Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » irbisure@pmurg/co.za
Re: makataankonfyttentoonstellingsverenigingvergaderingsekretarisassistentsinusbehandeling [boodskap #49221 is 'n antwoord op boodskap #49199] Sa, 01 September 2001 13:57 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Wouter Plaasvark  is tans af-lyn  Wouter Plaasvark
Boodskappe: 1004
Geregistreer: Mei 2006
Karma: 0
Senior Lid
'n Makataan is 'n kafferwaatlemoen

"Max" skryf in boodskap news:9mq18n$p1s$3@azure.nl.gxn.net...
Huh uh, ek het gesê makataan, maar as jy kafferwaatlemoen verkies, ek
het daarmee geen probleem nie. Wat word dit deesdae
genoem?
Re: makataankonfyttentoonstellingsverenigingvergaderingsekretarisassistentsinusbehandeling [boodskap #49232 is 'n antwoord op boodskap #49199] Sa, 01 September 2001 18:28 Na vorige boodskapna volgende boodskap
davie davis[1]  is tans af-lyn  davie davis[1]
Boodskappe: 696
Geregistreer: Maart 2001
Karma: 0
Senior Lid
On Sat, 1 Sep 2001 08:36:37 +0200, "Max" wrote:

> Huh uh, ek het gesê makataan, maar as jy kafferwaatlemoen verkies, ek
> het daarmee geen probleem nie. Wat word dit deesdae
> genoem?
> ___________________________________________________________
> "Davie Davis"

Kafferwaatlemoen word nie slegs deesdae maketaan genoem nie maar die
woord maketaan (uitgespreek makketàn) ken ek solank as wat ek die
woord kafferwaatlemoen ken. Tog was ek onder die indruk dat julle
besig is met woordspeling en soveel as moontlik letter wil inprop. Ek
het my sakrekenaar Windows se calculator en selfs my vingers gebruik
en is nou een honderd persent seker dat daar meer letters in
kafferwaatlemoen is.

DD
Re: Renostervark? [boodskap #49234 is 'n antwoord op boodskap #49100] Sa, 01 September 2001 19:23 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Wouter Plaasvark  is tans af-lyn  Wouter Plaasvark
Boodskappe: 1004
Geregistreer: Mei 2006
Karma: 0
Senior Lid
Dankie !!!

"Danielle" skryf in boodskap news:d742ptgod3c2876bepvka33k9iac74dp0v@4ax.com...

> Danielle : Ek verkies die plaasvarkie. :-)

> Wouter: Haai Danielle, jy het my gemis!!

>> Baie welkom terug!! :-)
Natuurlik het ek jou gemis.

Danielle
-- ("'-[i]-/").___..--[/i]"`-._
    `6_ 6  )   `-.  (     ).`-.__.`)
    (_Y_.)'  ._   )  _._ `. ``-..-'
  _..`--'_..-_/ _/--'_.' ,'
(il),-''  (li),'  (((.-'
Re: Renostervark? [boodskap #49241 is 'n antwoord op boodskap #49100] Sa, 01 September 2001 19:58 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Ek hou van die renostertjie:))
Behalwe die stuitige horing, het 'n renoster ook 'n sexy tuitlippie:)))
Anneyye

Danielle skryf in boodskap news:icq0ptgt27pguqlt6ne73dqbdvbicbekgm@4ax.com...
> On Thu, 30 Aug 2001 11:39:58 +0200, "Rennie Oster"
> wrote:
>
>> Rennie:
>> Jy verwar nou die Renoster en die Plaasvark, Dave
>> Hulle is twee heel verskillende alter ego's.
>> Watter een verkies julle, die oulike snoesige plaasvarkie
>> of die hardekwas renoster met die stuitige horing? :-)
>
> Ek verkies die plaasvarkie. :-)
>
Re: Renostervark? [boodskap #49253 is 'n antwoord op boodskap #49241] Sa, 01 September 2001 22:40 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Rennie Oster  is tans af-lyn  Rennie Oster
Boodskappe: 72
Geregistreer: Augustus 2001
Karma: 0
Volle Lid
Ja, en dan is ek nog 'n witrenoster ook!

