Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Kapitalisme en welvaart
Kapitalisme en welvaart [boodskap #49086] Do, 30 Augustus 2001 07:34 na volgende boodskap
Rennie Oster  is tans af-lyn  Rennie Oster
Boodskappe: 72
Geregistreer: Augustus 2001
Karma: 0
Volle Lid
Rennie
> As jy (= swart Zimbewoner) verstand het, sal jy besef dat jy die
> besigheidsmense nodig het. Soos die meeste swart leiers in SA wel deeglik
> besef. En dat jy ekonomiese selfmoord pleeg as jou land nie besigheid kan
> doen nie. Jy sal dus sommer baie omgee. As jy verstand het, en ek glo daar
> is meer breinkrag as wat die meeste mense dink.

Gloudina
Jy is te kapitalisties-gefokusd wanneer jy sê dat mens altyd "die
besigheidsmense nodig het." Daar is 'n groot skool van
denke wat glo dat dit juis die probleem vandag in Afrika is.

Rennie
Ja, dis 'n probleem vir Afrika. Hulle wil die geld hê, maar nie die
dissipline om dit ooit hoef terug te betaal nie. Die lande wat besigheid en
die internasionale ekonomie ignoreer is ook dié wat deurlopend om hulp bedel
en/of hongersnoodbystand ontvang. Bestaansekonomieë val plat tydens droogtes
en natuurrampe, dan het jy 'n nywerheidsektor en beleggings nodig om te
oorleef.

Jy sê ek is te kapitalisties-gefokusd - ek dink weer jy is naief dat 'n land
welvaart kan opbou sonder 'n stewige dosis kapitalisme. Is daar in ons
wêreld sulke suksesverhale? Daar is heelwat kapitalistiese suksesmodelle...

Gloudina
sommige Wes-Afrikaanse state wat totaal staatmaak op die
produksie van cocoa ( wat is die Afrikaans nou weer.) Of
[kakao]
Nigerië met sy olie-produksie. Dink ook hoeveel verwoesting
die myn van diamante veral aan die weste van Afrika bring,
waar die onwettige produksie en smokkel van diamante
lokale oorloggies aan die gang hou. Dink hoe ver hierdie
ding al teruggaan - na die tyd van die slawehandel, toe die
mark vir slawe buite Afrika 'n lokale slawevangery en
handel laat ontstaan het.

Rennie
Baie van hierdie aktiwiteite het geld en hulpbronne na Afrika gebring. Ek sê
nie dis alles goed en reg nie, maar daarsonder sou daar beswaarlik enige
infrastruktuur (paaie, telefone, ens.) in die lande gewees het. En meer
Afrika-lande wat internasionaal bedel.

Gloudina
Daar is dan ook nog die heerskappy van die World
Monetary Fund en die World Bank, wat soos 'n tweede
koloniale mag funksioneer. Dis 'n permanente tou om die
hals van baie Afrika-state. Hulle dink hulle is onafhanklik,
maar hulle is nie.

Rennie
'n Land het hierdie instellings net nodig as hy sy finansies so opgemors het
dat hy nie kan oorleef nie. Dus bedelaarstatus bereik het. En dan huil en
kla die armsalige bedelaars omdat die instansies aandring dat hulle gesonde
finansiële bestuur toepas sodat daar nie permanent geld in 'n bodemlose
korrupsieput gegooi word nie. Dus voor hulle nog mag leen.

Was daar maar meer fokus op kapitalisme en minder selfbelang en korrupsie
onder Afrika-leiers, dan sou hierdie sieklike geween oor 'n voorskriftelike
IMF en Wêreldbank nie nodig gewees het nie.

Gloudina
Nee! Dis eers wanneer die mense van Afrika hulle
grootliks losmaak van die finansiële bande wat hulle aan
die geldmagte oorsee bind dat hulle hul eie siel sal vind.
Dis die crux van die boodskap wat die African Renaissance-
beweging wil stuur. "Die Weste" se heerskappy moet tot
'n einde gebring word. En daar is alle tekens dat daar
selfs in die Weste 'n beweging in daardie rigting besig is
om te groei.

Rennie die kapitalistiese renoster:
Mooi ideale, Gloudina. Maar jy kan nie jou siel vind as jy nie kos vir jou
maag het nie. En ja, die Weste sal maar te graag van Afrika se finansiële
las ontslae wil wees. Maar ek reken sommige Afrikalande sal nooit die punt
op hulle eie kan bereik nie.

