Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Gondwanaland
Gondwanaland [boodskap #4916] Di, 30 Mei 2006 15:02 na volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Die kontinente van die aarde het nie altyd gelyk soos dit
vandag lyk nie. Mens weet dat Afrika en Suid-Amerika
oorspronklik een was in die oer-kontinent van Gondwana-
land, en dat dit later van mekaar weggebreek het. Deel
van die oorspronklike Gondwanaland het ook weggebreek
in die ooste en opgedryf in die rigting van Indië. Wat vir
die Kanadees baie interessant is, is dat 'n deel daarvan
ook weggebreek het en noordwaarts beweeg het en nou
deel uitmaak van die Kanadese Maritieme provinsies.
As mens die honderd of so kilometers tussen Fredericton
en Saint John in New Brunswick afry, dan gaan jy êrens
tussenin oor van oorspronklike Noord-Amerikaanse
grond na bodem wat oorspronklik Gondwanaland was.
Halifax kon miljoene jare gelede die voorstad van
Casablanca gewees het.

Gloudina
Re: Gondwanaland [boodskap #4918 is 'n antwoord op boodskap #4916] Wo, 31 Mei 2006 09:52 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Suidwester  is tans af-lyn  Suidwester
Boodskappe: 1579
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
Sal jy dan nie verseker kan sê nie? Dit moet mos so ongeveer in jou
jeugjare gebeur het?
wrote in message
news:1149001371.702134.238810@y43g2000cwc.googlegroups.com.. .
Die kontinente van die aarde het nie altyd gelyk soos dit
vandag lyk nie. Mens weet dat Afrika en Suid-Amerika
oorspronklik een was in die oer-kontinent van Gondwana-
land, en dat dit later van mekaar weggebreek het. Deel
van die oorspronklike Gondwanaland het ook weggebreek
in die ooste en opgedryf in die rigting van Indië. Wat vir
die Kanadees baie interessant is, is dat 'n deel daarvan
ook weggebreek het en noordwaarts beweeg het en nou
deel uitmaak van die Kanadese Maritieme provinsies.
As mens die honderd of so kilometers tussen Fredericton
en Saint John in New Brunswick afry, dan gaan jy êrens
tussenin oor van oorspronklike Noord-Amerikaanse
grond na bodem wat oorspronklik Gondwanaland was.
Halifax kon miljoene jare gelede die voorstad van
Casablanca gewees het.

Gloudina
Re: Gondwanaland [boodskap #4919 is 'n antwoord op boodskap #4918] Wo, 31 Mei 2006 21:55 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Suidwester skryf

> Sal jy dan nie verseker kan sê nie? Dit moet mos so ongeveer in jou
> jeugjare gebeur het?

Daar is niks meer boring as 'n volwasse man
wat katterig is nie. Dit laat hom lyk na 'n
sissie.

Tant Hessie van die Nossob
Re: Gondwanaland [boodskap #4920 is 'n antwoord op boodskap #4916] Wo, 31 Mei 2006 22:06 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
> Die kontinente van die aarde het nie altyd gelyk soos dit
> vandag lyk nie. Mens weet dat Afrika en Suid-Amerika
> oorspronklik een was in die oer-kontinent van Gondwana-
> land, en dat dit later van mekaar weggebreek het. Deel
> van die oorspronklike Gondwanaland het ook weggebreek
> in die ooste en opgedryf in die rigting van Indië.

