Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Kleurloos, karakterloos
Kleurloos, karakterloos [boodskap #4940] Wo, 14 Junie 2006 18:29 na volgende boodskap
Jonas  is tans af-lyn  Jonas
Boodskappe: 1070
Geregistreer: September 2001
Karma: 0
Senior Lid
Terloops kyk ek eergisteraand na 'n onderhoud wat Toks van der Linde en
Kobus Wiese voer met voormalige tenniskampioen Bob Hewitt.
Hewitt maak die opmerking dat daar nie meer "karakters" in die
tenniswêreld is nie. En dit val my weereens op dat dit nie net tennis
en sport is wat gebuk gaan aan 'n gebrek aan karakters nie - maar oral
oor.
Gelukkig het ekke een of twee geken.
Daar was Sammajoor George Crumpton in Tempe. Ek sou saam met hom in 'n
loopgraaf kon klim. (Suidwester het jy van hom geken? Hy's klaarblyklik
so 5 jaar terug in 'n ouetehuis in Pretoria oorlede.)
Daar was 'n Sandy King - huursoldaat van formaat in die Kongo. So sterk
soos 'n leeu - op ouderdom 68. Sy foto pryk in "Mad" Mike Hoare se boek
oor die Kongolese-huursoldate.
Ek het vir 'n instansie gewerk wat eendag psigometriese toetse ontdek
het by die werwing van nuwe personeel. Dit het so 5 jaar geduur toe lyk
al die nuwelinge dieselfde - skrander en "gebalanseerd" - maar aan
innovering en individuele karaktertrekke baie min. Eintlik kleurloos.
Wat kan ons doen om karakters terug te bring in hierdie wêreld?
Re: Kleurloos, karakterloos [boodskap #4941 is 'n antwoord op boodskap #4940] Do, 15 Junie 2006 04:19 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Otterkop  is tans af-lyn  Otterkop
Boodskappe: 378
Geregistreer: Maart 2006
Karma: 0
Senior Lid
Jy het mos vir Ferdi.

"Jonas" wrote in message news:1150309769.397664.57440@h76g2000cwa.googlegroups.com...
> Terloops kyk ek eergisteraand na 'n onderhoud wat Toks van der Linde en
> Kobus Wiese voer met voormalige tenniskampioen Bob Hewitt.
> Hewitt maak die opmerking dat daar nie meer "karakters" in die
> tenniswêreld is nie. En dit val my weereens op dat dit nie net tennis
> en sport is wat gebuk gaan aan 'n gebrek aan karakters nie - maar oral
> oor.
> Gelukkig het ekke een of twee geken.
> Daar was Sammajoor George Crumpton in Tempe. Ek sou saam met hom in 'n
> loopgraaf kon klim. (Suidwester het jy van hom geken? Hy's klaarblyklik
> so 5 jaar terug in 'n ouetehuis in Pretoria oorlede.)
> Daar was 'n Sandy King - huursoldaat van formaat in die Kongo. So sterk
> soos 'n leeu - op ouderdom 68. Sy foto pryk in "Mad" Mike Hoare se boek
> oor die Kongolese-huursoldate.
> Ek het vir 'n instansie gewerk wat eendag psigometriese toetse ontdek
> het by die werwing van nuwe personeel. Dit het so 5 jaar geduur toe lyk
> al die nuwelinge dieselfde - skrander en "gebalanseerd" - maar aan
> innovering en individuele karaktertrekke baie min. Eintlik kleurloos.
> Wat kan ons doen om karakters terug te bring in hierdie wêreld?
Re: Kleurloos, karakterloos [boodskap #4942 is 'n antwoord op boodskap #4941] Do, 15 Junie 2006 05:04 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Jonas  is tans af-lyn  Jonas
Boodskappe: 1070
Geregistreer: September 2001
Karma: 0
Senior Lid
Ferdietjiekie. Anti Totti se agter(uit)ryertjie.
Ja voorwaar. Die woorde kleurloos en karakterloos het seker sy
oorsprong daar gehad?

