Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » De Ondergang van ZIM (wie de hel was Jim Peron)
De Ondergang van ZIM (wie de hel was Jim Peron) [boodskap #48954] Di, 28 Augustus 2001 07:58 na volgende boodskap
T de Wet  is tans af-lyn  T de Wet
Boodskappe: 446
Geregistreer: April 2000
Karma: 0
Senior Lid
Gloudina,
Due realiteit is daardie tabakboere buitelandse valuta verdien. En hulle
verbou nie net tabak nie, hulle voorsien ook in die binnelandse vraag na
mielies wat soos jy darem seker sal onthou die stapelvoedsel van Afrika is.
Wie gaan nou daardie voedsel (nie net mielies nie) produseer. Die
besettings word gewoonlik soos volg gedoen:
Die "oorlogsveterane" (meestal jonger as 20 jaar) trek met optog van
honderde op die plaas aan. Dan word die boer en sy familie geterroriseer
wat hulle dan dwing om hulle goed te vat en te loop. Meestal net 'n paar
kledingstukke, en soms nie eens hulle persoonlike dokumente nie.
Sodra die boer en familie dan weg is, of sommer nog as deel van die
"distribution" word die trekkers en werktuie aan die brand gesteek, en die
geboue word of afgebrand of afgebreek. en dan steek elkeen sy plotjie grond
af, en nou het hulle die grond. Viva viva!
Waarmee gaan hulle die gewasse verbou om hulle self mee te voed? Laat staan
nog om aan ander te gan voorsien?
Ek stem saam dat elke persoon sy regmatige stukkie grond moet kan besit. Ek
stem egter nie saam daarmee dat dit eenvoudig van mense afgevat word, en dan
doen hulle niks daarmee nie. Laat my dink aan 'n hond wat 'n motorkar
gejaag het, dit toe gevang het, en nou nie weet wat om daarmee te doen nie.
Die gronvattery is nie net van WIT boere nie, daar is ook ander swart boere
wat dieselfde lot getref het, Hulle word verhoed om hulle grond te bewerk,
omdat die "comrades" sy oeste, landerye en wat nog als beskadig het sodat hy
nie met sy boerdery kan voortgaan nie. Wat sal jy doen?
Gloudina sal seker die High-Commisioner gaan sien, of haar informant op
Thabazimbi gaan raadpleeg?

Dit is die realiteite van die saak. En dit kan ons nie wegredeneer nie. Al
wat die wêreld kan doen is om druk op Bob Mugabe te plaas om hom te dwing om
sy gedagtes te verander. Hoe sal jy voel as jy op jy grond aangeval word
wat aan jou behoort het, en jy het geen vertoë om eers jy eiendom:
Masjienerie, vee en ander toerusting te beskerm of te kan verwyder nie. Kom
nou Gloudina, wat sal jy doen as dit met jou gebeur, en as jy jou op die reg
beroep, dan word JY gearresteer as die "aanstigter" van geweld?
En moenie vir my kom sê dit was nie so nie.

Thys oppie Bos
skryf in boodskap news:3B8A5E8D.AC66D8C6@home.com...
> Shannon wrote:
>
>> Die Mail & Guardian het 'n tyd terug berig dat die Zim regering (ek is nie
>> seker van die persentasie nie) ongeveer 45 na 50% van die grond besit.
>>
>> terwyl die miljoene swart mense ingeprop
>>> sit in die ander twee-derdes
>>> Gloudina
>
> So, as die regering, seker in die vorm van kroongrond(wat gewoonlik
> wildreservate ens. is) omtrent twee-
> derdes van die orige grond besit, wat is oor vir die
> man in die straat? Geen wonder dat hulle in opstand
> kom nie. Sover ek kan sien, gee die mense op die
> blanke plase toe dat hulle oorvloed grond het, en
> in sommige gevalle onderhandel hulle om sekere
> dele van die plase oop te stel vir besetting. Ek kan
> egter nie verstaan hoekom die wit boere, wat tog
> omtrent almal tabakboere is, nie al lankal die land
> uit is nie. Watter toekoms is daar vandag vir tabak-
> boere?
>
> Gloudina
>
>
>>
>
Re: De Ondergang van ZIM (wie de hel was Jim Peron) [boodskap #48980 is 'n antwoord op boodskap #48954] Di, 28 Augustus 2001 15:31 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

Thys de Wet wrote:

> Wat sal jy doen?
> Gloudina sal seker die High-Commisioner gaan sien
>

Thys, daar is nie 'n vinnige antwoord op jou vraag nie.
Niemand gee voor om Robert Mugabe of die plaas-
besettings goed te praat nie. Maar mens moet dit in sy
historiese perspektief sien: hierdie besettings is maar
net die tweede fase van 'n vryheids-stryd wat in die bos
begin het 'n paar dekades gelede. Na twintig jaar van
min beweging in land-hervorming ( deels as gevolg van
Engeland se gebroke beloftes, en deels as gevolg van
Robert Mugabe se slegte leierskap) is die meer militante
lede van die oorgroot-swart bevolking bereid om weer
"die wapen op te neem."
Mens moet kyk na wat in Kenia gebeur het net na
Kenia onafhanklikheid bereik het. Die regering toe, dink
ek, was Labour, en hulle het 'n progressiewe en aktiewe
program van uitkoop van plase van die wit koloniste
gevolg. As gevolg daarvan het daar min grond-besettings
plaasgevind. Maar die Conservative government wat
tydens Zimbabwe se onafhanklikheid die leisels gehad
het, het beloftes gemaak en gebreek. Dit is deels as gevolg
van hierdie beleid dat ons nou die onrus in Zimbabwe het.
Nou moet mens kyk na Suid-Afrika. As jy 'n swart
vryheidsvegter was, en jy bly nou in die moderne SA, sou
jy sê dat hierdie vryheidsvegter tevrede sal wees met die
huidige toestand van sake? Hoe vinnig word grond-
hervorming in SA uitgevoer? Mens moet jou dus afvra -
sal sommige meer militante vryheidsvegters nie ook begin
met 'n tweede fase van die vryheidsstryd nie, as dinge nie
gou genoeg beweeg in SA nie?
Nou vra ek nog 'n verder vraag. Na die koloniste veral
in die noorde van SA hulle onafhanklikheid verloor het in
die begin van die vorige eeu, het hulle baie gekla oor hulle
verknegting. En toe hulle ongeveer vyftig jaar gelede die
leisels in hulle hande gekry het, het hulle 'n diktatorskap
begin wat in die hande was van 'n baie klein groepie van die
Afrikaners. Hulle het wette gemaak wat die tagtig persent
nie-blanke bevolking oneindig geskaad het. Uiteindelik, teen
die tyd van P.W. Botha, was daar 'n reign of terror teen nie
net die swart bevolking nie, maar ook wittes wat nie met hul
saamgestem het nie. Nou vra ek vir jou, Thys, oor honderd
jaar, wie se hande sal as die vuilste beskou word? Robert
Mugabe s'n of P. W. Botha s'n?

Gloudina
Re: De Ondergang van ZIM (wie de hel was Jim Peron) [boodskap #48981 is 'n antwoord op boodskap #48954] Di, 28 Augustus 2001 15:36 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

Thys de Wet wrote:

> Gloudina sal seker die High-Commisioner gaan sien, of haar informant op
> Thabazimbi gaan raadpleeg?

Thys, het ons nou hier weer die repetisie van die
Swellendam-insident, toe my "informant" as
'n leuenaar uitgemaak is ( ten spyte van die feit
dat jy haar toe ken as 'n mens van integriteit.)
Nou wil ek net vir jou sê: my enigste informant
in die Noordelike Provinsie is op Tzaneen. ( Ek
neem aan jy verwys na die Psalm 8-kontroversie?)
Hierdie informant is die voorsitter van die Rapport-
ryers daar. Hoe's daai vir 'n stukkie nuus wat jy
saam met jou twak in jou pyp kan sit en dit dan
rook?

Gloudina
Re: De Ondergang van ZIM (wie de hel was Jim Peron) [boodskap #48984 is 'n antwoord op boodskap #48981] Di, 28 Augustus 2001 16:35 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

@home.com wrote:

> Nou wil ek net vir jou sê: my enigste informant
> in die Noordelike Provinsie is op Tzaneen. ( Ek
> neem aan jy verwys na die Psalm 8-kontroversie?)
> Hierdie informant is die voorsitter van die Rapport-
> ryers daar.

Korreksie. Ek dink hy is die voorsitter van dieJunior Rapportryers.

Gloudina
Re: De Ondergang van ZIM (wie de hel was Jim Peron) [boodskap #49023 is 'n antwoord op boodskap #48954] Wo, 29 Augustus 2001 06:53 Na vorige boodskapna volgende boodskap
T de Wet  is tans af-lyn  T de Wet
Boodskappe: 446
Geregistreer: April 2000
Karma: 0
Senior Lid
Ek bly jou 'n antwoord skuldig, want ek hoop om nie meer @ daardie tyd hier
te wees nie...