Nog 'n interessante brokkie wat ek hieroor in 'n
ander boek gelees het: In Suid Amerika, op die
plek waar Afrika en Suid Amerika miljoene jare
gelede één was, kry hulle alluviale diamante,
sonder enige rede daarvoor, behalwe dat dit
deel was van dieselfde pyplyn wat diamante
aan die mond van die Oranje-rivier gee. Dieselfde
gebeur in Indië - daar is 'n area waar hulle diamante
vind, en die enigste verklaring daarvoor is dat dit
deel was van dieselfde pyplyn diamante in die
oorspronklike Gondwanaland, wat veroorsaak het
dat SA so ryk aan diamante is.
Vir ander mag hierdie saak miskien net
akademies interessant wees. Maar vir iemand wat
in haar jeug gaan "diamante soek" het in die
uitgewerkte kleims wat in die heuwels rondom
Marchand gevind kon word, is dit nogal van
persoonlike belang. Blykbaar het die Oranje
oor die eeue effens van vloei verskuif, en was
daar dus alluviale diamante in die heuwels
rondom Marchand.
Ons het nooit diamante gekry nie. Wel
soms klein robyne. Robyne is altyd teenwoordig
waar daar diamante is.

Gloudina
Re: Gondwanaland [boodskap #4922 is 'n antwoord op boodskap #4920] Do, 01 Junie 2006 07:46 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Suidwester  is tans af-lyn  Suidwester
Boodskappe: 1579
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
Hier by ons is 'n slim dame met die naam van Nicole Grünert wat 'n geoloog
is wat 'n boek geskryf het met die naam van: 'Namibia Fascination of
Geology'. Dit word getipeer as 'a travel handbook'. Oor die algemeen is
dit mos die akedemikus wat probeer 'opskryf' in die waas van sy eie
belangrikheid of om homself belangrik te maak. Hier het jy iemand wat die
behoefte besef het van die gewone toeris wat die wonderlike geologie van ons
land elke dag sien en wonder hoe het alles tot stand gekom. Sy verduidelik
alles in verstaanbare taal en terme sodat ons dom donners vir 'n slag iets
kan verstaan!

In elk geval, sy reken Namibië het een van die mees stabiele
grondstrukture op die aardbol [die dat die VSA, Europa, Kanada, ens. almal
so graag kernafval hier in ons woestyne wil kom begrawe] en dat die eerste
kraak van die Godwana-skeiding juis ongeveer langs die Namibiese kus begin
het. [Die Gobabis-boere stry natuurlik dat hulle vrek, want hulle reken
daai laaste faait by die 40's se groot verkiesing was die oorsaak!] In elk
geval, jou diamante-teorie kan sekerlik reg wees, maar daar is iets anders
wat my weer opval:

Afrika se westekant is droog en Suid-Amerika se oostekant is nat.
So is die weste van die VSA droog en die oostekant drup van die water. So
ook Australië.

wrote in message
news:1149113178.568085.207220@j55g2000cwa.googlegroups.com.. .

Nog 'n interessante brokkie wat ek hieroor in 'n
ander boek gelees het: In Suid Amerika, op die
plek waar Afrika en Suid Amerika miljoene jare
gelede één was, kry hulle alluviale diamante,
sonder enige rede daarvoor, behalwe dat dit
deel was van dieselfde pyplyn wat diamante
aan die mond van die Oranje-rivier gee. Dieselfde
gebeur in Indië - daar is 'n area waar hulle diamante
vind, en die enigste verklaring daarvoor is dat dit
deel was van dieselfde pyplyn diamante in die
oorspronklike Gondwanaland, wat veroorsaak het
dat SA so ryk aan diamante is.
Vir ander mag hierdie saak miskien net
akademies interessant wees. Maar vir iemand wat
in haar jeug gaan "diamante soek" het in die
uitgewerkte kleims wat in die heuwels rondom
Marchand gevind kon word, is dit nogal van
persoonlike belang. Blykbaar het die Oranje
oor die eeue effens van vloei verskuif, en was
daar dus alluviale diamante in die heuwels
rondom Marchand.
Ons het nooit diamante gekry nie. Wel
soms klein robyne. Robyne is altyd teenwoordig
waar daar diamante is.

Gloudina
Re: Gondwanaland [boodskap #4923 is 'n antwoord op boodskap #4922] Do, 01 Junie 2006 12:16 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Suidwester skryf


> maar daar is iets anders > wat my weer opval:
> Afrika se westekant is droog en Suid-Amerika se oostekant is nat.
> So is die weste van die VSA droog en die oostekant drup van die water. So
> ook Australië.

