Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » korttermynversekeringsmaatskappy
korttermynversekeringsmaatskappy [boodskap #49019] Wo, 29 Augustus 2001 06:07 na volgende boodskap
Shannon  is tans af-lyn  Shannon
Boodskappe: 220
Geregistreer: Januarie 1999
Karma: 0
Senior Lid
Een begrip, een woord? In Afrikaansisallesmossommeraanmekaar. Waar's die
tannie-met-die-kappie se woordeboek?

Danielle skryf in boodskap news:4rjoot8qjucb6silv28kt1o90gds0h41id@4ax.com...
> On Tue, 28 Aug 2001 22:08:49 +0200, Davie Davis
> wrote:
>
>> 'top up' of ook genoem 'coversure' word verskaf deur die mense wat jou
>> finansiering doen en nie deur die korttermynversekeringsmaatskappy nie
>
> korttermynversekeringsmaatskappy? Dis darem 'n vreeslike lang woord.
> :-) Is dit rerig een woord? Wat is die "top up" goed waarvan julle
> praat? Wat doen dit? Is dit soos Aflac die eend, se "supplemental
> insurance" hier by ons?
> Het mens rerig so iets nodig?
>
Re: korttermynversekeringsmaatskappy [boodskap #49039 is 'n antwoord op boodskap #49019] Wo, 29 Augustus 2001 11:39 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

Shannon wrote:

> Een begrip, een woord? In Afrikaansisallesmossommeraanmekaar. Waar's die
> tannie-met-die-kappie se woordeboek?
>
>> korttermynversekeringsmaatskappy? Dis darem 'n vreeslike lang woord.
>> :-) Is dit rerig een woord?

Die tannie-met-die-kappie het maar 'n vreeslike basiesewoordeboek. Die
tannie-met-die-kappie weet dat hulle
onlangs in SA die taalreëls losser gemaak het sodat baie
dinge wat een konsep is, met losser struktuur geskryf kan
word. Die tannie hou egter basies dat een konsep een
woord moet wees.
Ek stem dus vir "korttermyn-versekeringsmaatskappy."
Dis nou te sê as dit 'n maatskappy is wat net korttermyn
versekering verkoop. Miskien ook
"korttermynversekering-maatskappy" maar dit klink vir
my bietjie van 'n gedrog en beteken ongeveer dieselfde.
Watter ander opinies is daar?

Gloudina
Re: korttermynversekeringsmaatskappy [boodskap #49043 is 'n antwoord op boodskap #49019] Wo, 29 Augustus 2001 12:03 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Rennie Oster  is tans af-lyn  Rennie Oster
Boodskappe: 72
Geregistreer: Augustus 2001
Karma: 0
Volle Lid
Wat my betref is dit een woord, fienies en klaar. Soos Gloudina tereg sê,
dis een begrip. Jy mag 'n koppelteken vir leesbaarheid invoeg en
"korttermynversekering-maatskappy" sou dus ongewoon, maar nie verkeerd wees
nie.

"Korttermyn-versekeringsmaatskappy" sal nie werk nie, dit sal aandui dat die
maatskappy (en nie die versekering nie) korttermyn is.

Die Nuusgroeprenoster

skryf in boodskap news:3B8CD583.7F37DC1A@home.com...
Shannon wrote:

> Een begrip, een woord? In Afrikaansisallesmossommeraanmekaar. Waar's die
> tannie-met-die-kappie se woordeboek?
>
>> korttermynversekeringsmaatskappy? Dis darem 'n vreeslike lang woord.
>> :-) Is dit rerig een woord?

Die tannie-met-die-kappie het maar 'n vreeslike basiesewoordeboek. Die
tannie-met-die-kappie weet dat hulle
onlangs in SA die taalreëls losser gemaak het sodat baie
dinge wat een konsep is, met losser struktuur geskryf kan
word. Die tannie hou egter basies dat een konsep een
woord moet wees.
Ek stem dus vir "korttermyn-versekeringsmaatskappy."
Dis nou te sê as dit 'n maatskappy is wat net korttermyn
versekering verkoop. Miskien ook
"korttermynversekering-maatskappy" maar dit klink vir
my bietjie van 'n gedrog en beteken ongeveer dieselfde.
Watter ander opinies is daar?

Gloudina
Re: korttermynversekeringsmaatskappy [boodskap #49048 is 'n antwoord op boodskap #49043] Wo, 29 Augustus 2001 12:55 Na vorige boodskapna volgende boodskap
T de Wet  is tans af-lyn  T de Wet
Boodskappe: 446
Geregistreer: April 2000
Karma: 0
Senior Lid
Maar dis tog waarom daar 'n verbindings "s" tussen die twee woorde is. Die
lange is reg. Die ander nie minder reg nie.