Thys oppie Bos
skryf in boodskap news:3B8BBA65.E408A5A2@home.com...
Thys de Wet wrote:

> Wat sal jy doen?
Nou vra ek vir jou, Thys, oor honderd
jaar, wie se hande sal as die vuilste beskou word? Robert
Mugabe s'n of P. W. Botha s'n?

Gloudina
Re: De Ondergang van ZIM (wie de hel was Jim Peron) [boodskap #49024 is 'n antwoord op boodskap #48954] Wo, 29 Augustus 2001 06:56 Na vorige boodskapna volgende boodskap
T de Wet  is tans af-lyn  T de Wet
Boodskappe: 446
Geregistreer: April 2000
Karma: 0
Senior Lid
Ek rook nie, en ek het nog nooit enigiets met daai beweging te doene gehad
nie. Wat was hulle doelstelluings bnou weer?: Ry rapporte rond vir die
broeders?

Thys watti rokie oppie Bos
skryf in boodskap news:3B8BBBA5.BCDB6792@home.com...
Thys de Wet wrote:

Hierdie informant is die voorsitter van die Rapport-
ryers daar. Hoe's daai vir 'n stukkie nuus wat jy
saam met jou twak in jou pyp kan sit en dit dan
rook?

Gloudina
Robert of PW [boodskap #49034 is 'n antwoord op boodskap #49023] Wo, 29 Augustus 2001 10:03 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Rennie Oster  is tans af-lyn  Rennie Oster
Boodskappe: 72
Geregistreer: Augustus 2001
Karma: 0
Volle Lid
Gloudina : Nou vra ek vir jou, Thys, oor honderd
jaar, wie se hande sal as die vuilste beskou word? Robert
Mugabe s'n of P. W. Botha s'n?

Thys de Wet :
Ek bly jou 'n antwoord skuldig, want ek hoop om nie meer @ daardie tyd hier
te wees nie...

Rennie
Dan sal ek antwoord. Ek moes lank terug heelwat skelwoorde verduur (meer na
die pienk kant as die wit kant) toe ek geargumenteer het dat PW moes waai.
My argument het destyds wel minder oor beleid as styl gegaan, maar om 'n
Premier te kritiseer "was simply not done". My opinie was destyds dat enige
verandering 'n verbetering sou wees.

Maar hoe vergelyk jy 'n outokraat soos PW met 'n maniak soos Mugabe? Daar is
geen vergelyking nie, Mugabe sal bekend staan as die mal krimineel wat
Zimbabwe geknou het. PW as een van 'n reeks apartheidsleiers.

Mugabe sal met historiese perspektief as die man met vuil hande beskou word.
Wat wet en orde prysgegee en die reëls verander het in 'n poging om
politieke beheer te hou. Hoe langer dit neem voor Zim van hom ontslae kan
raak, hoe langer sal hy onthou word. Die geskiedenis beoordeel nie mal
magsbehepte mense sagkens nie.

Without a shadow of doubt.
Re: Robert of PW [boodskap #49037 is 'n antwoord op boodskap #49034] Wo, 29 Augustus 2001 11:26 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

Rennie Oster wrote:

> Maar hoe vergelyk jy 'n outokraat soos PW met 'n maniak soos Mugabe? Daar is
> geen vergelyking nie, Mugabe sal bekend staan as die mal krimineel wat
> Zimbabwe geknou het. PW as een van 'n reeks apartheidsleiers.
>
> Mugabe sal met historiese perspektief as die man met vuil hande beskou word.
> Wat wet en orde prysgegee en die reëls verander het in 'n poging om
> politieke beheer te hou.

Wel, Rennie Oster, far be it from me om Mugabe goed te praat. Maar noudie dag
vra Antjie Krog so ewe onskuldig: as Zimbabwe so in vlamme opgaan,
hoekom het hulle die grootste book fair in Afrika nou onlangs gehad? Is omtrent

een derde van die hoo-ha oor Zimbabwe nie maar net angstige krete van mense
wat vrees dat dinge ook in SA nie sal regloop vir die afstammelinge van die
Europese koloniste nie? Jy weet, ons sien die soort ding elke dag hier in Noord-

