| korttermynversekeringsmaatskappy [boodskap #49019] |
Wo., 29 Augustus 2001 06:07  |
Shannon
Boodskappe: 220 Geregistreer: Januarie 1999
|
Senior Lid |
|
|
Een begrip, een woord? In Afrikaansisallesmossommeraanmekaar. Waar's die
tannie-met-die-kappie se woordeboek?
Danielle skryf in boodskap news:4rjoot8qjucb6silv28kt1o90gds0h41id@4ax.com...
> On Tue, 28 Aug 2001 22:08:49 +0200, Davie Davis
> wrote:
>
>> 'top up' of ook genoem 'coversure' word verskaf deur die mense wat jou
>> finansiering doen en nie deur die korttermynversekeringsmaatskappy nie
>
> korttermynversekeringsmaatskappy? Dis darem 'n vreeslike lang woord.
> :-) Is dit rerig een woord? Wat is die "top up" goed waarvan julle
> praat? Wat doen dit? Is dit soos Aflac die eend, se "supplemental
> insurance" hier by ons?
> Het mens rerig so iets nodig?
>
|
|
|
|
| Re: korttermynversekeringsmaatskappy [boodskap #49039 is 'n antwoord op boodskap #49019] |
Wo., 29 Augustus 2001 11:39   |
|
|
Oorspronklik gepos deur: @home.com
Shannon wrote:
> Een begrip, een woord? In Afrikaansisallesmossommeraanmekaar. Waar's die
> tannie-met-die-kappie se woordeboek?
>
>> korttermynversekeringsmaatskappy? Dis darem 'n vreeslike lang woord.
>> :-) Is dit rerig een woord?
Die tannie-met-die-kappie het maar 'n vreeslike basiesewoordeboek. Die
tannie-met-die-kappie weet dat hulle
onlangs in SA die taalreëls losser gemaak het sodat baie
dinge wat een konsep is, met losser struktuur geskryf kan
word. Die tannie hou egter basies dat een konsep een
woord moet wees.
Ek stem dus vir "korttermyn-versekeringsmaatskappy."
Dis nou te sê as dit 'n maatskappy is wat net korttermyn
versekering verkoop. Miskien ook
"korttermynversekering-maatskappy" maar dit klink vir
my bietjie van 'n gedrog en beteken ongeveer dieselfde.
Watter ander opinies is daar?
Gloudina
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
| Re: korttermynversekeringsmaatskappy [boodskap #49095 is 'n antwoord op boodskap #49084] |
Do., 30 Augustus 2001 08:45  |
Davie Davis
Boodskappe: 1012 Geregistreer: November 2001
|
Senior Lid |
|
|
On Thu, 30 Aug 2001 09:30:51 +0200, "Shannon"
wrote:
>
> Watter ander woorde wat in Engels gebruik word, is intussen as Afrikaanse
> woord in die woordeboeke opgeneem? (die afgelope paar jaar) Ek weet van
> 'steak'.
>
Eintlik 'n gebied waar ek nie gewoonlik my neus in steak nie
DD
|
|
|
|