"Annette" skryf in boodskap news:9mreku$3ufi7$4@ID-92016.news.dfncis.de...
Ek hou van die renostertjie:))
Behalwe die stuitige horing, het 'n renoster ook 'n sexy tuitlippie:)))
Anneyye

Danielle skryf in boodskap news:icq0ptgt27pguqlt6ne73dqbdvbicbekgm@4ax.com...
> On Thu, 30 Aug 2001 11:39:58 +0200, "Rennie Oster"
> wrote:
>
>> Rennie:
>> Jy verwar nou die Renoster en die Plaasvark, Dave
>> Hulle is twee heel verskillende alter ego's.
>> Watter een verkies julle, die oulike snoesige plaasvarkie
>> of die hardekwas renoster met die stuitige horing? :-)
>
> Ek verkies die plaasvarkie. :-)
>
Re: makataankonfyttentoonstellingsverenigingvergaderingsekretarisassistentsinusbehandeling [boodskap #49267 is 'n antwoord op boodskap #49232] So, 02 September 2001 07:17 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Max  is tans af-lyn  Max
Boodskappe: 1496
Geregistreer: Februarie 2004
Karma: 0
Senior Lid
Ek dog heeltyd maketaan is die woord vir kafferwaatlemoen sonder
waatlemoen! Ek sak my kop in skaamte...
________________________________________________________

"Davie Davis" skryf in boodskap news:ho92pts6aicg2a35odsddoo96a6s1fiql0@4ax.com...
> On Sat, 1 Sep 2001 08:36:37 +0200, "Max" wrote:
>
>> Huh uh, ek het gesê makataan, maar as jy kafferwaatlemoen verkies, ek
>> het daarmee geen probleem nie. Wat word kafferwaatlemoene deesdae
>> genoem?
>> ___________________________________________________________
>> "Davie Davis"
>
> Kafferwaatlemoen word nie slegs deesdae maketaan genoem nie maar die
> woord maketaan (uitgespreek makketán) ken ek solank as wat ek die
> woord kafferwaatlemoen ken. Tog was ek onder die indruk dat julle
> besig is met woordspeling en soveel as moontlik letter wil inprop. Ek
> het my sakrekenaar Windows se calculator en selfs my vingers gebruik
> en is nou een honderd persent seker dat daar meer letters in
> kafferwaatlemoen is.
>
> DD
Re: makataankonfyttentoonstellingsverenigingvergaderingsekretarisassistentsinusbehandeling [boodskap #49341 is 'n antwoord op boodskap #49203] Ma, 03 September 2001 12:05 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Davie Davis  is tans af-lyn  Davie Davis
Boodskappe: 1013
Geregistreer: November 2001
Karma: 0
Senior Lid
On Sat, 01 Sep 2001 08:59:42 +0200, WWW wrote:

> kafferwaatlemoenkonfyttentoonstellingsverenigingvergaderings ekretarisassistentsinusbehandelingrekeningregstellingafdelin g

kafferwaatlemoenkonfyttentoonstellingsverenigingvergaderings ekretarisassistentsinusbehandelingrekeningregstellingafdelin gs

DD
Re: makataankonfyttentoonstellingsverenigingvergaderingsekretarisassistentsinusbehandeling [boodskap #49345 is 'n antwoord op boodskap #49341] Ma, 03 September 2001 12:35 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

Davie Davis wrote:

> On Sat, 01 Sep 2001 08:59:42 +0200, WWW wrote:
>
>> kafferwaatlemoenkonfyttentoonstellingsverenigingvergaderings ekretarisassistentsinusbehandelingrekeningregstellingafdelin g
>
> kafferwaatlemoenkonfyttentoonstellingsverenigingvergaderings ekretarisassistentsinusbehandelingrekeningregstellingafdelin gs
>
> DD

Kyk, ek is op die punt om te verklaar dat enigiemand wat nog so knaendaan hierdie ellelange woord werk, 'n fiksasie het op sy
jy-weet-wat. Hou
op om met jouself te speel, Davie Davis.
Gister het ek vir die eerste keer iets in die vreemde ge-eet wat naby aan
kafferwaatlemoenstukke gekom het. Hulle het dit "melon sticks" genoem,
maar dit was duidelik die groen skil van iets soos die honeydew, wat
iemand dan versuiker het. Kan mens kafferwaatlemoenstukke kommersieel
in Suid-Afrika koop? Daar is natuurlik 'n verskil tussen kafferwaatlemoen-
stukke en kafferwaatlemoenkonfyt.