Amerika. Die Amerikaners smeer Castro swart as die duiwel met drie sterte.
Ons, hier in Kanada, bedryf handel met hom, en hy kom na die begrafnis van
Pierre Trudeau, met wie hy 'n innige vriendskap gehad het, selfs saam vakansie
gehou het toe albei al ouer was.
Dit beteken nie dat Mugabe populer is in Kanada nie. Die Kanadese regering
neem al lankal maatreëls wat hulp aan Zimbabwe kondisioneel maak op sekere
voorwaardes. Maar dis nog 'n ver sprong van Zimbabwe uit die Gemenebes van
Nasies te skop, waar Kanada die voortou geneem het om SA uit te skop.
Ek gee egter toe. P.W. as individueel was maar net die kroon en die logiese
gevolg van 'n string van apartheidsleiers wat almal bloed op hulle hande het
en bygedra het tot die verwoesting wat in SA plaasgevind het in die tweede
deel van die twintigste eeu.

Gloudina
Re: Robert of PW [boodskap #49045 is 'n antwoord op boodskap #49034] Wo, 29 Augustus 2001 12:16 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Rennie Oster  is tans af-lyn  Rennie Oster
Boodskappe: 72
Geregistreer: Augustus 2001
Karma: 0
Volle Lid
Gloudina
Wel, Rennie Oster, far be it from me om Mugabe goed te praat. Maar nou die
dag vra Antjie Krog so ewe onskuldig: as Zimbabwe so in vlamme opgaan,
hoekom het hulle die grootste book fair in Afrika nou onlangs gehad?

Rennie
Mugabe is (of was) 'n intellektueel, ek verbeel my hy was destyds in
aanhouding en daarna in Engeland 'n briljante student. Voor sy kop uitgehaak
het. En hy is bereid om geld na boekedinge ens. te gooi. Ook na anti-gay
betogings. Dit maak hom niks minder mal of gevaarlik nie.

En Antjie is nie net naïef nie, sy het agendas ook. Nie my gunstelingmens
nie, ek hou wel van haar gedigte.

Gloudina:
Is omtrent een derde van die hoo-ha oor Zimbabwe nie maar net angstige krete
van mense wat vrees dat dinge ook in SA nie sal regloop vir die
afstammelinge van die Europese koloniste nie?

Rennie
Jy kan aanvaar dat die media dit uit proporsie blaas, soos met alle
dramatiese nuus. Maar die beginsel van grondsoewereiniteit is vir baie mense
heilig, die skaal is eintlik onbelangrik, want niemand is seker oor wat
volgende is nie en sulke onsekerheid maak besigheidsbesluite onmoontlik. Dit
skep dramaties negatiewe persepsies wat Zim nie ekonomies kan bekostig nie.
Mugabe is mal, hy is op 'n selfmoordmissie en is bereid om sy mense saam met
hom te neem. Dis baie meer as net hoo-haa, dis beginselsake, dis nag vir
Zim.

Gloudina
Ek gee egter toe. P.W. as individueel was maar net die kroon
en die logiese gevolg van 'n string van apartheidsleiers

Rennie
Blye tyding! Ons stem oor iets in die politiek saam!!!
Re: Robert of PW [boodskap #49059 is 'n antwoord op boodskap #49034] Wo, 29 Augustus 2001 18:30 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

Rennie Oster wrote:

> Maar die beginsel van grondsoewereiniteit is vir baie mense
> heilig, die skaal is eintlik onbelangrik, want niemand is seker oor wat
> volgende is nie en sulke onsekerheid maak besigheidsbesluite onmoontlik.

"Sommige mense" vir wie "grondsoewereiniteit heilig" is, is natuurlikamper
uitsluitlik die wit koloniste ( en besigheidsmense wat net aan
geldmaak dink.) As ek 'n swart Zimbabwe-inwoner is, van wie
die voorouers gemeenskaplike en dus kommunistiese grond-
besit geken het, en wat daarna van sy voorvaderlike blyplekke
afgestoot is deur wit koloniste, wat sou ek omgee vir die "heilig-
heid van grondsoewereiniteit" ?