Otterkop wrote:
> jy het mos vir Ferdi
>
> "Jonas" wrote in message
> news:1150309769.397664.57440@h76g2000cwa.googlegroups.com...
>> Terloops kyk ek eergisteraand na 'n onderhoud wat Toks van der Linde en
>> Kobus Wiese voer met voormalige tenniskampioen Bob Hewitt.
>> Hewitt maak die opmerking dat daar nie meer "karakters" in die
>> tenniswêreld is nie. En dit val my weereens op dat dit nie net tennis
>> en sport is wat gebuk gaan aan 'n gebrek aan karakters nie - maar oral
>> oor.
>> Gelukkig het ekke een of twee geken.
>> Daar was Sammajoor George Crumpton in Tempe. Ek sou saam met hom in 'n
>> loopgraaf kon klim. (Suidwester het jy van hom geken? Hy's klaarblyklik
>> so 5 jaar terug in 'n ouetehuis in Pretoria oorlede.)
>> Daar was 'n Sandy King - huursoldaat van formaat in die Kongo. So sterk
>> soos 'n leeu - op ouderdom 68. Sy foto pryk in "Mad" Mike Hoare se boek
>> oor die Kongolese-huursoldate.
>> Ek het vir 'n instansie gewerk wat eendag psigometriese toetse ontdek
>> het by die werwing van nuwe personeel. Dit het so 5 jaar geduur toe lyk
>> al die nuwelinge dieselfde - skrander en "gebalanseerd" - maar aan
>> innovering en individuele karaktertrekke baie min. Eintlik kleurloos.
>> Wat kan ons doen om karakters terug te bring in hierdie wêreld?
Re: Kleurloos, karakterloos [boodskap #4943 is 'n antwoord op boodskap #4940] Vr, 16 Junie 2006 12:27 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Suidwester  is tans af-lyn  Suidwester
Boodskappe: 1579
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
Nee, ek het hom nie geken nie. 'Karakter' word myns insiens geskep deur
lewenservaringe. Dit is wat goed soos diensplig, rugbytoere, ontgroening,
ens. vir 'n mens gee. Dis hoekom hulle van karakterbouing praat in swaar
fisiese opleiding. Dis waar jy die mens vat na die buitegrense van sy
uithouvermoë....en verby en dan sien van watter staal is die man gemaak.
Kom hy daar deur, dan het hy iets bereik en het hy iets om oor te praat.
'n Prestasie, m.a.w.
Vandag gee hulle 'n model van wat die ideale ou sal wees en hoe om
perfeksie te bereik. Almal haal dit en almal is uitstekend...maar sonder
karakter.

"Jonas" wrote in message
news:1150309769.397664.57440@h76g2000cwa.googlegroups.com...
> Terloops kyk ek eergisteraand na 'n onderhoud wat Toks van der Linde en
> Kobus Wiese voer met voormalige tenniskampioen Bob Hewitt.
> Hewitt maak die opmerking dat daar nie meer "karakters" in die
> tenniswêreld is nie. En dit val my weereens op dat dit nie net tennis
> en sport is wat gebuk gaan aan 'n gebrek aan karakters nie - maar oral
> oor.
> Gelukkig het ekke een of twee geken.
> Daar was Sammajoor George Crumpton in Tempe. Ek sou saam met hom in 'n
> loopgraaf kon klim. (Suidwester het jy van hom geken? Hy's klaarblyklik
> so 5 jaar terug in 'n ouetehuis in Pretoria oorlede.)
> Daar was 'n Sandy King - huursoldaat van formaat in die Kongo. So sterk
> soos 'n leeu - op ouderdom 68. Sy foto pryk in "Mad" Mike Hoare se boek
> oor die Kongolese-huursoldate.
> Ek het vir 'n instansie gewerk wat eendag psigometriese toetse ontdek
> het by die werwing van nuwe personeel. Dit het so 5 jaar geduur toe lyk
> al die nuwelinge dieselfde - skrander en "gebalanseerd" - maar aan
> innovering en individuele karaktertrekke baie min. Eintlik kleurloos.
> Wat kan ons doen om karakters terug te bring in hierdie wêreld?
Re: Kleurloos, karakterloos [boodskap #4946 is 'n antwoord op boodskap #4940] Wo, 21 Junie 2006 08:18 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Dit kos 'n bietjie mannemoed en ongevoeligheid, 'n aks selfsugtigheid en
selfs 'n sprankie traak-my-nie- agtigheid om 'n "karakter" te wees.
Mense is maar net te besorg oor wat ander mense van hulle sal dink, daarom
die huiwering om buite die kassie op te tree en dan "gebrandmerk" te word as
'n karakter.