Dit enigste manier hoe Afrika as kontinent dit wel sal kan doen is deur
sterk ekonomiese groeipunte te hê waardeur welvaart (op die beproefde
kapitalistiese manier) deur die kontinent kan verprei. Dit is grootliks wat
Thabo Mbeki in gedagte het vir sy renaissance en dit is beslis haalbaar, wel
slegs oor 'n lang termyn. Op 'n Afrika-manier, sonder die Weste se
voorskrifte. Maar nie sonder kapitaal of kapitalisme nie.

Sosialiste en kommuniste skep nie welvaart nie, kapitaliste wel. Jy hoef nie
van kapitaliste te hou om te besef dat jy nie sonder hulle kan oorleef nie.
Re: Kapitalisme en welvaart [boodskap #49119 is 'n antwoord op boodskap #49086] Do, 30 Augustus 2001 13:59 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

Rennie Oster wrote:

> Jy sê ek is te kapitalisties-gefokusd - ek dink weer jy is naief dat 'n land
> welvaart kan opbou sonder 'n stewige dosis kapitalisme. Is daar in ons
> wêreld sulke suksesverhale? Daar is heelwat kapitalistiese suksesmodelle...

> . Ek sê
> nie dis alles goed en reg nie, maar daarsonder sou daar beswaarlik enige
> infrastruktuur (paaie, telefone, ens.) in die lande gewees het. En meer
> Afrika-lande wat internasionaal bedel.

Jy is te verknog aan jou idee dat alles wat vooruitgang is, en goedis vir die
mense van 'n staat, dinge is wat basies "wit" van oorsprong
is en met geld gekoop kan word. Onthou jy die voorbeeld wat jy
eenkeer gebruik het - dat die aantal sykouse wat verkoop word sê
in SA ( 'n land wat tagtig persent "swart" is, onthou) korrelasie toon
met die aantal telefoonpale wat daar op 'n gegewe oppervlakte is.
Dit is 'n perfekte illustrasie van wat aangaan. Dit is die storie van
die invasion van die landsnatchers, wie se vroue hulle wit bene wil
omhul met sykouse om te wys dat hulle verhewe is bo harde werk.
(Deesdae hou die ding nie meer water nie, maar in die vyftigerjare
was dit nog die geval.)
In lande in Afrika waar die oorgrote meerderheid van die
bevolking inheems en dus swart is, is daar geweldige en onnodige
armoede omdat die basiese struktuur van die land nog "Europees"-
geskoeid is, voortgesit in baie gevalle deur swart leiers wat in
Europa opleiding ontvang het en in Europese terme "dink." Die
armoede is die grootste in dié dele waar die industrieë geleë is
wat die buitelandse mark voed. Dit was vir my so duidelik hoe
pernicious hierdie soort ding is, toe een van my man se kleinniggies
wat in Rustenburg by 'n maatskappy werk wat platinum myn,
vra hoekom sy (in haar werk in die personeel afdeling) soveel mense
moet afdank ( heelwaarskynlik almal swart) wanneer die prys van
platinum aan die opgaan is. Dis heelwaarskynlik omdat die myn
nie bereid is om hoër salarisse aan dieselfde hoeveelheid werkers
te betaal nie, en weens metodes wat meer masjiene en minder
mense nodig het. Maar wie ly hier. Nie die mynmaatskappy en sy
oorsese stockholders nie. Nie die wit mense wat by die myn werk
nie. Maar die arme swart werker wat sy hele lewe lank 'n slaaf is
van die witman se speletjies, en nie grond het waarop hy 'n
bestaan kan maak nie - dis alreeds in die dae van Paul Kruger van
sy voorouers af weggevat. So moenie verbaas wees as so 'n ou
eendag die masjiene begin stukkend slaan, soos daardie ouens in
Engeland in die neëntiende eeu, of as hy die wit plase begin beset
nie. Hierdie soort woede is gemaak deur kapitalisme. Die kapitaliste,
in baie gevalle nie eens Suid-Afrikaners nie, sal seker dan hulle goed
vat en loop. Dan sit die mense van Suid-Afrika met die gebakte
pere.

Gloudina

>
Re: Kapitalisme en welvaart [boodskap #49122 is 'n antwoord op boodskap #49086] Do, 30 Augustus 2001 16:14 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Rennie Oster  is tans af-lyn  Rennie Oster
Boodskappe: 72
Geregistreer: Augustus 2001
Karma: 0
Volle Lid
Gloudina
Jy is te verknog aan jou idee dat alles wat vooruitgang is, en goed
is vir die mense van 'n staat, dinge is wat basies "wit" van oorsprong
is en met geld gekoop kan word. Onthou jy die voorbeeld wat jy
eenkeer gebruik het - dat die aantal sykouse wat verkoop word sê
in SA ( 'n land wat tagtig persent "swart" is, onthou) korrelasie toon
met die aantal telefoonpale wat daar op 'n gegewe oppervlakte is.
Dit is 'n perfekte illustrasie van wat aangaan. Dit is die storie van
die invasion van die landsnatchers, wie se vroue hulle wit bene wil
omhul met sykouse om te wys dat hulle verhewe is bo harde werk.