Gloudina
Re: Robert of PW [boodskap #49077 is 'n antwoord op boodskap #49034] Do, 30 Augustus 2001 02:47 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Jy was nie al een wat PW se waaiery verkondig het nie Rennie - ek het op my
eie klein manier al begin wonder en praat in die dae van Hendrik - maar dit
daar gelaat.
Ek weet nie hoe waar dit is nie, maar in 'n onlangse trivia vraag/antwoord
is gemeld dat Mugabe die Afrika leier is met die meeste akademiese grade -
13 - maar soos jy tereg meld, dit maak hom nie minder mal nie.
Annette

> Gloudina : Nou vra ek vir jou, Thys, oor honderd
> jaar, wie se hande sal as die vuilste beskou word? Robert
> Mugabe s'n of P. W. Botha s'n?
>
> Thys de Wet :
> Ek bly jou 'n antwoord skuldig, want ek hoop om nie meer @ daardie tyd hier
> te wees nie...
>
> Rennie
> Dan sal ek antwoord. Ek moes lank terug heelwat skelwoorde verduur (meer na
> die pienk kant as die wit kant) toe ek geargumenteer het dat PW moes waai.
> My argument het destyds wel minder oor beleid as styl gegaan, maar om 'n
> Premier te kritiseer "was simply not done". My opinie was destyds dat enige
> verandering 'n verbetering sou wees.
>
> Maar hoe vergelyk jy 'n outokraat soos PW met 'n maniak soos Mugabe? Daar is
> geen vergelyking nie, Mugabe sal bekend staan as die mal krimineel wat
> Zimbabwe geknou het. PW as een van 'n reeks apartheidsleiers.
>
> Mugabe sal met historiese perspektief as die man met vuil hande beskou word.
> Wat wet en orde prysgegee en die reëls verander het in 'n poging om
> politieke beheer te hou. Hoe langer dit neem voor Zim van hom ontslae kan
> raak, hoe langer sal hy onthou word. Die geskiedenis beoordeel nie mal
> magsbehepte mense sagkens nie.
>
> Without a shadow of doubt.
>
Re: Robert of PW [boodskap #49113 is 'n antwoord op boodskap #49034] Do, 30 Augustus 2001 12:13 Na vorige boodskapna volgende boodskap
T de Wet  is tans af-lyn  T de Wet
Boodskappe: 446
Geregistreer: April 2000
Karma: 0
Senior Lid
Gelukkig is Gloudina darem nie so 'n Zimbabwiër nie. Sy sit heel lekker in
Kanada
Thys oppie Bos
skryf in boodskap news:3B8D35F1.47EB1FF6@home.com...
> As ek 'n swart Zimbabwe-inwoner is, van wie
> die voorouers gemeenskaplike en dus kommunistiese grond-
> besit geken het, en wat daarna van sy voorvaderlike blyplekke
> afgestoot is deur wit koloniste, wat sou ek omgee vir die "heilig-
> heid van grondsoewereiniteit" ?
>
> Gloudina
>
Re: Robert of PW [boodskap #49116 is 'n antwoord op boodskap #49034] Do, 30 Augustus 2001 13:31 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

Thys de Wet wrote:

> Gelukkig is Gloudina darem nie so 'n Zimbabwiër nie. Sy sit heel lekker in
> Kanada
> Thys oppie Bos
> wrote in message
>> As ek 'n swart Zimbabwe-inwoner is, van wie
>> die voorouers gemeenskaplike en dus kommunistiese grond-
>> besit geken het, en wat daarna van sy voorvaderlike blyplekke
>> afgestoot is deur wit koloniste, wat sou ek omgee vir die "heilig-
>> heid van grondsoewereiniteit" ?

Thys, ek sien nou jy het Kanada op die brein, die "lekker"Kanada. Die
onderwerp wat jy probeer help bespreek,
is Zimbabwe en grondsoewereintiteit. Ek dink nie jy besef
dat Kanada, amper soos die ou Sowjet Unie, in die proses
van "opbreek" is nie. Groot dele van Kanada, wat 'n eeu
of so gelede gesien is as deel van ou-wit-omie Kanada, word
nou teruggegee in die hande van hulle oorspronklike bewoners.
Veral daardie dele wat afgevat is deur die wit omies, sonder
dat daar enige ooreenkomste (treaties) gemaak is. Die proses
gaan daagliks aan. Te stadig vir 'n klomp militante lede van
Eerste Nasies, wat weer dreig om hier en daar dinge te blokkeer.
Jy sal verseker van hulle hoor in Durban, hulle aanklagte van
rassisme teenoor die wit establishment.
Anders as Zimbabwe, waar daar net 'n handjievol wittes
is, is die Eerste Nasies hier in Kanada in die minderheid (deels
omdat hulle so aktief gejag is deur die ou wit omies daar in die
sestien- en sewentien- en agtiende eeue.) Hulle beoog net om
hulle voorvaderlike grond terug te kry en die vryheid om op hulle
eie grond te jag en te werk sonder om die wette van die witman
te hoef volg.
En snaaks genoeg, die Eerste Nasies hier het 'n sekere
lojaliteit teenoor die integriteit van Kanada as 'n staatkundige
konsep. Hulle beroep hulle baie maklik op ooreenkomste wat
met die Britse kroon gemaak is in die laaste paar eeue as 'n
argument dat daar nou nie sekere dinge gedoen kan word deur
die huidige wit omies nie. Matthew Coon Come het dit veral
teen die Franse ou wit omies in Quebec wat dink dat Quebec
basies Frans is. Ek dink die grootste rede hoekom Quebec nooit
sy onafhanklikheid sal kry of selfs aanvra nie, is omdat hulle weet
dat die Cree in Noordelike Quebec hulself onmiddellik onafhanklik
sal verklaar en dan weer by "Kanada" aansluit. En daar gaan dan
al die minerale rykdom en hydro-kapabiliteit van Quebec. Want
waar die Franse se nakomelinge bly, is daar maar net 'n paar lekker
stukke landbougrond en 'n paar groterige stede.
Ondertussen sit baie grondbaronne in downtown Vancouver
en knyp dat een van die volgende skoene wat gaan val die eis
is van 'n Eerste Nasie (vergeet die naam) wat daarop aanspraak
maak dat Vancouver hulle s'n is.