Ek praat onder korreksie, maar ek dink dit het
te doen met die heersende winde en die nabyheid
van watermassas. En ook met watter breedtegraad
die land is waarna jy verwys. Onthou, as jy sê dat
die VSA se hele westekant droog is, dan maak jy
'n fout. Dis net die deel wat in die Mediterreense
klimaat se breedtegrade lê wat so droog is. Soos
mens in Oregon begin kom, en dan op in Kanada,
is daar woude op die weskus. Dieselfde met
Afrika. Namibië is droog, maar net bo julle in
Angola en verder op is daar woude op die
westekant. Totdat jy weer bo in die Mediterreense
klimaat kom, en dan begin dit weer droog word.

Gloudina
Re: Gondwanaland [boodskap #4924 is 'n antwoord op boodskap #4920] Vr, 02 Junie 2006 11:29 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Jonas  is tans af-lyn  Jonas
Boodskappe: 1070
Geregistreer: September 2001
Karma: 0
Senior Lid
Ja - die robyne en diamante gaan saam. Maar nie noodwendig nie...
My Oupa het gaan delf naby Christiana in die Wes-Transvaal op sy dag.
En met net 'n botteltjie robyne teruggekom - volgens my Ouma.
"Continental drift" (ek ken nie die Afrikaans nie) was aanvanklik bloot
'n teorie - vandag is natuurlik 'n voldwonge feit.

bou...@rogers.com wrote:
>> Die kontinente van die aarde het nie altyd gelyk soos dit
>> vandag lyk nie. Mens weet dat Afrika en Suid-Amerika
>> oorspronklik een was in die oer-kontinent van Gondwana-
>> land, en dat dit later van mekaar weggebreek het. Deel
>> van die oorspronklike Gondwanaland het ook weggebreek
>> in die ooste en opgedryf in die rigting van Indië.
>
> Nog 'n interessante brokkie wat ek hieroor in 'n
> ander boek gelees het: In Suid Amerika, op die
> plek waar Afrika en Suid Amerika miljoene jare
> gelede één was, kry hulle alluviale diamante,
> sonder enige rede daarvoor, behalwe dat dit
> deel was van dieselfde pyplyn wat diamante
> aan die mond van die Oranje-rivier gee. Dieselfde
> gebeur in Indië - daar is 'n area waar hulle diamante
> vind, en die enigste verklaring daarvoor is dat dit
> deel was van dieselfde pyplyn diamante in die
> oorspronklike Gondwanaland, wat veroorsaak het
> dat SA so ryk aan diamante is.
> Vir ander mag hierdie saak miskien net
> akademies interessant wees. Maar vir iemand wat
> in haar jeug gaan "diamante soek" het in die
> uitgewerkte kleims wat in die heuwels rondom
> Marchand gevind kon word, is dit nogal van
> persoonlike belang. Blykbaar het die Oranje
> oor die eeue effens van vloei verskuif, en was
> daar dus alluviale diamante in die heuwels
> rondom Marchand.
> Ons het nooit diamante gekry nie. Wel
> soms klein robyne. Robyne is altyd teenwoordig
> waar daar diamante is.
>
> Gloudina
Re: Gondwanaland [boodskap #4925 is 'n antwoord op boodskap #4923] Sa, 03 Junie 2006 11:03 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Suidwester  is tans af-lyn  Suidwester
Boodskappe: 1579
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 0
Senior Lid
Ek praat nie spesifiek nie, sommer in breë trekke. As jy na
Suidelike-Afrika kyk, dan is die droogste dele na die Westekant geleë en is
die warm, natter klimaat na die oostekant toe. Sover ek weet is in
Noord-Amerika die woestyne ook meestal aan die westekant? Sekerlik as jy
nader na die noordpool beweeg sal dit verander, daaroor stry ek nie. Ek
wonder wat sou geoloë sê? Dalk iets met die draai van die aardbol te
doene? En aerodinamika?
wrote in message
news:1149164160.658291.129390@h76g2000cwa.googlegroups.com.. .

