Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Is dit Griekwa-Afrikaans?
Is dit Griekwa-Afrikaans? [boodskap #48746] Vr, 24 Augustus 2001 03:42 na volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

Op die Hadeda-fees op Tzaneen is sommige van hierdie
"Griekwa" "vertalings" voorgelees. Iemand wat daarby betrokke
was, het die volgende antwoord gestuur op my vraag, wat eers
aangehaal word.
Gloudina:
> Ek het natuurlik effens van 'n voorbehoud oor hierdie soort
> "vertalings." Dit word deur 'n Afrikaans-sprekende gedoen
> en ek wonder of dit ook nie maar net populêr onder
> Afrikaans-sprekendes is nie. Ek wonder wat 'n geleerde
> Griekwa daarvan sal dink.
My informant:
Prof. Hans het tydens sy vertelling hierdie punt self opgehaal. Sy
verweer?
As Matthews Phosa gedigte in Standaardafrikaans kan skryf, vir wie doen
hy
dit, en hoekom mag hy (HdP) dit nie doen in 'n dialek waaraan hy 20 jaar
van
sy lewe gewy het nie?

Gloudina
Re: Is dit Griekwa-Afrikaans? [boodskap #48762 is 'n antwoord op boodskap #48746] Vr, 24 Augustus 2001 11:28 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

@home.com wrote:

> My informant:
> Prof. Hans het tydens sy vertelling hierdie punt self opgehaal. Sy
> verweer?
> As Matthews Phosa gedigte in Standaardafrikaans kan skryf, vir wie doen
> hy
> dit, en hoekom mag hy (HdP) dit nie doen in 'n dialek waaraan hy 20 jaar
> van
> sy lewe gewy het nie?

Die argument dat Matthews Phosa se gedigte in Standaard Afrikaans
gelykgestel kan word aan die "vertaling" van die bybelverse in "Griekwa" hou
vir
my geen water nie. Matthews Phosa se Standaard Afrikaans is 'n taal met
reëls en struktuur, en hy het die reg om dit te gebruik omdat hy daarin
studeer
het en omdat sy Afrikaanse gebruik gekorreleer kan word deur die taalgebruik

van ander. Ek dink egter nie dat die "Griekwa" wat hier geskryf word,
wetenskaplik verwoord kan word nie. Ek het in my dae in
Nederlands-Afrikaanse
studieklasse ook die dialektiese afwykings van ABA bestudeer, en dit het nie

gelyk soos wat ons hier mee te make het nie. Nee, ek dink die professor het
sommer
groot Kaapse draaie begin hardloop met die taal, en in die proses hardloop
hy nog
groter teologiese kaapse draaie ook. Daar is niks verkeerd daarmee om dit te

geniet nie, solank mens net nie dink dis "Griekwa" nie, en solank mens ook
nie
die bybelse "vertaling" as gospel neem nie.

Gloudina
Re: Is dit Griekwa-Afrikaans? [boodskap #48767 is 'n antwoord op boodskap #48746] Vr, 24 Augustus 2001 14:06 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Vusi  is tans af-lyn  Vusi
Boodskappe: 2212
Geregistreer: Februarie 2001
Karma: 0
Senior Lid
Ek kan nie glo dat julle namens ander rassegroepe besluite neem en oordele
uitspreek nie - is jy 'n Griekwa?
skryf in boodskap news:3B863B8C.4882912F@home.com...
@home.com wrote:

> My informant:
> Prof. Hans het tydens sy vertelling hierdie punt self opgehaal. Sy
> verweer?
> As Matthews Phosa gedigte in Standaardafrikaans kan skryf, vir wie doen
> hy
> dit, en hoekom mag hy (HdP) dit nie doen in 'n dialek waaraan hy 20 jaar
> van
> sy lewe gewy het nie?

