweldsmisdaad wat dit uniek maak
> is die gebrek aan 'n motief vir die misdaad. 'n Mens wat se kar langs
> die pad gaan staan - helder oordag of in die nag, word wreed vermoor
> vir 'n paar goedkoop artikels. Asof daar hierdie aasvoëls is wat
> bokant sirkel en 'n swak lam raaksien - en vermoor.
> Suid-Afrika soos die VSA bestaan uit eiland - eilande van vrede en die
> van geweld. En as jy verdwaal tussen die eilande sal jy 'n duur les
> geleer word.
> Die situasie verbeter nie maar vererger. Die staatsinstellinge, almal
> behalwe die Ontvanger, is besig om in duie te stort. Die resultaat van
> regstellende opttredes - onbevoegde mense wat in poste en posisies
> aangestel word. (En met die bestaande arbeidswetgewing het jy nie eens
> 'n vae kans om van hierdie dooie hout ontslae te raak nie.)
> Ek glo dat korrupsie in hierdie land nie hok geslaan sal word voordat
> jy ongekorrupteerde leierskap het nie. Ek daag enige kabinetsminister
> om 'n poligraaftoets te slaag dat hy nie besig is/was om hom/haarself
> te verryk nie.
Vorige onderwerp: Jim Again en FireFox dieselfde persoon?
Volgende onderwerp: Wie kan help?
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Mei 06 08:50:11 MGT 2024