--
Groetnis
Annette

"Jonas" wrote in message news:1150309769.397664.57440@h76g2000cwa.googlegroups.com...
> Terloops kyk ek eergisteraand na 'n onderhoud wat Toks van der Linde en
> Kobus Wiese voer met voormalige tenniskampioen Bob Hewitt.
> Hewitt maak die opmerking dat daar nie meer "karakters" in die
> tenniswêreld is nie. En dit val my weereens op dat dit nie net tennis
> en sport is wat gebuk gaan aan 'n gebrek aan karakters nie - maar oral
> oor.
> Gelukkig het ekke een of twee geken.
> Daar was Sammajoor George Crumpton in Tempe. Ek sou saam met hom in 'n
> loopgraaf kon klim. (Suidwester het jy van hom geken? Hy's klaarblyklik
> so 5 jaar terug in 'n ouetehuis in Pretoria oorlede.)
> Daar was 'n Sandy King - huursoldaat van formaat in die Kongo. So sterk
> soos 'n leeu - op ouderdom 68. Sy foto pryk in "Mad" Mike Hoare se boek
> oor die Kongolese-huursoldate.
> Ek het vir 'n instansie gewerk wat eendag psigometriese toetse ontdek
> het by die werwing van nuwe personeel. Dit het so 5 jaar geduur toe lyk
> al die nuwelinge dieselfde - skrander en "gebalanseerd" - maar aan
> innovering en individuele karaktertrekke baie min. Eintlik kleurloos.
> Wat kan ons doen om karakters terug te bring in hierdie wêreld?
Re: Kleurloos, karakterloos [boodskap #4947 is 'n antwoord op boodskap #4946] Do, 22 Junie 2006 08:28 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Suidwester  is tans af-lyn  Suidwester
Boodskappe: 1579
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Annette" wrote in message
news:4aCdnU38Or04mQTZnZ2dnUVZ_r-dnZ2d@is.co.za...
> Dit kos 'n bietjie mannemoed en ongevoeligheid, 'n aks selfsugtigheid en
> selfs 'n sprankie traak-my-nie- agtigheid om 'n "karakter" te wees.
> Mense is maar net te besorg oor wat ander mense van hulle sal dink,
> daarom
> die huiwering om buite die kassie op te tree en dan "gebrandmerk" te word
> as
> 'n karakter.
-----Wat jy beskryf is alles eienskappe van die presteerder, is dit nie?
Is dit nie opvallend hoe die Afrikaner juis graag vandag nie in die skare
wil uitstaan nie en eerder kop in die grond wil steek nie? Ek wonder
hoekom? Is hy bang of skaam vir die verlede of is dit omdat hy steeds
verlang na daai verlede dat hy te bang is om ander mense in die oë te kyk?
Ek? Ek reken die Afrikanerjeug is so doelloos en planloos soos die
Springbok rugbyspan. Daarom loop hulle eerder kop onderstebo tussen die
skares en is te bang om herken te word.
Re: Kleurloos, karakterloos [boodskap #4948 is 'n antwoord op boodskap #4947] Do, 22 Junie 2006 22:11 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Suidwester schrieb:

> Is dit nie opvallend hoe die Afrikaner juis graag vandag nie in die skare
> wil uitstaan nie en eerder kop in die grond wil steek nie? Ek wonder
> hoekom? Is hy bang of skaam vir die verlede of is dit omdat hy steeds
> verlang na daai verlede dat hy te bang is om ander mense in die oë te kyk?

Ek word moeg vir hierdie gegorrel oor "die Afrikaner"
en wat hy nou veronderstel is om te doen en te wees.
"DIE Afrikaner" was nog altyd 'n politieke uitdrukking,
geskep om politieke doeleindes te bereik. Veral deur
'n sekere faksie binne die Afrikaans-sprekende
gemeenskap met fascistiese neigings. Wees dus
nou bly dat die Afrikaans-sprekendes onder die
bevolking van SA nie meer soos die SS en die Hitler-
jugend optree nie. ( Hier in Kanada is ons versigtig
vir daardie ouens wat praat van "Canadians" en net
die whitey Engels-sprekers bedoel, en immigrante
nie as Canadians beskou nie.)

Gloudina
Re: Kleurloos, karakterloos [boodskap #4952 is 'n antwoord op boodskap #4948] Vr, 23 Junie 2006 12:18 Na vorige boodskap
Suidwester  is tans af-lyn  Suidwester
Boodskappe: 1579
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
Tante, as jy nie so begeerlik was om twak te praat nie, dan kan mens jou
dalk verskoon. Annette en ek praat van blanke Afrikaansprekende
mense...oor die algemeen genoem die Afrikaner. As jy wil hê ek moet elke
keer dit spesifiseer net omdat jy 'n politieke issue het daarmee, jou moer
ook.

wrote in message
news:1151014268.494311.164700@u72g2000cwu.googlegroups.com.. .

Ek word moeg vir hierdie gegorrel oor "die Afrikaner"
en wat hy nou veronderstel is om te doen en te wees.

Gloudina
Vorige onderwerp: Ry of bly
Volgende onderwerp: Kanadese ereburgers
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Mei 05 23:50:18 MGT 2024