| Kleurloos, karakterloos [boodskap #4940] |
Wo., 14 Junie 2006 18:29  |
Jonas
Boodskappe: 1070 Geregistreer: September 2001
|
Senior Lid |
|
|
Terloops kyk ek eergisteraand na 'n onderhoud wat Toks van der Linde en
Kobus Wiese voer met voormalige tenniskampioen Bob Hewitt.
Hewitt maak die opmerking dat daar nie meer "karakters" in die
tenniswêreld is nie. En dit val my weereens op dat dit nie net tennis
en sport is wat gebuk gaan aan 'n gebrek aan karakters nie - maar oral
oor.
Gelukkig het ekke een of twee geken.
Daar was Sammajoor George Crumpton in Tempe. Ek sou saam met hom in 'n
loopgraaf kon klim. (Suidwester het jy van hom geken? Hy's klaarblyklik
so 5 jaar terug in 'n ouetehuis in Pretoria oorlede.)
Daar was 'n Sandy King - huursoldaat van formaat in die Kongo. So sterk
soos 'n leeu - op ouderdom 68. Sy foto pryk in "Mad" Mike Hoare se boek
oor die Kongolese-huursoldate.
Ek het vir 'n instansie gewerk wat eendag psigometriese toetse ontdek
het by die werwing van nuwe personeel. Dit het so 5 jaar geduur toe lyk
al die nuwelinge dieselfde - skrander en "gebalanseerd" - maar aan
innovering en individuele karaktertrekke baie min. Eintlik kleurloos.
Wat kan ons doen om karakters terug te bring in hierdie wêreld?
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
| Re: Kleurloos, karakterloos [boodskap #4946 is 'n antwoord op boodskap #4940] |
Wo., 21 Junie 2006 08:18   |
Annette
Boodskappe: 11111 Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Dit kos 'n bietjie mannemoed en ongevoeligheid, 'n aks selfsugtigheid en
selfs 'n sprankie traak-my-nie- agtigheid om 'n "karakter" te wees.
Mense is maar net te besorg oor wat ander mense van hulle sal dink, daarom
die huiwering om buite die kassie op te tree en dan "gebrandmerk" te word as
'n karakter.
--
Groetnis
Annette
"Jonas" wrote in message news:1150309769.397664.57440@h76g2000cwa.googlegroups.com...
> Terloops kyk ek eergisteraand na 'n onderhoud wat Toks van der Linde en
> Kobus Wiese voer met voormalige tenniskampioen Bob Hewitt.
> Hewitt maak die opmerking dat daar nie meer "karakters" in die
> tenniswêreld is nie. En dit val my weereens op dat dit nie net tennis
> en sport is wat gebuk gaan aan 'n gebrek aan karakters nie - maar oral
> oor.
> Gelukkig het ekke een of twee geken.
> Daar was Sammajoor George Crumpton in Tempe. Ek sou saam met hom in 'n
> loopgraaf kon klim. (Suidwester het jy van hom geken? Hy's klaarblyklik
> so 5 jaar terug in 'n ouetehuis in Pretoria oorlede.)
> Daar was 'n Sandy King - huursoldaat van formaat in die Kongo. So sterk
> soos 'n leeu - op ouderdom 68. Sy foto pryk in "Mad" Mike Hoare se boek
> oor die Kongolese-huursoldate.
> Ek het vir 'n instansie gewerk wat eendag psigometriese toetse ontdek
> het by die werwing van nuwe personeel. Dit het so 5 jaar geduur toe lyk
> al die nuwelinge dieselfde - skrander en "gebalanseerd" - maar aan
> innovering en individuele karaktertrekke baie min. Eintlik kleurloos.
> Wat kan ons doen om karakters terug te bring in hierdie wêreld?
|
|
|
|
|
|
|
|
| Re: Kleurloos, karakterloos [boodskap #4952 is 'n antwoord op boodskap #4948] |
Vr., 23 Junie 2006 12:18  |
Suidwester
Boodskappe: 1579 Geregistreer: Augustus 2003
|
Senior Lid |
|
|
Tante, as jy nie so begeerlik was om twak te praat nie, dan kan mens jou
dalk verskoon. Annette en ek praat van blanke Afrikaansprekende
mense...oor die algemeen genoem die Afrikaner. As jy wil hê ek moet elke
keer dit spesifiseer net omdat jy 'n politieke issue het daarmee, jou moer
ook.
wrote in message
news:1151014268.494311.164700@u72g2000cwu.googlegroups.com.. .
Ek word moeg vir hierdie gegorrel oor "die Afrikaner"
en wat hy nou veronderstel is om te doen en te wees.
Gloudina
|
|
|
|