Gloudina

>
Re: Robert of PW [boodskap #49117 is 'n antwoord op boodskap #49113] Do, 30 Augustus 2001 13:39 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Sakkie[3]  is tans af-lyn  Sakkie[3]
Boodskappe: 488
Geregistreer: Mei 2001
Karma: 0
Senior Lid
"Thys de Wet" skryf in boodskap news:9mlakm$228n$1@news.adamastor.ac.za...
> Gelukkig is Gloudina darem nie so 'n Zimbabwiër nie. Sy sit heel lekker in
> Kanada
....wat as my geskiedenis my nie in die steek laat nie eintlik aan die
Indiane behoort. Net soos die res van Noord-Amerika en Suid-Amerika. As 'n
ou nou vér genoeg wil teruggaan, mag niemand nêrens wees nie want dit is
altyd van iemand/iets anders afgevat. Dit is deel van die mensdom se
geskiedenis. Kyk nou net hoe verontskuldig ek myself. Gelukkig weet almal
al dat ek 'n ou wit omie is en ons sê sulke dinge om ons aksies te
regverdig.
Sakkie
Re: Robert of PW [boodskap #49145 is 'n antwoord op boodskap #49034] Vr, 31 Augustus 2001 07:05 Na vorige boodskapna volgende boodskap
T de Wet  is tans af-lyn  T de Wet
Boodskappe: 446
Geregistreer: April 2000
Karma: 0
Senior Lid
Sê my gou: Het jy ZIM burgerskap? of RSA burgerskap of Kanadese burgerskap?

Die beste stuurlui staat aan wal. Die beste skeidsregters staan langs die
rugbyveld en jy sit in Kanada. Wat daar gebeur is julle saak. En snaaks
genoeg stel ek nie eintlik belang in wat die sogenaamde "ou wit omies" daar
gedoen het nie, en snaaks genoeg gee ek ook nie om vir die ou in Vancouver
wat nou dalk sy jaghut op die meer sal moet prysgee nie.
En snaaks genoeg: Jy's ook 'n "ou wit" tannie...

Sela

Thys op die Bos
skryf in boodskap news:3B8E4165.C5E84A4E@home.com...
Thys de Wet wrote:

> Gelukkig is Gloudina darem nie so 'n Zimbabwiër nie. Sy sit heel lekker in
> Kanada
> Thys oppie Bos
> wrote in message
>> As ek 'n swart Zimbabwe-inwoner is, van wie
>> die voorouers gemeenskaplike en dus kommunistiese grond-
>> besit geken het, en wat daarna van sy voorvaderlike blyplekke
>> afgestoot is deur wit koloniste, wat sou ek omgee vir die "heilig-
>> heid van grondsoewereiniteit" ?