Suidwester skryf


> maar daar is iets anders > wat my weer opval:
> Afrika se westekant is droog en Suid-Amerika se oostekant is nat.
> So is die weste van die VSA droog en die oostekant drup van die water.
> So
> ook Australië.

Ek praat onder korreksie, maar ek dink dit het
te doen met die heersende winde en die nabyheid
van watermassas. En ook met watter breedtegraad
die land is waarna jy verwys. Onthou, as jy sê dat
die VSA se hele westekant droog is, dan maak jy
'n fout. Dis net die deel wat in die Mediterreense
klimaat se breedtegrade lê wat so droog is. Soos
mens in Oregon begin kom, en dan op in Kanada,
is daar woude op die weskus. Dieselfde met
Afrika. Namibië is droog, maar net bo julle in
Angola en verder op is daar woude op die
westekant. Totdat jy weer bo in die Mediterreense
klimaat kom, en dan begin dit weer droog word.

Gloudina
Re: Gondwanaland [boodskap #4927 is 'n antwoord op boodskap #4925] Sa, 03 Junie 2006 17:13 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Jonas  is tans af-lyn  Jonas
Boodskappe: 1070
Geregistreer: September 2001
Karma: 0
Senior Lid
M.i. het die droee westerse dele alles te doen met koue seestrome. En
in die geval van Noord en Suid Amrika met bergreekse - deel van die
"Pacific Ring of Fire" wat m.i. alles te doen het met "continental
drift". (Anti - help met die Afrikaans asseblief.)

Suidwester wrote:
> Ek praat nie spesifiek nie, sommer in breë trekke. As jy na
> Suidelike-Afrika kyk, dan is die droogste dele na die Westekant geleë en is
> die warm, natter klimaat na die oostekant toe. Sover ek weet is in
> Noord-Amerika die woestyne ook meestal aan die westekant? Sekerlik as jy
> nader na die noordpool beweeg sal dit verander, daaroor stry ek nie. Ek
> wonder wat sou geoloë sê? Dalk iets met die draai van die aardbol te
> doene? En aerodinamika?
> wrote in message
> news:1149164160.658291.129390@h76g2000cwa.googlegroups.com.. .
>
> Suidwester skryf
>
>
>> maar daar is iets anders > wat my weer opval:
>> Afrika se westekant is droog en Suid-Amerika se oostekant is nat.
>> So is die weste van die VSA droog en die oostekant drup van die water.
>> So ook Australië.
>
> Ek praat onder korreksie, maar ek dink dit het
> te doen met die heersende winde en die nabyheid
> van watermassas. En ook met watter breedtegraad
> die land is waarna jy verwys. Onthou, as jy sê dat
> die VSA se hele westekant droog is, dan maak jy
> 'n fout. Dis net die deel wat in die Mediterreense
> klimaat se breedtegrade lê wat so droog is. Soos
> mens in Oregon begin kom, en dan op in Kanada,
> is daar woude op die weskus. Dieselfde met
> Afrika. Namibië is droog, maar net bo julle in
> Angola en verder op is daar woude op die
> westekant. Totdat jy weer bo in die Mediterreense
> klimaat kom, en dan begin dit weer droog word.
>
> Gloudina
Re: Gondwanaland [boodskap #4929 is 'n antwoord op boodskap #4927] So, 04 Junie 2006 11:01 Na vorige boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Jonas schrieb:

> M.i. het die droee westerse dele alles te doen met koue seestrome. En
> in die geval van Noord en Suid Amrika met bergreekse - deel van die
> "Pacific Ring of Fire" wat m.i. alles te doen het met "continental
> drift". (Anti - help met die Afrikaans asseblief.)

Ek weet nie. Seker kontinentale
drywing.

Gloudina
Vorige onderwerp: Wie in glashuise woon.....
Volgende onderwerp: Spesiaal vir Kolevraat
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Mei 05 20:58:39 MGT 2024