Thys sonderkoppeltekenoppieBos

"Rennie Oster" skryf in boodskap news:3b8cdaee.0@news1.mweb.co.za...
> Wat my betref is dit een woord, fienies en klaar. Soos Gloudina tereg sê,
> dis een begrip. Jy mag 'n koppelteken vir leesbaarheid invoeg en
> "korttermynversekering-maatskappy" sou dus ongewoon, maar nie verkeerd wees
> nie.
>
> "Korttermyn-versekeringsmaatskappy" sal nie werk nie, dit sal aandui dat die
> maatskappy (en nie die versekering nie) korttermyn is.
>
> Die Nuusgroeprenoster
>
>
>
> skryf in boodskap news:3B8CD583.7F37DC1A@home.com...
> Shannon wrote:
>
>> Een begrip, een woord? In Afrikaansisallesmossommeraanmekaar. Waar's die
>> tannie-met-die-kappie se woordeboek?
>>
>>> korttermynversekeringsmaatskappy? Dis darem 'n vreeslike lang woord.
>>> :-) Is dit rerig een woord?
>
> Die tannie-met-die-kappie het maar 'n vreeslike basiesewoordeboek. Die
> tannie-met-die-kappie weet dat hulle
> onlangs in SA die taalreëls losser gemaak het sodat baie
> dinge wat een konsep is, met losser struktuur geskryf kan
> word. Die tannie hou egter basies dat een konsep een
> woord moet wees.
> Ek stem dus vir "korttermyn-versekeringsmaatskappy."
> Dis nou te sê as dit 'n maatskappy is wat net korttermyn
> versekering verkoop. Miskien ook
> "korttermynversekering-maatskappy" maar dit klink vir
> my bietjie van 'n gedrog en beteken ongeveer dieselfde.
> Watter ander opinies is daar?
>
> Gloudina
>
Re: korttermynversekeringsmaatskappy [boodskap #49066 is 'n antwoord op boodskap #49019] Wo, 29 Augustus 2001 19:05 Na vorige boodskapna volgende boodskap
davie davis[1]  is tans af-lyn  davie davis[1]
Boodskappe: 696
Geregistreer: Maart 2001
Karma: 0
Senior Lid
On Wed, 29 Aug 2001 08:07:21 +0200, "Shannon"
wrote:

> Een begrip, een woord? In Afrikaansisallesmossommeraanmekaar. Waar's die
> tannie-met-die-kappie se woordeboek?
>

Orraait (ook een woord hoor !) breek jy nou die woord vir ons op in
twee dele.

D-D
Re: korttermynversekeringsmaatskappy [boodskap #49084 is 'n antwoord op boodskap #49066] Do, 30 Augustus 2001 07:30 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Shannon  is tans af-lyn  Shannon
Boodskappe: 220
Geregistreer: Januarie 1999
Karma: 0
Senior Lid
Een begrip, een woord? het ek eintlik gesê-vra.

Ek stem saam met die dat korttermynversekeringsmaatskappy een woord is en
'orraait' sou ek nou nie self gebruik nie, maar hy sê darem lekker nè! ;)
Is orraait dalk al erken as 'n aanvaarde Afrikaanse woord? (soos: steak)

Watter ander woorde wat in Engels gebruik word, is intussen as Afrikaanse
woord in die woordeboeke opgeneem? (die afgelope paar jaar) Ek weet van
'steak'.

Davie Davis skryf in boodskap news:n5fqots3qch616q72mh2r203mhk0vujikt@4ax.com...
> On Wed, 29 Aug 2001 08:07:21 +0200, "Shannon"
> wrote:
>
>> Een begrip, een woord? In Afrikaansisallesmossommeraanmekaar. Waar's die
>> tannie-met-die-kappie se woordeboek?
>>
>
> Orraait (ook een woord hoor !) breek jy nou die woord vir ons op in
> twee dele.
>
> D-D
Re: korttermynversekeringsmaatskappy [boodskap #49091 is 'n antwoord op boodskap #49084] Do, 30 Augustus 2001 08:28 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Sakkie[3]  is tans af-lyn  Sakkie[3]
Boodskappe: 488
Geregistreer: Mei 2001
Karma: 0
Senior Lid
"Shannon" skryf in boodskap news:3b8deff3.0@news1.mweb.co.za...
> Watter ander woorde wat in Engels gebruik word, is intussen as Afrikaanse
> woord in die woordeboeke opgeneem? (die afgelope paar jaar) Ek weet van
> 'steak'.
>
Wat interresanter is, is die afrikaanse woorde wat in die Engelse
woordeboeke opgeneem word/is. Voorbeelde: eina en lekker. Net so gespel met
'n verklaring wat dit die presiese betekenis gee as in Afrikaans.
Sakkie
Re: korttermynversekeringsmaatskappy [boodskap #49095 is 'n antwoord op boodskap #49084] Do, 30 Augustus 2001 08:45 Na vorige boodskap
Davie Davis  is tans af-lyn  Davie Davis
Boodskappe: 1013
Geregistreer: November 2001
Karma: 0
Senior Lid
On Thu, 30 Aug 2001 09:30:51 +0200, "Shannon"
wrote:

>
> Watter ander woorde wat in Engels gebruik word, is intussen as Afrikaanse
> woord in die woordeboeke opgeneem? (die afgelope paar jaar) Ek weet van
> 'steak'.
>

Eintlik 'n gebied waar ek nie gewoonlik my neus in steak nie

DD
Vorige onderwerp: Semper Splendidior
Volgende onderwerp: Toekoms Advies vir: Knor Tjor en Sleepwa Inisiatief
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Jun 01 11:00:20 MGT 2024