Thys, ek sien nou jy het Kanada op die brein, die "lekker"Kanada. Die
onderwerp wat jy probeer help bespreek,
is Zimbabwe en grondsoewereintiteit. Ek dink nie jy besef
dat Kanada, amper soos die ou Sowjet Unie, in die proses
van "opbreek" is nie. Groot dele van Kanada, wat 'n eeu
of so gelede gesien is as deel van ou-wit-omie Kanada, word
nou teruggegee in die hande van hulle oorspronklike bewoners.
Veral daardie dele wat afgevat is deur die wit omies, sonder
dat daar enige ooreenkomste (treaties) gemaak is. Die proses
gaan daagliks aan. Te stadig vir 'n klomp militante lede van
Eerste Nasies, wat weer dreig om hier en daar dinge te blokkeer.
Jy sal verseker van hulle hoor in Durban, hulle aanklagte van
rassisme teenoor die wit establishment.
Anders as Zimbabwe, waar daar net 'n handjievol wittes
is, is die Eerste Nasies hier in Kanada in die minderheid (deels
omdat hulle so aktief gejag is deur die ou wit omies daar in die
sestien- en sewentien- en agtiende eeue.) Hulle beoog net om
hulle voorvaderlike grond terug te kry en die vryheid om op hulle
eie grond te jag en te werk sonder om die wette van die witman
te hoef volg.
En snaaks genoeg, die Eerste Nasies hier het 'n sekere
lojaliteit teenoor die integriteit van Kanada as 'n staatkundige
konsep. Hulle beroep hulle baie maklik op ooreenkomste wat
met die Britse kroon gemaak is in die laaste paar eeue as 'n
argument dat daar nou nie sekere dinge gedoen kan word deur
die huidige wit omies nie. Matthew Coon Come het dit veral
teen die Franse ou wit omies in Quebec wat dink dat Quebec
basies Frans is. Ek dink die grootste rede hoekom Quebec nooit
sy onafhanklikheid sal kry of selfs aanvra nie, is omdat hulle weet
dat die Cree in Noordelike Quebec hulself onmiddellik onafhanklik
sal verklaar en dan weer by "Kanada" aansluit. En daar gaan dan
al die minerale rykdom en hydro-kapabiliteit van Quebec. Want
waar die Franse se nakomelinge bly, is daar maar net 'n paar lekker
stukke landbougrond en 'n paar groterige stede.
Ondertussen sit baie grondbaronne in downtown Vancouver
en knyp dat een van die volgende skoene wat gaan val die eis
is van 'n Eerste Nasie (vergeet die naam) wat daarop aanspraak
maak dat Vancouver hulle s'n is.

Gloudina

>
Re: Robert of PW [boodskap #49150 is 'n antwoord op boodskap #49145] Vr, 31 Augustus 2001 09:36 Na vorige boodskapna volgende boodskap
emmy[1]  is tans af-lyn  emmy[1]
Boodskappe: 865
Geregistreer: April 2001
Karma: 0
Senior Lid
"Thys de Wet"
> Sê my gou: Het jy ZIM burgerskap? of RSA burgerskap of Kanadese burgerskap?
>
> Die beste stuurlui staat aan wal. Die beste skeidsregters staan langs die
> rugbyveld en jy sit in Kanada. Wat daar gebeur is julle saak. En snaaks
> genoeg stel ek nie eintlik belang in wat die sogenaamde "ou wit omies" daar
> gedoen het nie, en snaaks genoeg gee ek ook nie om vir die ou in Vancouver
> wat nou dalk sy jaghut op die meer sal moet prysgee nie.
> En snaaks genoeg: Jy's ook 'n "ou wit" tannie...

Jammer..... als je interesses ophouden bij je eigen grenzen.
Je eigen mening toetsen aan andere maakt van een mens
een medemens.
Als je dat niet doet een emotionele kluizenaar met een
eigenaardig zelfbeeld. ( praktische filosofie)