Tant Mina, wat stroop kook van die meboskonfyt
met Wellingtonse suiker teen 'n trippens die pond.
Re: makataankonfyttentoonstellingsverenigingvergaderingsekretarisassistentsinusbehandeling [boodskap #49350 is 'n antwoord op boodskap #49099] Ma, 03 September 2001 13:53 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Davie Davis  is tans af-lyn  Davie Davis
Boodskappe: 1013
Geregistreer: November 2001
Karma: 0
Senior Lid
On Mon, 03 Sep 2001 12:35:12 GMT, @home.com wrote:

>

> Gister het ek vir die eerste keer iets in die vreemde ge-eet wat naby aan
> kafferwaatlemoenstukke gekom het. Kan mens kafferwaatlemoenstukke kommersieel
> in Suid-Afrika koop? Daar is natuurlik 'n verskil tussen kafferwaatlemoen-
> stukke en kafferwaatlemoenkonfyt.
>

Gloudina, daar uit die vreemde het jy my roete uit die kantoor vandag
bepaal. Verseker sal ek na my Pick & Pay besoek vanmiddag weet.
Sal dan natuurlik ook weet onder watter naam (indien wel) dit bemark
word.

DD
Re: makataankonfyttentoonstellingsverenigingvergaderingsekretarisassistentsinusbehandeling [boodskap #49365 is 'n antwoord op boodskap #49099] Ma, 03 September 2001 17:45 Na vorige boodskapna volgende boodskap
davie davis[1]  is tans af-lyn  davie davis[1]
Boodskappe: 696
Geregistreer: Maart 2001
Karma: 0
Senior Lid
On Mon, 03 Sep 2001 12:35:12 GMT, @home.com wrote:

>
> Kyk, ek is op die punt om te verklaar dat enigiemand wat nog so knaendaan hierdie ellelange woord werk, 'n fiksasie het op sy
> jy-weet-wat. Hou
> op om met jouself te speel, Davie Davis.

Snaaks dat jy dit sê - ek is wel die ou wat die tema opgehaal het maar
dit is die eerste keer wat ek weer reageer en ek kon nie die
versoeking weerstaan om net 'n 'S' by te las nie

DD
Re: makataankonfyttentoonstellingsverenigingvergaderingsekretarisassistentsinusbehandeling [boodskap #49367 is 'n antwoord op boodskap #49350] Ma, 03 September 2001 17:48 Na vorige boodskapna volgende boodskap
davie davis[1]  is tans af-lyn  davie davis[1]
Boodskappe: 696
Geregistreer: Maart 2001
Karma: 0
Senior Lid
> .....sal ek na my Pick & Pay besoek vanmiddag weet.

uh uh, was nie daar nie want ek het byna van 'n afspraak vergeet.
Sal môre kyk

DD
Konfyte [boodskap #49375 is 'n antwoord op boodskap #49367] Ma, 03 September 2001 18:53 Na vorige boodskapna volgende boodskap
pop  is tans af-lyn  pop
Boodskappe: 157
Geregistreer: Julie 2001
Karma: 0
Senior Lid
Eeuuw, ek het nou op my laaste besoek gesien iemand het tamatiekonfyt saam
met
hulle roosterbrood geët, kan jy aan iets slegter dink as dit?

Pop

Davie Davis skryf in boodskap news:peg7ptku9smu6mh20qvluauj4n89p7bs0b@4ax.com...
>> .....sal ek na my Pick & Pay besoek vanmiddag weet.
>
>
> uh uh, was nie daar nie want ek het byna van 'n afspraak vergeet.
> Sal môre kyk
>
> DD
>
Re: Konfyte [boodskap #49377 is 'n antwoord op boodskap #49375] Ma, 03 September 2001 19:11 Na vorige boodskapna volgende boodskap
davie davis[1]  is tans af-lyn  davie davis[1]
Boodskappe: 696
Geregistreer: Maart 2001
Karma: 0
Senior Lid
On Mon, 3 Sep 2001 13:53:57 -0500, "pop" wrote:

> Eeuuw, ek het nou op my laaste besoek gesien iemand het tamatiekonfyt saam
> met
> hulle roosterbrood geët, kan jy aan iets slegter dink as dit?
>
> Pop
>

Pop, ek is al gekonfyt in tamatiekonfyt eet.

