Tuis » Ernstig » Geloof & kerksake » PSALM 8
PSALM 8 [boodskap #48728] |
Thu, 23 August 2001 17:28  |
Kobus Pietersen
Boodskappe: 358 Geregistreer: April 1998
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Jirre,dasie 'n lantie so ver of woes gelee,
sos die sandland wat U nou vi my kom gee,
want selfs in hierie dro annerlikheid
groei die gemsbokkomkommer van u heerlikheid
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Re: PSALM 8 [boodskap #48745 is 'n antwoord op boodskap #48742] |
Fri, 24 August 2001 03:31   |
|
Oorspronklik gepos deur: @home.com
Annette wrote:
> Davie, G (en jy) het alweer die kat aan die stert beet.
> Dit is geskryf deur Griekwas - en die wonderlike *kinderlike* werke het lank
> braak gelê totdat Randall Wicomb dit weer aan ons bekend gestel het.
> Dit is waarom ek dit so geniet, en waarom ek dit so waardeer dat Kobus dit
> hier vir ons plaas.
Nee, jy is verkeerd. Dit is NIE geskryf deur "Griekwas" nie.
Dis geskryf deur 'n Afrikaner wat daarop staan dat hy weet
hoe "Griekwas" praat en dink. Ek persoonlik dink dat hy
mense met 'n Griekwa-agtergrond te na kom deur hierdie
verdigsels, en dat wat hy sê ook nie teologies gegrond is nie.
Ek dink kerkmense moet hom begin ondervra oor wat hy met
sekere dinge bedoel. As mens eers met die bybel gaan staan
en lol, dan byt jy miskien meer af as wat jy kan kou.
Gloudina
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Re: PSALM 8 [boodskap #48759 is 'n antwoord op boodskap #48728] |
Fri, 24 August 2001 11:10   |
|
Oorspronklik gepos deur: @home.com
Jonas wrote:
> Sover my kennis / geheue strek is dit jy wat met die Bybel lol - wees
> asseblief konsekwent. (Al sou jy deurgaans verkeerd wees...)
En ek vra jou nie: vertel my hoe ek met die bybel "lol."Komaan, vertel ons hoe
ek met die bybel lol.
Gloudina
|
|
|
|
Re: PSALM 8 [boodskap #48763 is 'n antwoord op boodskap #48755] |
Fri, 24 August 2001 11:35   |
|
Oorspronklik gepos deur: @home.com
me & bobby magee wrote:
> Dink nou maar aan een van my
> gunstelinge, Adam Small - hy skryf in dieselfde trant, en dit pragtige
> werke.
Jy het natuurlik 'n geldige argument hier - is wat Adam Small metdie "Bolandse dialek" gedoen het,
enigsins dieselfde as hierdie
"Griekwa-vertalings." Vireers, Adam Small kan pleit dat hy die
reg het om dit te gebruik, omdat hy "sy mense" naboots. Adam
Small se doel met die dialektiese gebruik is ook om op humoristiese
wyse kritiek en repliek te lewer. En mens kan ook vra - gee Adam
Small voor dat hoe hy Kaaps praat, wetenskaplik verwoord kan
word?
Gloudina
|
|
|
|
|
|
|
Re: PSALM 8 [boodskap #48779 is 'n antwoord op boodskap #48770] |
Fri, 24 August 2001 22:38   |
|
Oorspronklik gepos deur: @home.com
Reenen van Niekerk wrote:
> So wat probeer se word dat alle Afrikaans wat nie suiwer gepraat word nie
> reg is nie?
Nee, Reenen, dit gaan hier nie oor "onsuiwer Afrikaans" nie. Ditgaan oor óf
"Griekwas" wel praat soos hierdie omie sê hulle praat.
En of hy geweld aan die bybelse teks doen. Neem nou byvoorbeeld
dieselfde strofe soos deur Totius geversifikeer. ( Ek dink in alle geval
Totius se Psalm 8 was die oorspronklike inspirasie vir die Griekwa-
psalm.)
Daar is geen land so ver of woes geleë,
geen strand, O Heer, of wilde waterweë,
geen hemelsfeer in die oneindigheid -
of orals blink u Naam en majesteit.
>>> Jirre,dasie 'n lantie so ver of woes gelee,
>>> sos die sandland wat U nou vi my kom gee,
>>> want selfs in hierie dro annerlikheid
>>> groei die gemsbokkomkommer van u heerlikheid
Totius se gedig wyk nie af van die bybelse Psalm 8 nie.
Die Griekwa-psalm wel.
Gloudina
|
|
|
|
|
|
Re: PSALM 8 [boodskap #48870 is 'n antwoord op boodskap #48728] |
Mon, 27 August 2001 09:18   |
T de Wet
Boodskappe: 446 Geregistreer: April 2000
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Gloudina,
So dat jy daar in Kanad nou 'n expert is oor of die Griekwas wel so praat of
nie. Was jy al daar by hulle? Of wanneer laas het jy met een van hulle
gepraat? Seker verlede op die telefoon?