grt emmy

Gelukkig is Gloudina darem nie so 'n Zimbabwiër nie. Sy sit heel lekker
> in
>> Kanada
>> Thys oppie Bos
>> wrote in message
>>> As ek 'n swart Zimbabwe-inwoner is, van wie
>>> die voorouers gemeenskaplike en dus kommunistiese grond-
>>> besit geken het, en wat daarna van sy voorvaderlike blyplekke
>>> afgestoot is deur wit koloniste, wat sou ek omgee vir die "heilig-
>>> heid van grondsoewereiniteit" ?
>
> Thys, ek sien nou jy het Kanada op die brein, die "lekker"Kanada. Die
> onderwerp wat jy probeer help bespreek,
> is Zimbabwe en grondsoewereintiteit. Ek dink nie jy besef
> dat Kanada, amper soos die ou Sowjet Unie, in die proses
> van "opbreek" is nie. Groot dele van Kanada, wat 'n eeu
> of so gelede gesien is as deel van ou-wit-omie Kanada, word
> nou teruggegee in die hande van hulle oorspronklike bewoners.
> Veral daardie dele wat afgevat is deur die wit omies, sonder
> dat daar enige ooreenkomste (treaties) gemaak is. Die proses
> gaan daagliks aan. Te stadig vir 'n klomp militante lede van
> Eerste Nasies, wat weer dreig om hier en daar dinge te blokkeer.
> Jy sal verseker van hulle hoor in Durban, hulle aanklagte van
> rassisme teenoor die wit establishment.
> Anders as Zimbabwe, waar daar net 'n handjievol wittes
> is, is die Eerste Nasies hier in Kanada in die minderheid (deels
> omdat hulle so aktief gejag is deur die ou wit omies daar in die
> sestien- en sewentien- en agtiende eeue.) Hulle beoog net om
> hulle voorvaderlike grond terug te kry en die vryheid om op hulle
> eie grond te jag en te werk sonder om die wette van die witman
> te hoef volg.
> En snaaks genoeg, die Eerste Nasies hier het 'n sekere
> lojaliteit teenoor die integriteit van Kanada as 'n staatkundige
> konsep. Hulle beroep hulle baie maklik op ooreenkomste wat
> met die Britse kroon gemaak is in die laaste paar eeue as 'n
> argument dat daar nou nie sekere dinge gedoen kan word deur
> die huidige wit omies nie. Matthew Coon Come het dit veral
> teen die Franse ou wit omies in Quebec wat dink dat Quebec
> basies Frans is. Ek dink die grootste rede hoekom Quebec nooit
> sy onafhanklikheid sal kry of selfs aanvra nie, is omdat hulle weet
> dat die Cree in Noordelike Quebec hulself onmiddellik onafhanklik
> sal verklaar en dan weer by "Kanada" aansluit. En daar gaan dan
> al die minerale rykdom en hydro-kapabiliteit van Quebec. Want
> waar die Franse se nakomelinge bly, is daar maar net 'n paar lekker
> stukke landbougrond en 'n paar groterige stede.
> Ondertussen sit baie grondbaronne in downtown Vancouver
> en knyp dat een van die volgende skoene wat gaan val die eis
> is van 'n Eerste Nasie (vergeet die naam) wat daarop aanspraak
> maak dat Vancouver hulle s'n is.
>
> Gloudina
>
>>
>
Niemandsland [boodskap #49151 is 'n antwoord op boodskap #49117] Vr, 31 Augustus 2001 09:57 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Mafuta  is tans af-lyn  Mafuta
Boodskappe: 196
Geregistreer: April 1998
Karma: 0
Senior Lid
"Sakkie" skryf in boodskap news:3b8e41a2$0$235@hades.is.co.za...

Ja-nee, Sakkie, soos ek reeds vantevore genoem het, ek kan nou ook nie
eintlik 'n opinie hieroor uitspreek nie, want hier sit ek ook nou op grond
wat van die Koori's afgeneem is en dus aan hulle behoort. Dus sal ek maar
stil bly hier onder...

Ons sal maar seker almal op 'n boot moet klim en "boat people" moet word,
natuurlik in internasionale waters...

> As 'n
> ou nou vér genoeg wil teruggaan, mag niemand nêrens wees nie want dit is
> altyd van iemand/iets anders afgevat. Dit is deel van die mensdom se
> geskiedenis. Kyk nou net hoe verontskuldig ek myself. Gelukkig weet almal
> al dat ek 'n ou wit omie is en ons sê sulke dinge om ons aksies te
> regverdig.
> Sakkie
>
Re: Robert of PW [boodskap #49158 is 'n antwoord op boodskap #49034] Vr, 31 Augustus 2001 11:28 Na vorige boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

Thys de Wet wrote:

> En snaaks
> genoeg stel ek nie eintlik belang in wat die sogenaamde "ou wit omies" daar
> gedoen het nie, en snaaks genoeg gee ek ook nie om vir die ou in Vancouver
> wat nou dalk sy jaghut op die meer sal moet prysgee nie.

Nou waarom, my liewe Thys, bring jy Kanada dan so
in die equation in? Hoekom wil jy nie weet dat daar net
so baie of meer grond-onrus in Kanada is as in Zimbabwe
nie? (Ek weet hoekom jy dit wil doen. Want dan verloor
jy die gambit van "die veilige Kanada" argument, né?
Terloops, dis nie 'n meer waaroor die Vancouveriete
knyp nie. Dis stukke van downtown Vancouver.

Gloudina
Vorige onderwerp: Nunavut
Volgende onderwerp: Verbeel ek my ?
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Jun 01 15:48:28 MGT 2024