> kan jy aan iets slegter dink as dit?

ja, slakke

DD
Re: Konfyte [boodskap #49393 is 'n antwoord op boodskap #49377] Di, 04 September 2001 02:47 Na vorige boodskapna volgende boodskap
pop  is tans af-lyn  pop
Boodskappe: 157
Geregistreer: Julie 2001
Karma: 0
Senior Lid
Maar Davie my dier, wat skeel jou tog! Wat is lekkerder as
slakke in knoffelsous. Kom nou by en vat jou sweetie
na n Franse restaurant, en bestel slakke (escargot) en sien
vir jouself jou lekker dit is, dit glip so seepglad by jou keel af ! :-)))

Pop

Davie Davis skryf in boodskap news:pbl7pton6k8bnddolu0711sg1fdfl3bku7@4ax.com...
> On Mon, 3 Sep 2001 13:53:57 -0500, "pop" wrote:
>
>> Eeuuw, ek het nou op my laaste besoek gesien iemand het tamatiekonfyt saam
>> met
>> hulle roosterbrood geët, kan jy aan iets slegter dink as dit?
>>
>> Pop
>>
>
> Pop, ek is al gekonfyt in tamatiekonfyt eet.
>
>> kan jy aan iets slegter dink as dit?
>
> ja, slakke
>
> DD
Re: Konfyte [boodskap #49398 is 'n antwoord op boodskap #49375] Di, 04 September 2001 06:04 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Sakkie[3]  is tans af-lyn  Sakkie[3]
Boodskappe: 488
Geregistreer: Mei 2001
Karma: 0
Senior Lid
"Danielle" skryf in boodskap news:gq68pt850knctuep4dmlnbivo7ktq20ltg@4ax.com...
> LOL! Goed gesê!
> Veral lewendige tuinslakke wat my dogter so lekker geeet het toe sy so
> 3 jaar oud was :-((
> Ek is oortuig dat haar rebelse of opstandige houding en hardkoppigheid
> het iets hiermee te make! :-)

Eerder geneties, myns insiens van haar ma af! :-)))))
Re: Konfyte [boodskap #49399 is 'n antwoord op boodskap #49375] Di, 04 September 2001 06:06 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Shannon  is tans af-lyn  Shannon
Boodskappe: 220
Geregistreer: Januarie 1999
Karma: 0
Senior Lid
Danielle skryf in boodskap news:gq68pt850knctuep4dmlnbivo7ktq20ltg@4ax.com...
> On Mon, 03 Sep 2001 21:11:25 +0200, Davie Davis
> wrote:
>
>> Pop, ek is al gekonfyt in tamatiekonfyt eet.
>
> Ja, daar was nogal 'n stadium wat ek ook daarvan gehou het - dit was
> baie lank gelede. Wat is dan fout met tamatiekonfyt?
>
>>> kan jy aan iets slegter dink as dit?
>
>> ja, slakke

Ag nee kom, as ander mense wurms kan eet, gun my dan 'n slakkie of ses. Wat
is nou lekkerder as dit, veral met baie knoffel...

Shannon

> LOL! Goed gesê!
> Veral lewendige tuinslakke wat my dogter so lekker geeet het toe sy so
> 3 jaar oud was :-((
> Ek is oortuig dat haar rebelse of opstandige houding en hardkoppigheid
> het iets hiermee te make! :-)
Re: Konfyte [boodskap #49400 is 'n antwoord op boodskap #49375] Di, 04 September 2001 06:07 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Sakkie[3]  is tans af-lyn  Sakkie[3]
Boodskappe: 488
Geregistreer: Mei 2001
Karma: 0
Senior Lid
"Danielle" skryf in boodskap news:i4g8pto13ast66sgcptfsg6mi3q1oll3jd@4ax.com...
> On Mon, 3 Sep 2001 21:47:37 -0500, "pop" wrote:

> Rou oesters is lekker - ten minste het dit 'n SMAAK! :-)
>

Ek wonder daaroor ook. Die meeste mense gooi dit dood met Tabasco sous.
Wat bly dan van die oester se smaak oor. Ek dink eerder dit gaan oor die
sogenaamde newe-effekte. :-))))
Re: Konfyte [boodskap #49402 is 'n antwoord op boodskap #49375] Di, 04 September 2001 06:21 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Sakkie[3]  is tans af-lyn  Sakkie[3]
Boodskappe: 488
Geregistreer: Mei 2001
Karma: 0
Senior Lid
Jy's te stadig ousus.... Lankal wegekruip :-))))

"Danielle" skryf in boodskap news:uqr8pt87aqmktkkufcstjb23m9ebvtlj9m@4ax.com...
> On Tue, 4 Sep 2001 08:04:24 +0200, "Sakkie"
> wrote:
>
>
>>> Ek is oortuig dat haar rebelse of opstandige houding en hardkoppigheid
>>> het iets hiermee te make! :-)
>>
>> Eerder geneties, myns insiens van haar ma af! :-)))))
>
> LOL! Jy soek mos nou weer meneer! Waar's daai naald!!
> :-)))))))))))))
>
Konfytkokerymaarheldis'nlangwoorddaai [boodskap #49403 is 'n antwoord op boodskap #49367] Di, 04 September 2001 06:56 Na vorige boodskapna volgende boodskap
T de Wet  is tans af-lyn  T de Wet
Boodskappe: 446
Geregistreer: April 2000
Karma: 0
Senior Lid
Ja, die stukke se konfytkokery:

Ma had ook haar makataan (kaffrewaatlemoen) by oom Willie gekry. Die is dan
in stukke opgesny en met 'n eetvurk geprik tot satwordens toe.
"Toe Matthys, moenie daar sit en droom nie. Ek wil die kafferwaatlemoen
klaar kry. Môre is daar al weer ander dinge om te doen."
Dan is die stukke oornag in kalkwater laat lê. Water met gebluste kalk
opgelos, of wat oookal. Dan is die stukke waatlemoen in 'n stroop gekook.
En die hel haal jou as jy probeer om 'n stukkie te "skai" as Ma nie kyk
nie...
Die stukke is dan natuurlik in potte gesit saam met die stroop. Lekker bly
maar lekker.

So 'n hele paar jaar gelede was ek eendag op Worcester se Klein Plasie
landboumusuem. Dit was die dag 'n kokery van 'n ander soort: Potjiekos op
die oop vuur, Broodbak in 'n buite-oond, en daar was iemand wat aalwyn
konfyt gekook het. Al wat ek weet is dat die tante gesê het dat mens dit 'n
koperpot moes kook. Maar ek had nie geproe nie, want dit was glo nog nie
gereed nie. Die stukke aalwyn het my nogal baie aan die
kafferwaatlemoenkonfytkokery herinner.

Gloudina, het jy dalk aan die aalwyn konfyt geproe voor dit reg was?

Thys oppie Bos wat liewer konfyt (selfs tamatiekonfyt) op roosterbrood sal
eet as oesters of slakke vir brekfis...
Onderwys was Re: Konfyte [boodskap #49405 is 'n antwoord op boodskap #49375] Di, 04 September 2001 07:12 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Sakkie[3]  is tans af-lyn  Sakkie[3]
Boodskappe: 488
Geregistreer: Mei 2001
Karma: 0
Senior Lid
Kom-kom Danielle, dis weggekruip, nie wegekruip nie. Met Dina op "kill
file" het ek iemand anders nodig om my spelfoute uit te wys :-))) Iemand
wat meer behulpsaam, minder hoogdrawend en sarkasties is. Ek wonder of die
onderwys dit aan mens doen.

My dogter wil met alle geweld onderwys studeer. Ek kyk na Dina, in elk
geval wat ons weet/sien van haar, en wonder of my dogter ook so 'n
sarkastiese, verbitterde, humorlose en alleen eenoog gaan uitdraai wat
alles/almal probeer afkraak wat nie volgens haar volmaak is nie. Dink jy
onderwys kan dit aan 'n mens doen, of is dit maar in jou karakter of
opvoeding. As ek na Bobby kyk het ek beter hoop.