Doen jouself die moeite en kom kuier weer 'n slag. Dan ry jy die
Griewkaland Wes in en draai van die pad af en gaan soek 'n ou mens op en
luister bietjie hoe hulle praat.
Daar is 'n verskil tussen Kaapse Afrikaans (Die wat hie oppie flets gepraat
wo' my bra) en die griekwa en ander streek dialekte van die inheemse mense:
Die Richtersvelders, die Namakwalanders, die Boesmanlanders, die Karoo mense
met hulle donkiekarretjies van die Groot Karoo.
Dr Dirk van Schalkwyk van die WAT vertel my hoeka nou die dag oor sommige
wit Namakwalander se gebruik van die die woord "geheul" as hulle bedoel
'geheel': dit wat deel uitmaak van die groter prentjie, groot is, ens.)
Dit kon hulle taalmense terugspoor na enkele families wat op 'n skere
tydstip in die Kaap geland het vanuit Nederland, en wat dan met verloop van
tyd weggetrek vanaf die Kaap en dus nie deur latere uitspraak en taalgebruik
patrone beinvloed was nie. Dit "eu" klank i.p.v. "ee" het dus lank daarna
nog behoue gebly weens die afsondering vanaf ander sprekers.
Net so is dit dat daar vandag nog sulke taal skatte soos wat die Griekwas
praat voorkom.
Thys oppie Bos.
skryf in boodskap news:3B86D884.57B98FDE@home.com...
Reenen van Niekerk wrote:
> So wat probeer se word dat alle Afrikaans wat nie suiwer gepraat word nie
> reg is nie?
Nee, Reenen, dit gaan hier nie oor "onsuiwer Afrikaans" nie. Ditgaan oor óf
"Griekwas" wel praat soos hierdie omie sê hulle praat.
En of hy geweld aan die bybelse teks doen. Neem nou byvoorbeeld
dieselfde strofe soos deur Totius geversifikeer. ( Ek dink in alle geval
Totius se Psalm 8 was die oorspronklike inspirasie vir die Griekwa-
psalm.)
Daar is geen land so ver of woes geleë,
geen strand, O Heer, of wilde waterweë,
geen hemelsfeer in die oneindigheid -
of orals blink u Naam en majesteit.
>>> Jirre,dasie 'n lantie so ver of woes gelee,
>>> sos die sandland wat U nou vi my kom gee,
>>> want selfs in hierie dro annerlikheid
>>> groei die gemsbokkomkommer van u heerlikheid
Totius se gedig wyk nie af van die bybelse Psalm 8 nie.
Die Griekwa-psalm wel.
Gloudina
|
|
|
Re: PSALM 8 [boodskap #48881 is 'n antwoord op boodskap #48728] |
Mon, 27 August 2001 12:03   |
|
Oorspronklik gepos deur: @home.com
Thys de Wet wrote:
> Dr Dirk van Schalkwyk van die WAT vertel my hoeka nou die dag oor sommige
> wit Namakwalander se gebruik
> Net so is dit dat daar vandag nog sulke taal skatte soos wat die Griekwas
> praat voorkom.
>
Natuurlik is ek bewus van die "taalskatte" wat daar in
SA voorkom. En dis juis dáárom dat mens wonder
of 'n Afrikaans-sprekende Afrikaner se verdigtings nie
mense die verkeerde indruk gee van die grammatikale
en stilistiese strukture van "Griekwa-Afrikaans" nie.
Hoekom vra jy nie vir Dr. Dirk van Schalkwyk wat hy
van die pogings dink nie. Hy is 'n wetenskaplike.
Gloudina
|
|
|
|
Re: PSALM 8 [boodskap #48890 is 'n antwoord op boodskap #48728] |
Mon, 27 August 2001 13:41   |
|
Oorspronklik gepos deur: @home.com
Thys de Wet wrote:
> Woordeboekmaker/Leksikograaf: Nie wetenskaplike nie...
> Verskil sal jy saamstem.
Maar ek weet genoeg van die taalbesigheid om te weetdat die leksiograaf by HAT
dinge wetenskaplik sal
benader en die materiaal respekteer, en nie soos die
professor los en vas met die bestaande taalgoed speel
nie ( bo en behalwe dat hy ook los en vas met die
oorspronklike bybeltekse speel.)
Gloudina
|
|
|
|
|
|
|
Re: PSALM 8 [boodskap #49006 is 'n antwoord op boodskap #48755] |
Tue, 28 August 2001 20:45  |
Lou
Boodskappe: 436 Geregistreer: July 2000
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
me & bobby magee wrote:
>
> Wat my meer bekommer, is die feit dat Davie sedert sy "terugkoms" lyk
> asof hy so na iemand in Kanada begin vry - het selfs haar hart op
> galop... Hier kom 'n ding.
Ek't dieselfde ding gesien - heelmoontlik is ons Davie nie meer Dawie
nie, seker ook nou hergebore met 'n nuwe karma.
Sal tog bietjie on Dajanews gaan kyk.
|
|
|
|
 |
Gaan na forum:
[ XML-voer ] [  ]
Tyd nou: Thu Mar 06 18:38:27 UTC 2025
|