Rennie
Hemel, Gloudina, waar val jy uit?
Kapitalisme is nie wit nie, moet jy ras in alles inbring?
Kommunisme is ook nie swart nie en dit het ook niks hiermee uit te waai nie.
Maar jy moet bietjie hier in SA kom kyk, hier is 'n hele nuwe groot
generasie swart kapitaliste. Een van die redes hoekom ek optimisties is oor
die toekoms, ons is nie maar net nog 'n Afrikaland nie.

En daardie voorbeeld wat kwansuis 'n perfekte illustrasie is - jy onthou
hom nie lekker nie, want ek het destyds gesê dit kom nie uit SA nie, maar
uit of die VSA (of dalk Brittanje, ek weet dit kom uit 'n oorsese teksboek).
En dis 'n klassieke voorbeeld van 'n sogenaamde nonsens-korrelasie. Dis dalk
hoekom jy dit intu�tief gebruik het, omdat dit nonsens is. Nes die klomp
dinge wat jy hier oor swart lande kwytraak.
Re: Kapitalisme en welvaart [boodskap #49124 is 'n antwoord op boodskap #49086] Do, 30 Augustus 2001 16:41 Na vorige boodskap
Arthur  is tans af-lyn  Arthur
Boodskappe: 609
Geregistreer: September 2001
Karma: 0
Senior Lid
Gloudina schreef:
> In lande in Afrika waar die oorgrote meerderheid van die
> bevolking inheems en dus swart is, is daar geweldige en
> onnodige armoede omdat die basiese struktuur van die
> land nog "Europees"-geskoeid is, voortgesit in baie gevalle
> deur swart leiers wat in Europa opleiding ontvang het en in
> Europese terme "dink."

Ach Gloudina, bestaanseconomiën zijn leuk, maar die werken alleen maar bij
relatief kleine bevolkingen en indien de mensen het niet erg vinden dat de
helft van hun kinderen nooit volwassenheid bereiken en zijzelf zo rond hun
40e het tijdelijke voor het eeuwige moeten verruilen. Met een
bestaanseconomie onderhoud je geen pharmaceutische industrie,
electriciteitscentrales, rioleringsstelsels, drinkwaterzuiveringen of zelfs
wegen.

Vraag een willekeurig mens op deze wereld wat hij of zij wil en ik geef je
op een blaadje dat een "Europese" televisie, een "Europese" radio, een
"Europese" auto of een "Europese" medische behandeling voor zijn/haar
doodzieke kind heel vaak op het verlanglijstje staan. Waarom ontvluchten
mensen Afrika eigenlijk richting Europa als het hier zo'n hel op aarde is?

> armoede is die grootste in dié dele waar die industrieë geleë is
> wat die buitelandse mark voed.

Dat is niet noodzakelijk de schuld van die industrie�n. Wat je vaak ziet is
dat in de gebieden waar volgens jouw definitie geen armoede heerst het leven
zo ellendig (geen electriciteit, geen radio, geen tv, onvoldoende
gezondheidszorg, geen toekomstperspectieven) is dat mensen "vluchten" naar
die delen waar wel geld verdient wordt (of werd). De enorme toevloed van
mensen zorgt dan voor die armoede, er wordt nog steeds evenveel geld
verdient, maar er zijn 10x meer mensen van datzelfde beetje geld
afhankelijk.

> So moenie verbaas wees as so 'n ou
> eendag die masjiene begin stukkend slaan, soos daardie ouens in
> Engeland in die neëntiende eeu, of as hy die wit plase begin beset
> nie. Hierdie soort woede is gemaak deur kapitalisme. Die kapitaliste,
> in baie gevalle nie eens Suid-Afrikaners nie, sal seker dan hulle goed
> vat en loop. Dan sit die mense van Suid-Afrika met die gebakte
> pere.

Ah. Luddieten. Al een tijd niet meer van ze gehoord, die waren heel gauw
uitgestorven.

Wat is eigenlijk jouw definitie van kapitalisme?

Groeten,
Arthur
Vorige onderwerp: Nunavut
Volgende onderwerp: Nunavut
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Jun 01 15:12:23 MGT 2024