"Danielle" skryf in boodskap news:vrs8ptov56n02cplgiafvudsv5t0v8vcdo@4ax.com...
> On Tue, 4 Sep 2001 08:21:15 +0200, "Sakkie"
> wrote:
>
>> Jy's te stadig ousus.... Lankal wegekruip :-))))
>
> Dêmmit!!! Nog net so vinnig soos altyd! :-)))
> Eendag gaan ek jou nog bekruip en onverhoeds betrap - elke hond kry sy
> dag...:-)))
>
Re: Onderwys was Re: Konfyte [boodskap #49419 is 'n antwoord op boodskap #49405] Di, 04 September 2001 11:09 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Sakkie[3]  is tans af-lyn  Sakkie[3]
Boodskappe: 488
Geregistreer: Mei 2001
Karma: 0
Senior Lid
> My rolmodel
> was Mnr Voges - onthou jy hom?

Kan mens hom ooit vergeet. St. 7 Wetenskap by hom gekry. Hy was, sover my
kennis strek, nie 'n opgeleide wetenskap onderwyser nie. Ek sal nooit
vergeet toe ons die menslike geslagsorgane behandel het nie. Hy het so 'n
tekening van manlike geslagsdele uitgehaal en oopgerol teen die tekenbord.
Die tekening het natuurlik al die byskrifte gehad. Die een byskrif was nie
heeltemal volgens sy smaak nie toe maak hy maar die regstelling mondelings:
"Hierdie ding wat hier hang vir die wat nie weet wat testes is nie, is
natuurlik 'n bal!" As jy sy aksent kan onthou kan jy jou indink hoe dit
moes klink. Nodeloos om te sê, maar dit was die einde van die andersinds
ordelike periode.
Re: Konfytkokerymaarheldis'nlangwoorddaai [boodskap #49420 is 'n antwoord op boodskap #49403] Di, 04 September 2001 11:17 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Sakkie[3]  is tans af-lyn  Sakkie[3]
Boodskappe: 488
Geregistreer: Mei 2001
Karma: 0
Senior Lid
"Thys de Wet" skryf in boodskap news:9n1ttp$28qd$1@news.adamastor.ac.za...
>
> Thys oppie Bos wat liewer konfyt (selfs tamatiekonfyt) op roosterbrood sal
> eet as oesters of slakke vir brekfis...
>

Regte botter op warm(nie gebrand nie) roosterbrood met lemoen marmelade saam
met soet, swart koffie. Mensig
Re: Konfytkokerymaarheldis'nlangwoorddaai [boodskap #49421 is 'n antwoord op boodskap #49403] Di, 04 September 2001 11:39 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

Thys de Wet wrote:

> Gloudina, het jy dalk aan die aalwyn konfyt geproe voor dit reg was?
>

Thys, weet jy, ek het in 'n huis grootgeword waar daar nooit
kafferwaatlemoenkonfyt gekook is nie. Waarom weet ek nie.
Ek kan dit net onthou as iets wat mens op basaars gekoop het.
Jy moet in ag neem dat waar ek gebly het (op die besproeiings-
lande van die Oranje tussen Upington en die Aughrabiese
Valle) die mense maar baie gelewe het soos die oord waaruit
hulle gekom het voordat hulle na Kakamas getrek het. My ma
se ouers het van Robertson in die Boland gekom, en ek vermoed
dat baie van die dinge wat ons gedoen het maar geskoei was op
wat my ma se ouers in Robertson aan gewoond was.
Ek kan nie sê dat ek ooit van aalwynkonfyt gehoor het nie.
Die bitter toon in my geskrifte is maar net omdat joggies soos jy,
wat nog nat agter die ore is, nie hulle meerderes respekteer nie.