Die argument dat Matthews Phosa se gedigte in Standaard Afrikaans
gelykgestel kan word aan die "vertaling" van die bybelverse in "Griekwa" hou
vir
my geen water nie. Matthews Phosa se Standaard Afrikaans is 'n taal met
reëls en struktuur, en hy het die reg om dit te gebruik omdat hy daarin
studeer
het en omdat sy Afrikaanse gebruik gekorreleer kan word deur die taalgebruik

van ander. Ek dink egter nie dat die "Griekwa" wat hier geskryf word,
wetenskaplik verwoord kan word nie. Ek het in my dae in
Nederlands-Afrikaanse
studieklasse ook die dialektiese afwykings van ABA bestudeer, en dit het nie

gelyk soos wat ons hier mee te make het nie. Nee, ek dink die professor het
sommer
groot Kaapse draaie begin hardloop met die taal, en in die proses hardloop
hy nog
groter teologiese kaapse draaie ook. Daar is niks verkeerd daarmee om dit te

geniet nie, solank mens net nie dink dis "Griekwa" nie, en solank mens ook
nie
die bybelse "vertaling" as gospel neem nie.

Gloudina
Re: Is dit Griekwa-Afrikaans? [boodskap #48769 is 'n antwoord op boodskap #48746] Vr, 24 Augustus 2001 14:42 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

Vusi wrote:

> Ek kan nie glo dat julle namens ander rassegroepe besluite neem en oordele
> uitspreek nie - is jy 'n Griekwa?

Jy sien die ding uit die verkeerde oogpunt. Ons objekteer teen die
"Griekwa-Afrikaanse vertalings" wat iemand probeer verkoop as
"Griekwa-Afrikaans."
Die feit dat die professor al op Tzaneen homself probeer verdedig
teen kritici van sy metodes en sy stof, laat mens weet dat dit nie net ons
klompie op hierdie nuusgroep is wat bedenkings het nie.
Mens moet mense vra wat hulself as van Griekwa-oorsprong sien,
en sien wat hulle sê. My informant op Tzaneen probeer vir Dr. Tony
Links opspoor.
Gloudina
Re: Is dit Griekwa-Afrikaans? [boodskap #48771 is 'n antwoord op boodskap #48746] Vr, 24 Augustus 2001 15:58 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Spook  is tans af-lyn  Spook
Boodskappe: 76
Geregistreer: Augustus 2001
Karma: 0
Volle Lid
skryf in boodskap news:3B866901.F72E3E01@home.com...

Jy sien die ding uit die verkeerde oogpunt. Ons objekteer teen die
"Griekwa-Afrikaanse vertalings" wat iemand probeer verkoop as

Ek ken 'n ou vraag "Hoeveel onse is daar jou pond". Ek hoop nie jy reken my
tussen jou ons in nie, hier is dit elke man en muis vir hulle self sal ek
sê.

Groete
Spook

Alia jacta est. (The die is cast.)
--Julius Caesar after crossing the Rubicon
Re: Is dit Griekwa-Afrikaans? [boodskap #48776 is 'n antwoord op boodskap #48746] Vr, 24 Augustus 2001 20:09 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

Spook wrote:

Ek hoop nie jy reken my

> tussen jou ons in nie

So hoeveel onse was in daardie "julle" watjy in jou vraag gebruik het? Net 'n
paar, hoop
het, want anders volg jy nie die geselsdraad nie,
Spookasem.

Gloudina
Re: Is dit Griekwa-Afrikaans? [boodskap #48999 is 'n antwoord op boodskap #48746] Di, 28 Augustus 2001 19:52 Na vorige boodskap
Lou  is tans af-lyn  Lou
Boodskappe: 436
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
@home.com wrote:
> Mens moet mense vra wat hulself as van Griekwa-oorsprong sien,
> en sien wat hulle sê. My informant op Tzaneen probeer vir Dr. Tony
> Links opspoor.

Probeer Technikon SA in Roodepoort.
Vorige onderwerp: Veelwywery
Volgende onderwerp: DIERE GEMORS
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo Mei 29 13:39:34 MGT 2024