Tant Hessie van die Aughrabiese van Helsdingens
Re: Konfytkokerymaarheldis'nlangwoorddaai [boodskap #49423 is 'n antwoord op boodskap #49403] Di, 04 September 2001 12:01 Na vorige boodskapna volgende boodskap
T de Wet  is tans af-lyn  T de Wet
Boodskappe: 446
Geregistreer: April 2000
Karma: 0
Senior Lid
Aag kom nou ou Anti-alles-waarvan-jy-nie-hou-nie! Is tog nie so erg nie. En
wie's jy miskien om te weet of ek nog nat agter die ore is? Sal ek jou nou
ook begin verkleineer? Oor jy altyd sulke agterlike kappies dra?
Hoe/wat/waar is jou definisie van 'meerderes'?

Thys wat wonner oppie Bos??
skryf in boodskap news:3B94BE93.DE27F9AC@home.com...
Thys de Wet wrote:

> Gloudina, het jy dalk aan die aalwyn konfyt geproe voor dit reg was?
>

Thys, weet jy, ek het in 'n huis grootgeword waar daar nooit
kafferwaatlemoenkonfyt gekook is nie. Waarom weet ek nie.
Ek kan dit net onthou as iets wat mens op basaars gekoop het.
Jy moet in ag neem dat waar ek gebly het (op die besproeiings-
lande van die Oranje tussen Upington en die Aughrabiese
Valle) die mense maar baie gelewe het soos die oord waaruit
hulle gekom het voordat hulle na Kakamas getrek het. My ma
se ouers het van Robertson in die Boland gekom, en ek vermoed
dat baie van die dinge wat ons gedoen het maar geskoei was op
wat my ma se ouers in Robertson aan gewoond was.
Ek kan nie sê dat ek ooit van aalwynkonfyt gehoor het nie.
Die bitter toon in my geskrifte is maar net omdat joggies soos jy,
wat nog nat agter die ore is, nie hulle meerderes respekteer nie.

Tant Hessie van die Aughrabiese van Helsdingens
Re: Konfytkokerymaarheldis'nlangwoorddaai [boodskap #49425 is 'n antwoord op boodskap #49423] Di, 04 September 2001 12:28 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Sakkie[3]  is tans af-lyn  Sakkie[3]
Boodskappe: 488
Geregistreer: Mei 2001
Karma: 0
Senior Lid
"Thys de Wet" skryf in boodskap news:9n2foo$2ih6$1@news.adamastor.ac.za...
> Hoe/wat/waar is jou definisie van 'meerderes'?
>
> Thys wat wonner oppie Bos??

Ek reken die verskil tussen "meerderes" en "ouderdomsverskil" is hier in
gedrang. My veertienjarige seun is my meerdere as dit kom by
rekenaarspeletjies.....
Oom Danie vertel my die anderdag dat elke mens wat lank genoeg lewe kom op
'n punt waar die "oud" gedeelte van ouderdom die "derdom" gedeelte begin
aantas. Ek hoop as ek ook eendag daar uitkom, iemand my hierdie stukkie
gaan wys en vertel dat dit nou tyd is sodat ek myself daarvolgens kan gedra
en nie ook aanhoudend 'n aap van myself maak nie. Dis dieselfde oom Danie
wat jare gelede hard gespook het met die onderwysdepartement om 'n
Afrikaanse skool in 'Toti te stig. Kuswag was die gevolg daarvan.
Re: Konfytkokerymaarheldis'nlangwoorddaai [boodskap #49426 is 'n antwoord op boodskap #49403] Di, 04 September 2001 12:47 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

Thys de Wet wrote:

> En
> wie's jy miskien om te weet of ek nog nat agter die ore is?

Wel Thys, op 'n sekere tydstip in 'n man se lewe begin hy
daarvan hou as mens sê hy is nog nat agter die ore. Ek het
dit eintlik as 'n kompliment bedoel.

Tant Hessie wat nog nooit aalwynkonfyt ge-eet het nie,
en 'n sweetie is.
Re: Konfytkokerymaarheldis'nlangwoorddaai [boodskap #49439 is 'n antwoord op boodskap #49403] Di, 04 September 2001 17:44 Na vorige boodskapna volgende boodskap
davie davis[1]  is tans af-lyn  davie davis[1]
Boodskappe: 696
Geregistreer: Maart 2001
Karma: 0
Senior Lid
On Tue, 04 Sep 2001 12:47:42 GMT, @home.com wrote:

> Thys de Wet wrote:
>
>> En
>> wie's jy miskien om te weet of ek nog nat agter die ore is?
>
> Wel Thys, op 'n sekere tydstip in 'n man se lewe begin hy
> daarvan hou as mens sê hy is nog nat agter die ore.

hiér het oom my ook dronkgeslaan oom Thys,
want ek dink dat die sekere tydstip
in 'n man se lewe begin by dertig!

Ék sou dit geniet het!

van
'n nat agter de ore Davie Davis
Re: Konfyte [boodskap #49458 is 'n antwoord op boodskap #49393] Di, 04 September 2001 20:44 Na vorige boodskapna volgende boodskap
®Tobie©  is tans af-lyn  ®Tobie©
Boodskappe: 379
Geregistreer: September 2001
Karma: 0
Senior Lid
"pop"
: Maar Davie my dier, wat skeel jou tog! Wat is lekkerder as
: slakke in knoffelsous.
~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~
Jy weet Poplap, ek het eens op 'n tyd baie van paddaboutjies
gehou .......... totdat ek hulle (die paddatjies) by die
agterdeur van die restaurant sien uitry het in rolstoeltjies
............
Re: Onderwys was Re: Konfyte [boodskap #49461 is 'n antwoord op boodskap #49405] Di, 04 September 2001 21:20 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Mafuta  is tans af-lyn  Mafuta
Boodskappe: 196
Geregistreer: April 1998
Karma: 0
Senior Lid
"Sakkie" skryf in boodskap news:3b947e7b$0$235@hades.is.co.za...
> Ek wonder of die
> onderwys dit aan mens doen.

Nee-nee, Broer, dis nie die onderwys nie! Ek kan nou sommer aan baie redes
dink, maar nie die onderwys nie!

> Ek kyk na Dina, in elk
> geval wat ons weet/sien van haar, en wonder of my dogter ook so 'n
> sarkastiese, verbitterde, humorlose en alleen eenoog gaan uitdraai wat
> alles/almal probeer afkraak wat nie volgens haar volmaak is nie.

Wel, ek het nog altyd gedink dat die bogenoemde karaktertrekke eerder dui op
'n diepe eensaamheid en inherente minderwaardigheidskompleks. En iemand wat
nooit die geleentheid gehad het om ware en diepgaande sielsgeluk en vrede te
ondervind nie - iemand wat eintlik bejammer moet word - en dis ook hoe ek
diesulke persone beskou.

> As ek na Bobby kyk het ek beter hoop.

Ja-ja, kyk na Bobby - goeie voorbeeld! Die onderwys is vir my 'n wonderlike
beroep - een wat my juis jonk hou, want dit kry my daagliks in voeling met
die onbesonne jeug, en die varsheid in hulle optrede, en die lighartigheid,
en die humor. Ek maak altyd grappe met hulle, hulle vertel my die nuutste
grappe, en ek lag saam met hulle. En ek leer elke dag iets nuuts van
hulle - dis die geheim van my jeugdige en sonnige geaardheid. My rolmodel
was Mnr Voges - onthou jy hom?
Re: Konfyte [boodskap #49598 is 'n antwoord op boodskap #49458] Do, 06 September 2001 09:10 Na vorige boodskap
Shannon  is tans af-lyn  Shannon
Boodskappe: 220
Geregistreer: Januarie 1999
Karma: 0
Senior Lid
en dink net aan al daardie ouerlose klein slakkies! Waaaaaaaaaaa!

®Tobie© skryf in boodskap news:9n7baa$gir$2@ctb-nnrp2.saix.net...
>
> "pop"
> : Maar Davie my dier, wat skeel jou tog! Wat is lekkerder as
> : slakke in knoffelsous.
> ~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~
> Jy weet Poplap, ek het eens op 'n tyd baie van paddaboutjies
> gehou .......... totdat ek hulle (die paddatjies) by die
> agterdeur van die restaurant sien uitry het in rolstoeltjies
> ............
>
Vorige onderwerp: Big brother, small brain
Volgende onderwerp: Hoe gaan dit???
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Mei 18 17:19:41 MGT 2024